Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die lewe na die dood" deur DONALD RIEKERT
"Die lewe na die dood" deur DONALD RIEKERT [boodskap #47288] Wed, 25 July 2001 12:21
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

DIE LEWE NA DIE DOOD
Donald Riekert

Die ou Boesmanvrou is
laat sak en haar asem
het nog die rooi sand
stoffie laat roer onder
die witstamboom Druk
hulle haar kop vas met
‘n ronde klip Maar 'n ou
uitstoot-bobbejaanmannetjie
rol die klip weg en voer
die ou vrou ryp rooi soet
rosyntjiebessies
drie dae later loop sy met
die ou-een rond en vertel
omstandig van die lewe in
die holkrans waar die water
koel soos tsamma
op jou lip kom lê
Vorige onderwerp: Uit "Vergelegen" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Daantjie Oeksoo - Melt J. Brink (1842-1925)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 22 22:22:53 UTC 2025