Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Fascisme
Fascisme [boodskap #9997] Do, 17 Julie 1997 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> vi...@iafrica.com (V) writes: > > Vira, Engels van oorsprong of te not, in
my oë is jy nader aan 'n ware
>>> Afrikaner as wat Gloudina ooit kan droom om te wees!!
>>
>> Dankie Jonnie
>>
>> Ek aanvaar die honorêre Afrikanerskap met vreugde.
>>
>> he he he, het jy gehoor, Gloudina?
>>
>>
>> V.
>>
>
>
>

Gloatina, Stelling A:

> Vira,
> Ongelukkig het jy in die valstrik geloop wat 'n
> gebore fascis vir jou gestel het. So 'n mens/groep
> verklaar dat jy een van hulle kan wees, as jy net
> sal begin dink soos hulle dink, doen soos hulle doen.
> (Sien die Nazis in Duitsland, die fasciste in Italië, die
> VSA gedurende die McCarthy era, en jou vriende die
> apartheisargitekte in SA.)
> Op so 'n manier beperk hulle dan die betekenis van
> die konsep �Afrikaner� tot so 'n mate dat daar later 'n
> heel klomp Afrikaners is wat nie meer aan so 'n groep
> wil behoort nie. Of vervul hulle Afrikaners soos ek met
> 'n woede dat so 'n klomp skurke wil steel waarop ek
> baie trots was en eintlik nog is: my Afrikanerskap. So
> jy is welkom om by Johnnie en sy soort te gaan inkruip.

Goatina, Stelling B:

> Moet egter net nie vir jou 'n Afrikaner noem nie. Daardie
> naam is kosbaar en moet skoongemaak word van al die
> besoedeling waaraan dit die laaste paar dekades
> blootgestel was.

Ai, Gloatina,

Met stelling B manifesteer jy juis die essensiële kenmerk wat, volgens
stelling A, 'n fascis definieer. Mense mag hulself slegs Afrikaners noem
"as hulle begin dink soos jy dink, doen soos jy doen". Anders mag hulle
hulself nie Afrikaners noem nie - volgens jou stelling B.

Daarmee definieer jy jouself juis as fascis.

QED

Leendert

PS Dis nie die eerste keer dat ek die verskynsel teëkom dat politieke
korrektheid neerkom op politieke fascisme nie. Verskeie mense het dit al
met die anti-rookveldtog in verband gebring - o.a. Koos Human.

Die probleem is natuurlik dat alle fascistiese faksies ook hulle ET's
aanlok. Kyk nou hoe sit jy met Thomas. Al verskil tussen hom en ET is dat
ET hom ook van keurige taal kan bedien is dit hom pas.
Re: Fascisme [boodskap #9998 is 'n antwoord op boodskap #9997] Do, 17 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article

> Moet egter net nie vir jou 'n Afrikaner noem nie. Daardie
> naam is kosbaar en moet skoongemaak word van al die
> besoedeling waaraan dit die laaste paar dekades
> blootgestel was.

Tog wonderlik hoe Gloatina se retoriek woordeliks ooreenkom met die soort
wat jy in die Volkstaatposlys en in "Die Afrikaner", lyfblad van die HNP
teëkom. Om van daardie wonderlike nuwe bydrae tot die objektiewe
geskiedskrywing nie eens te praat nie - die boekie "Volksverraad" waaroor
die regses mekaar nou in die howe aan die strot vat.

Op die ou einde, as jy daarna kyk, is daar nie een behalwe Verwoerd, Herzog
(Albert) en Jaap Marais wat nie verraaiers is nie - en die "edele naam van
die Afrikaner moet gesuiwer word van die smet van verraad" ens in dieselfde
trant.

'n Ander ooreenkoms: soos Jaap Marais se bedmaats is Gloatina gladnie skaam
om links en regs te beskuldig en openlik te laster nie. Selfs die skokkende
Heynsmoord ontsien sy (en hulle) nie as onderwerp vir hulle skynheilige
gelaster nie (op hierdie wa het selfs Beeld natuurlik ook geklouter).

Afrikaners kan mens soms laat kots.

Leendert
Re: Fascisme [boodskap #10001 is 'n antwoord op boodskap #9997] Do, 17 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in article
...

> Op die ou einde, as jy daarna kyk, is daar nie een behalwe Verwoerd, Herzog
> (Albert) en Jaap Marais wat nie verraaiers is nie - en die "edele naam van
> die Afrikaner moet gesuiwer word van die smet van verraad" ens in dieselfde
> trant.

Leendert, met hierdie uiteensetting van jou moet ek
teen wil en dank saamstem. Ek wil self verder gaan
Iemand wat beweer dat "die Afrikaner gesuiwer moet
word van XXXX", is 'n fascis in murg en been.

Wat is fascisme? Die korste moontlike omskrywing
is: 'n Fascis is 'n persoon wat die opposisie wil uitwis.

> Afrikaners kan mens soms laat kots.

Nee. Ek voel anders.

Ek wil kots van fascisme. Dit maak my treurig dat
party Afrikaners fascisties is.

At de Lange
Vorige onderwerp: Gekruide taal
Volgende onderwerp: "Die Tafels van Vermenigvuldiging" deur ABRAHAM FOUCHE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 22:54:55 MGT 2024