Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Verkleurmannetjies, skurwejantjies en des meer
Re: Verkleurmannetjies, skurwejantjies en des meer [boodskap #9977] |
Wed, 16 July 1997 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
s941...@cosine.up.ac.za (Etienne Marais) writes: > >Bouwer wrote:
>>>
>>> Die Valle het seker ook al baie verander sedert ek dit as
>>> kind baie besoek het. Hoop die blouerige klein verkleur-
>>> mannetjies hardloop nog daar rond op die rotse.
>>>
>
> Ek het nog nooit 'n "klein blouerige" verkleurmannetjie gesien nie,
>
>
>
Dankie vir die gepraat oor die verkleurmannetjies en
dies meer. Ek dink wat ek blou verkleurmannetjies
by die Aughrabiese Valle genoem het, is seker rots-
koggelmanders. Wat is die basiese verskil tussen
koggelmanders en geitjies?
Dit het my ook altyd verbaas hoe min mense in SA
bekend is met haarskeerders, die skrik van my kinderdae.
Ek hoor nou nog hulle pootjies tik-tik op die plankvloer.
Ek wonder ook hoeveel mense in SA weet watter pes
kakkerlakke in Noord-Amerika is. Hulle floreer in die
"high rises" waar dit twaalf maande van die jaar 'n sub-
tropiese klimaat is. Een van die eerste dinge wat jy hier
vra, is of die gebou kakkerlakke het.
Gloudina
|
|
|
Re: Verkleurmannetjies, skurwejantjies en des meer [boodskap #9978 is 'n antwoord op boodskap #9977] |
Wed, 16 July 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wen wrote in article ...
> In article ,
> s941...@cosine.up.ac.za (Etienne Marais) wrote:
>
>>>> Hoop die blouerige klein verkleur-
>>>> mannetjies hardloop nog daar rond op die rotse.
>
> Ek dink die bovermelde sin klaar die verkleuermannetjie identi-
> teitskrisis op: verkleurmannetjies hardloop nie; dis nie vir
> niks nie dat ons hulle as kinders beter as 'trapsuutjies' geken
> het. Dis seker maar 'n rotsakkedissie of 'n ding
> wat daar aan't rondholle is.
Dit is beslis eerder 'n akkedis as 'n trapsuutjies.
Hulle is omternt 10cm lank terwyl die Bloukop
koggelmanders hier in die Bosveld omtrent 25cm
lank word. Ek dink dit is 'n ander spesie, maar ons
moet maar op die dierkundiges wag om ons tot beter
insigte te help
So klein as wat hierdie akkedisse is, so parmantig kan
hulle wees. Een keer in die Boesmanland het my vriend
'n splinternuwe blou denimbroek aangehad. Op 'n keer draf
'n bloukop akkedis ewe parmantig langs hom. Hy het hom
kompleet verbeel dat my vriend 'n indringer is wat bygekom
moet word.
Laas week het 'n wonderlike ding met my gebeur in die
Numibberge. (Hulle lê teenaan die Spergebied, suid van
Sesriem en Sossousvlei.) 'n Jong getroude paar het daar
verneem van my kranksinnigheid - die bestudering van plante
met vet lywe. Die man het as 'n verjaardig geskenk vir sy
vrou 'n pad gemaak tot heel bo op een van die vesrte punt
van die Numibberge. Sy is ook kranksinnig - bly maklik tot
'n week vingerallen in die berg. Daar het sy 'n vetlyf plant
ontdek wat sy later laat identifiseer het as Adenia peguelii.
(Dit is 'n woestyn grenadilla.) Toe sy hoor dat ek waarskynlik
die enigste een in die land is wat iets daarvan weet (ek boer
met vetlyf grenadillas) en dat ek in daardie wereld sou wees,
moes ek op hulle aandrag by hulle aangaan. Wonderlike mense.
Die volgende dag het haar man vir my haar en my jonste dogter
tot by die verste punt met 'n 4x4 bakkie geneem en daar afgelaai.
Net voor ons by die uitkykpos kom, vlug daar 'n trop van sewe
bergkwaggas oor die berg die oomblik toe hulle ons gewaar. Haar
man se toe dat dit geweldig moeilik is om hierdie diere onder
skoot te kry - maar dat dit gedoen moet word om hulle getalle
in toom te hou. Hy is toe terug opstal toe om Mariental toe te gaan
wat sowat 250km verder oos l^e.
So teen 12 uur het die twee jonges begin agterkom dat die ou
oom nie so vlugvoetig berglangs wou klouter nie. Hulle laat my
toe agter met die belofte dat haar man voor donker na my sou
kom soek. Ek moet net naby die paadjie bly. Die vrou wou teen
5uur by die opstal wees om nuwe gaste te ontvang.
Terwyl hulle weg spaander, het ek rustig my gang gegaan, kilphard
besig om een met die natuur te word. Skaars 'n halfuur hoor ek 'n
eienaardige geblaf en klippe wat teen die berg af rol. Dit was die
trop kwaggas. Sodra ek stop, begin hulle terug vlug. Maar as ek so
ewe wei-wei aanstap, volg hulle my ewe nuuskierig! As ek hulle
wou dophou, moes ek dit so skuifelend doen. Dit het my 6uur en
6 km berglangs geneem om weer in die vlakte naby hulle opstal
te kom. Die kwggas het my al die pad nuuskierig agtervolg.
Net na sonder kom die man, my vrou en my dogter aangejaag in
die pad om die "stadige ou man" daar iewers in die Numibberge te
"gaan red". Hulle was dood verbaas om my 2km van die opstal te
kry - spinglewend. Ek was nogal vies dat hulle nie langer gewag
het nie, maar my dogter het glo aangedring dat haar pa vir haar so
ellendig lyk met sy rustige geloop. Maar nog voordat ek hulle aantog
gehoor het, het die kwaggas omgeswaai en terug laat spaander tot
agter die berg.
Die natuur behandel die haastige mens soos 'n bedreiging!
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
|
|
|
Re: Verkleurmannetjies, skurwejantjies en des meer [boodskap #10055 is 'n antwoord op boodskap #9977] |
Tue, 22 July 1997 00:00  |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: December 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In Article, writes:
>>>> > Hoop die blouerige klein verkleur-
>>>> > mannetjies hardloop nog daar rond op die rotse.
>>
>
> Daar is akkedisse / koggelmanders by Aughrabies, maar hulle is nie
> eintlik blou nie. Aan die ander kant is Gloudina se geheue en
> kleuronderskeidingsvermoe" beide blykbaar verdag.
>
> John
Gie Gie Gie!
Skerp man Skerp!!
Lou
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 18:13:05 UTC 2025
|