Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Halfmensbome, 'n Nama-legende " deur PETRA MULLER
" Halfmensbome, 'n Nama-legende " deur PETRA MULLER [boodskap #99724] Vr, 22 Oktober 2004 23:04
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
HALFMENSBOME, 'N NAMA-LEGENDE
Petra Muller

Die Ou-Goed op die vlug,
mos, nes die vrou van Lot,
het gebly staan en trug
land toe geroep: o my land!

Toe het die Groot Een hulle omgepluk,
koppe halfpad omgekrenk in die koerse
van die Ou-Werf, en hulle net daar geplant:

"Nou kyk tot julle uitgekyk is, moerskenners,
moet ek dan ewig stoei met mens wat nie wil
gaan waar ek gebie' nie; hou op swerf!"

Dis wat ons gehoor het. Maar waarvandaan gekom,
waarheen op pad, dit weet ons nie,

behalwe, aan die beurstaan kan jou blote oog
dit sien: dit was 'n gees
van opperste verlang gewees.
Vorige onderwerp: " Son op jou tong " deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: Uit "Joernaal van Jorik" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 02:49:38 MGT 2024