Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Re: NGK wroeg
Re: NGK wroeg [boodskap #99458] Vr, 15 Oktober 2004 06:08 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
HHHAAAHHHAAAHHHAAA!!!!!!!!!!!!!!! Ek het dit geweet!! Hulle storie al weer
verander omdat die predikant se seun gay is! En hulle wonder hoekom mense
vir die kerk lag?!

Elaine

"Annette" skryf in boodskap news:cknnn4$4m6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Na bykans twee weke se sinodale sitting te Hartenbosch, hartverskeurende
> snikke en harte wat oopgemaak is, het die NGK toe besluit gay mense mag
> volwaardige lidmate van die kerk wees.
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: NGK wroeg [boodskap #99459 is 'n antwoord op boodskap #99458] Vr, 15 Oktober 2004 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat is nuut? Die NGK het mos darem 'n geskiedenis van weerhaan speel?

"Annette" skryf in boodskap news:cknnn4$4m6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Na bykans twee weke se sinodale sitting te Hartenbosch, hartverskeurende
> snikke en harte wat oopgemaak is, het die NGK toe besluit gay mense mag
> volwaardige lidmate van die kerk wees.
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: NGK wroeg [boodskap #99475 is 'n antwoord op boodskap #99458] Vr, 15 Oktober 2004 18:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Oct 2004 08:08:12 +0200, "Elaine" wrote:

> HHHAAAHHHAAAHHHAAA!!!!!!!!!!!!!!! Ek het dit geweet!! Hulle storie al weer
> verander omdat die predikant se seun gay is! En hulle wonder hoekom mense
> vir die kerk lag?!
>
>
> Elaine

vertel meer Elaine. Hierdie klink na 'n interessante, indien nie
komiese. storie:-) Erens het ek iets in die nuus gemis - van die
Hartenbosch gemeente:-)))

DD
Re: NGK wroeg [boodskap #99538 is 'n antwoord op boodskap #99475] Sa, 16 Oktober 2004 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Prof. Kassie Karstens (of is dit Carstens?), se seun het so paar weke terug
uit die "kassie" geklim, en soos dit is, was die NGK besig met hulle
jaarlikse klassis vergadering, en is die hele saak van "gays" voorgelê om in
heroorweging gebring te word. Vraag is, as die Prof. se seun nie gay was
nie, sou die NGK hulle storie verander het of nie?

Elaine

"DD" wrote:

> vertel meer Elaine. Hierdie klink na 'n interessante, indien nie
> komiese. storie:-) Erens het ek iets in die nuus gemis - van die
> Hartenbosch gemeente:-)))
>
> DD
>
Re: NGK wroeg [boodskap #99540 is 'n antwoord op boodskap #99538] Sa, 16 Oktober 2004 21:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> "DD" wrote:
>
>> vertel meer Elaine. Hierdie klink na 'n interessante, indien nie
>> komiese. storie:-) Erens het ek iets in die nuus gemis - van die
>> Hartenbosch gemeente:-)))

>> DD

On Sat, 16 Oct 2004 21:27:20 +0200, "Elaine" wrote:

> Prof. Kassie Karstens (of is dit Carstens?), se seun het so paar weke terug
> uit die "kassie" geklim, en soos dit is, was die NGK besig met hulle
> jaarlikse klassis vergadering, en is die hele saak van "gays" voorgelê om in
> heroorweging gebring te word. Vraag is, as die Prof. se seun nie gay was
> nie, sou die NGK hulle storie verander het of nie?
>
> Elaine

Maar 'n skeuring dreig op die oomblik by die NGK oor die aanvaarding
van 'n gay lewenswyse (en selfs gay kerke). En al die jare was die NG
mense redelik konserwatief. Konserwatief genoeg om selfs die
'Nuwe Protestante' te stig en daarna ook die 'Nuwe Protestante' se
naam te verander na 'Evangelies Geroformeerd' omdat (ek dink:-)
hulle bang was dat hulle met die Pinkster Protestante verwar sou word.
(Wat ek ook dink, wel gebeur het.) Dat hulle nou dreig om te (weer) te
skeur oor die nuwe strydpunt, maak nogal sin.

Inderwaarheid is dit 'n moeilike kwessie. Ek kan nie myself 'n
moffiekerk voorstel nie, maar seker is dit vir 'n moffie, om hetero te
draai, so ondenkbaar as wat dit vir ons heteros is om saam met hulle
in die straat gesien te word:-)))

Dit is van die onderwerp af, en ietwat ligsinnig gesê. Wat ek eintlik
wou vra is of jy dink dat een predikant soveel invloed kan hê dat hy
die kerk se konstitusie kan verander? Seker is daar meer as slegs die
erkende homo predikante onder hulle?

DD
Re: NGK wroeg [boodskap #99541 is 'n antwoord op boodskap #99540] Sa, 16 Oktober 2004 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
In die woorde van Chris de Burgh uit sy epiese lied "Crusader" haal ek aan:

"the Christians could never unite!"

"DD" skryf in boodskap news:lp23n01ioehooroj3o7d1efrgerdbau7qr@4ax.com...
>
>>
>> "DD" wrote:
>>
>>> vertel meer Elaine. Hierdie klink na 'n interessante, indien nie
>>> komiese. storie:-) Erens het ek iets in die nuus gemis - van die
>>> Hartenbosch gemeente:-)))
>
>>> DD
>
> On Sat, 16 Oct 2004 21:27:20 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
>> Prof. Kassie Karstens (of is dit Carstens?), se seun het so paar weke terug
>> uit die "kassie" geklim, en soos dit is, was die NGK besig met hulle
>> jaarlikse klassis vergadering, en is die hele saak van "gays" voorgelê om in
>> heroorweging gebring te word. Vraag is, as die Prof. se seun nie gay was
>> nie, sou die NGK hulle storie verander het of nie?
>>
>> Elaine
>
> Maar 'n skeuring dreig op die oomblik by die NGK oor die aanvaarding
> van 'n gay lewenswyse (en selfs gay kerke). En al die jare was die NG
> mense redelik konserwatief. Konserwatief genoeg om selfs die
> 'Nuwe Protestante' te stig en daarna ook die 'Nuwe Protestante' se
> naam te verander na 'Evangelies Geroformeerd' omdat (ek dink:-)
> hulle bang was dat hulle met die Pinkster Protestante verwar sou word.
> (Wat ek ook dink, wel gebeur het.) Dat hulle nou dreig om te (weer) te
> skeur oor die nuwe strydpunt, maak nogal sin.
>
> Inderwaarheid is dit 'n moeilike kwessie. Ek kan nie myself 'n
> moffiekerk voorstel nie, maar seker is dit vir 'n moffie, om hetero te
> draai, so ondenkbaar as wat dit vir ons heteros is om saam met hulle
> in die straat gesien te word:-)))
>
> Dit is van die onderwerp af, en ietwat ligsinnig gesê. Wat ek eintlik
> wou vra is of jy dink dat een predikant soveel invloed kan hê dat hy
> die kerk se konstitusie kan verander? Seker is daar meer as slegs die
> erkende homo predikante onder hulle?
>
> DD
>
Re: NGK wroeg [boodskap #99544 is 'n antwoord op boodskap #99541] Sa, 16 Oktober 2004 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 16 Oct 2004 23:19:01 +0200, "MoerFie" wrote:

> In die woorde van Chris de Burgh uit sy epiese lied "Crusader" haal ek aan:
>
> "the Christians could never unite!"
>
>

verdomp Francois, jy wil ook nie unite nie!
Waarom kom jy nòu eers hier aan!

DD

ns.
Ons mis jou hier jong. Hoekom is jy so stil?
Ek het ook al soos jy, net so dik geraak vir
die spul, maar na 'n tyd raak hulle soos
familie:-)
Re: NGK wroeg [boodskap #99562 is 'n antwoord op boodskap #99540] So, 17 Oktober 2004 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" wrote:

> Maar 'n skeuring dreig op die oomblik by die NGK oor die aanvaarding
> van 'n gay lewenswyse (en selfs gay kerke). En al die jare was die NG
> mense redelik konserwatief. Konserwatief genoeg om selfs die
> 'Nuwe Protestante' te stig en daarna ook die 'Nuwe Protestante' se
> naam te verander na 'Evangelies Geroformeerd' omdat (ek dink:-)
> hulle bang was dat hulle met die Pinkster Protestante verwar sou word.
> (Wat ek ook dink, wel gebeur het.) Dat hulle nou dreig om te (weer) te
> skeur oor die nuwe strydpunt, maak nogal sin.

Dis glad nie vir my snaaks dat hulle al weer wil wegbreek nie. Vandat die
kerke in SA gestig is, splinter hulle af, die 3 susterskerke NGK,
Gereformeerd en Hervormd is 'n mooi voorbeeld, ons het begin as een kerk en
toe gebreek in 3 verskillende kerke. Net onlangs het een van ons eie
predikante besluit die Gereformeerde kerk is nou te "verlig" en sy eie ultra
konserwatiewe Gereformeerde kerk in Sasolburg gestig en met meer as die
helfde van ons lidmate weggeloop, die laaste ruk het hulle so stuk - stuk
begin terugkom... Kan maar net wonder wat het daar skeefgeloop.

> Inderwaarheid is dit 'n moeilike kwessie. Ek kan nie myself 'n
> moffiekerk voorstel nie, maar seker is dit vir 'n moffie, om hetero te
> draai, so ondenkbaar as wat dit vir ons heteros is om saam met hulle
> in die straat gesien te word:-)))

Ek het geen probleem om saam met 'n gay persoon op straat gesien te word
nie. Ek reken jy's amper reg, dis dalk net so moeilik vir hulle om hetero
te wees as wat dit vir een van ons sal wees om gay te wees. Die een kerk
wat ek ken wat gays met ope arms verwelkom het, het in hengse groot "kerk"
geword. Hulle nuwe gebou is nou net klaar, en is maklik 10 keer so groot
soos hulle oorspronklike kerkgebou. Daar's beslis 'n mark vir "gay-kerke".

> Dit is van die onderwerp af, en ietwat ligsinnig gesê. Wat ek eintlik
> wou vra is of jy dink dat een predikant soveel invloed kan hê dat hy
> die kerk se konstitusie kan verander? Seker is daar meer as slegs die
> erkende homo predikante onder hulle?

Prof. Kassie is redelik hoog op in die range van die NGK, en die saak het
baie publisiteit gekry, so ek weet nie. Die vraag vir my is, sou hulle, hul
minds gechange het as dit nie was vir die Prof. se laaitie nie? Sy seun is
sekerlik ook nie die enigste NGK predikant se kind wat skeef uitgedraai het
nie.

"Erkende homo predikante" weet nie van enige NGK predikante (wat nog in die
amp is) wat 'n erkende homosexueel is nie, maar daar is seker 'n paar wat
neig na die ander kant toe.

>
> DD
Re: NGK wroeg [boodskap #99564 is 'n antwoord op boodskap #99562] So, 17 Oktober 2004 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 17 Oct 2004 13:48:31 +0200, "Elaine" wrote:

> "DD" wrote:
>

>> Inderwaarheid is dit 'n moeilike kwessie. Ek kan nie myself 'n
>> moffiekerk voorstel nie, maar seker is dit vir 'n moffie, om hetero te
>> draai, so ondenkbaar as wat dit vir ons heteros is om saam met hulle
>> in die straat gesien te word:-)))
>
> Ek het geen probleem om saam met 'n gay persoon op straat gesien te word
> nie. Ek reken jy's amper reg, dis dalk net so moeilik vir hulle om hetero
> te wees as wat dit vir een van ons sal wees om gay te wees.

Soos gesê, het ek bietjie in ligte luim gesels. Ek het ook nie werklik
'n probleem om saam met een van hulle op straat gesien te word nie.
Shucks! Selfs die geregsbode (balju) moet huisvriende hê; dit sal net
nie baie eties wees as hy in werkstyd by jou gaankuier nie:-....O

Enkele dae gelede was daar 'n Rickie Lake Show wat my laat skaterlag
het. In kort was dit oor 'n jong getroude man wat vir sy vrou
(toevallig net so jonk getroud) gesê het dat hy sal hou van 'n
'foursome'. Dat hy dit sal geniet om nog twee vrouens by hulle in die
bed te hê.
Op die verhoog verras sy hom met sy hartewens. ' Foursome' gereël!
(natuurlik nie op die verhoog nie:-) In spanning sit hy en wag om te
sien wie sy die afspraak mee maak.
En daar stap twee moffies in!!!
In sy verdwaasde kop-onderstebo skok verduidelik sy toe aan hom dat
hy, van haar wat 'straight' is, verwag het om saam met vrouens in die
bed te klim. Nou het sy die muntstuk omgedraai:-)

Eintlik is ek nie 'n TV kyker nie; en nog minder sal ek moeite doen om
'n Rickie Lake show te kyk, maar dié een het ek geniet:-)


>> DD
>
Re: NGK wroeg [boodskap #99631 is 'n antwoord op boodskap #99544] Di, 19 Oktober 2004 19:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Meer soos my skoonfamilie as jy my vra!!

"DD" skryf in boodskap news:2q43n09r32s4771cf9tkjpc39vh4rqfma4@4ax.com...
> On Sat, 16 Oct 2004 23:19:01 +0200, "MoerFie"
> wrote:
>
>> In die woorde van Chris de Burgh uit sy epiese lied "Crusader" haal ek aan:
>>
>> "the Christians could never unite!"
>>
>
> verdomp Francois, jy wil ook nie unite nie!
> Waarom kom jy nóu eers hier aan!
>
> DD
>
> ns.
> Ons mis jou hier jong. Hoekom is jy so stil?
> Ek het ook al soos jy, net so dik geraak vir
> die spul, maar na 'n tyd raak hulle soos
> familie:-)
Re: NGK wroeg [boodskap #99632 is 'n antwoord op boodskap #99631] Di, 19 Oktober 2004 19:45 Na vorige boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
>> ns.
>> Ons mis jou hier jong. Hoekom is jy so stil?
>> Ek het ook al soos jy, net so dik geraak vir
>> die spul, maar na 'n tyd raak hulle soos
>> familie:-)
> "MoerFie"
> Meer soos my skoonfamilie as jy my vra!!

Jy onthou mos die kleurling van dekades gelede
wat in die pastorie getrou het.
En die predikant wat gesê het : 'Praat nou agter my aan.'
"Ek neem hierdie vrou, as my enigste verbond en erfenis."
Klaas: "Ek neem hierdie vrou, as my enigste verdomde ergenis."

DD
Vorige onderwerp: Kinders van God (basjan)
Volgende onderwerp: Sakramente
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:58:17 MGT 2024