Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Veels geluk Annette en die Vrystaat...
Veels geluk Annette en die Vrystaat... [boodskap #99554 is 'n antwoord op boodskap #99565] |
Sun, 17 October 2004 12:40 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Uitmuntend. 'n Sterbelaaide WP-span, op hul tuisveld en in hul tuisweer die
loef afgesteek. Mooi so !
Die Jakarandastad was meer opgewonde oor hierdie wen as oor die Bulle se wen
oor die Transvalers.
Maar - ek is bevrees dat die onmoontlike voorlê vir die Vrystaat.
(Persoonlik glo ek dat die Transvaal tans die tweede beste span in die
Curriebeker is - naas Noord Transvaal.)
|
|
|
|
|
|
Re: Veels geluk Annette en die Vrystaat... [boodskap #99588 is 'n antwoord op boodskap #99554] |
Mon, 18 October 2004 06:45 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nee! Rassie was te slim vir die spul Streepdonkies. As jy die hele WP
span en hul afrigter, Kareltjie, se koppe oopkap gaan jy nie 'n tot breins
bymekaarkry nie. Die oplossing was eenvoudig. Ruil vir Gaffie en Werner
om sodat jy 'n werklike losskakel op losskakel kry. Jy kan nie hardloop in
sulke toestande nie. Rassie het ook 'n punt gemaak daarvan om vir Schalk
te neutraliseer...tot Schalk hom naderhand wou moer. Schalk Burger is 'n
goeie speler, maar speel op die oomblik met ver meer balls as breins. Net
ervaring sal hopelik die dink-gedeelte vir hom bring. Willem de Waal het
met reg gelag na elke punt wat aangeteken is.....hoe STUPID kan 'n span dan
ook wees?
"Annette" skryf in boodskap news:cksv78$iji$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dankie Jonas - maar Transvaal het teen die Vrystaat ook verloor:))
> Janee, ek is bevrees dat die WP verloor het juis omdat hulle te vol
> selfvertroue was.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Jonas" wrote in message
> news:cksplc$rbn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Uitmuntend. 'n Sterbelaaide WP-span, op hul tuisveld en in hul tuisweer
> die
>> loef afgesteek. Mooi so !
>> Die Jakarandastad was meer opgewonde oor hierdie wen as oor die Bulle se
> wen
>> oor die Transvalers.
>> Maar - ek is bevrees dat die onmoontlike voorlê vir die Vrystaat.
>> (Persoonlik glo ek dat die Transvaal tans die tweede beste span in die
>> Curriebeker is - naas Noord Transvaal.)
>
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Mon Feb 17 18:44:56 UTC 2025
|