Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Josephine's Mill ( Nuweland)
Josephine's Mill ( Nuweland) [boodskap #99502] Sa, 16 Oktober 2004 05:49 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mens kan dit nie vertaal na Josefina se meule nie:))
Ons was toe gister daar - hoogs interessant - en koring word nog steeds daar
gemaal op bestelling. Ek het vir my 'n pakkie stoneground flour gekoop om
pap mee te maak.
Die Josephine waarna die meule vernoem is, was die koningin van Swede
toentertyd..
Die waterwiel buite - wat deur die UK ingenieurstudente restoureer is- is
glo die grootste bakkieswaterwiel ter wêreld.
--
Groetnis
Annette
Re: Josephine's Mill ( Nuweland) [boodskap #99523 is 'n antwoord op boodskap #99502] Sa, 16 Oktober 2004 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:ckqdlc$er1$2@ctb-nnrp2.saix.net...
Mens kan dit nie vertaal na Josefina se meule nie:))
Ons was toe gister daar - hoogs interessant - en koring word nog steeds daar
gemaal op bestelling. Ek het vir my 'n pakkie stoneground flour gekoop om
pap mee te maak.
Die Josephine waarna die meule vernoem is, was die koningin van Swede
toentertyd..
Die waterwiel buite - wat deur die UK ingenieurstudente restoureer is- is
glo die grootste bakkieswaterwiel ter wêreld.
--
Groetnis
Annette

Is dit nou Mosterd se meul Annette? Ai, hoe goed ken ek nie daardie plek
nie. Maar wat my interesseer is watse pap mens kan maak met stoneground
flour?? Ek sou dink n lekker broodjie, of praat jy van die soort pap wat
hulle daar in die noorde eet saam met hulle vleis?

Ellie
Re: Josephine's Mill ( Nuweland) [boodskap #99528 is 'n antwoord op boodskap #99523] Sa, 16 Oktober 2004 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Ellie , dis die plek langs SAB, by Nuweland. Eens op 'n kol het Ohlsons
( later SAB) die plek gekoop en toegemaak, omdat hulle eerste die water wou
hê.
As jy weer kom kuier, neem ek jou soontoe.
Die pap is of stywepap, slappap of poetoepap wat mens kan maak. Die
stonegroundmeel het sulke bruin stukkies in - dus baie meer veselryk as die
meel wat mens in die winkels koop.
Tuinhuis is 'n gereelde besteller, want hulle maak hul muffins en brood van
die meel.
Mens kan ook pasta van die meel maak.
--
Groetnis
Annette
"Ellie" wrote in message
news:vi8cd.6102$NX5.1171@newsread3.news.atl.earthlink.net...
>
> "Annette" wrote in message
> news:ckqdlc$er1$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Mens kan dit nie vertaal na Josefina se meule nie:))
> Ons was toe gister daar - hoogs interessant - en koring word nog steeds daar
> gemaal op bestelling. Ek het vir my 'n pakkie stoneground flour gekoop om
> pap mee te maak.
> Die Josephine waarna die meule vernoem is, was die koningin van Swede
> toentertyd..
> Die waterwiel buite - wat deur die UK ingenieurstudente restoureer is- is
> glo die grootste bakkieswaterwiel ter wêreld.
> --
> Groetnis
> Annette
>
>
> Is dit nou Mosterd se meul Annette? Ai, hoe goed ken ek nie daardie plek
> nie. Maar wat my interesseer is watse pap mens kan maak met stoneground
> flour?? Ek sou dink n lekker broodjie, of praat jy van die soort pap wat
> hulle daar in die noorde eet saam met hulle vleis?
>
> Ellie
>
Re: Josephine's Mill ( Nuweland) [boodskap #99530 is 'n antwoord op boodskap #99528] Sa, 16 Oktober 2004 17:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee Ellie , dis die plek langs SAB, by Nuweland. Eens op 'n kol het Ohlsons
( later SAB) die plek gekoop en toegemaak, omdat hulle eerste die water wou
hê.
As jy weer kom kuier, neem ek jou soontoe.
Die pap is of stywepap, slappap of poetoepap wat mens kan maak. Die
stonegroundmeel het sulke bruin stukkies in - dus baie meer veselryk as die
meel wat mens in die winkels koop.
Tuinhuis is 'n gereelde besteller, want hulle maak hul muffins en brood van
die meel.
Mens kan ook pasta van die meel maak.

Ek kan die plek vaagweg onthou (die brouery nou, ek verbeel my daar is n
pub naby wat ek besoek het in my jeugjare).

Ek het nooit geweet mens maak pap van sulke soort meel nie, het altyd gedink
dis spesiale mieliemeel. My pa, wat in die Vrystaat grootgeword het, en
een keer toe ons nog klein was poetoepap gemaak vir die gesin saam met
braaivleis, maar my ma (wat in die boland grootgeword het) en ons kinders
het ons neuse opgetrek daarvoor, en van toe af het ons maar die Kaapse
ekwiwalent van pap saam met braaivleis geeet, nl. tamatie en uie
toebroodjies, op volkoring brood, op die rooster gaargemaak (wat ek hier ook
doen).

Ellie
Re: Josephine's Mill ( Nuweland) [boodskap #99535 is 'n antwoord op boodskap #99528] Sa, 16 Oktober 2004 17:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:ckrg53$fbu$2@ctb-nnrp2.saix.net...
Nee Ellie , dis die plek langs SAB, by Nuweland. Eens op 'n kol het Ohlsons
( later SAB) die plek gekoop en toegemaak, omdat hulle eerste die water wou
hê.
As jy weer kom kuier, neem ek jou soontoe.
Die pap is of stywepap, slappap of poetoepap wat mens kan maak. Die
stonegroundmeel het sulke bruin stukkies in - dus baie meer veselryk as die
meel wat mens in die winkels koop.
Tuinhuis is 'n gereelde besteller, want hulle maak hul muffins en brood van
die meel.
Mens kan ook pasta van die meel maak.

Dit laat my dink aan die keer toe ek n pakkie Nutty wheat meel Amerika toe
wou bring, en hulle dit by die doane gekonfiskeer het. Toe ek laasweek van
Duitsland af kom, het ek gestaan en wag vir my bagasie op Atlanta se
lughawe, toe is daar nie minder nie as drie poliesiemanne met beagle
hondjies met jassies aan wat die passasiers se bagasie gesnuffel het. Ek
het toe n geselsie met die een outjie aangeknoop, en gevra oor die biltong,
en toe se hy ja, die honde is mal oor die biltong, en hy haal toe n kaartjie
uit sy sak (soos n baseball kaart) met al die besonderhede van biltong, en
hoe dit verpak word en hoe dit lyk. Hy se toe hulle soek darem nie biltong
van passasiers wat van Europa kom nie, hulle weet dis die mense wat van S.A.
kom wat dit inbring. Ek vra toe hoekom kan mens nie die vakuum verpakte
biltong inbring nie, toe weet hy nie. Hy se ek moet nie eers probeer nie,
die honde snuffel dit uit, vakuum verpak of de not . . . wat ek betwyfel.

Ellie
Re: Josephine's Mill ( Nuweland) [boodskap #99536 is 'n antwoord op boodskap #99535] Sa, 16 Oktober 2004 18:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

Toe ek laasweek van
> Duitsland af kom

Vertel ons van jou besoek.
Waar was jy orals.

Gloudina
Re: Josephine's Mill ( Nuweland) [boodskap #99551 is 'n antwoord op boodskap #99536] Sa, 16 Oktober 2004 22:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:M7KdnVQLEpoF8ezcRVn-sg@rogers.com...

"Ellie" skryf

Toe ek laasweek van
> Duitsland af kom

Vertel ons van jou besoek.
Waar was jy orals.

Gloudina

Ek was net vir n vinnige besoek aan Duitsland, vir werk (Frankfurt Book
Fair) - baie interessant. Het toe sommer n paar dae afgeneem en by Munchen
en Heidelberg ook draaie gaan gooi. Kan net sê dat ek weer eens vir
Duitsland as een van die top lande in die wêreld ervaar. Alles werk, alles
is skoon en nuut, die kos is lekker, die koffie is die beste, het met drie
pakke koffie teruggekom (Dahlmayr Prodomo) en het net n baie lekker tyd
gehad.

Het n interessante ou ontmoet in Munchen wat sy eie bier maak. Ek is nie
eintlik n bier drinker nie, en kon nie verstaan hoekom iemand in Duitsland
met sy goeie bier, sy eie wil maak nie, maar dit is vir hom net n
stokperdjie, soos iemand anders golf sou speel, en sy Weiss bier was vir my
nogal lekkerder as die in die pubs. Hy is bietjie fanaties, net die regte
water (wat hy van elders bestel) en net die beste bestanddele, maar die
eindresultaat was verbasend goed.
Het n baie interessante gesprek op die skou gehad met n verteenwoordiger van
die Saudi regering, en hy het mooi vir my uitgele hoekom die Arabiere vir
ons haat, maar dit is te lank en ingewikkeld om hier te herhaal. Die Saudi
stalletjie was eintlik omtrent n hele vloer groot, met regte palmbome en
opgetof, mens kan sien daar is geld, maar hulle (engelse) boeke was maar dun
om die lyf. Ek het my bankrot gekoop aan Duitse kalenders met abstrakte
prente, die Duitsers ken van boeke en van drukwerk. Ongelukkig sal ek dit
nie hier kan gebruik nie, want hulle het vergeet om Thanksgiving en
Memorial Day in hulle kalender te sit :-)

-e-
Re: Josephine's Mill ( Nuweland) [boodskap #99582 is 'n antwoord op boodskap #99551] So, 17 Oktober 2004 19:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Het n baie interessante gesprek op die skou gehad met n verteenwoordiger van
> die Saudi regering, en hy het mooi vir my uitgele hoekom die Arabiere vir
> ons haat, maar dit is te lank en ingewikkeld om hier te herhaal.

'n Verteenwoordiger van die Saudi regering, en dus van die
Saudi koninklike familie is natuurlik nou 'n mooi een om vir
jou te vertel hoekom Arabiere Amerikaners haat. Want hulle
is so kop in een mus met die Bush regering dat Prince Bandar
bekend is as Bandar Bush.

Gloudina
Re: Josephine's Mill ( Nuweland) [boodskap #99583 is 'n antwoord op boodskap #99582] So, 17 Oktober 2004 21:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:S66dnSNQ-o-oWu_cRVn-2Q@rogers.com...

"Ellie" skryf

> Het n baie interessante gesprek op die skou gehad met n verteenwoordiger van
> die Saudi regering, en hy het mooi vir my uitgele hoekom die Arabiere vir
> ons haat, maar dit is te lank en ingewikkeld om hier te herhaal.

'n Verteenwoordiger van die Saudi regering, en dus van die
Saudi koninklike familie is natuurlik nou 'n mooi een om vir
jou te vertel hoekom Arabiere Amerikaners haat. Want hulle
is so kop in een mus met die Bush regering dat Prince Bandar
bekend is as Bandar Bush.

Gloudina

Ja, jy is reg. Ek het hom nogal gevra hoekom die Koning dan so dikwels vir
Bush kom kuier in Crawford Texas, maar ek het n naam tag aangehad met my
firma se naam, en wou nie moeilikheid maak nie ;-) Hy het my nie
geantwoord nie. Die jaar se 'eregaste' was die Arabiese wereld (arabische
welt), en my hele besoek aan veral die Saudi's was baie interessant. Hoe
hulle my, as westerse vrou, ingenooi het, en hoe ons in volgorde van rang om
die tafel gesit het, die interprideerders ens. ens. Baie anders as hoe ons
dit doen.

Ek het met ander private Saudi uitgewers ook gepraat, en hulle was baie
meer positief oor Amerika, so ook meeste van die Arabiese lande se
uitgewers. Ek dink uit die aard van die saak is mense in daardie bedryf
meer liberaal of ten minste pro westers.

Ellie
Re: Josephine's Mill ( Nuweland) [boodskap #99584 is 'n antwoord op boodskap #99583] So, 17 Oktober 2004 22:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Ek het met ander private Saudi uitgewers ook gepraat, en hulle was baie
> meer positief oor Amerika, so ook meeste van die Arabiese lande se
> uitgewers. Ek dink uit die aard van die saak is mense in daardie bedryf
> meer liberaal of ten minste pro westers.

Ek dink daar is 'n baie skerp skeur in die Moslem
wêreld tussen dié mense wat vir hulleself sien as
deel van die westerse wêreld, en daardie mense
wat die westerse wêreld sien as 'n bedreiging.
Byna al die regerende klieke van hierdie
Moslem-lande is vriendskaplik gesind teenoor
die VSA. Dis die mense wat hierdie regerende
klieke vyandig gesind is, wat dan ook in die
proses anti-amerikaans word. Baie van hierdie
regerende klieke is erg korrup. Ek het nou die
aand so met 'n halwe oog gekyk na 'n Kanadese
program wat oor die aktiwiteite van die
prinse van Saudi-Arabië gaan in veral Europa.
Baie van hulle is verbind met prostitusie-ringe
en drug smuggling en doen dinge in Europa
wat nie deur hulle Moslem-geloof in die
Middel-Ooste toegelaat sou word nie. Geen
wonder dat Osama Bin Laden teen so 'n
korrupte klomp is nie.

Gloudina
Re: Josephine's Mill ( Nuweland) [boodskap #99585 is 'n antwoord op boodskap #99584] So, 17 Oktober 2004 22:28 Na vorige boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:d_KdnfR--cwic-_cRVn-tg@rogers.com...

"Ellie" skryf

> Ek het met ander private Saudi uitgewers ook gepraat, en hulle was baie
> meer positief oor Amerika, so ook meeste van die Arabiese lande se
> uitgewers. Ek dink uit die aard van die saak is mense in daardie bedryf
> meer liberaal of ten minste pro westers.

Ek dink daar is 'n baie skerp skeur in die Moslem
wêreld tussen dié mense wat vir hulleself sien as
deel van die westerse wêreld, en daardie mense
wat die westerse wêreld sien as 'n bedreiging.
Byna al die regerende klieke van hierdie
Moslem-lande is vriendskaplik gesind teenoor
die VSA. Dis die mense wat hierdie regerende
klieke vyandig gesind is, wat dan ook in die
proses anti-amerikaans word. Baie van hierdie
regerende klieke is erg korrup. Ek het nou die
aand so met 'n halwe oog gekyk na 'n Kanadese
program wat oor die aktiwiteite van die
prinse van Saudi-Arabië gaan in veral Europa.
Baie van hulle is verbind met prostitusie-ringe
en drug smuggling en doen dinge in Europa
wat nie deur hulle Moslem-geloof in die
Middel-Ooste toegelaat sou word nie. Geen
wonder dat Osama Bin Laden teen so 'n
korrupte klomp is nie.

Gloudina

Ek stem met jou saam, maar van hulle gaan van die een uiterste na die
ander, waar is die goue middeweg? Ek het n goeie vriendin wat oorspronklik
van Egipte kom (sy woon nou al 8 jaar in Alabama, en is heel gelukkig hier
:-) Sy sê as sy n keuse had, sou sy in UAE woon, die toestande daar is
ideaal. So ook Jordanië, en ek dink nie Koning Abdullah is korrup nie,
alhoewel hy en sy oorlede pa ook groot vriende was van die VSA, seker oor
Koningin Noor wat in Amerika gebore is.

-e-
Vorige onderwerp: Hallo.......
Volgende onderwerp: In Dutch..........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 18:22:30 MGT 2024