Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: So dit kan nie in die RSA gebeur nie?
Re: So dit kan nie in die RSA gebeur nie? [boodskap #99408] Wo, 13 Oktober 2004 12:09 na volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 13 Oct 2004 12:30:26 +0200, "Suidwester" wrote:

> 'n Interessante stukkie statistiek het die afgelope week my oog gevang in
> ons plaaslike pers. In die verlede is ek platgeslaan op hierdie ng omdat
> ek dit gewaag het om te sê dat Namibië en Suid-Afrika op dieselfde pad is
> met 'grondhervorming' as Zimbabwe. Glo word Suid-Afrikaners beter beskerm
> deur hul grondwet, ens? Kyk mens egter na die statistiek van wat gebeur
> het in Zim in vergelyking met die RSA, dan wonder mens. Vanaf 1994 is al
> amper 1500 blanke plaasboere vermoor in plaasaanvalle en die totale aantal
> blankes in die RSA, is 4,3 miljoen =0,00077%. In Zim, tydens die groot
> landgryp is ongeveer 11 blankes vermoor en hulle totale aantal blankes is
> maar 30 000 = 0,0033%.
> Miskien kan Ferdi vir my meer lig op die saak werp deur vir ons te
> verduidelik wat maak SA dan nou beter in dié dat meer blankes uitgemoor word
> as selfs in Zimbabwe? Of beskerm die grondwet net die swart meerderheid?
> Die reël van swart Afrika sê mos dat die meerderheid stemme in 'n verkiesing
> net tel tot die dag wat mag verkry is, daarna niks nie.

Try Google. Alles is reeds daar.

Hierdie is min of meer presies waar jy laas ook begin het.

Ek gaan rerig nie weer deur die argumente hardloop nie.
Re: So dit kan nie in die RSA gebeur nie? [boodskap #99411 is 'n antwoord op boodskap #99408] Wo, 13 Oktober 2004 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maw jy kan nie enige rede gee vir die 1500 plaasmoorde nie? Nie dat ek jou
kwalik neem nie! Hoe kan jy dit verduidelik as jy glo dis vir die goed van
die land dat dit gebeur, of hoe?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:nk6qm0d41ccj5cu3l5gp25elibk2qf2ahd@4ax.com...
> On Wed, 13 Oct 2004 12:30:26 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>
> Try Google. Alles is reeds daar.
>
> Hierdie is min of meer presies waar jy laas ook begin het.
>
> Ek gaan rerig nie weer deur die argumente hardloop nie.
>
Re: So dit kan nie in die RSA gebeur nie? [boodskap #99412 is 'n antwoord op boodskap #99408] Wo, 13 Oktober 2004 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:ZOidnVnnz8DtvfDcRVn-pQ@rogers.com...
>
> Ek wonder soms of jy en al die wittes wat kla daar in Zimbabwe
> se koppe reg opgeskroef is. Julle sit en tjank en tjank en tjank
> oor "wat in Zimbabwe aangaan."
----Tante, anders as jy wat, toe die probleme jou tref, jou goedjies op jou
kop gesit het en oorsee gevlug het, is ons 'klaers' die mense wat die
probleme van die land trompop loop en dit verwerk. Ek hol vir niemand weg
nie, ek werk nie vir 'n baas nie en en staan ook nie bakhand voor enigiemand
vir 'n aalmoes nie! As jy my plasing reg gelees het, dan sou jy dalk
begryp het dat ons 'n probleem in Suider-Afrika het. Soos in Zim, so gaan
dit word in Nam en later ook in SA. Dit maak mens siek om mense soos Ferdi
en jyself 'n politieke situasie te sit en moedswillig misken net omdat dit
populêr is om aan die 'regte' kant te wees. Hoe simpel kan 'n mens wees as
jy sit en kraai van plesier oor die sukses van terreur [jy] of iemand soos
Ferdi wat in die ou dae gesanik het oor hoe 'dinge in SA nooit soos in SWA
sal gebeur nie'...........lank voor '94. Toe kom die omdraai en wat
gebeur? Hy skrik sy melk weg en stem sommer ANC net om volledig lafaard te
wees!
Re: So dit kan nie in die RSA gebeur nie? [boodskap #99416 is 'n antwoord op boodskap #99411] Wo, 13 Oktober 2004 15:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dink jy slange sluk hulleself uiteindelik in?
Of raak hulle net organiese wiele wat die duine af brul?

On Wed, 13 Oct 2004 15:49:04 +0200, "Suidwester" wrote:

> Maw jy kan nie enige rede gee vir die 1500 plaasmoorde nie? Nie dat ek jou
> kwalik neem nie! Hoe kan jy dit verduidelik as jy glo dis vir die goed van
> die land dat dit gebeur, of hoe?
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:nk6qm0d41ccj5cu3l5gp25elibk2qf2ahd@4ax.com...
>> On Wed, 13 Oct 2004 12:30:26 +0200, "Suidwester"
>> wrote:


>> Try Google. Alles is reeds daar.

>> Hierdie is min of meer presies waar jy laas ook begin het.

>> Ek gaan rerig nie weer deur die argumente hardloop nie.


>
Re: So dit kan nie in die RSA gebeur nie? [boodskap #99426 is 'n antwoord op boodskap #99408] Wo, 13 Oktober 2004 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 13 Oct 2004 08:37:34 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "Suidwester" skryf
>
> In Zim, tydens die groot
>> landgryp is ongeveer 11 blankes vermoor en hulle totale aantal blankes is
>> maar 30 000 = 0,0033%.
>
> Ek wonder soms of jy en al die wittes wat kla daar in Zimbabwe
> se koppe reg opgeskroef is. Julle sit en tjank en tjank en tjank
> oor "wat in Zimbabwe aangaan." En dan kom dit voor die
> dag dat in al die járe en járe wat julle nou al sit en tjank,
> daar nog net 11 blankes vermoor is in Zimbabwe. ( Mens
> kan veilig aanneem dat in die tyd toe ou Smith regeer het,
> daar ook maar baie wit plaasboere vermoor is, want daar
> sal altyd mense wees wat hulle werkgewers wil uitmoor
> omdat hulle glo hulle te na gekom is.)
>
> Gloudina
>

Bouwer, jy het nie tyd om hier te kom warra warra as
Basjan nie meer na jou snert wil luister nie. Soos ek sê,
jy het nie tyd daarvoor nie, want jy moet dit gebruik om
jouself uit hierdie een te probeer wikkel:

> Askies tannie, ek weet wat tannie bedoel, maar dit is eintlik "PRESESSIE",
> nie "PROSESSIE" nie. Oom Swart Simon het gesê dat 'n "prosessie" met
> baniere straat-af marsjeer. Hoe het tannie dit nou weer aan my gestel:
> (Tannie se eie woorde) "Nee wat, ou Basjan, nou wys jy maar net weer dat
> jy nog intellektueel en selfs wetenskaplik nat agter die ore is. As jy nie
> eens weet dat daar 'n drastiese verskil is tussen presessie en prosessie
> nie, en dat dit niks met spelling ( in Engels of Afrikaans te doen het nie)"
> (einde van tannie se woorde).

> Maak sulke dinge nie vir tannie hartseer nie? Ek weet nie mooi of ek moet
> lag of huil nie...

Dit is die bewys dat jy nog intellektueel en selfs wetenskaplik nat
agter die ore is.

Jy het gedink dat dit net Basjan is wat sien hoe 'n totale gek jy van
jouself maak:-(
Ek sien jy systap dit. Gaan spandeer jou tyd deur daar te probeer
uitkom.

DD
Re: So dit kan nie in die RSA gebeur nie? [boodskap #99437 is 'n antwoord op boodskap #99408] Wo, 13 Oktober 2004 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Blondie  is tans af-lyn  Blondie
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 2004
Karma: 0
Junior Lid
Verstommende statistiek, Suidwester. Inderdaad verstommend

Is 1500 gedeel deur 4,3 miljoen regtig 0,00077%?
En glo jy dat 11 gedeel deur 30 000 0,0033% is?
Is 0,00077 groter as 0,0033?

Ek reken jy kry nul uit drie.

Die vraag is nou of jou bronne net so betroubaar is?

Groete

Wiskundejuffrou

"Suidwester" skryf in boodskap news:416d0405.0@news1.mweb.co.za...
'n Interessante stukkie statistiek het die afgelope week my oog gevang in
ons plaaslike pers. In die verlede is ek platgeslaan op hierdie ng omdat
ek dit gewaag het om te sê dat Namibië en Suid-Afrika op dieselfde pad is
met 'grondhervorming' as Zimbabwe. Glo word Suid-Afrikaners beter beskerm
deur hul grondwet, ens? Kyk mens egter na die statistiek van wat gebeur
het in Zim in vergelyking met die RSA, dan wonder mens. Vanaf 1994 is al
amper 1500 blanke plaasboere vermoor in plaasaanvalle en die totale aantal
blankes in die RSA, is 4,3 miljoen =0,00077%. In Zim, tydens die groot
landgryp is ongeveer 11 blankes vermoor en hulle totale aantal blankes is
maar 30 000 = 0,0033%.
Miskien kan Ferdi vir my meer lig op die saak werp deur vir ons te
verduidelik wat maak SA dan nou beter in dié dat meer blankes uitgemoor word
as selfs in Zimbabwe? Of beskerm die grondwet net die swart meerderheid?
Die reël van swart Afrika sê mos dat die meerderheid stemme in 'n verkiesing
net tel tot die dag wat mag verkry is, daarna niks nie.
Re: So dit kan nie in die RSA gebeur nie? [boodskap #99439 is 'n antwoord op boodskap #99437] Do, 14 Oktober 2004 06:05 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie juffrou, jy wys my tereg. Die berig is inderdaad foutief sover dit
hul berekening van die persentasies aangaan. Ek het dit nie nagegaan nie
en daarom is ek totaal skuldig..........waai jou stertjie.

"Blondie" skryf in boodskap news:416dacc1.0@news1.mweb.co.za...
> Verstommende statistiek, Suidwester. Inderdaad verstommend
>
> Is 1500 gedeel deur 4,3 miljoen regtig 0,00077%?
> En glo jy dat 11 gedeel deur 30 000 0,0033% is?
> Is 0,00077 groter as 0,0033?
>
> Ek reken jy kry nul uit drie.
>
> Die vraag is nou of jou bronne net so betroubaar is?
>
> Groete
>
> Wiskundejuffrou
>
Vorige onderwerp: Etosha se leeus
Volgende onderwerp: Re: George Bush en Kanada
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 06:22:12 MGT 2024