Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA debat
| Re: VSA debat [boodskap #99363 is 'n antwoord op boodskap #99309] |
Di., 12 Oktober 2004 00:53   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf
William Blake gebruik nie die woord
>> "God" nie. Thomas Altizer, 'n Christen-teoloog,
>> het die "God is dead" - movement in die
>> sewentigerjare gelei.
>
> Ag tannie, dan kan hulle hulself mos nie "Christene" noem nie! Die hele
> beginsel van Christenskap is Christus as God. Komaan, wees redelik, tannie
> raak nou die spoor byster.
Nou, ongelukkig vir jou, Basjan, dink ek dat ek baie
meer Christen-teoloë se werk gelees het as wat jy
ooit kan hoop om te lees. Mense wat in die Christelike
kerke hoog aangeskryf staan, baie respek afdwing.
By mense soos Altizer is dit erns oor die INKARNASIE,
soek hy in alle erns wat dit beteken om die "Gees van
God" geinkarneer te sien in die ondermaanse "wêreld."
In die proses dui hy aan dat dit alleen is wanneer mense
hierdie term "God" ( wat so baie mense so ligweg gebruik
en so baie mense politiek mee speel) opgee en die
inkarnasie van die gees in Christus ernstig opneem en
probeer navolg, dat die betekenis en die krag van die
"inkarnasie" werklik besef en gepraktiseer word.
Dis hier waar dit vir die Buddhis oor erns is. Die
inkarnasie, die buddha.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99370 is 'n antwoord op boodskap #99358] |
Di., 12 Oktober 2004 07:23   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Swart Simon" skryf in boodskap news:416af20d.0@news1.mweb.co.za...
> "basjan" wrote in message
> news:ckccpe$igv$1@solaris.cc.vt.edu...
>
>> Natuurlik het hulle hom van kettery beskuldig, dit was juis donker eeue, of
>> hoe? Dit is wel interessant om meer te lees oor die "procession of
>> equinoxes", wat 'n standvastige progressie van die aarde en sy omwanteling
>> deur die hemelruim behels. So akkuraat dat mens eons kan vasstel deur die
>> reëlmatigheid. Die aarde se beweging is eintlik ongelooflik voorspelbaar of
>> standvastig. Sal dit verander? Moontlik as die grondveste verander...
>
>
> Ek verstaan nie hoekom jy die woord "natuurlik" gebruik
> nie. Wil jy sê dat daardie ou omies van die kerk nie
> kwalik geneem moet word nie? Dat daar nie ten minste
> 'n les uit te leer is nie?
Juis is daar 'n les uit te leer, maar is dit belangrik vir oom dat die aarde
vas is op sy omwenteling, of dat oom 'n siel het?
>
> (En dit was nie die "donker eeue" nie, hoor. En dis
> "precession", hoor - 'n "procession" is iets wat met
> baniere by die straat af marsjeer.)
Oom Simon, dankie vir die reghelp. Nou 'n vraag, is oom dan regtig so 'n
dissipel van tannie Gloudina, dat die spelling en nie bedoeling belangrik
word nie? Is die ammunisie op - noudat oom verby stellings praat en slegs
spelling aanval? Kom nou, oom!
Basjan
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99372 is 'n antwoord op boodskap #99362] |
Di., 12 Oktober 2004 07:43   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:DMudna1Kop1wu_bcRVn-oQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Oom Simon, ek kan dit dalk nie duideliker stel as dit nie: As jy Jesus
>> ontken as die enigste Weg, maar slegs voorhou as een van die weë, dan het jy
>> Hom mos nie nodig nie. Dan het Hy verniet gesterf. Dan kon jy net sowel 'n
>> ander geloof of geen geloof aangehang het nie, want dit pas jou verstand en
>> gevoel en interpretasie beter.
>> M.a.w. as iemand homself 'n Christen noem, maar Jesus slegs as 'n
>> alternatief voorhou, dan ontken Hy alles wat Jesus gedoen het - om 'n weg
>> tussen God en mens oop te maak deur Sy verlossing. As jy nie glo die weg is
>> nodig nie, wat sê dit van jou siening van Jesus?
>
> Lees nou weer wat jy hierbo gesê het, maar lees dit
> asof iemand van 'n ander "geloof" dieselfde argumente
> gebruik om sy eie "geloof" te regverdig. En dan kan
> jy sien hoe maklik mens gate in jou argumente kan
> inslaan.
Juis nie, tannie! Volg die logika!!!! Ek glo een manier, hoekom moet ek 'n
deur ooplaat in my geloof vir "ander weë". DIT IS WAT EK GLO. M.a.w.
tannie kan nie gate daarin slaan nie. As ek vir tannie 'n bewys voorlê dat
2+2 eintlik 2345 is, dan verwag ek dat daar gate ingeslaan word. Maar as ek
ek sê dat ek op 'n spesifieke manier glo, waar val tannie uit om vir my te
sê dan moet ek sekerlik sus of so voel of kan aanvaar????????
> Julle ouens wat so onder die dekmantel van "reg te
> wees" sit en dikteer, besef nie dat julle vir julleself gate
> graaf en self daarin val nie.
Lees bo en raak rustig. Ons stry uit verskillende raamwerke. My raamwerk
sluit nie tannie se "geloof" of raamwerk in nie. En tannie kan ook nie
tannie se raamwerk maak pas in myne nie. Klaar.
Dis alleen wanneer die Dalai
> Lama
Net 'n mens....
> mense aanmoedig om binne die raamwerk van
> Christelike beginsels te begin PRAKTISEER,
dan sê ek hy moet gaan doppies blaas. Wie is hy om vir my voor te skryf dat
ek "moet vry voel" om sy gewoontes in my geloof te inkorporeer? Vir my is
dit reg of weg. Ek besoedel nie dit weat ek glo met dit wat 'n ander
voorskryf nie, veral nie om myself of tannie beter te laat voel nie....
> dat mense
> begin sien dat daar iets is wat groter is as die klein
> diktatortjies en agendatjies van dié mense wat wil
> voorgee dat hulle alleen die waarheid in pag het.
Asseblieg - tannie raak nou vervelig. Ek het nie die waarheid in pag nie.
Ek glo slegs in iets spesifieks wat NIE "new-age" insluitend is NIE.
Aaanvaar dit en raak rustug.
> Dis
> wanneer Tutu ( wie, ten spyte van wat jy sê, 'n eerbare
> Christen is) en
Nog 'n mens
> die Dalai Lama ( wat 'n Gelug Buddhis
> is)
Nog 'n mens...
> en Nelson Mandela ( wat heelwaarskynlik nie 'n
> "godsdienstige" man is nie) >
Nog 'n mens...
> dieselfde soort lig in hulle
> gesigte het en dieselfde soort dinge begin praat, dat
> jy maar kan LUISTER.
Ek "kan" of "hoef" nie. Dink tannie dat 'n militante moslem kan glimlag as
hy 'n ander mens onthoof en voel hy straal liefde vir sy geloof uit? Moet
ek na hom ook luister? Tannie, raak redelik. Tannie se "glimlagte" en
"praat oor dieselfde ding" is AARDS, hoe kan enige mens geluk of selfs
ewigheid meet aan hoe 'n ander glimlag? Tannie, regtig....
Basjan
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99373 is 'n antwoord op boodskap #99363] |
Di., 12 Oktober 2004 07:50   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:WNednRRy2I9mtPbcRVn-sQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> William Blake gebruik nie die woord
>>> "God" nie. Thomas Altizer, 'n Christen-teoloog,
>>> het die "God is dead" - movement in die
>>> sewentigerjare gelei.
>> Ag tannie, dan kan hulle hulself mos nie "Christene" noem nie! Die hele
>> beginsel van Christenskap is Christus as God. Komaan, wees redelik,
> tannie
>> raak nou die spoor byster.
>
> Nou, ongelukkig vir jou, Basjan, dink ek dat ek baie
> meer Christen-teoloë se werk gelees het as wat jy
> ooit kan hoop om te lees.
Klaarblyklik het tannie baie teoloë se werk gelees wat hulself Christene
GENOEM het. Dink tannie die lees maak tannie wys? Dit lyk my dit maak
tannie deurmekaar. Tannie het nie 'n idee hoe ek oor my geloof voel of
hoeveel ek al oor wat ek glo gepeins het nie. Dit is my persoonlike saak -
ek hoef nie uit te basuin hoeveel teologiese werke ek al gelees het nie, ek
kan maar slegs aan tannie sê wat ek glo. Eienaardig dat tannie so baie heg
aan menslike waardes en sieninge...
> Mense wat in die Christelike
> kerke hoog aangeskryf staan, baie respek afdwing.
> By mense soos Altizer is dit erns oor die INKARNASIE,
> soek hy in alle erns wat dit beteken om die "Gees van
> God" geinkarneer te sien in die ondermaanse "wêreld."
> In die proses dui hy aan dat dit alleen is wanneer mense
> hierdie term "God" ( wat so baie mense so ligweg gebruik
> en so baie mense politiek mee speel) opgee en die
> inkarnasie van die gees in Christus ernstig opneem en
> probeer navolg, dat die betekenis en die krag van die
> "inkarnasie" werklik besef en gepraktiseer word.
Tannie sit alweer op stasie 9, oppad na deurmekaar. Ek voel 'n veer of
"Altizer" sus of so sê. Dit is sy saak. Hy kan dit glo. Ek HOEF nie. Hy
kan mos nie aan my voorskryf hoe ek GOD moet ervaar nie? Laat tannie tannie
self so maklik rondlei?
> Dis hier waar dit vir die Buddhis oor erns is. Die
> inkarnasie, die buddha.
Hier gaan ons alweer. Ons glo twee wyd, wyd verskillende dinge - twee
raamwerke. Moet nie maak asof die buddhis die toppunt van "geloofs-erns" is
nie. Ek glo hy sit die pot mis. Kan hy maar so glo? Ja. Hoef ek saam te
stem? NEE.
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99387 is 'n antwoord op boodskap #98947] |
Di., 12 Oktober 2004 15:03   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:XJydnc6YT8AFc_bcRVn-pA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Feit van die saak bly (of tannie van die term hou of
>> nie): Een van die new age ideologieë is die konsep van een weg na die
>> ewigheid, almal is een vetpret happy familie.
>
>> Of tannie gelukkig daarmee is of nie, tannie val in die middel van wat ander
>> as "new age" beskou...
>
> Of jy nou daarvan bewus is of nie, jou gebruik van
> "new age" is ver vandaan van waar dit oorspronklik
> ontstaan het. Dit het oorspronklik iets te doen gehad
> met die "Age of Aquarius" en dit het dus ook op 'n
> aweregse manier iets te doen met die idee wat mens
> in die Christelike bybel kry dat daar 'n duisendjarige
> ryk van vrede sal kom, of soiets.
Eintlik het die "Age of Aquarius" juis te make met die PRESESSIE - die ding
waaroor tannie so na my hap oor spelling. Gaan lees meer, dalk begryp
tannie die bedoeling beter...
> Maar oor die jare het 'n sekere tipe "Christen" die
> term "new age" aangegryp as iets wat tipifeer "wat
> hy nie glo nie."
Bogtwak - alles waarin ek as Christen nie glo nie is nie gelyk aan new age
nie. Dit is 'n ideologie wat baie nou gekoppel word aan die siening dat
alle gelowe na God lei. Ek stem wel nie saam met die "new age" siening nie.
Maar besef dat ek ook nie saam met 'n streng moslem stem nie, wat ek nie as
"new age" sal klassifiseer nie.
> Om iemand wat Vajrayana Buddhisme
> bestudeer, uit te maak as "new age" is sê onkundig
> en belaglik, dat mens amper nie eens aandag daaraan
> moet gee nie. Mag ek jou weer daaraan herinner dat
> Buddhisme "begin" het met Gautama Buddha, wat
> vyfhonderd jaar voor Christus geleef het.
Wat het dit met die prys van eiers te doen? "Gautama Buddha" het dalk
fisies voor Jesus op aarde gewandel, maar "Gautama Buddha" se bestaan kan
nie eers in dieselfe asem as Jesus as God se bestaan beskryf word nie.
Jesus was van die oneindige begin en sal tot die oneindige einde bestaan.
Iets wat Christene glo. So tannie kan ook maar stop met die "wanneer wie
geleef het", dit is nie 'n belangrikheid vir my as Christen nie... God se
bestaan kan nie in tannie of my menslike terme gemeet word nie
> En dat die
> Buddhisme eintlik 'n protes- beweging was teen
> sekere konsepte van Hinduisme, wat al duisende en
> duisende en duisende jare in werking is, en wat
> heelwaarskynlik geboorte gegee het aan die Griekse
> denke wat die Nuwe Testament so anders as die
> Ou Testament gemaak het.
As tannie so wil dink, "knock yourself out" - ek glo die Bybel (OT en NT) is
deur God geinspireer. Maar dan glo tannie as buddhis mos nie dat daar 'n
God is nie, so die bestaan van teologiese tekste moet weereens in menslike
terme verduidelik word, of hoe?
Basjan
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99389 is 'n antwoord op boodskap #99385] |
Di., 12 Oktober 2004 15:13   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:31snm0lp9qk8tqkvjr6bfma1f55v4foeej@4ax.com...
> On Tue, 12 Oct 2004 16:26:30 +0200, "Basjan" wrote:
>
>
> doen, is ek
>> onnodig moeilik met hom. As hy glo dat hy en die Dalai Lama altwee hul
>> eie
>> spoor na God volg, dan het ek nie veel tyd vir hom nie.
>
> Dink jy dit sal hom (of God) onstel?
Ek gee nie om of ek Tutu ontstel nie, hy is maar mens soos ek.
Ek glo wel dat God ontsteld is, maar dan weer, dit is wat ek glo... as
Christen deur geloof in Christus gedefinieer word, dan is ongeloof in Jesus
(dat Hy die Weg is, in Sy eie woorde) tog ontstellend, of hoe?
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99402 is 'n antwoord op boodskap #99399] |
Wo., 13 Oktober 2004 07:24   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:ltqdnQj7vblB1fHcRVn-gA@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Hoekom sê dat God die gelowe van Buddhisme, Hindoeisme en Moslem
>> geinspireer het? Kan dit nie juis drie goeie voorbeelde van dwaalweë
>> wees
>> nie. Dit is dan ook hoe ek dit beskou.
>
> As jy sê dat hulle "dwaalweë" is, dan verhef jy dié
> wesens "wat dwaal" as hebbende 'n mag en 'n
> outoriteit wat hulle die reg en die mag gee om
> óf God te kies óf God nie te kies nie.
Natuurlik het jy as mens die "mag" om te kies! Die keuse word aan jou
gebied, God dring Hom aan niemand op nie, dit staan so in die Bybel. Die
vraag is ook al gevra en geantwoord.
> Jy verval
> dan in een van daardie ketterye soos die
> Manichaisme ( vergeef die spelling, Katryn, ek
> is te lui om dit weer na te slaan) waar jy die
> ligte en die duister kant ewe veel draagkrag
> gee. Jy glo dus nie God is alles in almal nie.
> Glo jy God is alles in almal?
Nee. Die vraag is al gevra en geantwoord. In soveel woorde. Tannie moet
dit laat gaan as ons klaar daaroor gesels het, al het ons nie saamgestem
nie.
Ek glo dat God wel in my woon deur Sy Gees na my redding deur Jesus
Christus, maar ek glo NIE dat God alles in almal is nie. Jy word slegs 'n
kind van God na verlossing deur Jesus. Jy is 'n mens, met 'n siel, wat
ewig kan lewe. Dit bly jou keuse waar jy ewig wil lewe.
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99409 is 'n antwoord op boodskap #99402] |
Wo., 13 Oktober 2004 12:15   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Basjan" skryf
> Ek glo dat God wel in my woon deur Sy Gees na my redding deur Jesus
> Christus, maar ek glo NIE dat God alles in almal is nie. Jy word slegs 'n
> kind van God na verlossing deur Jesus. Jy is 'n mens, met 'n siel, wat
> ewig kan lewe. Dit bly jou keuse waar jy ewig wil lewe.
Nouja. Dis jou credo. Maar ek hoop jy besef wat die
implikasies teologies van so 'n credo is. Dit beteken dat
God nie alles in almal is nie, dat God nie alwetend en
almagtig en alsienend is nie, dat God nie die heelal
bestuur nie, dat almal nie kinders van God is nie.
Sover jy glo in 'n "siel" wat ewig kan lewe, volg
jy teologies die Hindoes.
Ek wonder soms of die Nuwe Testament werklik
praat van die siel as 'n aparte entiteit. Hoekom word
daar so knaend in die NT gepraat dat God die
wynstok is en ons die lote? William Blake, wat sy
raamwerk streng uit die Bybel kry, glo dat wanneer die
mens as individu glo dat hy 'n aparte wese is (a worm
of sixty winters) hy onder 'n wanindruk is. Hy sien die
hele mensdom as soos één man, of as die deursnit van
die vier lewende wesens waarvan hulle in die Bybel
praat.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99413 is 'n antwoord op boodskap #99409] |
Wo., 13 Oktober 2004 14:38   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:rpKdnWprUaHEhvDcRVn-jw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek glo dat God wel in my woon deur Sy Gees na my redding deur Jesus
>> Christus, maar ek glo NIE dat God alles in almal is nie. Jy word slegs
>> 'n
>> kind van God na verlossing deur Jesus. Jy is 'n mens, met 'n siel, wat
>> ewig kan lewe. Dit bly jou keuse waar jy ewig wil lewe.
>
> Nouja. Dis jou credo. Maar ek hoop jy besef wat die
> implikasies teologies van so 'n credo is. Dit beteken dat
> God nie alles in almal is nie, dat God nie alwetend en
> almagtig en alsienend is nie, dat God nie die heelal
> bestuur nie, dat almal nie kinders van God is nie.
Tannie kan darem kompleet onsin kwytraak! Moet 'n God wat alwetend en
almagtig is Sy wil op jou afdruk? Hoe eenvoudig glo tannie tog nie! Dit is
een van die fantastiese waarhede dat ons as mense kan kies, al het God ons
gemaak. Hy sê o.a. dat Hy nie wil dat een verlore moet gaan nie, maar dit
bly 'n geloofsaak tussen die mens en God. Selfs tannie is vir Hom
belangrik, maar op die ou einde is dit nie God se keuse nie, maar tannie
sin. Watter sin maak dit tog dat God "vir Homself" kies deur jou as mens te
dwing om Hom te aanbid? Tannie moet partykeer bietjie terugstaan en logies
ook oor die dinge dink.
> Sover jy glo in 'n "siel" wat ewig kan lewe, volg
> jy teologies die Hindoes.
Bogsnert. Hoekom dring tannie daarop aan om Christenskap gelyk te stel aan
ander gelowe? Dit is nie en sal nooit wees. Kom by, die tyd is nou om by te
kom vir die bespreking. Daar mag raakpunte wees, maar die asbolute,
fundamentele kern (Jesus Christus vir Christene) verkil. DIT is die PUNT!
Op die ou einde raak al die "volg jy 'n ander geloof" stomp en oud en is dit
verby logika... kom ons praat sinvol.
> Ek wonder soms of die Nuwe Testament werklik
> praat van die siel as 'n aparte entiteit.
Al ooit gehoor van stof tot stof?
> Hoekom word
> daar so knaend in die NT gepraat dat God die
> wynstok is en ons die lote?
Knaend?
> William Blake, wat sy
> raamwerk streng uit die Bybel kry, glo dat wanneer die
> mens as individu glo dat hy 'n aparte wese is (a worm
> of sixty winters) hy onder 'n wanindruk is. Hy sien die
> hele mensdom as soos één man, of as die deursnit van
> die vier lewende wesens waarvan hulle in die Bybel
> praat.
Alweer met Blake, blykbaar is tannie heel opgesmuk met die ou. Dalk moet
tannie self oor die Bybel begin dink....
Hier is vir tannie 'n oulike stukkie wat sê wie gevrees moet word en hoekom
die liggaam bysaak is:
Luke 12:5
But I will show you whom you should fear: Fear him who, after the killing of
the body, has power to throw you into hell. Yes, I tell you, fear him.
Basjan
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99414 is 'n antwoord op boodskap #99410] |
Wo., 13 Oktober 2004 14:44   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:3vednfiaKPTugPDcRVn-pQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Tannie Gloudina, as ek natuurlik 'n pessimis en twyfelaar was, kon ek
>> gewonder het hoe tannie "ewe skielik" die basis van presessie "onthou".
> Ek kan verder gaan en besef dat die internet darem
>> 'n wonderlike "navorsings-tool" is om mens te help "onthou".
>
> Ek neem aan jy beskuldig my hierbo dat ek nog nooit van
> die presessie van die planete (?) deur die Zodiac gehoor
> het nie en dit nou onlangs op die internet bestudeer het.
> Jy is natuurlik welkom om so skepties te wees. Wat gee
> ek om. Maar ek kan jou verseker dat hierdie presessie-
> storie baie algemeen bekend is. Swart Simon weet daarvan.
> My man weet daarvan en sal vir my die sterrekundige
> implikasies mooi kan verduidelik. As ek nou nie so lui
> is nie, sou ek na die boekkas gaan en 'n hele paar boeke
> kan vind wat oor hierdie dinge praat.
Gevoelig, of hoe? Ek het dit bloot interessant gevind hoe tannie vele kere
met 'n "as ek reg onthou" terugkom. As tannie my 10 minute gee, kan ek oor
alles 'n "as ek reg onthou" antwoord gee. Maar dan weer gesê, ek beskuldig
tannie nie, ek sê slegs dat dit verdag sou wees as ek 'n pessimis was en
tannie se goeie hart sou wantrou...
> Interessanter vir my is om te begin wonder: As in die
> laaste tweeduisend jaar die teken van Pisces oorheers
> het in die teologiese denke van die Middelooste, en dat
> Christus dus as Visser gesien is, wat gaan die tendens
> wees in die volgende tweeduisend jaar, wanneer ons
> deur die teken van Aquarius, die Waterdraer, gaan?
Glo tannie regtig dat Pisces die wandel van Jesus op aarde beinvloed het?
Genade tannie.
Daar is wel groepe wat sê dat die beeld van die vis as teken van Jesus
gebruik word, maar dan is daar ook 'n aanvaarde stelling dat die beeld
gegrond is op wat Jesus gesê het van sy volgelinge "as vissers van mense".
As jy toelaat dat 'n sterregroep jou denke beinvloed, gaan mal!
Basjan
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99415 is 'n antwoord op boodskap #98947] |
Wo., 13 Oktober 2004 14:49   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:dOudnYWxfa_qg_DcRVn-pA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek glo dat God sy kinders (gereddes) kom haal voor die begin van die
>> verdrukking. Die verdrukking word gelei deur die satan se verteenwoordiger,
>> die antichris. Die magte wat in Openbaring beskryf word, is al klaar aan
>> die werk, so glo ek! Gaan kyk maar net na Europa se unifikasie en die
>> wegmaak van kulturele en fisiese grense.
>
> Ek is geinteresseerd hoofsaaklik oor wat jy in daardie
> eerste sin sê. ( Ek is natuurlik ook geinteresseerd in die
> res, en sal nie omgee as jy ook daaroor uitwy nie.) Maar
> op die oomblik wil ek graag weet wat jy bedoel met
> "kom haal." Ek hoop dat jy dit so na as moontlik
> wetenskaplik sal kan verduidelik.
Dat ons weggeneem sal word vanaf die aarde. Fisies? Geestelik? Ek kan nie
sê nie. Maar dat gelowiges in Jesus die verdrukking sal vryspring.
Die hoofverse in die Bybel waarin die siening gegrond is:
1 Thessalonians 4
16For the Lord himself will come down from heaven, with a loud command, with
the voice of the archangel and with the trumpet call of God, and the dead in
Christ will rise first. 17After that, we who are still alive and are left
will be caught up together with them in the clouds to meet the Lord in the
air. And so we will be with the Lord forever. 18Therefore encourage each
other with these words.
Ek kan dit wetenskaplik probeer uitlê, maar dit sal 'n geestesverskynsel in
my menslike terme probeer vaslê.
Basjan
|
|
|
|
| Bladsye (9): [ 7 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 15:27:37 UTC 2026
|