Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Luiperd vang...
Luiperd vang... [boodskap #99353] Ma, 11 Oktober 2004 12:29
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Koos sien 'n advertensie in die Landbouweekblad waar 'n boer tenders inwag
vir iemand om die luiperds op sy plaas te vang en na 'n wildreservaat te
verskuif. Hy besluit om te tender, en omdat hy toe verreweg die goedkoopste
is, kry hy die job. Die volgende dag daag hy by die plaas op met 'n bakkie,
'n foskterrier, ou Jonas, 'n spul streepsakke en 'n .22 geweer. Die boer lyk
maar skepties, maar aan die einde van die dag le daar 12 luiperds in
streepsakke, reg om vervoer te word. Die boer is beindruk en vra of hy die
volgende dag kan saamry om te kyk hoe Koos dit doen. Dit werk toe so: sodra
hulle 'n luiperd sien, jaag hulle hom in die naaste boom op met die bakkie.
Koos klim agterna, en soos die luiperd grom en na hom klap, grom en klap hy
lustig terug totdat hy die luiperd op die dun takke vasgekeer het. Wanneer
die tak dan padgee en die luiperd grond toe val, gryp die foksterrier hom
aan die knaters en hou vir al wat hy werd is terwyl Jonas hom in die
streepsak toebind. "Maar waarvoor is die .22 dan?" wil die boer weet.
"Jong," se Koos, "so met die heen-en-weer geklappery kan dit dalk gebeur
dat EK uit die boom val. En dan moet Jonas die .22 gebruik om die
foksterrier te skiet....."
Vorige onderwerp: Eise se eise
Volgende onderwerp: Professor Wangari Maathai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 10:57:29 MGT 2024