Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA debat
Re: VSA debat [boodskap #99264 is 'n antwoord op boodskap #99251] |
Do., 07 Oktober 2004 15:24   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:kpednfBmBdRazPjcRVn-iA@rogers.com...
>
> "basjan"skryf
>
>> Ek is slegs volmaak vanuit God se oogpunt deurdat Hy na my deur Jesus se
>> verlossing te kyk. Wat in die bloue hemele het dit met buddhisme te
>> doen?
>
> Meer as wat jy dink. Maar ek dink nie
> jy is bereid om die woord "volmaak"
> werklik te verstaan nie. Ek dink nie
> jy is bereid om die woorde "Jesus se
> verlossing" werklik te verstaan nie.
Tannie, hier gaan ons nou! Mens kan juis nie Jesus se verlossing "verstaan"
nie, jy glo daarin. Jy kan verstaan wat Hy gedoen het, wat jy moet doen -
maar die hele breë konteks en die Godheid, ek sal myself nie voorbarig ag om
dit te kan verstaan nie.
Ek glo ek is volmaak in Jesus, nie 'n skakering daarvan nie, maar volmaak
voor God IN CHRISTUS. Nie uit myself nie!
Ek wil nog steeds weet: Wat het Jesus se verlossing met die buddhis se
geloof te doen? Sê 'n buddhis dat dit 'n "mooi daad" was, of glo 'n buddhis
dat dit die enigste, absolute verlossing is?
> Dit neem jare en jare om dié dinge
> van alkante af te bekyk en dan te
> besef waar dawid die wortels gegrawe
> het. Ek moet in alle geval nou begin
> pak, en sal nie meer so gereeld kan
> antwoord nie. ( Dis 'n amper volle
> day job, weet jy.) Miskien kan ons
> later weer "argumenteer."
Dit is regtig 'n day job. Ek sit en tik, terwyl ek aan GPS moet werkskaf!
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99274 is 'n antwoord op boodskap #99268] |
Do., 07 Oktober 2004 17:45   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:LJ-dnXSniMa77_jcRVn-og@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Ek gee nie 'n vrot veer om wat die Dalai Lama my oor my Christenskap
>> aanmoedig nie, my "raamwerk" is Bybels-gefundeer en ek glo nie daaraan om
> 'n
>> persoon wat ek glo 'n heidense geloof aanhang, se raad te volg om 'n
>> ander
>> heidense geloof se praktyke "toe te pas" nie.
>
> Die "vrot veer" en die "heidense praktyke" in jou
> taal wys vir my arrogansie. Dit wys vir my al hoe
> meer dat jy nie bereid is om nederig te wees en
> te dink nie.
Wie dink tannie is die arrogante: Die Dalai Lama wat my as Christen aanraai
om "binne my Christenraamwerk ook buddhisme te beoefen", of ek wat sê nee
wat, ek besoedel nie my geloof met 'n ander waarin ek NIE GLO NIE? Ek dink
dis hoogs arrogant om my aan te beveel om my geloof te verdun...
> Ek raak bietjie moeg vir die absolute
> hoogdrawenheid waarmee jy wil indruk maak dat
> jy "reg" is in alles wat jy sê. Jy is nie bereid om
> oop te wees oor ewige dinge nie. Jy wil dikteer wat
> ewige dinge is.
Geen hoogdrawenheid van my kant af nie. Ek het nog die heeltyd uit my
geloofsraamwerk gesels, juis die raamwerk wat ek nie wil oopstel aan ander
gelowe nie. Wat is so moeilik om te verstaan? Hoekom mag ek nie slegs in
Jesus glo nie? Wat is dit wat tannie so bedreig?
> Ek sit liewer my geld op Tutu
> en die Dalai Lama en die ope glimlag op albei
> se gesigte
Ek wed liefs nie op iemand se glimlag nie, môre is dit dalk 'n frons.
> en die wonderlike invloed wat hulle het op
> hulle gehore, wat aangemoedig word om te dink
> in terme van meer as materiële dinge.
Dit is maklik om gehore gelukkig te hou as jy generiese geluk predik,
generiese beginsels verkondig, dinge sê wat almal wil hoor. Dit is
byvoorbeel moeiliker om iemand se seer toon uit te wys, as wat dit is om hom
vertel hy het nege gesondes.
> Die vreugde
> wat daardie twee opwek, getuig van iets wat jy
> nooit sal ondervind nie, omdat jy jou hart toesluit
> vir alles behalwe wat jy nou dink jy wil glo.
Ek dink dat selfs tannie sal besef dat tannie totale bog kwytgeraak het.
(1) Hoeveel vreugde wek die twee regtig op? Is valse vreugde = vreugde?
Generiese vreugde is goed, maar vreugde sonder 'n ewige eggo is hol. Ek kan
tannie ook bly maak en vreugde gee deur saam te stem en te hmmmmm en hmmmmmm
in my "tantriese oefeninge". Maar dit is natuurlik 'n vlak vreugde. (2) My
hart was oop vir wat ek GLO is die Waarheid, daarna weier ek om my hart te
besoedel met nonsens (3) Hoe op dees aarde kan tannie besluit dat ek nie al
oor en oor vermenigvuldige vreugde ondervind het en ondervind nie? Net
omdat ek nie saamstem nie? Tannie is dalk die een onder ons wat breër moet
dink. Tannie is net so veel geregtig op die belaglike stelling, as wat ek
hier uit België is om te sê dat tannie se skoene nie vandag by tannie se
uitrusting pas nie. En as dit waar is (die skoene deel) stel ek die suede
sandale voor...
Basjan
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99276 is 'n antwoord op boodskap #99272] |
Do., 07 Oktober 2004 17:51   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:zqydnY81mKIo4PjcRVn-uQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek glo ek is volmaak in Jesus, nie 'n skakering daarvan nie, maar volmaak
>> voor God IN CHRISTUS. Nie uit myself nie!
>
> Hier sal die buddhis volkome met jou saamstem.
> Hy sal net verder vir jou uitwys dat wat jy "self"
> noem, ook maar 'n figment van die verbeelding is.
So die buddhis glo dat slegs Jesus die weg is na saligheid? Ek vermoed dat
dit nie waar is nie. Is Jesus vir die buddhis 'n werklikheid of 'n
"idioom", 'n soort vergelyking?
Kan tannie vir my eerlik sê dat buddhiste Jesus as die enigste weg tot
saligheid aanvaar, aanbid en slegs tot God nader deur Jesus? Ek dink tannie
praat pure onsin, ek vermoed dat tannie nou figuurlik begin praat om ons
geloofsienings op dieselfde vlak te stel. Die Jesus wat ek aanbid is
letterlik, sy redding letterlik, en ja, ek is nog steeds 'n mens of siel, ek
is nie god nie...
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99284 is 'n antwoord op boodskap #99206] |
Do., 07 Oktober 2004 20:02   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 7 Oct 2004 09:08:08 +0200, "Basjan" wrote:
> "@rogers.com" wrote in message
> news:ptCdnfQLTJ_jxvncRVn-tw@rogers.com...
>> Nee, tannie is hardhorend. Kom nou, dit raak belaglik. Ek antwoord elke
> keer op die bogenoemde vraag, net sodat tannie dit weer 'n paar poste later
> herhaal. GEVRA EN BEANTWOORD.
> "Work with me here!"
> WEER ´N KEER: Gaan lees al my poste: Ek glo dat slegs mense wat Christus NIE
> verwerp NIE, gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes
> gehoor het. Mense
> wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat van hulle word?
************************************************************ *************************************
************************************************************ *************************************
>
> Tannie Gloudina, dit is regtig vir my moeilik om beskaafd te bly. Tannie
> begin grens op belaglik. Ek daag tannie uit om al ons vorige poste te gaan
> lees en dan vertel tannie vir my (en die paar siele wat dalk saamlees),
> hoeveel keer ek geskryf het:
>
> WEER ´N KEER: Gaan lees al my poste: Ek glo dat slegs mense wat Christus NIE
> verwerp NIE, gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes
> gehoor het. Mense
> wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat van hulle word?
>
> Basjan
>
Hallo Basjan,
Jy sal verras wees om te weet hoeveel van ons het jou geduldige
lerende antwoorde op haar belaglikhede woord vir woord gelees.
Ek dra sommer uit die bloute twee van haar sirkelgange saam.
Ek kon enige twee gekies het, en dit sou dieselfde wees.
Jy het (baie) raak gesien toe jy genoem het dat sy met 'grasie' moet
uitstap. "Grasie' met opset in aanhalingstekens, omdat sy dit selfs na
enkele briewe dit nie meer kon doen nie.
Een van die redes waarom sy herhalend die selfde dom foute gemaak het,
was om jou te probeer kwaad maak, en die aftog te laat blaas. Ek is
bly dat jy dit geignoreer het. Almal op die groep wat haar langer as
jy ken, het dit dadelik raakgesien, en heelwaarskynlik was ek nie die
enigste in die groep wat gelag het oor haar futiele pogings nie.
Op stadiums (ten minste twee keer) het sy desperaat probeer om my in
die gesprek te kry. En dan wou sy my en jou iets in verskillende
woorde laat sê, sodat sy kon sê dat ons verskil. Dìt is haar ou laai,
en ek weet nie waarom sy so dom is nie. Sy ken my goed genoeg om te
geweet het dat ek deur haar slenter kyk en vir haar lag.
Heelwat jare gelede het sy, wanneer ek haar in 'n hoek gehad het,
dieselfde gedoen as nou, deur voor te gee dat ek onder 'n ander naam
ook skryf. Sy probeer nou voorgee dat ek as Paul skryf.
Dié storie is al 'n dekade oud. Die afgelope tien jaar het mense op
hierdie groep haar uitgelag oor al die name wat sy aan my toegedig
het. Ek is maar net ek. Ek lag daaroor. Hier onder is 'n perfekte
voorbeeld. Jy sal sien dat iemand hier onder 'n trojan op my naam
stuur. Kom ons kyk of ek nou opspring ek skree dat dit nie ek is
nie:-) As dit mense plesier, is dit dit. Ãn, ek het vriende op die
groep wat wee wie ek is:-)
Die kans dat sy met hierdie tema sal voortgaan, is nul.
As afsluit gedagte, George Bernard Shaw het heelwaarskynlik aan haar,
of haar tipe gedink, toe hy gesê het:
'The trouble with her is that
she lacks te power of conversation
but not the power of speech.'
DD
|
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99294 is 'n antwoord op boodskap #99283] |
Do., 07 Oktober 2004 21:57   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:FK2dnW1H7pZgBvjcRVn-uQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Wie dink tannie is die arrogante: Die Dalai Lama wat my as Christen
> aanraai
>> om "binne my Christenraamwerk ook buddhisme te beoefen", of ek wat sê nee
>> wat, ek besoedel nie my geloof met 'n ander waarin ek NIE GLO NIE? Ek
> dink
>> dis hoogs arrogant om my aan te beveel om my geloof te verdun...
>
> Ek stel voor dat jy baie hovaardig en voor op die
> wa met jou "geloof" is, en dat jy gevaar loop om
> selfs in jou Christelike pad die spoor byster te raak.
Hoe dan so, as ek dan juis glo wat die Bybel sê? Tannie stel my voluit
geloof gelyk aan arrogansie. Vir my is dit bloot 'n oortuigde, geloofsaak.
Moet almal "meek" oor hulle geloof wees voordat ons kan saampraat, of kan
ons aanvaar dat party sterk voel oor wat hulle glo?
Sterk gevoel is nie gleyk aan arrogansie nie...
> Ek het nie baie respek vir mense wat oor hulle
> geloof sit en koning kraai nie. Daar is niks mee
> verkeerd om te praat oor jou geloof, jou geloof
> se praktyke te verduidelik ens.ens. nie. Maar
> wanneer jy so arrogant praat soos jy die laaste
> paar poste praat, dan verloor ek my respek vir
> jou.
Ek het gelukkig nie tannie se respek nodig om my goed te laat voel oor my
geloofsoortuigings nie. Inteendeel, tannie se onstokenheid is te verwagte,
gegewe tannie se breë, oorkoepelende, new-age tipe siening, teenoor my
strenger Christelike geloof en oortuigings.
2 Timothy 3:12 (Amplified Bible)
Indeed all who delight in piety and are determined to live a devoted and
godly life in Christ Jesus will meet with persecution [will be made to
suffer because of their religious stand].
> Jy het nog baie om te leer.
En dit komende van tannie as nederige, nie-egoistiese "buddhis"...
Basjan
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99295 is 'n antwoord op boodskap #99293] |
Do., 07 Oktober 2004 22:04   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf
Die een glo glad nie aan 'n God nie en die
> ander (Christene) glo aan die absolute God.
Jy weet, as ek nou wil, kan ek jou in omtrent
twee minute vastrek wanneer ek jou uitvra oor
jou "absolute God. " Is dit nou die God wat
as teenwerp die Duiwel het, wat omtrent net
soveel mag as Hy het? Of is dit nou die
Jehova-God van die Jehova-Witnesses, wat
as ek reg onthou nie eintlik Jesus in hulle skema
het nie. Of is dit nou die God van die neo-
platoniste. Is dit 'n wraakgierige God. Is dit
'n veroordelende God? 'n Sekere tipe Christen
laat so maklik die term God oor sy tong rol,
maar as jy hom uitvra, dan word hy ontwykend
en hy word beledigend.
Buddhiste glo nie aan dit wat die Christene
God noem nie. En so glo baie baie mense
in die wêreld, al sit hulle op die papiere dat
hulle Christene is. Hulle glo eenvoudig nie
dat daar 'n wese daar doer is wat God genoem
word nie. William Blake gebruik nie die woord
"God" nie. Thomas Altizer, 'n Christen-teoloog,
het die "God is dead" - movement in die
sewentigerjare gelei. Sy tesis: dat mense hierdie
maklike gepraat oor "God" moet opgee, en
werklik moet besin oor wat dit beteken om
Christen te wees.
Gloudina
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99309 is 'n antwoord op boodskap #99295] |
Vr., 08 Oktober 2004 19:24   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:u7mdneLFf76nIfjcRVn-rA@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Die een glo glad nie aan 'n God nie en die
>> ander (Christene) glo aan die absolute God.
>
> Jy weet, as ek nou wil, kan ek jou in omtrent
> twee minute vastrek wanneer ek jou uitvra oor
> jou "absolute God. " Is dit nou die God wat
> as teenwerp die Duiwel het, wat omtrent net
> soveel mag as Hy het?
Dis God die Vader, Seun en Heilige Gees. Die duiwel is maar net 'n gevalle
engel, so ek glo nie dat hy naby aan soveel mag soos God het nie.
> Of is dit nou die
> Jehova-God van die Jehova-Witnesses, wat
> as ek reg onthou nie eintlik Jesus in hulle skema
> het nie.
Nee, ek het oor en oor en oor aan tannie vertel dat ek in Jesus glo as God
se Seun.
> Of is dit nou die God van die neo-
> platoniste. Is dit 'n wraakgierige God. Is dit
> 'n veroordelende God? 'n Sekere tipe Christen
> laat so maklik die term God oor sy tong rol,
> maar as jy hom uitvra, dan word hy ontwykend
> en hy word beledigend.
Beledigend? Wys gerus waar. Tannie verdraai my woorde, ignoreer stellings,
net om dieselfde vrae weer te vra. Mens streef na 'n punt met 'n redenasie
tannie, nie 'n sirkel of vae, nikseggende lyn van dink nie...
> Buddhiste glo nie aan dit wat die Christene
> God noem nie. En so glo baie baie mense
> in die wêreld, al sit hulle op die papiere dat
> hulle Christene is. Hulle glo eenvoudig nie
> dat daar 'n wese daar doer is wat God genoem
> word nie. William Blake gebruik nie die woord
> "God" nie. Thomas Altizer, 'n Christen-teoloog,
> het die "God is dead" - movement in die
> sewentigerjare gelei.
Ag tannie, dan kan hulle hulself mos nie "Christene" noem nie! Die hele
beginsel van Christenskap is Christus as God. Komaan, wees redelik, tannie
raak nou die spoor byster.
> Sy tesis: dat mense hierdie
> maklike gepraat oor "God" moet opgee, en
> werklik moet besin oor wat dit beteken om
> Christen te wees.
Sy nuwe "manier van Christen-wees" strook dan mos nie met die definisie van
Christenskap nie? 'n Geloof wat in Christus as Hoof en God gegrond is. Kom
nou tannie! Genugtig, gaan ons weer die spoor trap?
Kan ons nie maar saamstem dat ons verskil nie en dat ek MAG glo dat Jesus
die Weg na God is? En so kan tannie glo wat tannie wil...
Dink so daaraan: Sal tannie kompromieë aangaan rakende tannie se
gesondheid? Of met tannie se gesin se geluk? Of met tannie se kinders se
lewe?
Hoekom moet ek dan 'n kompromie aangaan waar dit my geloof aangaan? Vir my
is my geloof in Jesus Christus aan die bopunt van die hierargie. Punt.
As tannie oor iets nuuts wil gesels, laat weet maar, maar laat ons nie
mekaar se tyd mors nie...
Basjan
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99313 is 'n antwoord op boodskap #99279] |
Vr., 08 Oktober 2004 22:00   |
Swart Simon
Boodskappe: 101 Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf in boodskap news:ck404u$52r$1@solaris.cc.vt.edu...
>> So, in die geval van Tutu, wat maak nou dat jy
>> jou "nie steur aan sy leringe nie." Ek verbaas my
>> dat jy so oor mede-Christene kan praat.
>
> Tannie, streng Christenskap is gebasseer op geloof in slegs Jesus, nie op
> die "big happy family, all on the road to
stardom"-teroie nie.
Volgens jou, gaan iemand wie se Christenskap gebaseer
is op die "big happy family, all on the road to
stardom"-teorie, "gered" word of nie?
Indien so iemand wel "gered" gaan word, op welke manier
(indien enige) gaan hy/sy anders "gered" word as iemand
wie "streng Christenskap" beoefen?
(Ek sit maar "gered" in aanhalingstekens want ek is nie
seker of ek weet wat jy daarmee bedoel nie.)
Oom Swart Simon
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99318 is 'n antwoord op boodskap #99313] |
Sa., 09 Oktober 2004 07:00   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 9 Oct 2004 00:00:35 +0200, "Swart Simon"
wrote:
> "basjan" wrote in message
> news:ck404u$52r$1@solaris.cc.vt.edu...
>
>>> So, in die geval van Tutu, wat maak nou dat jy
>>> jou "nie steur aan sy leringe nie." Ek verbaas my
>>> dat jy so oor mede-Christene kan praat.
>> Tannie, streng Christenskap is gebasseer op geloof in
> slegs Jesus, nie op
>> die "big happy family, all on the road to
> stardom"-teroie nie.
>
>
> Volgens jou, gaan iemand wie se Christenskap gebaseer
> is op die "big happy family, all on the road to
> stardom"-teorie, "gered" word of nie?
>
> Indien so iemand wel "gered" gaan word, op welke manier
> (indien enige) gaan hy/sy anders "gered" word as iemand
> wie "streng Christenskap" beoefen?
>
> (Ek sit maar "gered" in aanhalingstekens want ek is nie
> seker of ek weet wat jy daarmee bedoel nie.)
>
> Oom Swart Simon
>
Oom Swart Simon
Van jou af het ek 'n meer sinvolle skrywe as dit verwag.
Jy skryf nou in dieselfde trant as Bouwer.
Ek weet dat jy nie met my praat hier nie, en ek wil ook nie
in die gesprek betrokke raak nie. Dit is lekkerder om te sit
en luister. So, sorry dat ek intjip.
Maar... gaan kyk bietjie wat jyself geskryf het, en verbaas jouself.
Vanaf die begin, het Basjan dit uitdruklik duidelik gemaak dat wat
hy sê, sê nie hy nie maar die Skrif. Die man sê tog dat hy die Skrif
kwoteer. Nou, wil jy hê dat hý wat Basjan is moet verduidelik waarom
die Bybel leer dat 'big happy family, all on the road to stardom" nie
aanvaarbaar is nie. Hy wat Basjan is moet nou aan jou verduidelik
waarom die Bybel sê dat jy nie God én Mammon kan dien nie.
Hý moet aan jou verduidelik waarom die Bybel sê dat Jeus die Ster is
en daarom moet mense nie probeer om van hulself sterre te maak nie.
En hý moet aan jou verduidelik waarom die Bybel leer dat loon in die
hiernamaals verkry word, en dat dit miskien beteken dat loon waarvoor
jy veg op aarde, reeds hier verkry is, en miskien nie vir 'n tweede
maal, as 'n juweel in jou kroon gegee sal word nie, want jy het dit
mos betaling hiér verkies.
Nou moet Basjan verduidelik waarom 'n naelloper wat Olimpiese
standaarde najaag, maar moet hekkies ook spring en verspring
oefen en maar moet paalspring ook. En dìt veral nà , die regulasie
sê dat hy kan deelneem as hy nét naelloop doen.
Ag nee, Oom Swart Simon, jy's mos al mooi groot!
DD
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99319 is 'n antwoord op boodskap #99313] |
Sa., 09 Oktober 2004 07:47   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Swart Simon" skryf in boodskap news:41670da4.0@news1.mweb.co.za...
> "basjan" wrote in message
> news:ck404u$52r$1@solaris.cc.vt.edu...
>
>>> So, in die geval van Tutu, wat maak nou dat jy
>>> jou "nie steur aan sy leringe nie." Ek verbaas my
>>> dat jy so oor mede-Christene kan praat.
>> Tannie, streng Christenskap is gebasseer op geloof in
> slegs Jesus, nie op
>> die "big happy family, all on the road to
> stardom"-teroie nie.
>
>
> Volgens jou, gaan iemand wie se Christenskap gebaseer
> is op die "big happy family, all on the road to
> stardom"-teorie, "gered" word of nie?
>
> Indien so iemand wel "gered" gaan word, op welke manier
> (indien enige) gaan hy/sy anders "gered" word as iemand
> wie "streng Christenskap" beoefen?
>
> (Ek sit maar "gered" in aanhalingstekens want ek is nie
> seker of ek weet wat jy daarmee bedoel nie.)
Met gered vestaan ek 'n ewige lewe saam met God die Vader, Seun en Heilge
Gees, 'n wegkeer en verlossing van sonde deur Jesus Christus, 'n skoonwas
van die mens - dit is egter KARDINAAL dat die redding gebasseer is op Jesus
Christus se verlsossongswerk. Gegron is op Sy vergifnis van my sondes en my
geloof in Sy Wese en werk. Ek kan dit nie uit myself of werke "verdien"
nie.
Oom Swart Simon, ek dink DD hierbo het dit goed saamgevat. (1) Dit is nie
vir my om te sê wie gered is of nie, ek mag nie daardie besluit maak nie,
want soos tannie Gloudina ook al gesê het, ons mag nie oordeel nie. (2) Ek
mag wel GLO hoe jy gered word, al sal baie sê dit kom op dieselfde neer.
Lees gerus self een voorbeeld (let veral op die laaste vers):
John 6: 35Then Jesus declared, "I am the bread of life. He who comes to me
will never go hungry, and he who believes in me will never be thirsty. 36But
as I told you, you have seen me and still you do not believe. 37All that the
Father gives me will come to me, and whoever comes to me I will never drive
away. 38For I have come down from heaven not to do my will but to do the
will of him who sent me. 39And this is the will of him who sent me, that I
shall lose none of all that he has given me, but raise them up at the last
day. 40For my Father's will is that everyone who looks to the Son and
believes in him shall have eternal life, and I will raise him up at the last
day."
Kom ek stel dit so: Iemand wat in die alles-omvattende, "big happy family"
teorie glo, glo tog seker dat elke geloof sy geloof moet uitlewe? En as jy
as Christen jy geloof uitlewe, het Jesus gesê dat Hy die enigste weg is. Hy
het nie gesê daar is baie weë nie. Hy het nie gesê dat jy selgs "lief moet
h�" dan is alles piekfyn nie. Nee, Hy het gesê niemand kom by die Vader
sonder om deur Hom te gaan nie.
Ek veroordeel regtig nie, oom, ek stel net dit wat in die Bybel staan. Dit
is wat ek glo. Ek glo as Christen gee die Here my NIE die "luxury" om in
die alle-gelowe-teorie te glo NIE. Weereens, ek weet nie wat word van
iemand wat nog nooit van Jesus en Sy verlossing gehoor het nie. Maar ek glo
dat AS jy as Christen nie Jesus as enigste Verlosser aanbid nie, dan volg jy
nie Sy leer volkome nie, m.a.w. 'n mens kies uit wat Jesus gesê het, net dit
wat jou sienswyse, menslike goevoel, of menslike natuur pas - dit wat jy
goed laat voel oor jou geloof. Jy volg Hom dus nie voluit nie. Ek glo dit
is wat die Bybel sê sonder om doekies om te draai.
Basjan
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99327 is 'n antwoord op boodskap #99318] |
Sa., 09 Oktober 2004 17:44   |
Swart Simon
Boodskappe: 101 Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"DD" skryf in boodskap news:hg1fm0lhdqkgthnldaj6balb8nu2bb1kkb@4ax.com...
> On Sat, 9 Oct 2004 00:00:35 +0200, "Swart Simon"
> wrote:
>
>> "basjan" wrote in message
>> news:ck404u$52r$1@solaris.cc.vt.edu...
>>
>>>> So, in die geval van Tutu, wat maak nou dat jy
>>>> jou "nie steur aan sy leringe nie." Ek verbaas my
>>>> dat jy so oor mede-Christene kan praat.
>
>>> Tannie, streng Christenskap is gebasseer op geloof
in
>> slegs Jesus, nie op
>>> die "big happy family, all on the road to
>> stardom"-teroie nie.
>>
>>
>> Volgens jou, gaan iemand wie se Christenskap gebaseer
>> is op die "big happy family, all on the road to
>> stardom"-teorie, "gered" word of nie?
>>
>> Indien so iemand wel "gered" gaan word, op welke manier
>> (indien enige) gaan hy/sy anders "gered" word as iemand
>> wie "streng Christenskap" beoefen?
>>
>> (Ek sit maar "gered" in aanhalingstekens want ek is nie
>> seker of ek weet wat jy daarmee bedoel nie.)
>>
>> Oom Swart Simon
>>
>
>
> Oom Swart Simon
>
> Van jou af het ek 'n meer sinvolle skrywe as dit verwag.
> Jy skryf nou in dieselfde trant as Bouwer.
Ja, ek probeer maar net om die pot so 'n bietjie aan
die kook te hou terwyl die tannie vir so 'n paar dae
weg is. Dit sou jammer wees as die draad doodloop. Ek
dink ons is besig om 'n rekord te slaan. Nog nooit in
die geskiedenis is daar so baie bandwydte geblaas in
een draad nie. En dan is dit nog boonop "off topic"
ook.
Swart Simon
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99328 is 'n antwoord op boodskap #99319] |
Sa., 09 Oktober 2004 17:45   |
Swart Simon
Boodskappe: 101 Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf in boodskap news:ck8534$c2n$1@solaris.cc.vt.edu...
> "Swart Simon" wrote in message
> news:41670da4.0@news1.mweb.co.za...
>> "basjan" wrote in message
>> news:ck404u$52r$1@solaris.cc.vt.edu...
>>
>>>> So, in die geval van Tutu, wat maak nou dat jy
>>>> jou "nie steur aan sy leringe nie." Ek verbaas my
>>>> dat jy so oor mede-Christene kan praat.
>
>>> Tannie, streng Christenskap is gebasseer op geloof
in
>> slegs Jesus, nie op
>>> die "big happy family, all on the road to
>> stardom"-teroie nie.
>>
>>
>> Volgens jou, gaan iemand wie se Christenskap gebaseer
>> is op die "big happy family, all on the road to
>> stardom"-teorie, "gered" word of nie?
>>
>> Indien so iemand wel "gered" gaan word, op welke manier
>> (indien enige) gaan hy/sy anders "gered" word as iemand
>> wie "streng Christenskap" beoefen?
>>
>> (Ek sit maar "gered" in aanhalingstekens want ek is nie
>> seker of ek weet wat jy daarmee bedoel nie.)
>
> Met gered vestaan ek 'n ewige lewe saam met God die Vader, Seun en Heilge
> Gees, 'n wegkeer en verlossing van sonde deur Jesus Christus, 'n skoonwas
> van die mens - dit is egter KARDINAAL dat die redding gebasseer is op Jesus
> Christus se verlsossongswerk. Gegron is op Sy vergifnis van my sondes en my
> geloof in Sy Wese en werk. Ek kan dit nie uit myself of werke "verdien"
> nie.
>
> Oom Swart Simon, ek dink DD hierbo het dit goed saamgevat. (1) Dit is nie
> vir my om te sê wie gered is of nie, ek mag nie daardie besluit maak nie,
> want soos tannie Gloudina ook al gesê het, ons mag nie oordeel nie. (2) Ek
> mag wel GLO hoe jy gered word, al sal baie sê dit kom op dieselfde neer.
> Lees gerus self een voorbeeld (let veral op die laaste vers):
>
> John 6: 35Then Jesus declared, "I am the bread of life. He who comes to me
> will never go hungry, and he who believes in me will never be thirsty. 36But
> as I told you, you have seen me and still you do not believe. 37All that the
> Father gives me will come to me, and whoever comes to me I will never drive
> away. 38For I have come down from heaven not to do my will but to do the
> will of him who sent me. 39And this is the will of him who sent me, that I
> shall lose none of all that he has given me, but raise them up at the last
> day. 40For my Father's will is that everyone who looks to the Son and
> believes in him shall have eternal life, and I will raise him up at the last
> day."
>
>
> Kom ek stel dit so: Iemand wat in die alles-omvattende, "big happy family"
> teorie glo, glo tog seker dat elke geloof sy geloof moet uitlewe? En as jy
> as Christen jy geloof uitlewe, het Jesus gesê dat Hy die enigste weg is. Hy
> het nie gesê daar is baie weë nie. Hy het nie gesê dat jy selgs "lief moet
> hê" dan is alles piekfyn nie. Nee, Hy het gesê niemand kom by die Vader
> sonder om deur Hom te gaan nie.
>
> Ek veroordeel regtig nie, oom, ek stel net dit wat in die Bybel staan. Dit
> is wat ek glo. Ek glo as Christen gee die Here my NIE die "luxury" om in
> die alle-gelowe-teorie te glo NIE. Weereens, ek weet nie wat word van
> iemand wat nog nooit van Jesus en Sy verlossing gehoor het nie. Maar ek glo
> dat AS jy as Christen nie Jesus as enigste Verlosser aanbid nie, dan volg jy
> nie Sy leer volkome nie, m.a.w. 'n mens kies uit wat Jesus gesê het, net dit
> wat jou sienswyse, menslike goevoel, of menslike natuur pas - dit wat jy
> goed laat voel oor jou geloof. Jy volg Hom dus nie voluit nie. Ek glo dit
> is wat die Bybel sê sonder om doekies om te draai.
Jy skoffel nou om die punt (om jou woorde te gebruik).
Laat my weer probeer.
Jy praat van "streng Cristenskap". Daardeur impliseer
jy dat daar ook 'n Christenskap is wat nie streng is
nie. As ek jou hier verkeerd verstaan dan dink ek moet
jy in die toekoms maar liewer praat van plein
"Christenskap" eerder as "streng Christenskap".
Jy impliseer dat Tutu een van die "big happy family"
ouens is. Jy impliseer verder dat die "big happy
family" ouens nie "streng Christenskap" beoefen nie.
Dan sê jy ook, by herhaling, dat jy glo dat slegs mense
wat Christus nie verwerp nie, gered word, en dat
"verwerp" impliseer dat mens al van Jesus moes gehoor
het. Ek dink ons kan veilig aanneem dat Tutu al van
Jesus gehoor het. En as 'n mens dan 2 en 2
bymekaartel....
Met alle respek vir jou geloof, alhoewel jy oor en oor
sê dat dit nie vir jou is om te oordeel nie, druip jou
poste van veroordelings - indirek indien dan nie direk
nie. Dis soos ek jou poste lees, en ek is seker dat
baie ander dit ook so ervaar.
Oom Swart Simon
PS: Terloops, hoekom altyd die bybelversies in Engels
aanhaal? Is daar is nie so 'n ding soos 'n Afrikaanse
bybel nie?
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99331 is 'n antwoord op boodskap #99328] |
Sa., 09 Oktober 2004 18:57   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Swart Simon" skryf in boodskap news:4168238e.0@news1.mweb.co.za...
> "basjan" wrote in message
> news:ck8534$c2n$1@solaris.cc.vt.edu...
>> "Swart Simon" wrote in
> message
>> news:41670da4.0@news1.mweb.co.za...
>>> "basjan" wrote in message
>>> news:ck404u$52r$1@solaris.cc.vt.edu...
>>>
>>>> > So, in die geval van Tutu, wat maak nou dat jy
>>>> > jou "nie steur aan sy leringe nie." Ek verbaas
> my
>>>> > dat jy so oor mede-Christene kan praat.
>>
>>>> Tannie, streng Christenskap is gebasseer op geloof
> in
>>> slegs Jesus, nie op
>>>> die "big happy family, all on the road to
>>> stardom"-teroie nie.
>>>
>>>
>>> Volgens jou, gaan iemand wie se Christenskap
> gebaseer
>>> is op die "big happy family, all on the road to
>>> stardom"-teorie, "gered" word of nie?
>>>
>>> Indien so iemand wel "gered" gaan word, op welke
> manier
>>> (indien enige) gaan hy/sy anders "gered" word as
> iemand
>>> wie "streng Christenskap" beoefen?
>>>
>>> (Ek sit maar "gered" in aanhalingstekens want ek is
> nie
>>> seker of ek weet wat jy daarmee bedoel nie.)
>> Met gered vestaan ek 'n ewige lewe saam met God die
> Vader, Seun en Heilge
>> Gees, 'n wegkeer en verlossing van sonde deur Jesus
> Christus, 'n skoonwas
>> van die mens - dit is egter KARDINAAL dat die redding
> gebasseer is op Jesus
>> Christus se verlsossongswerk. Gegron is op Sy
> vergifnis van my sondes en my
>> geloof in Sy Wese en werk. Ek kan dit nie uit myself
> of werke "verdien"
>> nie.
>> Oom Swart Simon, ek dink DD hierbo het dit goed
> saamgevat. (1) Dit is nie
>> vir my om te sê wie gered is of nie, ek mag nie
> daardie besluit maak nie,
>> want soos tannie Gloudina ook al gesê het, ons mag
> nie oordeel nie. (2) Ek
>> mag wel GLO hoe jy gered word, al sal baie sê dit kom
> op dieselfde neer.
>> Lees gerus self een voorbeeld (let veral op die
> laaste vers):
>> John 6: 35Then Jesus declared, "I am the bread of
> life. He who comes to me
>> will never go hungry, and he who believes in me will
> never be thirsty. 36But
>> as I told you, you have seen me and still you do not
> believe. 37All that the
>> Father gives me will come to me, and whoever comes to
> me I will never drive
>> away. 38For I have come down from heaven not to do my
> will but to do the
>> will of him who sent me. 39And this is the will of
> him who sent me, that I
>> shall lose none of all that he has given me, but
> raise them up at the last
>> day. 40For my Father's will is that everyone who
> looks to the Son and
>> believes in him shall have eternal life, and I will
> raise him up at the last
>> day."
>> Kom ek stel dit so: Iemand wat in die
> alles-omvattende, "big happy family"
>> teorie glo, glo tog seker dat elke geloof sy geloof
> moet uitlewe? En as jy
>> as Christen jy geloof uitlewe, het Jesus gesê dat Hy
> die enigste weg is. Hy
>> het nie gesê daar is baie weë nie. Hy het nie gesê
> dat jy selgs "lief moet
>> hê" dan is alles piekfyn nie. Nee, Hy het gesê
> niemand kom by die Vader
>> sonder om deur Hom te gaan nie.
>> Ek veroordeel regtig nie, oom, ek stel net dit wat in
> die Bybel staan. Dit
>> is wat ek glo. Ek glo as Christen gee die Here my
> NIE die "luxury" om in
>> die alle-gelowe-teorie te glo NIE. Weereens, ek weet
> nie wat word van
>> iemand wat nog nooit van Jesus en Sy verlossing
> gehoor het nie. Maar ek glo
>> dat AS jy as Christen nie Jesus as enigste Verlosser
> aanbid nie, dan volg jy
>> nie Sy leer volkome nie, m.a.w. 'n mens kies uit wat
> Jesus gesê het, net dit
>> wat jou sienswyse, menslike goevoel, of menslike
> natuur pas - dit wat jy
>> goed laat voel oor jou geloof. Jy volg Hom dus nie
> voluit nie. Ek glo dit
>> is wat die Bybel sê sonder om doekies om te draai.
>
>
> Jy skoffel nou om die punt (om jou woorde te gebruik).
> Laat my weer probeer.
>
> Jy praat van "streng Cristenskap". Daardeur impliseer
> jy dat daar ook 'n Christenskap is wat nie streng is
> nie. As ek jou hier verkeerd verstaan dan dink ek moet
> jy in die toekoms maar liewer praat van plein
> "Christenskap" eerder as "streng Christenskap".
Ek stem saam - dalk moet mens net van Christenskap praat...alleen geloof in
Jesus Christus as die Verlosser en deel van die enigste lewende
God-drie-eenheid. Die twee aspekte saam is wat jou dan 'n Christen maak.
Is dit duidelik genoeg?
> Jy impliseer dat Tutu een van die "big happy family"
> ouens is. Jy impliseer verder dat die "big happy
> family" ouens nie "streng Christenskap" beoefen nie.
> Dan sê jy ook, by herhaling, dat jy glo dat slegs mense
> wat Christus nie verwerp nie, gered word, en dat
> "verwerp" impliseer dat mens al van Jesus moes gehoor
> het. Ek dink ons kan veilig aanneem dat Tutu al van
> Jesus gehoor het. En as 'n mens dan 2 en 2
> bymekaartel....
Oom moet versigtig wees om te sê dat ek sus of so S�. Ek sit nie op my
groot titaniumtroon en deel seggenskappe uit nie. Ek is gevra wat ek glo en
het reguit geantwoord.
Kom ons kyk na die feit dat Jesus gesê het dat Hy die Weg is na God die
Vader, dat niemand na die Vader toe kan kom behalwe deur Hom nie. Nou vat
ons 'n persoon wat sê dat hy in Jesus glo en homself 'n Christen noem, maar
sê dat alle gelowe na God lei. Dan kan jy mos nie regtig in Jesus glo nie,
Hy is nie meer jou absolute Verlosser nie, maar vir jou net een van "baie
maniere" om gered te word. M.a.w. jy kon net sowel 'n buddhis, moslem of
hindu gewees het, jy het net vir een of ander rede Christenskap gekies. Nou
wil ek graag weet, hoe kan so 'n mens Jesus se woorde verdraai net om sy eie
gevoelens te pas? Is die persoon werklik 'n Christen? Gee die persoon
werklik aan Jesus die posisie en eer en aanbidding wat Hom toekom?
> Met alle respek vir jou geloof, alhoewel jy oor en oor
> sê dat dit nie vir jou is om te oordeel nie, druip jou
> poste van veroordelings - indirek indien dan nie direk
> nie. Dis soos ek jou poste lees, en ek is seker dat
> baie ander dit ook so ervaar.
Dan verstaan oom verkeerd. Ek sê net dat ek glo wat ek glo. Ek lees wat ek
lees en daar is nie ruimte om dit te interpreteer sodat my as mens beter sal
pas nie. As 'n moslem my oor Jesus vra, dit hoor en dit verwerp, GAAN LEES
DIE BYBEL. Ek sal selfs my mond hou hier - ek is nie die een wat kan of mag
oordeel nie. Is dit reguit genoeg?
Nou as ek GLO at Jesus die enigste weg is, wat moet ek dan vir oom sê as ek
gevra word wat word van 'n mens wat Jesus verwerp of nie as die Verlosser
erken nie? Kom ons stel dit anders: As iemand anders glo dat alle gelowe
na God lei en dat alle mense dus gered word, wat doen die persoon anders as
om te oordeel dat almal gered word? So op die ou einde het elk 'n
geloofsoortuiging, hoekom dan as ek myne voluit wil uitleef, word ek as 'n
oordelende Christen getakseer?
Dat ek glo en dat ek oordeel is twee verkillende dinge, terloops, ek glo dat
God oordeel, Hy as God en Hoof is die Outoriteit.
> PS: Terloops, hoekom altyd die bybelversies in Engels
> aanhaal? Is daar is nie so 'n ding soos 'n Afrikaanse
> bybel nie?
Dit is maklik om Bybelverse op die internet op te soek. Ek het nie so baie
tyd om alles in Afrikaans oor te tik nie! Dalk moet ek na 'n Afrikaanse
Bybel webwerf soek...maar die inhoud is belangriker as 'n taal, of hoe?
Basjan
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99332 is 'n antwoord op boodskap #99328] |
Sa., 09 Oktober 2004 19:14   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Swart Simon" skryf in boodskap news:4168238e.0@news1.mweb.co.za...
> Jy impliseer dat Tutu een van die "big happy family"
> ouens is. Jy impliseer verder dat die "big happy
> family" ouens nie "streng Christenskap" beoefen nie.
> Dan sê jy ook, by herhaling, dat jy glo dat slegs mense
> wat Christus nie verwerp nie, gered word, en dat
> "verwerp" impliseer dat mens al van Jesus moes gehoor
> het. Ek dink ons kan veilig aanneem dat Tutu al van
> Jesus gehoor het. En as 'n mens dan 2 en 2
> bymekaartel....
Oom Simon, ek kan dit dalk nie duideliker stel as dit nie: As jy Jesus
ontken as die enigste Weg, maar slegs voorhou as een van die weë, dan het jy
Hom mos nie nodig nie. Dan het Hy verniet gesterf. Dan kon jy net sowel 'n
ander geloof of geen geloof aangehang het nie, want dit pas jou verstand en
gevoel en interpretasie beter.
M.a.w. as iemand homself 'n Christen noem, maar Jesus slegs as 'n
alternatief voorhou, dan ontken Hy alles wat Jesus gedoen het - om 'n weg
tussen God en mens oop te maak deur Sy verlossing. As jy nie glo die weg is
nodig nie, wat sê dit van jou siening van Jesus?
Basjan
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99337 is 'n antwoord op boodskap #99331] |
So., 10 Oktober 2004 19:34   |
Swart Simon
Boodskappe: 101 Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf in boodskap news:ck9cab$5gm$1@solaris.cc.vt.edu...
> "Swart Simon" wrote in message
> news:4168238e.0@news1.mweb.co.za...
>> "basjan" wrote in message
>> news:ck8534$c2n$1@solaris.cc.vt.edu...
>>> "Swart Simon" wrote in
>> message
>>> news:41670da4.0@news1.mweb.co.za...
>>>> "basjan" wrote in message
>>>> news:ck404u$52r$1@solaris.cc.vt.edu...
>>>>
>>>> > > So, in die geval van Tutu, wat maak nou dat jy
>>>> > > jou "nie steur aan sy leringe nie." Ek
verbaas
>> my
>>>> > > dat jy so oor mede-Christene kan praat.
>>>
>>>> > Tannie, streng Christenskap is gebasseer op
geloof
>> in
>>>> slegs Jesus, nie op
>>>> > die "big happy family, all on the road to
>>>> stardom"-teroie nie.
>>>>
>>>>
>>>> Volgens jou, gaan iemand wie se Christenskap
>> gebaseer
>>>> is op die "big happy family, all on the road to
>>>> stardom"-teorie, "gered" word of nie?
>>>>
>>>> Indien so iemand wel "gered" gaan word, op welke
>> manier
>>>> (indien enige) gaan hy/sy anders "gered" word as
>> iemand
>>>> wie "streng Christenskap" beoefen?
>>>>
>>>> (Ek sit maar "gered" in aanhalingstekens want ek
is
>> nie
>>>> seker of ek weet wat jy daarmee bedoel nie.)
>
>>> Met gered vestaan ek 'n ewige lewe saam met God
die
>> Vader, Seun en Heilge
>>> Gees, 'n wegkeer en verlossing van sonde deur
Jesus
>> Christus, 'n skoonwas
>>> van die mens - dit is egter KARDINAAL dat die
redding
>> gebasseer is op Jesus
>>> Christus se verlsossongswerk. Gegron is op Sy
>> vergifnis van my sondes en my
>>> geloof in Sy Wese en werk. Ek kan dit nie uit
myself
>> of werke "verdien"
>>> nie.
>
>>> Oom Swart Simon, ek dink DD hierbo het dit goed
>> saamgevat. (1) Dit is nie
>>> vir my om te sê wie gered is of nie, ek mag nie
>> daardie besluit maak nie,
>>> want soos tannie Gloudina ook al gesê het, ons mag
>> nie oordeel nie. (2) Ek
>>> mag wel GLO hoe jy gered word, al sal baie sê dit
kom
>> op dieselfde neer.
>>> Lees gerus self een voorbeeld (let veral op die
>> laaste vers):
>
>>> John 6: 35Then Jesus declared, "I am the bread of
>> life. He who comes to me
>>> will never go hungry, and he who believes in me
will
>> never be thirsty. 36But
>>> as I told you, you have seen me and still you do
not
>> believe. 37All that the
>>> Father gives me will come to me, and whoever comes
to
>> me I will never drive
>>> away. 38For I have come down from heaven not to do
my
>> will but to do the
>>> will of him who sent me. 39And this is the will of
>> him who sent me, that I
>>> shall lose none of all that he has given me, but
>> raise them up at the last
>>> day. 40For my Father's will is that everyone who
>> looks to the Son and
>>> believes in him shall have eternal life, and I
will
>> raise him up at the last
>>> day."
>
>
>>> Kom ek stel dit so: Iemand wat in die
>> alles-omvattende, "big happy family"
>>> teorie glo, glo tog seker dat elke geloof sy
geloof
>> moet uitlewe? En as jy
>>> as Christen jy geloof uitlewe, het Jesus gesê dat
Hy
>> die enigste weg is. Hy
>>> het nie gesê daar is baie weë nie. Hy het nie
gesê
>> dat jy selgs "lief moet
>>> hê" dan is alles piekfyn nie. Nee, Hy het gesê
>> niemand kom by die Vader
>>> sonder om deur Hom te gaan nie.
>
>>> Ek veroordeel regtig nie, oom, ek stel net dit wat
in
>> die Bybel staan. Dit
>>> is wat ek glo. Ek glo as Christen gee die Here my
>> NIE die "luxury" om in
>>> die alle-gelowe-teorie te glo NIE. Weereens, ek
weet
>> nie wat word van
>>> iemand wat nog nooit van Jesus en Sy verlossing
>> gehoor het nie. Maar ek glo
>>> dat AS jy as Christen nie Jesus as enigste
Verlosser
>> aanbid nie, dan volg jy
>>> nie Sy leer volkome nie, m.a.w. 'n mens kies uit
wat
>> Jesus gesê het, net dit
>>> wat jou sienswyse, menslike goevoel, of menslike
>> natuur pas - dit wat jy
>>> goed laat voel oor jou geloof. Jy volg Hom dus
nie
>> voluit nie. Ek glo dit
>>> is wat die Bybel sê sonder om doekies om te draai.
>>
>>
>> Jy skoffel nou om die punt (om jou woorde te gebruik).
>> Laat my weer probeer.
>>
>> Jy praat van "streng Cristenskap". Daardeur impliseer
>> jy dat daar ook 'n Christenskap is wat nie streng is
>> nie. As ek jou hier verkeerd verstaan dan dink ek moet
>> jy in die toekoms maar liewer praat van plein
>> "Christenskap" eerder as "streng Christenskap".
>
> Ek stem saam - dalk moet mens net van Christenskap praat...alleen geloof in
> Jesus Christus as die Verlosser en deel van die enigste lewende
> God-drie-eenheid. Die twee aspekte saam is wat jou dan 'n Christen maak.
> Is dit duidelik genoeg?
>
>
>> Jy impliseer dat Tutu een van die "big happy family"
>> ouens is. Jy impliseer verder dat die "big happy
>> family" ouens nie "streng Christenskap" beoefen nie.
>> Dan sê jy ook, by herhaling, dat jy glo dat slegs mense
>> wat Christus nie verwerp nie, gered word, en dat
>> "verwerp" impliseer dat mens al van Jesus moes gehoor
>> het. Ek dink ons kan veilig aanneem dat Tutu al van
>> Jesus gehoor het. En as 'n mens dan 2 en 2
>> bymekaartel....
>
> Oom moet versigtig wees om te sê dat ek sus of so S�. Ek sit nie op my
> groot titaniumtroon en deel seggenskappe uit nie. Ek is gevra wat ek glo en
> het reguit geantwoord.
>
> Kom ons kyk na die feit dat Jesus gesê het dat Hy die Weg is na God die
> Vader, dat niemand na die Vader toe kan kom behalwe deur Hom nie. Nou vat
> ons 'n persoon wat sê dat hy in Jesus glo en homself 'n Christen noem, maar
> sê dat alle gelowe na God lei. Dan kan jy mos nie regtig in Jesus glo nie,
> Hy is nie meer jou absolute Verlosser nie, maar vir jou net een van "baie
> maniere" om gered te word. M.a.w. jy kon net sowel 'n buddhis, moslem of
> hindu gewees het, jy het net vir een of ander rede Christenskap gekies. Nou
> wil ek graag weet, hoe kan so 'n mens Jesus se woorde verdraai net om sy eie
> gevoelens te pas? Is die persoon werklik 'n Christen? Gee die persoon
> werklik aan Jesus die posisie en eer en aanbidding wat Hom toekom?
>
>
>> Met alle respek vir jou geloof, alhoewel jy oor en oor
>> sê dat dit nie vir jou is om te oordeel nie, druip jou
>> poste van veroordelings - indirek indien dan nie direk
>> nie. Dis soos ek jou poste lees, en ek is seker dat
>> baie ander dit ook so ervaar.
>
> Dan verstaan oom verkeerd. Ek sê net dat ek glo wat ek glo. Ek lees wat ek
> lees en daar is nie ruimte om dit te interpreteer sodat my as mens beter sal
> pas nie. As 'n moslem my oor Jesus vra, dit hoor en dit verwerp, GAAN LEES
> DIE BYBEL. Ek sal selfs my mond hou hier - ek is nie die een wat kan of mag
> oordeel nie. Is dit reguit genoeg?
>
> Nou as ek GLO at Jesus die enigste weg is, wat moet ek dan vir oom sê as ek
> gevra word wat word van 'n mens wat Jesus verwerp of nie as die Verlosser
> erken nie? Kom ons stel dit anders: As iemand anders glo dat alle gelowe
> na God lei en dat alle mense dus gered word, wat doen die persoon anders as
> om te oordeel dat almal gered word? So op die ou einde het elk 'n
> geloofsoortuiging, hoekom dan as ek myne voluit wil uitleef, word ek as 'n
> oordelende Christen getakseer?
>
> Dat ek glo en dat ek oordeel is twee verkillende dinge, terloops, ek glo dat
> God oordeel, Hy as God en Hoof is die Outoriteit.
>
>
>> PS: Terloops, hoekom altyd die bybelversies in Engels
>> aanhaal? Is daar is nie so 'n ding soos 'n Afrikaanse
>> bybel nie?
>
> Dit is maklik om Bybelverse op die internet op te soek. Ek het nie so baie
> tyd om alles in Afrikaans oor te tik nie! Dalk moet ek na 'n Afrikaanse
> Bybel webwerf soek...maar die inhoud is belangriker
as 'n taal, of hoe?
Jy lieg as jy sê dat jy net sê wat jy glo. Jy las
allerhande stertjies aan. So bv. sê jy: "Is die
persoon werklik 'n Christen? Gee die persoon werklik
aan Jesus die posisie en eer en aanbidding wat Hom
toekom?" Ek lees dit as 'n uit-en-uit veroordeling,
opgedis as 'n retoriese vraag.
En dan sê jy vir my GAAN LEES DIE BYBEL (in hoofletters
nogal) asof ek onnosel is. Wie sê jou interpretasie
van die bybeltekste is korrek, al lyk dit ook hoe
duidelik vir jou? Vat nou bv. Psalm 104:5. Daar
staan: "Hy het die aarde gegrond op sy grondveste,
sodat dit vir ewig en altyd nie sal wankel nie." Wat
kan duideliker wees as dit? Soos jy weet is dit een
van die tekste op grond waarvan Galileo deur ou omies
van die kerk aangekla is van ketterse verdorwenheid.
En kyk nou hoe absoluut belaglik lyk daardie
beskuldiging vandag.
Swart Simon
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99362 is 'n antwoord op boodskap #99332] |
Di., 12 Oktober 2004 00:40   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf
> Oom Simon, ek kan dit dalk nie duideliker stel as dit nie: As jy Jesus
> ontken as die enigste Weg, maar slegs voorhou as een van die weë, dan het jy
> Hom mos nie nodig nie. Dan het Hy verniet gesterf. Dan kon jy net sowel 'n
> ander geloof of geen geloof aangehang het nie, want dit pas jou verstand en
> gevoel en interpretasie beter.
>
> M.a.w. as iemand homself 'n Christen noem, maar Jesus slegs as 'n
> alternatief voorhou, dan ontken Hy alles wat Jesus gedoen het - om 'n weg
> tussen God en mens oop te maak deur Sy verlossing. As jy nie glo die weg is
> nodig nie, wat sê dit van jou siening van Jesus?
Lees nou weer wat jy hierbo gesê het, maar lees dit
asof iemand van 'n ander "geloof" dieselfde argumente
gebruik om sy eie "geloof" te regverdig. En dan kan
jy sien hoe maklik mens gate in jou argumente kan
inslaan.
Julle ouens wat so onder die dekmantel van "reg te
wees" sit en dikteer, besef nie dat julle vir julleself gate
graaf en self daarin val nie. Dis alleen wanneer die Dalai
Lama mense aanmoedig om binne die raamwerk van
Christelike beginsels te begin PRAKTISEER, dat mense
begin sien dat daar iets is wat groter is as die klein
diktatortjies en agendatjies van dié mense wat wil
voorgee dat hulle alleen die waarheid in pag het. Dis
wanneer Tutu ( wie, ten spyte van wat jy sê, 'n eerbare
Christen is) en die Dalai Lama ( wat 'n Gelug Buddhis
is) en Nelson Mandela ( wat heelwaarskynlik nie 'n
"godsdienstige" man is nie) dieselfde soort lig in hulle
gesigte het en dieselfde soort dinge begin praat, dat
jy maar kan LUISTER. Dis wanneer Moeder Theresa
sekere dinge DOEN, wanneer jy moet begin regopsit
en aandag gee, Basjan.
Gloudina
|
|
|
Bladsye (9): [ 6 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 13 00:04:49 UTC 2025
|