Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira
Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9926] Do, 10 Julie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
(1) Leendert, vir iemand wat 'n wetenskaplike is, is
jou geskrywery 'n aaneenflansing van veralgemenings.
Jy het 'n agenda. Jy sê julle is nou so arm dat julle
nie meer koppies kan koop nie. Jy moet iets verkeerd
doen. Die indruk wat ek kry uit ons kontak met vriende
en kuberkontakte se vriende, is dat die witmense in SA
nog orals rondry, baie buiteland toe gaan (meer as die
deursnee Kanadees) en eintlik baie bederf is. As daar
aan die geld- en mag-strukture van Afrikaanse universi-
teite gekap word, is dit natuurlik. Daar is nou nie meer
so baie geld om op witvelliges uit te gee nie.Dit was in
alle geval van voor 1948 al 'n skandaal: al die vet van die
land bestee aan 'n paar miljoen wittes.

Dit is wel waar dat daar 'n probleem met geweld
is. Maar dieselfde familielid van my wat (deur die ou
regime) as lid van die Goldstone Kommissie benoem is,
is nou (deur die nuwe regime) aangestel om die regering
se beleid vir die bekamping van geweld te ko-ordineer.
Hy is dus geen lakei van "hulle" nie.

Die regering probeer dus wel iets aan die saak doen.
Ek dink hulle is net so bekommerd daaroor as jy. Die feit
is egter dat die saad wat in die apartheidsdae gesaai is, nou
warrelwinde maai. As ten minste al die "Christene" soos
jy (of jou ouers) in die vyftigerjare opgestaan het en gesê
het tot hiertoe en nie verder nie, dan sou die hele Suid-Afrika
definitief nou anders gelyk het. Maar nee, julle het geluister
na die sogenaamde Christelike predikante wat vir julle
probeer oortuig het dat apartheid skriftelik korrek is. En
daardie predikante wat vir julle wou vertel dat iets nie
reg is nie, het julle onder huisarres geplaas, of deur die
venster doodgeskiet terwyl hulle met hul kleinkinders gesit
en speel het. En as julle as Christene en as Afrikaners
nou julle hande wil was van al daardie dinge, en aangaan
om die huidige demokraties-verkose regering (NP in die
provinsiale regering van die WesKaap) aan te val met julle
better-than-thou instelling, dan beswadder julle nie net die
goeie naam van opregte Christene nie, maar ook die naam
van die regte Afrikaner, wat verontwaardig is dat sy goeie
naam besoedel is deur 'n bende, wat in sy naam 'n land
oorgeneem en tot amper ondergang gelei het.

(2) Wen, jy trek dadelik die tipiese SA gevolgtrekking
dat enigiemand wat vir SA besoek, nie die waarheid kan
raaksien nie. My kinders, in die tagtigerjare en as tiener-
jariges, het onmiddellik ongemaklik gevoel, deurdringende
vrae gevra. Julle dink dat alle ANC mense in die buiteland
gedurende die apartheidsjare sommer lekker daar gesit het.
Ek luister weer twee weke gelede na 'n vrou wat vertel hoe
haar huis gebombardeer is en sy gevange geneem is bloot
omdat sy, as werker vir 'n buitelandse kerkgroep wat onder
die "exiles" in Swaziland gewerk het, daarvan verdink is
dat sy weet waar ANC mense wegkruip. En die mense
wat haar rondgeskop en geslaan het, het Afrikaans gepraat.

Michelle Pelletier was buitendien nie 'n gewone toeris
nie. Sy is SA toe om die voorbereidsels te maak vir die ver-
skeping van boeke wat sy hier vry uit 'n Boekbank kan kry,
en waarvoor sy die verskepingskoste moet dek deur rond te
gaan en die geld te kollekteer. Sy het skole in Bloemfontein
besoek, is deur skoolprinsipale rondgewys (biblioteke met
amper geen boeke in nie.) Ek dink haar opmerking dat die
swartmense in SA nie lag nie, kom van die feit dat sy in
Montreal in aanraking kom met mense wat Frans praat van
Haiti en ander dele van die Karibbiese eilande en wat baie
meer voor op die wa is met hulle emosies. Ek dink die
mense uit swart stamme in SA is baie meer beleefd, amper
"solemn" wanneer hulle vreemdelinge ontmoet, en laat hul-
self eers toe om loslyf te lag as hulle die saak bekyk het.

(3) Vira, Kanada is nie 'n wit land nie. Julle Suid-Afrikaners
moet ophou dink aan Noord-Amerika as wit. Dan sal daar
minder emigreer uit SA met 'n verwronge idee. Jy wonder
hoekom ek wat "swart mense so liefhet" verkies het om na
"wit" Kanada te emigreer. Ek het nie net swart mense lief-
gehad nie. Ek is lief vir God se hele skepping, het 'n respek
vir God se skepping. Dis wat die Bybel ons leer, nie waar
nie. En as Afrikaners was ons harte siek van die skandaal
van wat daar in SA gebeur het in die laaste deel van hierdie
eeu. En ek glo dat dit veral Afrikaners is wat nou moet help
om 'n gesonde maatskappy daar te stel, sodat ons ten minste
die nuwe eeu kan ingaan as beskaafde wesens. Ek het eintlik
baie vertroue dat dit die Afrikaners is wat dit sal teweegbring.
Ek het nie eintlik baie vertroue in die deursnee koloniaal-
van-oorsprong Engelsman nie (en baie van my swart vriende
ook nie.) Een van my Afrikaanse kubervriende herinner my
nou die dag aan die ou gesegde onder die Afrikaners oor die
Engelse in SA wat so neergesien het op die Afrikaners :
"Hulle het Prog. gepraat, Sap gestem en die Here gedank vir
die Nattes." Gelukkig is ons aan die einde van hierdie eeu
in 'n ander fase: die Afrikaners kan nou ophou kla oor wat
die Engelse aan hulle gedoen het, en die Engelse in SA kan
ophou kla oor die Afrikaners, en die voorbeeld volg van
Nelson Mandela wat geduldig klippe gekap, die wet bestudeer
en geweet het voor in die wapad brand 'n lig.

Gloudina
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9930 is 'n antwoord op boodskap #9926] Vr, 11 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, jou grensloos verwaande ou skepsel!

Gister het jy met hierdie pennevruggie die morele hoë grond vir jou
ekslusiewe gebruik afgekamp:

> Ek het nie net swart mense lief-
> gehad nie. Ek is lief vir God se hele skepping, het 'n respek
> vir God se skepping. Dis wat die Bybel ons leer, nie waar
> nie.

Om ongeveer dieselfde tyd (verneem ek toe die aand) het my dogter (9) dit
nodig gevind om haar te verdedig teen 'n groep ander kinders wat haar wou
reghelp toe sy na 'n persoon verwys as 'n "oom". "Dis nie 'n oom nie, dis
'n kaffer". Haar reaksie was: "En hoe sal jy voel as mense jou 'n kaffer
noem? Hy is deur God geskape, net soos jy".

Nou wonder ek, Gloudinading, waar sou die stomme kind aan so iets kom?

Gedagtig daaraan dat jy en joune die kopiereg hou op sulke unieke waardes?

Siende dat sy nog nooit in 'n skool was nie - die NSA se wonderlike
bastionne van freedom and equality inkluis? En gegee dat sy grootword by
mense wat:

> daardie predikante wat vir julle wou vertel dat iets nie
> reg is nie, het julle onder huisarres geplaas, of deur die
> venster doodgeskiet terwyl hulle met hul kleinkinders gesit
> en speel het.

Gloudina, laat ek jou in die oor fluister : jou regverdigheid stink ten
hemele!

Leendert
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9931 is 'n antwoord op boodskap #9926] Vr, 11 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Dit is wel waar dat daar 'n probleem met geweld
> is. Maar dieselfde familielid van my wat (deur die ou
> regime) as lid van die Goldstone Kommissie benoem is,
> is nou (deur die nuwe regime) aangestel om die regering
> se beleid vir die bekamping van geweld te ko-ordineer.
> Hy is dus geen lakei van "hulle" nie.
> Die regering probeer dus wel iets aan die saak doen.
> Ek dink hulle is net so bekommerd daaroor as jy.

Goed, as jy oor geweld wil praat, kom ons praat daaroor. Ek
glo dat daar tans minstens twee soorte geweld (op groot skaal,
maw gesinsgeweld en die klas van ding uitgesluit) in SA
plaasvind:

Die eerste is absoluut en totaal vir eie gewin. Dit word gepleeg
deur goed georganiseerde, goed gefinansierde bendes wat glad nie
deel van die 'oppressed masses' is nie; inteendeel, hulle ry BMW's
en buit swart sowel as wit uit op geweldadige wyse.

Die ander soort geweld is polities van aard. Die ANC is meesters
van die orkestrasie van hierdie tipe geweld. In KZN word IVP
amakhosi stelselmatig vermoor. En gaan kyk maar, wanneer die
inkhosi weg is is daar 'n ANC leier gereed om in te beweeg. So
word voorheen IVP geregeerde gebiede oornag ANC gesind.
Terloops, ek is nie 'n IVP ondersteuner nie. Feit bly staan
dat geweld gepleeg word deur die party wat self aan bewind is in
die regering. Die ANC weet goed dat 'n oorgrote meerderheid van
die swart bevolking bloot swig voor 'n magsvertoon. Hulle buit
dit ten sterkste uit. Wanneer dit hulle pas speel hulle die
witmansspel met sedige gesiggies en kla kamma oor die geweld.
Maar in die swart gemeenskappe speel hulle die eeue-oue spel
van die oerwoud: oorlewing van die sterkste.

In 1993 het Nelson Mandela aan FW de Klerk gesê dat hy (FW) die
mag, die geleentheid, die mannekrag ens. het om die geweld te
stop, maar hy (FW) WIL nie. Mou sit Mandela in FW se stoel. Hy
het dieselfde mag ens. Hoekom stop die geweld nie? Omdat dit die
ANC nog nie pas om op te hou om mense te vermoor nie. Snaaks
dat die meeste geweld in KZN is waar daar 'n swart opposisie
aan bewind is, ne? Ek is seker dat die geweld in KZN dramaties
sou (sal) afneem as die ANC hier die verkiesing gewen het.

Vir al wat ons weet was jou familielid deur die NP betaal om sy
verslag op 'n sekere manier te lewer en nou word hy deur die
ANC betaal om dit weer te doen. Dit is vir my ewe geloofbaar
as dat hy aangestel is deur albei regerings omdat hy onpartydig
is. Of miskien het beide regerings hom bloot net nie gesien as
'n groot genoeg bedreiging om die ware feite agter te kom nie.

O, terloops, hoe voel dit as iemand jou familie van wie hy/sy
niks, maar NIKS, weet nie so beswadder? Wat my ouers en my familie
vir swart mense gedoen het en nog steeds doen is baie, baie
meer as wat jy ooit oorsee vir hulle kan doen. Het jy al ooit met
'n bloeiende swart vrou wat geskiet is op jou skoot gesit? Het
jy al ooit tussenbeide getree as 'n swart man sy vrou en kinders
so met 'n sambok slaan dat die een kind bewusteloos is en die
vrou haar gehoor in een oor verloor? Het jy al drie swart kinders
onder jou vlerk geneem en grootgemaak met jou eie hande omdat
hulle ma aan vigs dood is? Hierdie dinge is deur my ma gedoen
in die laaste vyf jaar.

Wat hulle deur die dekades gedoen het voordat ek in die wêreld was
kan ek maar net raai. Ek weet egter dat dit jou tipe mens
agterlaat in eiewyse klein wêreldjie waar dinge baie bespreek
word, maar min gedoen word; waar dinge sleggepraat word in plaas
van om iets te doen om hulle self beter te maak; waar
veralgemeende stellings as evangelie voorgedoen word en waarheid
aan die korste end trek.

Net nog een ding: daar is gister verslag gedoen dat die ANC (al
weer) finansieel in die knyp is. Kyk nou maar, vir die volgende
paar weke sal daar 'n spul bankrowe wees en dan sal die ANC se
probleme weer vir 'n tydjie verdwyn. Toevallig ... natuurlik ...
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9932 is 'n antwoord op boodskap #9926] Vr, 11 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonnie  is tans af-lyn  Jonnie
Boodskappe: 31
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , iz...@igs.net (Bouwer) wrote:
>
>
>
> (1) Leendert, vir iemand wat 'n wetenskaplike is, is
> jou geskrywery 'n aaneenflansing van veralgemenings.
> Jy het 'n agenda. Jy sê julle is nou so arm dat julle
> nie meer koppies kan koop nie. Jy moet iets verkeerd
> doen. Die indruk wat ek kry uit ons kontak met vriende
> en kuberkontakte se vriende, is dat die witmense in SA
> nog orals rondry, baie buiteland toe gaan (meer as die
> deursnee Kanadees) en eintlik baie bederf is. As daar
> aan die geld- en mag-strukture van Afrikaanse universi-
> teite gekap word, is dit natuurlik. Daar is nou nie meer
> so baie geld om op witvelliges uit te gee nie.Dit was in
> alle geval van voor 1948 al 'n skandaal: al die vet van die
> land bestee aan 'n paar miljoen wittes.

Antie, kom kyk 'n slag hier hoe sit witmense (ja Antie, wit, nie swartmense
nie) deesdae op die sypaadjies en winkelstoepe en bedel vir iets om te eet,
dan kan jy weer saangesels. As jou familie en vriende op die soustrein ry,
beteken dit nie alle wiites in SA ry daarop nie. Dit is net ANC-goedgesinde
witmense (wat jy en jou vriende baie obvious is) wat die soustrein haal,
Antie.

--
Jonnie
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9933 is 'n antwoord op boodskap #9926] Sa, 12 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:
Bouwer wrote in article ...
> Die indruk wat ek kry uit ons kontak met vriende
> en kuberkontakte se vriende, is dat die witmense in SA
> nog orals rondry, baie buiteland toe gaan (meer as die
> deursnee Kanadees) en eintlik baie bederf is.

Ek is terug van my toer deur Nambie - 6020 km later.
Het ek nie saans en naweke ekstra werk verrig nie, sou
hierdie toer beslis nie moontlik gewees het nie.

Om rond te eis, is een van die beste dinge wat 'n mens
kan doen. Dit verbreed jou uitkyk op die lewe. As 'n mens
nie geld vir reis het nie, maar jy wil reis, moet jy begin
afskaal op jou alledaagse uitgawes, ekstra werk doen en
spaar. Ek het tientalle Suid Afrikaners in Namibie ontmoet
wat presies dit gedoen het om hulle toer moontlik te maak.

En as jy wil reis, onthou dat ander jou sal beskuldig dat jy
nou luuks raak. As jou vel nie dik genoeg is om sulke
beskuldigings te hanteer nie, gee dan maar liewers jou geld
op flieks, vertonings, skoonheidskure, restaurante,
ontwerpersklere, ensovoorts uit.

> As daar aan die geld- en mag-strukture van Afrikaanse
> universiteite gekap word, is dit natuurlik. Daar is nou nie
> meer so baie geld om op witvelliges uit te gee nie.Dit was
> in alle geval van voor 1948 al 'n skandaal: al die vet van die
> land bestee aan 'n paar miljoen wittes.

Gloudina, waar leef jy. AL die universiteite sit in die knyp, nie
net die Afrikaanses nie. Hulle befondsing is alreeds met
ongeveer 50% besnoei. Hier in Afrika het kennis 'n uiters
lae prioriteit. Die nuwe Suid Afrika loop dieselfde pad as die
res van Afrika. Laat hierdie afrdraende pad van Afrika jou
lekker kry?

Diep in my hart het ek 'n beklemming. Daar is net een pad vir
Afrika se herstel, en dit is deur kennis te verwerf. Dis die een
pad wat Afrika nie wil loop nie.

Voor 1948 het omtrent net wittes belasting betaal. Net 'n
gedeelte van hulle belasting is terug geploeg onder die
wittes. Hulle was toe alreeds die melkkoeie. Die ryk,
internasionale nasionale maatskappye wat eintlik die vet
ingepalm het, het weinig daarvan terug geploeg. Meeste
wit mense het toe 'n leeftyd afbetaal aan 'n eenvoudige huisie.
Meeste wit mense het toe selde met vakansie gegaan. Meeste
wit mese het toe net een motor besit waarvoor hulle 'n leeftyd
moes spaar. Jou tirade sal meer egtheid hê as jy dit voer teen
hulle war regtig die vet ingepalm het.

> Dit is wel waar dat daar 'n probleem met geweld
> is. Maar dieselfde familielid van my wat (deur die ou
> regime) as lid van die Goldstone Kommissie benoem is,
> is nou (deur die nuwe regime) aangestel om die regering
> se beleid vir die bekamping van geweld te ko-ordineer.

Die geweld is senutergend. Dit tref wit geel, bruin en swart.
As ek al die geweld lys wat weekliks plaasvind en waarvan
'n mens te wete kom, sou ek heeldag net sit en skryf. Kom
'n bietjie na die NSA toe en besoek die CMR kantore, die
hospitale en ander inrigtings. Kom kyk wat geweld aan
mense gedoen het - kyk in hulle o"e, hoor hulle praat. Daar
is nie "'n probleem met geweld" nie - mense word van hulle
mensheid beroof deur geweld. Dis veel meer as net 'n
probleem - dit is 'n onmenslike toestand.

Daar is baie planne reeds gemaak om die geweld te bekamp.
Helaas, die planne werk nie omdat die geweld as 'n oorsaak
en nie as 'n gevolg beskou word nie. Die geweld is die gevolg
van 'n fundamentele gebrek aan respek. Die geweldenaars
het vir niks respek nie.

> Hy is dus geen lakei van "hulle" nie.
> Die regering probeer dus wel iets aan die saak doen.
> Ek dink hulle is net so bekommerd daaroor as jy. Die feit
> is egter dat die saad wat in die apartheidsdae gesaai is, nou
> warrelwinde maai.

Nee wat, nou trap jy in dieselfde slaggat as die hiudige
regering. Alles wat verkeerd is, is volgens hulle apartheid se
skuld. Waaraan sou jy die geweld in die res van Afrika (Kenia,
Ruanda, Zair, Soedan, Liberie, Ethipie) toeskryf? Dit kan beslis
nie apartheid gewees het nie. Afrika se geweld is die gevolg
van 'n uhuru wat respek vir niks het nie.

> As ten minste al die "Christene" soos
> jy (of jou ouers) in die vyftigerjare opgestaan het en gesê
> het tot hiertoe en nie verder nie, dan sou die hele Suid-Afrika
> definitief nou anders gelyk het.

Christene word alreeds bykans 2000 jaar beskuldig vir alles
wat verkeerd loop. Hulle word kwalik geneem dat hulle nie
'n hemel op aarde te weeg kon bring nie, ten spyte daarvan
dat hulle ver in die minderheid is. Jou aanklag verloop volgens
hierdie patroon.

> Maar nee, julle het geluister
> na die sogenaamde Christelike predikante wat vir julle
> probeer oortuig het dat apartheid skriftelik korrek is. En
> daardie predikante wat vir julle wou vertel dat iets nie
> reg is nie, het julle onder huisarres geplaas, of deur die
> venster doodgeskiet terwyl hulle met hul kleinkinders gesit
> en speel het.

Ek het regtig nie kon dink dat jy so vrylik en hoogheiliglik
die "julle" kan gebruik nie. Jy kan gerus maar verder gaan
soos wat so dikwels die afgelope 2000 jaar gedoen is:
weg met die christene - verbrand hulle, kap hulle koppe af,
gooi huille vir die leeus. Jou tirade is niks minder proaktief
nie.

> En as julle as Christene en as Afrikaners
> nou julle hande wil was van al daardie dinge, en aangaan
> om die huidige demokraties-verkose regering (NP in die
> provinsiale regering van die WesKaap) aan te val met julle
> better-than-thou instelling, dan beswadder julle nie net die
> goeie naam van opregte Christene nie, maar ook die naam
> van die regte Afrikaner, wat verontwaardig is dat sy goeie
> naam besoedel is deur 'n bende, wat in sy naam 'n land
> oorgeneem en tot amper ondergang gelei het.

So, volgens jou is 'n opregte christen en 'n opregte Afrikaner
iemand wat apartheid bestry en wat nie better-than-thou
probeer lewe nie. Klaarblyklik was jou tirade bedoel om almal
te oortuig dat jy 'n opregte christen en Afrikaner is. Mag jy van
jou onbesonnigheid verlos word. Weet jy, jy sou 'n goeie
opsweper tydens die Nuremburg verhore gewees het - om
Duitse chistene sleg te sê omdat hulle toeglaat het dat
Hitler en sy Nazi trawante soveel onheil kon pleeg. Of nog beter
takel die chistene van Brittanje wat toegelaat het dat die Britse
magte soveel onheil in die twee Boere republieke kon pleeg.

'n Christen is 'n navolger van Jesus, die Christus, die Waarheid
en die Geregtigheid. 'n Christen leef die liefde uit wat hy of sy
leer ken het in 'n persoonlike verhouding met God. 'n Christen
gee nooit voor dat hy of sy alwetend is nie, maar leer daagliks
uit die Woord wat goed, reg en waar is. 'n Christen groei in die
geloof en is nie sommer eenklaps volwasse nie. Daarom gee
christene wat volwasse is in die geloof besondere aandag om
christene wat nog kleuters is in die geloof, deur voorbeeld te
lei. 'n Christen is nooit haastig om te oordeel nie, maar altyd
bereid om te vergeef.

At de Lange
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9934 is 'n antwoord op boodskap #9926] Sa, 12 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>>
>
>
> Leendert,
> Om een of ander rede wou jou brief nie enduit
> reproduseer nie,

Ek het hom weer gepos - spesiaal vir jou binnevet.

> so ek kan nie die choice klein
> stukkie aanhaal waar jy gif spoeg selfs teen die
> NP regering van die Weskaap nie.

Ek het hulle "'n spul rowers genoem". Het jy dalk 'n beter woord vir 'n
regering wat wetgewing indien wat homself magtig om, sonder lasbriewe, op
grond van niks meer as 'n vermoede nie:

1) Mediese en sielkundige ondersoeke en behandeling op kinders uit te voer
sonder die toestemming van die kinders of hul ouers, en selfs teen hulle
wil?

2) Te besluit of kinders "spesiale onderwysbehoeftes" het en sulke kinders
sonder die toestemming van die kinders of hul ouers, en self teen hulle wil
te verwyder om "spesisale onderwys" te ontvang.

2) Kinders wat nie in die skool is nie met geweld te verwyder sonder om
aanspreeklik is vir enige skade wat in die proses aangerig word.

> Sien, jy is 'n
> ou suurpruim. Niemand kan enigiets reg doen nie.
> Jy kritiseer en kritiseer en kritiseer.

Jy is heeltemal reg, Gloudina. Ek het die vorige regering net so veel
gekritiseer as die huidige. Ek het ook al, in hierdie forum, beide bewinde
pluimpies gegee waar dit verdien is. Jy, in teenstelling, hou alle kritiek
vir die vorige, en alle lof vir die huidige.

Jy sal dit miskien nie weet nie, maar beide die Federale Hooggeregshof van
jou aangenome vaderland en die Hooggeregshof van die deelstaat New
Foundland het in die afgelope jare regerings in daardie land streng oor die
vingers getik oor owerheidsoptrede wat veel minder onderdrukkend is as die
Wes-Kaapse onderwyswetsontwerp waarna ek hierbo verwys.

> En jy
> argumenteer soos vroumense veronderstel is om te
> argumenteer - illogiese deduksies (soos dat al
> my familie en vriende baie ryk is, of op die
> ANC soustrein ry -jy sal my swaer wat voorsitter
> is van 'n NP afdeling in sy gemakstoel laat omdraai!)

Eerstens die verwysing na "die ANC soustrein" het jy nie van my nie. Dit
was iemand anders. Ek het wel die afleiding gemaak dat jou vriendekring
klaarblyklik van die soort is wat elke situasie tot hul voordeel kan
eksploiteer - en 'n swaer met 'n gemakstoel in die NP is by uitstek
versoenbaar hiermee.

Tweedens, vra bietjie vir hierdie swaer van jou oor die NP se nuwe
onderwyswetsontwerp in die Wes-Kaap.

En nee. Die afleidings wat ek gemaak het is nie onlogies nie. Jy beweer dat
jou "indrukke" dat "wit Suid-Afrikaners" so bederf is, gevorm is deur jou
kontak met jou familie en vriendekring. Aangesien jou "indrukke" uiters
selektief en vals is, is dit inderdaad logies om af te lei dat jou familie-
en vriendekring nie verteenwoordigend is nie.

('n Verdere - logiese - afleiding, is dat jou haat en venyn teenoor
Afrikaners ook gegrond is op 'n erg selektiewe blootstelling aan 'n eng
groepie wat nie verteenwoordigend is nie - dieselfde familie en vriende,
miskien?)

> Wees in die eerste plek 'n eerlike opregte Christen
> en in die tweede plek 'n man, en wees eerlik met
> jouself en met die land om jou, en dan sal jy
> baie lekkerder voel, en meer energie kry om die
> sosiale probleme op te los in daardie verwoeste
> land (verwoes grotendeels deur mense wat jy en ek
> die vrye teuels gegee het.)

Heler, heel jouself.

Ek het vrede dat my bydrae beduidend meer positief is, en inderdaad meer
kan doen om sosiale probleme op te los as wat joune op hierdie nuusgroep
blyk te wees.

> Al wat ek weet, is dat
> 'n hele klomp van my swart vriende in SA nou baie
> meer normale lewens lei. Thula is trots en dankbaar
> dat hy nou ook in Westville in Durban mag bly, waar
> hy voorheen verhoed is om te bly, want sy vel was
> nie die regte kleur nie. Elke aand wanneer jy kniel
> en bid, prys die Heer dat hy daardie skandaal uit
> SA verwyder het (dat mense weggehou is van doodgewone
> voorregte, net omdat hulle nie 'n wit vel soos jy
> gehad het nie.

En hoe weet jy ek doen dit nie - Gloudina?

Ek het al tevore, op 'n direkte vraag van jou, hier verklaar dat ek die
huidige bedeling verkies bo die vorige. Dit beteken egter nie dat ek, soos
jy, moet juig van lekkerkry oor elke misstap wat die huidge regering begaan
nie.

Jy is oënskynlik so deurtrek van haat en afsku vir al wat Afrikaner is dat
jy dit nie ingeneem het nie.

Leendert
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9935 is 'n antwoord op boodskap #9926] Sa, 12 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >
>

Leendert,
Om een of ander rede wou jou brief nie enduit
reproduseer nie, so ek kan nie die choice klein
stukkie aanhaal waar jy gif spoeg selfs teen die
NP regering van die Weskaap nie. Sien, jy is 'n
ou suurpruim. Niemand kan enigiets reg doen nie.
Jy kritiseer en kritiseer en kritiseer. En jy
argumenteer soos vroumense veronderstel is om te
argumenteer - illogiese deduksies (soos dat al
my familie en vriende baie ryk is, of op die
ANC soustrein ry -jy sal my swaer wat voorsitter
is van 'n NP afdeling in sy gemakstoel laat omdraai!)
Wees in die eerste plek 'n eerlike opregte Christen
en in die tweede plek 'n man, en wees eerlik met
jouself en met die land om jou, en dan sal jy
baie lekkerder voel, en meer energie kry om die
sosiale probleme op te los in daardie verwoeste
land (verwoes grotendeels deur mense wat jy en ek
die vrye teuels gegee het.) Al wat ek weet, is dat
'n hele klomp van my swart vriende in SA nou baie
meer normale lewens lei. Thula is trots en dankbaar
dat hy nou ook in Westville in Durban mag bly, waar
hy voorheen verhoed is om te bly, want sy vel was
nie die regte kleur nie. Elke aand wanneer jy kniel
en bid, prys die Heer dat hy daardie skandaal uit
SA verwyder het (dat mense weggehou is van doodgewone
voorregte, net omdat hulle nie 'n wit vel soos jy
gehad het nie.
Gloudina
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9936 is 'n antwoord op boodskap #9926] Sa, 12 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> Ou Johnnie,
> Hoekom verkoop jy nie jou rekenaar en deel die geld
> uit aan die armes nie. Of is dit nou teveel gevra van 'n
> Afrikanerseun, wat grootgeword het in 'n tydperk toe wit
> mense almal kon werk kry, omdat sekere dinge net vir wittes
> gereserveer is.

Stel vir ons die voorbeeld, Gloudina. Of het jy in 'n ander tyd
grootgeword?
Daar is vele armes hier wat sou reken dat die waarde van _jou_ rekenaar
beter aan hulle bestee sou wees :-)

> En ek het so 'n nare gevoel dat in die ou
> dae, toe die mense op die sypaadjies en winkelstoepe swart
> was, jy nou nie eintlik jou hart daaroor gebreek het nie.
> Nee jong, what goes around comes around. Selfs die sous-
> trein. Ha, ha, ha.

Venynig, ne'?

Eers het ons van jou gehad die "blame the victim" - reaksie op die geweld.

Nou het ons "boontjie-kry-sy-loontjie" - krul jou tone van die lekkerkry,
Gloudina?

Wat my fassineer is dat jou eie familie- en vriendekring klaarblyklik van
die soort is wat daarin slaag om elke soustrein te haal - die voriges en
die nuwes.

Groete, Leendert
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9937 is 'n antwoord op boodskap #9926] Sa, 12 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

> Elke aand wanneer jy kniel
> en bid, prys die Heer dat hy daardie skandaal uit
> SA verwyder het.

Van skandale gepraat, Gloudina.

In hierdie kategorie kan jou wilde beskuldigings aangaande die Heynsmoord
kwalik oortref word.

Terwyl jy nou voorsitter is van Aksie Morele Meerderwaardigheid kan jy
gerus dink oor wat jy hieromtrent gaan doen.

Of is selektiewe moraliteit, soos selektiewe persepsies, ook een van die
vele voorregte wat jy vir jouself voorbehou? (Ek verwonder my dat jy nie 'n
pos as komissaris van onse "Waarheids" -komissie aangeneem het nie - jy
kwalifiseer uitnemend.)

Groete, Leendert
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9940 is 'n antwoord op boodskap #9926] So, 13 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In writes:

> jon...@anon.ac.za (Jonnie) writes: > In article , iz...@igs.net (Bouwer) wrote:

>> Antie, kom kyk 'n slag hier hoe sit witmense (ja Antie, wit, nie swartmense
>> nie) deesdae op die sypaadjies en winkelstoepe en bedel vir iets om te eet,
>> dan kan jy weer saangesels. As jou familie en vriende op die soustrein ry,
>> beteken dit nie alle wiites in SA ry daarop nie. Dit is net ANC-goedgesinde
>> witmense (wat jy en jou vriende baie obvious is) wat die soustrein haal,
>> Antie.
>>
>>
>> --
>> Jonnie

> Ou Johnnie,
> Hoekom verkoop jy nie jou rekenaar en deel die geld
> uit aan die armes nie. Of is dit nou teveel gevra van 'n
> Afrikanerseun, wat grootgeword het in 'n tydperk toe wit
> mense almal kon werk kry, omdat sekere dinge net vir wittes
> gereserveer is. En ek het so 'n nare gevoel dat in die ou
> dae, toe die mense op die sypaadjies en winkelstoepe swart
> was, jy nou nie eintlik jou hart daaroor gebreek het nie.
> Nee jong, what goes around comes around. Selfs die sous-
> trein. Ha, ha, ha.
> Gloudina
> Gloudina.

Ek glo nie hy sal graag van sy sous wil deel nie. Hoekom sou hy wou?
Laat die wat nou die gravy trein "ry" dit doen.
Johnnie & Co het niks verkeerds in Rhoodie en sy tjommies se corruption
verkeerd gesien nie want die ouens was hul NP-boeties. Die ouens wat nou
op die sypaadjies en winkelstoepe sit en bedel het hulle toe ook vetgat
gesteel, maar was so fokken onnosel en gierig dat hulle nie vir hul self
'n neseiertjie nagalaat het nie, nou is dit skielik die NSA se skuld.
Die railway, poskantoor ens. jobs is ook intussen oopgestel vir almal en
die dommes wat die sisteem verkrag het sit nou juis op die strate en
bedel.
Stem saam Gloudina, what goes around comes around.

--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9941 is 'n antwoord op boodskap #9926] So, 13 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
a@b.c (Wen) writes: > >

>
> Die ander soort geweld is polities van aard. Die ANC is meesters
> van die orkestrasie van hierdie tipe geweld. In KZN word IVP
> amakhosi stelselmatig vermoor. En gaan kyk maar, wanneer die
> inkhosi weg is is daar 'n ANC leier gereed om in te beweeg.

Wen,
Nog lank voor die ANC ontban was, lank voor
daar 'n Inkatha was, het sommige "clans" in Natal
aanhoudend, gewoonlik oor die naweke, met mekaar
baklei. (Ek dink dit was as gevolg van die feit dat daar
eintlik nooit iets soos 'n verenigde Zulu-nasie bestaan
het nie, totdat die koloniale veroweraars uit Europa
in Afrika vir hulle eie politieke gewin en manipulasie
hierdie sogenaamde state geskep het. ) Hierdie vegtery
tussen clans is nie ongewoon nie. Die beroemdste
voorbeeld daarvan is die vegtery tussen die verskillende
clans in Skotland - soos die McDonalds en die McCoys,
maar dit het orals in Europa voorgekom. Maar toe is die
onmin tussen verskillende "clans" in Natal verpolitiseer
vir eie gewin, met tragiese gevolge. Die dag toe ek
begin agterkom dat die Inkatha-organisasie vol wit
Afrikaners sit, toe het ek snuf in die neus begin kry. Ek
weet ook dat daar baie opregte en trotse Zulus is wat
die motiewe en magstukture van Inkatha wantrou. Dit is
in alle geval tyd dat mense moet vergeet van stamverbande
en leer om as een groep saam te lewe, ongeag aan watter
groep jy behoort. Selfs die koning van Zululand wou hom
later dissosieer van wat aangaan. Heelwaarskynlik toe hy
agterkom dat hy gebruik word deur die regime in hulle koue
oorlog teen die ANC.
Gloudina
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9948 is 'n antwoord op boodskap #9926] Ma, 14 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Jul 1997 08:04:58 GMT, "Leendert van Oostrum" wrote:
<<1) Albei van julle het hiermee toegegee dat Gloudina se aanvanklike
> stelling oor "wittes wat nog steeds bederf is" louter onsin is. Nou is dit
> so dat Gloudina daardie bepaalde ou stellingkie reeds driemaal vanjaar
> gemaak het, en elke keer tereggewys is. Dit lyk my egter die ou geheue is
> nie meer so goed oor enigiets wat sedert 1970 gebeur het nie - in SA of in
> Kanada.>>

Ek kan jou verseker daar is 'n moerse lot wittes wat room by die
meters afskep in die NSA. Room wat daar beland het in die ou SA.
Actually stiiletjies daar geplaas is.

Kyk rond om jou. En as jy dit nie kan raaksien nie, vra bietjie rond.

Boeties wat skielik miljoeners geword het en so aan.
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9949 is 'n antwoord op boodskap #9926] Ma, 14 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
> a@b.c (Wen) writes: > >

>>
>> Die ander soort geweld is polities van aard. Die ANC is meesters
>> van die orkestrasie van hierdie tipe geweld. In KZN word IVP
>> amakhosi stelselmatig vermoor. En gaan kyk maar, wanneer die
>> inkhosi weg is is daar 'n ANC leier gereed om in te beweeg.

> Nog lank voor die ANC ontban was, lank voor
> daar 'n Inkatha was, het sommige "clans" in Natal
> aanhoudend, gewoonlik oor die naweke, met mekaar
> baklei.

Ek het duidelik nie na faksiegevegte verwys nie - die gaan nog
voort, hoewel tot 'n baie kleinere mate as toe my ouers jonk was.
Faksiegevegte het baie oorsake en die enigse rede hoekom hulle
aan die afneem is, is omdat baie van daardie oorsake in die nuwe
moderne samelewing aan die verdwyn is. Daar was bv. geskille oor
weiding, of 'n lobolaprys was nie in geheel betaal is nie ens.
Die fyn beplande ANC moorde van amakhosi kan glad nie hiermee
vergelyk word nie. Baie keer het faksiegevegte se oorspronklike
oorsaak so lank gelede sy oorsprong gehad dat niemand meer weet
wat die eintlike rede is nie, behalwe bloot dat die twee families
in stryd is. Die mees onlangse voorval van klassieke faksiegeweld,
waarvan ek weet, is vroeg verlede jaar se geweld by Impendle.

Terloops, net soos daar vyandskap tussen families (stamme) bestaan,
wat sou beteken dat bloot omdat iemand 'n sekere naam dra hy
outomaties jou vyand sou wees, is daar ook vriendskapsbande tussen
families (stamme) wat hoogs gerespekteer word. Die naam wat aandui
of daar so 'n verband bestaan is nie noodwendig die van (isibongo)
nie, maar baie keer die stamnaam of lofnaam (isithakazelo). Ek het
onlangs luistervink gespeel in 'n gesprek tussen 'n swart ontvangs-
dame en 'n afleweringsman by 'n groot ingenieursmaatskappy waar ek
in die ontvangslokaal gesit en wag het. Die jongkêrel het van die
ontmoeting gebruik gemaak om by die ontvangsdame aan te lê. Na 'n
paar minute se vriendelike gesels vra sy hom toe wat sy van is.
Sy antwoord was 'Mlambo' wat letterlik vertaal 'Hy wat honger
is'. Dit het daar en dan 'n einde aan sy liefdesdroom gemaak toe
sy uitroep: Dan is jy my broer! Sy verduidelik toe dat haar van
'Mtshali' is wat beteken 'Hy wat plant' en dat haar familie 'n uit-
vloeisel van syne is: een van die hongeres is blykbaar uitgestuur
om te gaan plant en so het 'n nuwe familielyn otnstaan. In Zoeloe-
kultuur sou 'n verhouding tussen sulke verwante mense nie toegelaat
word nie, maar hulle sal mekaar onmiddellik as broers en susters
aanvaar en sodoende kan aanspraak maak op beskerming en hulp van
mekaar.

Hierdie is dus diepgeketende vyandskappe en vriendskappe en kan
duidelik onderskei word van 'n ANC aanval op 'n IVP inkhosi. Jou
probeerslag om die hierdie moorde as faksiegeweld af te maak is
nie net bewys van jou onkunde nie, maar ook beledigend tot swart-
mense wat beter as jy sou kon besluit of dit faksiegeweld is of nie.

> (Ek dink dit was as gevolg van die feit dat daar
> eintlik nooit iets soos 'n verenigde Zulu-nasie bestaan
> het nie, totdat die koloniale veroweraars uit Europa
> in Afrika vir hulle eie politieke gewin en manipulasie
> hierdie sogenaamde state geskep het. )

Jy dink verkeerd. Ai, jy weet darem min van ons swartmense! Om uit
te maak dat die Zoeloenasie hulleself as 'n nasie beskou agv die
doen en late van witmense is weereens hoogs beledigend tot swartmense
en ek verseker jou dat dit ten sterkste deur hulle ontken sou word.
Om die waarheid te sê dis die eerste keer dat ek so 'n belaglike
stelling hoor! Die Zoeloes is onder Shaka verenig sonder enige
inmenging van witmense en dit sal enige Zoeloe vir jou sê. Dit maak
nie saak tot watter familiestam 'n Zoeloe behoort nie, as jy hom
vra aan watter nasie hy behoort sal hy defnitief sê: Ek is 'n
Zoeloe! Net soos 'n Namakwalander en 'n Nataller albei mag sê: Ek
is 'n Afrikaner.

Daar is ander Nguni groeperinge wat nie onder Shaka se mag wou swig
en deel word van die Zoeloenasie nie, maar wat eerder
gevlug het. Onder hulle tel die Seswati van Swaziland en die Ndebele
van Zimbabwe. Hulle is nie Zoeloes nie, maar wel Nguni. Die Xhosas
is die enigste Ngunigroep wat nie deur Shaka se oorheersing geraak
is nie en as 'n individuele nasie ontwikkel het. Hulle oorsprong is
van die Ooskaap waar hulle hulle in hulle omswerwinge aan die Keirivier
teen die grensboere vasgeloop het. Die grensoorloë van daardie gebied
is welbekend. Net soos onder die Zoeloes was faksiegevegte baie bekend
onder die ander Ngunigroepe.

> Maar toe is die
> onmin tussen verskillende "clans" in Natal verpolitiseer
> vir eie gewin, met tragiese gevolge.

Dat sommige faksiegevegte vir die gewin van die ANC verpolitiseer
is, is seker heel moontlik, maar dit is defnitief nie die norm nie.
Daar is 'n duidelike verskil tussen faksiegeweld en ANC moorde soos
ek reeds uitgewys het.

> Die dag toe ek
> begin agterkom dat die Inkatha-organisasie vol wit
> Afrikaners sit, toe het ek snuf in die neus begin kry. Ek
> weet ook dat daar baie opregte en trotse Zulus is wat
> die motiewe en magstukture van Inkatha wantrou.

Vol? Gee bietjie vir ons statistiek om jou stelling te staaf. Hoeveel
wit Afrikaners is daar nou eintlik in die IVP? Watter persentasie maak
hulle uit? Is hulle enigsins meer as bv. wittes in die ANC?

Ek dink dat baie Afrikaners wel die IVP goedgesind is, en die rede
daarvoor is myns insiens duidelik: dit is omdat die IVP 'n nasie verteen-
woordig wat weier om bloot verswelg te word deur 'n ANC regering. Dat die
IVP nie ALLE Zoeloes verteenwoordig nie is vanselfsprekend, net soos, bv.,
die AWB, of die Vryheidsfront nie ALLE Afrikaners verteenwoordig nie.
Die NP sê lankal dat hulle hulle nie vir Afrikaners beeiwer nie, so ek
sluit hulle vir daardie rede outomaties uit.

Wat ek baie interessant vind is dat IVP ondersteuners sê dat die ANC
nie 'n _Suid Afrikaanse_ party is nie, maar 'n _Xhosa_ party. Ek kon nog
nooit vir myself besluit of dit 'n waar of onwaar stelling is nie, hoewel
die hooggeplaasdes in die ANC vir die meerdere Xhosa is. Sommige groeperinge
word glad nie verteenwoordig nie. Sedert Ramaphosa se vertrek na groener
weivelde is daar bv. geen Vendas wat posisies beklee in die ANC nie.

Mens merk Xhosavoortrekkery op ander plekke ook op. Op TV word veel meer
Xhosa as Zoeloe gepraat al is die Zoeloesprekendes die een grootste taalgroep
in die land.

> Dit is
> in alle geval tyd dat mense moet vergeet van stamverbande
> en leer om as een groep saam te lewe, ongeag aan watter
> groep jy behoort.

So, maw volgens jou moet 'n mens _vergeet_ van jou agtergrond om
dit moontlik te maak om met anderes saam te lewe? Die Mlambos en die
Mtshalis moet vergeet van die kleurvolle geskiedenis wat hulle as broers
en susters verenig sodat Xhosas en Zoeloes albei vir die ANC sal stem??
Die mens het 'n natuurlike geneigdheid om in klein groeperinge te verenig
al het hulle 'n oorvleuelende, maar verder verwyderde, eenheid.
Op minder beskaafde vlak kan dit tot faksiegeweld lei, terwyl dit op meer
beskaafde vlak (maar miskien nog nie beskaafd genoeg vir almal se smaak nie)
in bv. die rugby Curriebekertoernooi gesien kan word. Jy kan doen wat jy wil
jy sal dit nie ontkom nie. Mens sien dit ook onder gehegte families waar
die kinders erg onder mekaar sal stoei, maar soos een man saam sal baklei
teen iemand wat een van hulle te na kom.

Die ENIGSTE manier hoe mense bymekaar gebring kan word met enige hoop op
sukses is in die Geloof. En kyk maar hoeveel tweespalt is DAAR!

> Selfs die koning van Zululand wou hom
> later dissosieer van wat aangaan. Heelwaarskynlik toe hy
> agterkom dat hy gebruik word deur die regime in hulle koue
> oorlog teen die ANC.

Jy het die kat aan die stert beet. Jy som jarelange politieke maneuvers
vir ANC gewin in een sin op en jou slotsom is verkeerd. Ek wonder wat
Koning Zwelethini sal sê dat jy hom so slegmaak deur voor te gee dat hy
dekadeslank onwetend deur die apartheidsregering gebruik is vir hulle
gewin? Dink jy die man is 'n aap??

Hy wou hom ook glad nie dissosiëer soos jy voorgee nie. Hy het die
ondenkbare gedoen: hy het politieke kant gekies. Wat boekdele spreek
is dat die Zoeloes wat ek ken, dit betreur maar hom nog steeds soos een
man ondersteun. Hy is hulle koning en hulle haat die idee dat hy sal
ingee tot wat hulle sien as 'n Europese regeringstelsel.

Jy sien, wat jy en baie soos jy glad nie besef nie is dat die IVP basies
teen demokrasie gekant is. Hulle sien dit as net maar nog 'n witmansidee
wat op hulle afgeforseer word. Ek het al baie en lang gesprekke met Zoeloes,
van ongeletterde plaaswerkers tot gegradueerde mense in die privaat- of
publiekesektore, hieroor gehad om insig te probeer verkry en laat ek jou sê
dat die oorgrote meerderheid witmense nie die vaagste benul het wat aangaan
nie. Die tradisionele IVP ondersteuner wil hê dat KZN selfregerend onder
die Zoeloekoning moet wees. Hulle sê prontuit dat stemmery sommer nonsens is
en dat die tradisionele manier van regeer die ding is wat hulle wil hê. As
ek dan vra wat hulle gaan doen wanneer, soos in Swaziland aan die gebeur is,
die jeug in opstand kom en op demokratiese verkiesings aandring, dan skud
hulle hulle koppe en sê dat dit met God se hulp opgelos sal word. In Swaziland
word net 'n groep raadgewers wat die koning ondersteun demokraties verkies.
Hulle bedien hom ook nie alleen met raad nie, maar tesame met die amakhosi
van die land wat op die tradisionele manier regeer. Dit is wat die IVP vir
KZN wil hê, en as hulle hulle sin kry, vir die hele land.

Soos ek reeds gesê het buit die ANC hierdie toedrag van sake uit deur die
leiers van hierdie tradisionaeel geregeerde gemeenskappe te vermoor en dan
'n ANC-leier in sy plek in te bring. Plekke waar geweld voortsleep is waar
die ANC-leier nie aanvaar word deur die gemeenskap nie.

Die ANC is in bittere stryd teen die IVP, nie omdat die IVP teen demokrasie
gekant is nie, maar omdat hulle Zoeloes is. Die ANC is self teen demokrasie.
Hulle weet egter dat hulle elke verkiesing sal wen. Hoekom? Omdat hulle 'n
tereurstryd in die townships en in die stede voer waar almal wat
hulle teenstaan voor die voet verbrysel word. Vir die oningeligte witmens
lyk dit of hulle egter die bewaarders van swart vryheid is. Daar bestaan nie
so 'n ding soos demokrasie onder swartmense nie!

Jy en jou trawante weet so min! En julle praat so gou! Die swart kultuur is
vir julle 'n geslote boek. Maak julle oë om hemelsnaam oop en hou op kerm
oor wat verby is. Kyk eerder waarop die ANC ons afstuur en dink vir julleself
wie die ergste gaan ly daaronder. Daar is noord van Zimbabwe nie EEN
demokratiese swart land in Afrika nie. Beteken dit vir julle niks? Erken
tog nou asseblieftog dat daar baie, baie probleme in Afrika en spesifiek in
Suid Afrika is wat NIE voor apartheid se deur gelê kan word nie. Die
swartmense
vir wie jy so hand en tand veg lag vir jou. Jy speel presies in die ANC se
hande. Ek sê vir geen oomblik dat apartheid die antwoord vir Suid Afrika se
mense was nie. Wat die antwoord is weet ek ook nie. Al wat ek wel weet is dat
as die antwoord nie gou gevind word nie sal ons kort voor lank maar net nog
'n uitgemergelde Afrikaland wees waar die infrastruktuur totaal en al
uitgewis is en waar hongersnood en geweld aan die orde van die dag is.

Hou op dink dat dit net witmense was wat swartmense uitgebuit het vir eie
gewin. Die ergste uitbuiting van swartmense in Afrika is deur ander
swartmense.
Kyk na Zaire. Kyk na Angola. Kyk na Mosambiek. En kyk dan weer lank en goed
na Suid Afrika. Alan Paton was reg: Cry the beloved country ...
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9950 is 'n antwoord op boodskap #9949] Ma, 14 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Alan Paton was reg: Cry the beloved country ...
>
Hallo Wen

Dankie vir jou uitstekende brief. Baie, baie goed. Ek het ook al gewonder of
"Demokrasie" regtig 'n goeie ding is, veral in SA. Is dit nie dalk net 'n
moderne westerse "catch word" nie, 'n mat waaronder mens alle euwels kan vee?
As mens boeke lees soos Ayn Rand se "Atlas Shrugged" lees, dan dink jy
tweemaal daaroor na. 'n Sterkere mens gee nie om om 'n swakere te dra nie, as
daardie een dit nie kan help nie, of nie self verantwoordelik is vir sy
swakheid nie. Maar hy gaan mos moeg word om hom te dra net omdat hy te lui is
om self te loop. Atlas hou aan die wêreld op sy skouers dra, tot hy nie meer
kan nie, en die dag sal kom wanner hy summier sal "shrug" en homself weer 'n
slag reghelp.

Dit word "self preservation" genoem, en of die Gloudinas van die wêreld nou
daarvan hou of nie, Afrika was in die verlede en is nog steeds 'n land waar
"survival of the fittest" tel, en al is hulle baie bekommerd oor die goeie naam
van die Afrikaners, en die mate 'beskaafdheid' waarmee hulle in die volgende
eeu gaan tree, is dit maar leë woorde vergelyk met mense se voortbestaan.
Hierdie is nie 'n maklike eerste wêreld land nie, waar almal mooitjiese geluide
tjirrp nie, en almal drink mooi beskaafd teetjies met pinkies uitgestrek en vra
na hulle vriendinetjies se welsyn nie. Hier loop dikwels bloed in die strate.
Ek en my dogtertjie moes nou die dag 'n sirkel loop om 'n groot poel bloed op
die sypaadtjie, waar iemand pas vermoor is, en niks omtrent die toneel was
beskaafd gewees nie.

Beste groete,
Vira.
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9952 is 'n antwoord op boodskap #9926] Ma, 14 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Ek het nie eintlik baie vertroue in die deursnee koloniaal-
> van-oorsprong Engelsman nie (en baie van my swart vriende
> ook nie.)

Hi Gloudina

Ek (en my Afrikaanse vriende) het nie eintlik baie vertroue in die deursnee
Afrikaans van-oorsprong Afrikaner nie , wat sy land verlaat omdat dit probleme
het, en vanaf die veiligheid van miljoene myle vér baie weet nie. Die
Afrikaners wat al die antwoorde het moes maar liewer gebly , en ons so bietjie
reggehelp het.

Ek sien dat jy baie daarvan hou om uit te wys dat ek nie, soos ander
bevoorregtes, 'n "ware" Afrikaner is nie, en jy's ongelukkig reg. Al wat ek kan
sê is, ek is steeds hier, en doen my bes vir my gesin, my land, en my
mede-Afrikaners.

Groete,
Vira.
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9960 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 15 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Jul 97 09:18:44 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:
<<<<>Dankie vir jou uitstekende brief. Baie, baie goed. Ek het ook al gewonder of
> "Demokrasie" regtig 'n goeie ding is, veral in SA. Is dit nie dalk net 'n
> moderne westerse "catch word" nie, 'n mat waaronder mens alle euwels kan vee?
> As mens boeke lees soos Ayn Rand se "Atlas Shrugged" lees, dan dink jy
> tweemaal daaroor na. 'n Sterkere mens gee nie om om 'n swakere te dra nie, as
> daardie een dit nie kan help nie, of nie self verantwoordelik is vir sy
> swakheid nie. Maar hy gaan mos moeg word om hom te dra net omdat hy te lui is
> om self te loop. Atlas hou aan die węreld op sy skouers dra, tot hy nie meer
> kan nie, en die dag sal kom wanner hy summier sal "shrug" en homself weer 'n
> slag reghelp.>>>

Jy sou gelukkig gewees het onder John Vorster. En onder Stalin. En
Hitler. En Mao.

Hulle het ook so gedink.

(Pssst! SA was 'n moerse fokop gewees voor demokrasie. En op pad na 'n
afgrond waarvoor self jou godin Ayn "I made a million bucks out of bad
literature" Rand sou weggedeins het.)
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9961 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 15 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...
> On 14 Jul 1997 08:04:58 GMT, "Leendert van Oostrum" wrote:
>
> <<1) Albei van julle het hiermee toegegee dat Gloudina se aanvanklike
> > stelling oor "wittes wat nog steeds bederf is" louter onsin is. Nou is dit
>> so dat Gloudina daardie bepaalde ou stellingkie reeds driemaal vanjaar
>> gemaak het, en elke keer tereggewys is. Dit lyk my egter die ou geheue is
>> nie meer so goed oor enigiets wat sedert 1970 gebeur het nie - in SA of in
>> Kanada.>>
>
> Ek kan jou verseker daar is 'n moerse lot wittes wat room by die
> meters afskep in die NSA. Room wat daar beland het in die ou SA.
> Actually stiiletjies daar geplaas is.
>
> Kyk rond om jou. En as jy dit nie kan raaksien nie, vra bietjie rond.
>
> Boeties wat skielik miljoeners geword het en so aan.

Ek stem saam, Koos, maar hierdie bydrae van jou is nie oorspronlik nie. Dis
nou vermoedelik die ouens na wie Thomas per implikasie verwys as "die
slimmes wat die stelsel verkag het". Dit is ook duidelik dat dit die
enigste mense is wat Gloat-Ina in haar vriendekring en onder haar familie
tel - want sy weet klaarblyklik nie van die res van ons nie. Ek het self
ook na hierdie groep verwys - en 'n ooreenkoms getref met die sedes van die
eerste Lord Rothchild. Thomas, natuurlik, sal beweer dat die res van ons
die dommes is wat die stelsel verkrag het.

Die feit bly staan: Gloat-Ina se herhaalde beweringe oor "wittes wat nog
steeds bederf is", is louter onsin, van dieselfde kaliber as haar gejuig
oor 'n swart persoon wat kwansuis vir die NSA moes wag om aan te breek
voordat hy 'n graad op RAU kon kry.

Dit is egter nie 'n patch op haar kriminele laster oor die Heyns-moord, by
name gerig aan Wen, Vira en myself nie.

Dis mooi van jou om jou aan haar kant te skaar, maar dra dan tog liewer
iets oorspronkliks by tot die gesprek?

Maar watch nou mooi. Verskoning sal Gloat-Ina nie daarvoor aanbied nie. Vir
die volgende weke sal jy uit haar niks kry behalwe 'n drupsel gediggies
nie.

Groete, Leendert
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9962 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 15 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 15 Jul 97 06:10:45 GMT, jon...@anon.ac.za (Jonnie) wrote:
<<>Vira, Engels van oorsprong of te not, in my oė is jy nader aan 'n ware
> Afrikaner as wat Gloudina ooit kan droom om te wees!!>>

Wat is 'n "ware Afrikaner"?

(In jou oe"?)

Waaraan moet hy of sy voldoen?
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9966 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 15 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonnie  is tans af-lyn  Jonnie
Boodskappe: 31
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina sê

>> Ek het nie eintlik baie vertroue in die deursnee koloniaal-
>> van-oorsprong Engelsman nie (en baie van my swart vriende
>> ook nie.)
>

Vira antwoord:

> Hi Gloudina
>
> Ek (en my Afrikaanse vriende) het nie eintlik baie vertroue in die deursnee
> Afrikaans van-oorsprong Afrikaner nie , wat sy land verlaat omdat dit probleme
> het, en vanaf die veiligheid van miljoene myle vér baie weet nie. Die
> Afrikaners wat al die antwoorde het moes maar liewer gebly , en ons so bietjie
> reggehelp het.
>
> Ek sien dat jy baie daarvan hou om uit te wys dat ek nie, soos ander
> bevoorregtes, 'n "ware" Afrikaner is nie, en jy's ongelukkig reg. Al wat ek kan
> sê is, ek is steeds hier, en doen my bes vir my gesin, my land, en my
> mede-Afrikaners.
>
> Groete,
> Vira.
>

Vira, Engels van oorsprong of te not, in my oë is jy nader aan 'n ware
Afrikaner as wat Gloudina ooit kan droom om te wees!!

--
Jonnie
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9967 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 15 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote:
>
> (Pssst! SA was 'n moerse fokop gewees voor demokrasie. En op pad na 'n
> afgrond waarvoor self jou godin Ayn "I made a million bucks out of bad
> literature" Rand sou weggedeins het.)

'n Nederlandse oom van my was in die vyftiger jare in Suid-Afrika en het
geweier om weer sy voete daar te sit. Volgens hom was daar genoeg goud
in die land vir almal en dat die armoede wat hy onder die swartmense
gesien het, nie nodig was nie.

Hy was nou weer in Maart daar en ek moet hom nog vra wat hy nou dink.

Ek wonder egter oor al die goud. Daar is darrem baie mense in
Suid-Afrika!!!!

Wat van 'n federasie? Waar almal verteenwoordiging op 'n gelyke basis
het?

Hoe werk die EUROPESE idee? Dis heelwat kulture wat skielik moet buig
voor die ekonomie (Mammon???) En watter taal praat die mense almal met
mekaar? Hoe gaan hulle lewensstandaard in die proses geraak word? Is
dit 'n demokrasie, 'n federasie of 'n sosialisiese stelsel? Is daar
'n nuusgroep oor hierdie onderwerp?

"Distinct society" is vir Franse Kanadese wat in Quebec woon 'n wetlike
term. Miskien weet Gloudina of iemand anders wat hulle daaronder
verstaan.

Kanadese "brag" nogal graag oor hulle "sharing and caring society".
Nogal baie soos die Suid-Afrikaners trots is op hulle gasvryheid.
Ons was lelik in die knyp toe ons pas hier in Kanada aangekom het, maar
die mense se ondersteuning was absoluut wonderlik. Dis nie dat hulle
oorloop van vriendelikheid nie, maar as elkeen 'n bietjie sy deeltjie
bydra dan kom die wa deur die drif!

Heelwat het intussen in Suid-Afrika verander en mense steek hand-uit as
daar nood is.

Griet
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9968 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 15 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Vira, Engels van oorsprong of te not, in my oë is jy nader aan 'n ware
> Afrikaner as wat Gloudina ooit kan droom om te wees!!

Dankie Jonnie

Ek aanvaar die honorêre Afrikanerskap met vreugde.

he he he, het jy gehoor, Gloudina?

V.
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9981 is 'n antwoord op boodskap #9926] Wo, 16 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 16 Jul 97 14:31:45, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
<<>Ja Koos hierdie ander manne (en somtyds jy ook :} ) praat heeltemal oor my
> kop.>>>

Pure bullshit Lou, pure bullshit. 'n Mens leer cliches and dan kom
agter jy kan dit op 'n sekere manier inspan. Baie soos 'n mechanic die
jappie met die BMW totaal 'n gat in die kop kan praat deur die regte
terme te gebruik.
Ek weet van iemand wat aan 'n vrou gese het die "gap" in die punte het
gebreek. En sy het dit aanvaar.

<< Maar net soos die ou Suid Afrika 'n moerse fokop was (jou woorde), sal
> ons maar sien wat die nuwe SA vir ons en ons kinders sal inhou - nog 'n fokop
> (my woorde)? >>

Ja die "verdict" is nog "uit".
Ek is egter positief en hou van baie dinge wat ek sien. Soos vryheid
van spraak en assosiasie. En 'n ekonomie wat weer begin groei het.

<>Somtyds lyk dit my net die kleur van die velle het verander - die gedrag van
> die politisie is maar nog net dieselfde of erger. Die spul kerkleiers is nog
> steeds meer geworried oor hulle posisie en oor die organisasie (lees Die Kerk)
> as oor die verkondiging van die boodskap. Maar dit was nog eintlik altyd maar
> so - mense begin met die beste bedoelinge - dan stig hulle 'n organisasie en
> uiteindelik gaan dit oor die Organisasie en nie oor die doel nie. Kyk maar die
> broederbond, >>

Hennie Serfontein het destyds in die Vrye Speelblad 'n expose oor die
Broederbond geskryf. Hy het toe daar die eed gegee wat hulle volgens
hom sweer wanneer hulle lid word. Dit sweer getrouheid aan die
Broederbond bo alles.
Toe wonder ek hoedefok enige dominee so 'n eed kan sweer? Of 'n
regter?
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9983 is 'n antwoord op boodskap #9926] Wo, 16 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> (Pssst! SA was 'n moerse fokop gewees voor demokrasie. En op pad na 'n
> afgrond waarvoor self jou godin Ayn "I made a million bucks out of bad
> literature" Rand sou weggedeins het.)
>

Ja Koos hierdie ander manne (en somtyds jy ook :} ) praat heeltemal oor my
kop. Maar net soos die ou Suid Afrika 'n moerse fokop was (jou woorde), sal
ons maar sien wat die nuwe SA vir ons en ons kinders sal inhou - nog 'n fokop
(my woorde)?

Somtyds lyk dit my net die kleur van die velle het verander - die gedrag van
die politisie is maar nog net dieselfde of erger. Die spul kerkleiers is nog
steeds meer geworried oor hulle posisie en oor die organisasie (lees Die Kerk)
as oor die verkondiging van die boodskap. Maar dit was nog eintlik altyd maar
so - mense begin met die beste bedoelinge - dan stig hulle 'n organisasie en
uiteindelik gaan dit oor die Organisasie en nie oor die doel nie. Kyk maar die
broederbond,
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9984 is 'n antwoord op boodskap #9926] Wo, 16 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
vi...@iafrica.com (V) writes: > > Vira, Engels van oorsprong of te not, in my oë is jy nader aan 'n ware
>> Afrikaner as wat Gloudina ooit kan droom om te wees!!
>
> Dankie Jonnie
>
> Ek aanvaar die honorêre Afrikanerskap met vreugde.
>
> he he he, het jy gehoor, Gloudina?
>
>
> V.
>

Vira,
Ongelukkig het jy in die valstrik geloop wat 'n
gebore fascis vir jou gestel het. So 'n mens/groep
verklaar dat jy een van hulle kan wees, as jy net
sal begin dink soos hulle dink, doen soos hulle doen.
(Sien die Nazis in Duitsland, die fasciste in Italië, die
VSA gedurende die McCarthy era, en jou vriende die
apartheisargitekte in SA.)
Op so 'n manier beperk hulle dan die betekenis van
die konsep "Afrikaner" tot so 'n mate dat daar later 'n
heel klomp Afrikaners is wat nie meer aan so 'n groep
wil behoort nie. Of vervul hulle Afrikaners soos ek met
'n woede dat so 'n klomp skurke wil steel waarop ek
baie trots was en eintlik nog is: my Afrikanerskap. So
jy is welkom om by Johnnie en sy soort te gaan inkruip.
Moet egter net nie vir jou 'n Afrikaner noem nie. Daardie
naam is kosbaar en moet skoongemaak word van al die
besoedeling waaraan dit die laaste paar dekades
blootgestel was.

Gloudina
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9985 is 'n antwoord op boodskap #9926] Wo, 16 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...

> (Pssst! SA was 'n moerse fokop gewees voor demokrasie. En op pad na 'n
> afgrond waarvoor self jou godin Ayn "I made a million bucks out of bad
> literature" Rand sou weggedeins het.)

Hmmm... Ek dink jou oordeel oor Rand se letterkunige waarde is in die kol,
Koos. Ek sou egter dieselfde oordeel uitspreek oor haar denke.

Maar wat ek wou vra is of daar iets is wat jou laat dink dat SA nie op pad
is na 'n afgrond nie? Miskien nog vinniger as tevore?

Groete, Leendert
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9988 is 'n antwoord op boodskap #9926] Wo, 16 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Bouwer wrote in article ...

Terwyl ek weg was in die Namib woestyn, het Gloudina
'n gesprek begin onder die opskrif "Vensters in SA".
Sy het die volgende mense aangetree:
> (1) Leendert, vir iemand wat 'n wetenskaplike is, is
> jou geskrywery 'n aaneenflansing van veralgemenings.
> Jy het 'n agenda. en
> (2) Wen, jy trek dadelik die tipiese SA gevolgtrekking
> dat enigiemand wat vir SA besoek, nie die waarheid kan
> raaksien nie. en
> (3) Vira, Kanada is nie 'n wit land nie. Julle Suid-Afrikaners
> moet ophou dink aan Noord-Amerika as wit. Dan sal daar
> minder emigreer uit SA met 'n verwronge idee.

Die eerste paar dae weg, het ek simptome van rekenaarontrekking
gehad. Maar na twee weke het ek weer begin wonder wat julle
op hierdie nuusgroep aanvang. Ek was uitermate verbaas oor
die intense gesprek wat rondom Gloudina se tirade ontstaan
het. Dit was amper asof 'n faksiegeveg uitgebreek het - amper
soos die geveg van twee getroudes kort voor hulle egskeiding.

Julle is beslis besig om entropie op groot skaal te produseer.
Die eerste manifestasie daarvan, naamlik wanorde van wording
(chaos of becoming) vind outomaties plaas. Dit behoort
elkeen van julle raak te sien. Waarskynlik begeer die meeste
van julle dat die tweede manifestasie, naamlik orde van is
(order of being) ook sal plaasvind. Maar dan is daar twee sake
van belang.

In die eerste plek moet julle die skep van entropie opjaag sodat
die eerste manifestasie nie meer herwaarts of derwaards kan
plaasvind nie. Daar moet dus 'n oorversadiging van chaos kom.
Daarom is dit goed dat beide die Gloudina-Koos kamp en die
Leendert-Wen-Vira kamp hulle standpunte al hoe hewiger stel.
Onthou net dat dit beskaafd moet geskied. Sodra die chaos
oorversadig raak, breek die vurking (bifurcation) aan. Dit is omdat
die ekstra entropie steeds gemanifesteer moet word. Dit gee dan
aanleiding tot die tweede manifestasie as orde van struktuur.

Die nuwe strukturele orde sal of die ontluiking (emergence) na 'n
ho"er orde wees, of die verval (immergence) na 'n laer orde.
Daarom praat 'n mens van 'n vurking. Die swenk na ontluiking vind
nie outomaties plaas nie. Daar is sewe voorwaardes of essensies
waaraan voldoen moet word. As hulle goed werk, staan die entropie
produserende sisteem as 'n kompleks aanpasbare sisteem (complex
adaptive sisteem) bekend. As een of meer van hierdie essensies
nie volwaase genoeg ontwikkel het nie, sal die ontluiking nie
plaasvind nie. Al wat dan oorbly, is 'n outomatiese swenk na die
ander rigting van verval - die uitstorwing van dit wat eenmaal was.

Met my terugkoms het ek 'n heel verruklike insig gekry, danksy
Gloudina se opskrif "Vensters in Suid Afrika". My eintlike werk is
om RGO (Rekenaar Gesteunde Onderwys) lesse te skep en dan te
programmeer. Ek doen dit met behulp van 'n outeurstelsel wat ek
self geskep het. Hierdie outeurstelsel maak gebruik van Visual Basic
as programmeringsisteem. Die werking van die outeurstelsel is
geskoei op die COK (Chaos-Orde-Kompleksiteit) teorie wat ek hierbo
uiteengesit het. Sover ek weet, is dit die enigste outeurstelsel wat
op hierdie teorie geskoei is.

Maar ek gaan nog veel verder. Die basiese leuse van elke les wat
ek skep, is "om te leer is om te skep". Om dit te kan doen, moes
ek vir myself uitmaak wat kreatiwiteit en dus ook leer is in terme van
COK teorie. Dit het ek gelukkig reg gekry - my voorgenome boek sal
dit alles uiteensit. Hoe dit ookal sy, dit is my begeerte dat 'n leerder
in so 'n RGO les so min as moontlik belemmernis in sy/haar
kreatiwiteit sal ervaar. 'n Heel interessante waarneming is dat hoe
minder belemmernisse daar in die les is, hoe meer kompleks die
rekenaarprogram word wat in die agtergrond werk. Met ander woorde,
hoe groter die skeppingvryheid in die les, hoe komplekser moet die
programmerder kan werk!

Die les se tema moet volledig uitgewerk word in die program. Dit word
die lesstruktuur genoem. Wat nou gebeur wanneer die leerder die
program gebruik, is dat die leerder VENSTERS een vir een kan oopmaak
oor die ganse lesstruktuur. Party vernsters is vir "ontluikende leer"
bedoel and die ander vensters vir "verterende leer". Ek het voorsiening
gemaak vir 16 verskillende soorte leerstyle in die oopmaak van die
vensters. 'n Leerder kan dus praktys vrylik van venster tot venster
beweeg, afhangende van hoe sy/haar kreatiwiteit dit bepaal.

Die leerder kan maklik vasstel watter van die les se vensters
deurgewerk is. Die leerder hoef dit nie te doen nie. Maar wanneer die
leerder die les wil verlaat, wys die les eers aan hom/haar watter
vensters afgehandel is. Die leerder kan nie hierdie oomblik van
rekenskap vryspring nie. Die finale beoordeling is uiters belangrik.
En dit is nog belangriker dat die lesskepper weet dat wanneer
die les finaal beoordeel dat alle nodige skeppings gemaak is, die
leerder waarlik die lesonderwerp bemeester het.

Hier volg my verruklike insig:
Al die bydreas rondom Gloudina se oorspronklike venster
"Venster in SA", vorm elkeen 'n ander venster wat iets van
'n ontsaglike groot "lesstruktuur" oopmaak. Party vensters
is ontluikend en ander is die verterend. Elkeen van ons is
in staat om boek te hou van watter vensters deurgewerk
is. Elkeen van ons sal op 'n bepaalde dag verantwoording
moet doen van watter les ons deurgewerk het en dus wat
ons bemeester het.

Die rekenaar en program waarmee ons skep, is die heelal
self wat deur die Here geskep is. Soos wat ek in my
RGO lesse op die agtergrond bly sodat die rekenaar en
program soveel as moontlik deursigtig (nie belemmerend
vir die leerder se kreatiwiteit nie) word, is die Here ook
werksaam in die agtergrond, soveel so dat mense kon
uitroep "God is dood". Terwyl ek probeer om myself te laat
verdwyn en die leerder skeppend te begelei sonder enige
belemmering, faal ek dikwels daarin. Met ander woorde, ek
kom diep onder die indruk hoe gebrekkig my pogings is.
Daarteenoor is die Here se werk onverbeterlik. Terwyl ek
stringe lesse skeppend moet programmeer vir rekenaars
wat net 'n paar jaar funksioneel is, het Hy eenmalig een
rekenaar met een les geskep wat perfek werk. Hy maak
vir alle leerstyle voorsiening terwyl ek net 16 kon hanteer.
Baie mense neem Hom kwalik dat die les nie werk nie, maar
eintlik besef hulle nie dat hulle hul eie lesse in die plek van Sy
les gestel het nie. Geen wonder dat hulle hierdie geloof
koester nie.

Baie dankie Here dat U in U program dit moontlik gemaak
het vir my om hierdie venster te kon oopmaak. U is
waarlik die Skepper.

Alles van die beste.
At de Lange
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #9999 is 'n antwoord op boodskap #9926] Do, 17 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In "Leendert van Oostrum" writes:

> Koos wrote in article
> ...

>> (Pssst! SA was 'n moerse fokop gewees voor demokrasie. En op pad na 'n
>> afgrond waarvoor self jou godin Ayn "I made a million bucks out of bad
>> literature" Rand sou weggedeins het.)

> Hmmm... Ek dink jou oordeel oor Rand se letterkunige waarde is in die kol,
> Koos. Ek sou egter dieselfde oordeel uitspreek oor haar denke.

> Maar wat ek wou vra is of daar iets is wat jou laat dink dat SA nie op pad
> is na 'n afgrond nie? Miskien nog vinniger as tevore?

> Groete, Leendert
>

Leendert kry jou finger uit jou hol. Jy bid diep in jou hart dat dinge
moet skeef loop in NSA. Die kak wat jy ruik is die vinger wat aan die
ander hand is. AS jy kyk na buitelandse besighede wat nou belangstel en
besig is om geld hier te invest sal jou 'n aanduiding kan gee waarna NSA
op padis.
Jou boeties De Klerk-hulle het hoeka al die land opgefok. Eschel Rhoodie
Den sy tjommies vreet nou nog aan daai pond wat hulle gesteel het. Jou
oom in Knysna het glo soveel wild gesteel - en nogal staat voertuie
gebruik - dat hy nou nog biltong inj sy koelkamer het.Wat de moer laat
jou dink dat NSA besig is om die afgrond in te gaan, ons het van die
mees respekte staatsmanne in Madiba en co. in die wereld, iets wat ons
nie van jou broer fw en ET-hulle kan se nie. Fok jou.

D
D
D
en sytjommies
--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10002 is 'n antwoord op boodskap #9926] Do, 17 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 7/16/97 9:34PM, in message , @igs.net wrote:

>
>
>
> Vira,
> Ongelukkig het jy in die valstrik geloop wat 'n
> gebore fascis vir jou gestel het.
> So 'n mens/groep
> verklaar dat jy een van hulle kan wees, as jy net
> sal begin dink soos hulle dink, doen soos hulle doen.

Nee, ek het my posisie vir myself uitgedink, en neem self volle
verantwoordelikheid daarvoor. Ek het juis nie geluister wat ander vir my gesê
het nie, en daarom het ek die Afrikaner leer verstaan. Ek het niemand anders
se vooroordele aanvaar nie, en is as gevolg deur my eie mense as heelwat snaaks
beskou. Tog dink ek graag iets goeds het daaruit gekom, omdat ek mense met
heelwat verskille nader aan mekaar kon bring.

> (Sien die Nazis in Duitsland, die fasciste in Italië, die
> VSA gedurende die McCarthy era, en jou vriende die
> apartheisargitekte in SA.)

Juis. My oupa het die Goue Swastika van Hitler ontvang. Die hoogste erkenning
van die Führer homself. Ek ken daardie kant van die storie. Maaar, ek het later
na Israel toe gegaan, die Jode geleer verstaan, hulle geloof, wat maak hulle
soos hulle is en dink, en lief geword vir hulle. (Ek het dus 'n biejie verder
gaan verneem as net jou bogenoemde aanhaling).

Toe het ek hulle twis met die Arabiere moes verstaan. Sien, daar is iets in 'n
kreatiewe mens wat jou nie met rus laat tot jy 'n insig kry, en kan verstaan
nie.

Ek het gesien en gehoor wat doen en sê die Engelse mense in SA van die
Afrikaners. Toe moes ek eenvoudig hulle kant ook gaan hoor.

Dieselfde met anderskleuriges. Dit het niks te doen met _Ras_ nie, maar met
gedrag wat ek as onaanvaarbaar beskou.

Hoeveel swart mense is daar in jou kring, wat nie "beskaafd" is nie? Jy het
jouself netjies onttrek van die "masses", en sit neusie in die lug en vertel
ons net van jou "hand picked" swart vriende. Ons hier het te doen met die
massas, kriminele elemente wat die wit mens konstant bedreig laat voel.

Ons ken almal goeie mense van alle rasse, en beskou hulle ook as vriende, maar
ek persoonlik het nie tyd vir diegene wat geen respek het vir lewe nie, vir
hulself of vir ander mense.

As jy weer gaan lees wat ek geskryf het, sal jy sien dat ek net gekant is teen
die kriminele en "savage" element. Waar kom jy nou vandaan met fasciste, ens.
Het jy ooit vir jouself gedink, of is "fasciste" 'n woord wat jy ook êrens
gehoor het?


> Of vervul hulle Afrikaners soos ek met
> 'n woede dat so 'n klomp skurke wil steel waarop ek
> baie trots was

Ja jong, ek het ook al jou "snobbisme" agtergekom.

> So
> jy is welkom om by Johnnie en sy soort te gaan inkruip.

> Moet egter net nie vir jou 'n Afrikaner noem nie.
>

Waarom nie? Omdat domineerende Gloudina my belet, op haar "fascistiese" wyse?
Jonnie en die ander "skurke" (soos jy hulle noem) het darem 'n wonderlike
warm, welkomende gemoed, teenoor jou dun ou minusmond, en jou hart vervul met
woede. Meer as enige iemand , herinner jy my aan die ou Suid Afrika, met jou
nougesette diktatorskap.

Raai wat? Ek noem myself net wat ek wil, en JY gaan my nie stop nie. Ek sal
ook so Afrikaans wees soos ek wil.

> Daardie
> naam is kosbaar en moet skoongemaak word van al die
> besoedeling waaraan dit die laaste paar dekades
> blootgestel was.
>

O, is dit hoekom ek myself nie 'n Afrikaner mag noem nie?

Ja wel, jy's darem uit die land uit, so dis 'n goeie begin.

> Gloudina
>

Shame, eintlik kry ek jou jammer. Sien, ek gaan liewer dood in die land
waarvoor ek lief is, as om 'n "stranger in Paradise" te wees. Ek weet hoe dit
voel om 'n immigrant te wees. Ek het in SA grootgeword, en as kind pas mens
makliker aan, maar my ouers is 'n halwe leeftyd al hier, en word steeds as
uitlanders beskou. Ek is nou een van jou mense, op wie jy jou rug gedraai het;
hulle het my aanvaar terwyl jy nou die "outsider" is. Is dit miskien waarom jy
so bitter is?

En weet jy hoekom is so lief is vir Afrikaners? Juis omdat hulle my nog altyd
aanvaar het. Toe ek 'n kind was, op 'n Engelse skool, het my klein vriende se
mas hulle kom wegruk van my geselskap, omdat ek Duits was ~ dus 'n Nazi. Al
het ek nie eers op daardie ouderdom geweet wat die woord beteken het nie. En al
het hulle niks geweet van oupa Rudolf nie. Maar met my Afrikaanse vriende het
ek lekker kon kuier en speel, en niemand het my ooit sleg behandel nie. Ek sal
altyd dankbaar wees daarvoor, en lief tot sterwens toe vir Afrikaners, en
niemand sal dit ooit wegneem nie.

En, by the way, ek wil net daarop wys, dat nie _Alles_ Nazi sleg was nie. Daar
was ook baie goeie idees, beginsels, prinsiepe. Mense het telkens hoë
standaarde nagestrewe. Dit was nie sommer 'n geval van "anything goes" nie.
Daar is reg en verkeerd. Jammer dat hulle so uiters verkeerd geeindig het.

Ek persoonlik dink dat dieselfde geld vir die ou Suid Afrika. Dit was nie net
sleg nie. Mens moet altyd probeer alle kante van 'n saak te sien, en balans
behou.

Duitsers ken ook skuldgevoelens. Baie goed. Die Duitse nasie betaal vandag nog
miljoene DM elke jaar aan Israel vir oorlogsvergoeding. Israel is grootendeels
met DM gebou, maar niemand sê ooit 'n woord daarvan nie. Net oor die
verskriklikke dinge wat aan die Jode gedoen is - en ook nie net deur die
Deutsers nie. Die meeste ander nasies het ook die Jode uitgemoor, van Moses se
tyd af al. Die Joodse geskiedenis is een van vervolging en moord.

En wat Koos se aanmerkings oor oorlog betref, wil ek hom net verseker dat as
dit ooit nodig was , sou ek dadelik - nes die Israeli meisies - vir hierdie
land en mense loop veg.

As daar moeilikheid is in Israel, is die vliegtuie die volgende dag vol Jode
van oral in die wêreld wat so gou as moontlik soentoe gaan om Israel te
verdedig. Vergelyk dit met sommige Afrikaners wat weghol met die eerste tekens
van gevaar.

Vira.
Leer saam om saam te verstaan [boodskap #10010 is 'n antwoord op boodskap #10002] Vr, 18 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
V skryf in artikel
...

> Nee, ek het my posisie vir myself uitgedink, en neem self volle
> verantwoordelikheid daarvoor. Ek het juis nie geluister wat ander vir my gesê
> het nie, en daarom het ek die Afrikaner leer verstaan. Ek het niemand anders
> se vooroordele aanvaar nie, en is as gevolg deur my eie mense as heelwat snaaks
> beskou. Tog dink ek graag iets goeds het daaruit gekom, omdat ek mense met
> heelwat verskille nader aan mekaar kon bring.

Vira, ek het lanklaas so eerlike, maar ook rigtinggewende
antwoord gelees.
"Ek het [dit] vir myself uitgedink," .. "ek het [dit] leer verstaan".

Is dit nie snaaks nie. Dis wat ons eintlik in die skole
en universitiete probeer regkry. Maar dit gebeur so selde.
En wanneer dit wel gebeur, dan wil meeste mense dit nie
aanvaar nie. Miskien is juis daardie mense by wie dit nog
nooit gebeur het nie. Wat nou weer het nog nooit by hulle
gebeur nie?

"Ek het vir myself gedink - ek het leer verstaan".

Wat my diep bekommer, is nie dat dit so selde by
individue gebeur nie. Ja, ek bekommer my daaroor
dat dit nie by individue gebeur nie. Maar ek bekommer
my veel meer dat die volgende nie gebeur nie:
"Ons het vir onself gedink - ons het leer verstaan".

Vira, wil jy nie meer 'n bietjie heirop uitwei nie. Eintlik wil
ek almal se bydraes lees, maar ek dink dat jy die beste
is om daarmee te begin. Weet jy hoekom ek so sê?
Omdat jy die volgende geskryf het in 'n ander bydrae
van jou. Ek haal dit aan:
> "--------
Om 'n Afrikaner met die gebruik van sy taal te beskryf is vir my miskien te

akademies. Die hart van die Afrikaner, sy manier van dink, reageer, dinge
doen, sin van humor, ens., is alles aspekte wat hom anders maak as 'n
Italianer, Duitser, Engelsman, Griek, Zulu, ens. Sy hele lewens
benadering,
denkwyse, en emosionele geaardheid is wat van hom 'n spesiale en unieke
mens
maak. As ek tussen my Afrikaanse vriende is, is my gevoelens vir hulle nie
'n
ding wat ek in die een of ander taal sit en uitdink nie. Dit vloei direk
van
die hart. En baie keer sê ek dinge verkeerd, maar dis nie omdat ek nie die

korrekte vorm "aanvaar" nie, maar net omdat ek nie dieselfde agtergrond en
geleerdheid het in Afrikaans as hulle nie.
> -------"

Welgedaan met die juweel. Ek dink nie daar is 'n
akademikus wat dit beter kon uitdruk nie.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10024 is 'n antwoord op boodskap #9926] Sa, 19 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
vi...@iafrica.com (V) writes: > On 7/16/97 9:34PM, in message , @igs.net wrote:
>


> en daarom het ek die Afrikaner leer verstaan.
>

>
> Toe het ek hulle twis met die Arabiere moes verstaan.

>
> Hoeveel swart mense is daar in jou kring, wat nie "beskaafd" is nie? Jy het
> jouself netjies onttrek van die "masses", en sit neusie in die lug en vertel
> ons net van jou "hand picked" swart vriende. Ons hier het te doen met die
> massas, kriminele elemente wat die wit mens konstant bedreig laat voel.
>

> Shame, eintlik kry ek jou jammer. Sien, ek gaan liewer dood in die land
> waarvoor ek lief is, as om 'n "stranger in Paradise" te wees. Ek weet hoe dit
> voel om 'n immigrant te wees. Ek het in SA grootgeword, en as kind pas mens
> makliker aan, maar my ouers is 'n halwe leeftyd al hier, en word steeds as
> so bitter is?
>
>
>

Vira,
Hoekom neem jy dit op jouself om vir my my
eie agtergrond te probeer vertel? Jy beskuldig my
dat ek net ondervinding het van opgeleide en ryk
swartes. Waarop baseer jy hierdie kennis? Ek het
meeste van my professionele lewe in SA in swart
reservate op sendingstasies gewerk. Terwyl ek op
Adams Mission was, het ek Afrikaans in die aand-
skool vir volwassenes gegee aan mense wat in die
dag doodgewone werkers was. Selfs die kinders in
die hoërskole waar ek skoolgehou het, was somtyds
verskriklik arm. Ek het vantevore op hierdie nuusgroep
vertel van een student wat so begaafd was in Wiskunde
dat hy binne ses maande Junior-Sertifikaat Wiskunde
bemeester het, die volgende twaalf maande die Senior
Sertifikaat Wiskundeprogram onder die knie gekry het,
en die laaste ses maande van Standerd 8 besig was om
Wiskunde te studeer wat 'n mens gewoonlik eers op
Universiteit raakloop. Sy weduwee-ma het hom egter
gedwing om toe die skool te verlaat en vir die familie
te sorg. En sy wou nie gehoor gee aan die pleitery van
die onderwysers, wat belowe het om voorsiening te maak
vir die toekoms op geldelike gebied nie. Ek het soms
nagmerries gekry wanneer ek aan hierdie student en sy
talente dink. Maar ek hoef nie bekommerd te gewees het
nie. Nou onlangs praat ek oor hom met my vriend Thula
wat nou terug is in SA. Hy het my verseker dat hy 'n baie
slim professor met daardie naam ken, en sal uitvind of dit
dieselfde persoon is. Nou die dag hoor ek toe dit is regtig
hy. Hopelik sal ek in die nabye toekoms persoonlik in
aanraking met hom kan kom.
Ek verstaan dat jy bekommerd is oor die geweld in SA.
(Ek hoop jy is ook bekommerd oor die geweld in die stede
van die VSA en van selfs Europa.) Maar hoekom is jy so
hatig op my? Dink jy ek het nie die reg om verontwaardig
te wees oor wat in my eie land in die teken van sogenaamde
"Afrikanerskap" aangegaan het nie? Net soos jy ook hopelik
verontwaardig was oor wat in die naam van Duitsers in Nazi-
Duitsland aangevang is.

Gloudina
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10025 is 'n antwoord op boodskap #9926] Sa, 19 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Jul 1997 09:57:32 GMT, "Leendert van Oostrum" wrote:
<<>Maar wat ek wou vra is of daar iets is wat jou laat dink dat SA nie op pad
> is na 'n afgrond nie? Miskien nog vinniger as tevore?>>

'n Klomp goed.
Onder meer 'n ekonomie wat weer groei in stede van krimp soos in die
laaste jare van die 1980's.
'n Grondwet wat basiese regte vir die eerste keer waarborg - en 'n
stelsel (onder meer die grondwetlike hof) wat daardie regte actually
vir die eerste keer in seker 50 jaar 'n werklikheid maak.

En dan die bree feit dat wat ons op die oomblik in SA het, is 'n
samelewing wat deur reusagtige veranderinge gaan - en nie uitmekaar
val nie. Daar is probleme. Dit lyk egter of dit gestabiliseer het.

Soos 'n buitelander wat 3 jaar hier gewoon het so twee maande gelede
gese het: "SA is in 'n revolusie. 'n Vreedsame revolusie, maar 'n
revolusie. Dit het al die tekens van 'n revolusie."

En ons is maar so 4 tot 5 jaar op daardie pad. En, soos ek se, die
ekonomie groei, daar is werklike vryhede wat vastigheid verkry en die
probleme soos misdaad stabiliseer.
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10026 is 'n antwoord op boodskap #10002] Sa, 19 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 17 Jul 97 13:02:50 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:
<<>Hoeveel swart mense is daar in jou kring, wat nie "beskaafd" is nie? Jy het
> jouself netjies onttrek van die "masses", en sit neusie in die lug en vertel
> ons net van jou "hand picked" swart vriende. Ons hier het te doen met die
> massas, kriminele elemente wat die wit mens konstant bedreig laat voel.>>

A! AS jy maar die Johannesburgse koerante kan lees en die een witmens
na die ander sien opduik in berigte oor misdaad - veral bedrog.
'n Reeks-verkragter gister.
Voor dit 'n man wat sy vrou dood geskiet het en dit op "aanvallers"
geblameer het.
Ook die vrou wat moordenaars gehuur het om haar man dood te laat maak.
Die "bekende" wat aan die hoof van 'n motor-diefstal-sindikaat gestaan
het.
Die oud-polisieman wat swaar implemente gesteel en na bewering die
land uit gesmokkel het.
Die mense wat hulle kindjie aangerand en verniel het.
Die met die duur pakke klere wat miljoene se bedrog gepleeg het en toe
op TV op 'n "glamour program" 'n glinsterende onderhoud daaroor gegee
het.
Die ou wat uit Europa laat weet het hy sit daar met baie geld en die
hof kan in sy moer in gaan. Hy sal nie kom aanmeld vir sy bedrogsaak
nie.
Die lot vinnig so uit my kop uit.

Natuurlik ook swartmense.

Die misdade neig nogal soms om "klas-gebonde" te wees.
Wit misdade meer bedrog en swart misdade meer diefstal en roof.

Vira, die misdaad sny oor alle grense.
En by the way, die swart ou wat skoene sit en regmaak op die sypaadjie
op pad werk toe is in my boek baie meer beskaafd as die ryk witman wat
ek by geleentheid ontmoet het. (Natuurlik ook baie gevalle andersom
ook.)

Toevallig is daar vandag die wonderlike storie: 'n Vermeende dief met
'n pistool word betrap. Die huiseienaar druk die alarm. Hy, die
polisie, sekuriteitsagentskap se mense en die verwers wat by hom werk
is agter die drol aan die pad af.
Die hele spul hardloop by die dieretuin in. Dis 'n
Johannesburg-storie. Die buurt is daai een net bo die dieretuin waar
Nadine Gordimer en Bruce Fordyce woon.
Die drol van 'n krimineel staan voor 'n keuse: Of arrestasie of die
gorilla se hok.
Hy spring oor die muur in die gorilla se hok in. Die gorilla's is in
'n oopte onder aan 'n baie hoe muur wat in 'n sirkel om hulle stuk
grond loop.
Max, die gorilla-mannetjie strip sy moer en val aan.
Die man skiet Max in die nek en bors.
Max raak meer de moer in en byt die kak uit die dief.
Die polisie skiet hom. (Die drol; nie Max nie - prioriteite was reg).
Die polisie spring in om die drol te gaan haal.
Max is nou baie de wetter in en gaan sit op die polisieman en byt hom
ook.
Uiteindelik is Max verdoof en almal uit die hok uit.
Max word hospitaal toe gejaag saam met die dief.
Al die TV footage en simpatie is by Max wat glo nie ernstig seergekry
het nie en terug is by die dieretuin. Hy was in die Milpark-hospitaal
ingeboek as Mr. M. Gorilla.

Die polisieman is ook OK. Lyk na net 'n seer skouer en baie bytmerke.

Die drol? Hy is glo in 'n kritieke toestand.

<<<Raai wat? Ek noem myself net wat ek wil, en JY gaan my nie stop nie. Ek sal
> ook so Afrikaans wees soos ek wil. >>

Dan moet jy Afrikaans as jou eerste taal aanvaar.
Ander kan jy jouself mos enigiets noem?

Soos: Ek hou van ysbere daarom is ek 'n Eskimo.

<<n, by the way, ek wil net daarop wys, dat nie _Alles_ Nazi sleg was nie. Daar
> was ook baie goeie idees, beginsels, prinsiepe. Mense het telkens hoë
> standaarde nagestrewe. Dit was nie sommer 'n geval van "anything goes" nie. >>

Well a fucking lot of things "went" for the Germans in the process..

<<>En wat Koos se aanmerkings oor oorlog betref, wil ek hom net verseker dat as
> dit ooit nodig was , sou ek dadelik - nes die Israeli meisies - vir hierdie
> land en mense loop veg. >>

Stomp gestel: Ek het meer bedoel iets soos: Kom en begin jou oorlog
(en kyk in die proses hoeveel steun jy daarvoor kry) of bly waar jy is
- as jy in die buiteland is - en hou op praat van hoe ons moet oorlog
maak.

<>As daar moeilikheid is in Israel, is die vliegtuie die volgende dag vol Jode
> van oral in die węreld wat so gou as moontlik soentoe gaan om Israel te
> verdedig. Vergelyk dit met sommige Afrikaners wat weghol met die eerste tekens
> van gevaar.>>

Wel, dit lyk of Isreal deesdae meer iets soos lesse in demokrasie en
vrede en hou by beloftes van iemand soos Mandela nodig het as
vliegtuie vol soldate.
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10030 is 'n antwoord op boodskap #9926] Sa, 19 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Jul 1997 20:00:29 GMT, wrote:
<<>Vira,
> Volgens my man is daar net twee baie aantreklike
> dinge aan my persoon. Die een is my twee vol sensuele
> lippe. Die ander een is daar ook twee van.
> Gloudina>>

En jou brein Gloudina, jou brein.

En al daai gedigte wat jy ken.
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10040 is 'n antwoord op boodskap #9926] Ma, 21 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonnie  is tans af-lyn  Jonnie
Boodskappe: 31
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Vira skryf:

> ook so Afrikaans wees soos ek wil. >>

Koos antwoord:

> Dan moet jy Afrikaans as jou eerste taal aanvaar.
> Ander kan jy jouself mos enigiets noem?
>
> Soos: Ek hou van ysbere daarom is ek 'n Eskimo.

Jy weet Koos, dit is eintlik mense soos jy en Gloudina en ET wat die Afrikaner
se naam gat maak. Ek aanvaar enigiemand wat wil 'n Afrikaner wees as een, maak
nie saak wat hy is, of was nie, en of hy swart of pienk is nie. JULLE is die
sulkes wat eise stel: "Dan moet jy Afrikaans as jou eerste taal aanvaar".
Hoekom moet sy?

--
Jonnie
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10041 is 'n antwoord op boodskap #9926] Ma, 21 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonnie  is tans af-lyn  Jonnie
Boodskappe: 31
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , wrote:

> Volgens my man is daar net twee baie aantreklike
> dinge aan my persoon. Die een is my twee vol sensuele
> lippe. Die ander een is daar ook twee van.
> Gloudina
>

Net so terloops, Gloudina, jy het nie dalk groot geword op 'n plaas in die
Groblershoop-omgewing nie? Ek het destyds as kind 'n Gloudina Redman daar
geken. Aangesien "Gloudina" nie 'n baie algemene naam is nie, het ek net
gewonder of dit nie dalk jy was nie.

--
Jonnie
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10042 is 'n antwoord op boodskap #9926] Ma, 21 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Jonnie wrote:

> Koos vra:
>
>>
>> Wat is 'n "ware Afrikaner"?
>>
>> (In jou oe"?)
>>
>> Waaraan moet hy of sy voldoen?
>>
>
> Enigiemand wat wil 'n Afrikaner wees en in Afrika bly (nie weghardloop
> nie).
> Die Engels van Afrikaner is African, net soos die Engels van
> Amerikaner,
> American is.
>
> --
> Jonnie

Anders as in die geval van Amerikaner = American, het Afrikaner en
African,
soos dit vandag gebruik word, hoogstens in gemeen dat die Afrikaner soms

beskou word as een van vele "African tribes". Ek is heeltemal gelukkig
met wat
ek dink jy sê, nl dat dit hoog tyd is dat ons ophou om onsself as
Europeërs te sien.
Ons is ook Africans en deel van Afrika. Terselfdertyd het ons, soos die
res,
heelwat wat ons van ander onderskei sonder om ons meerderwaardig te
maak.

Sybrand
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10046 is 'n antwoord op boodskap #9926] Ma, 21 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonnie  is tans af-lyn  Jonnie
Boodskappe: 31
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos vra:

>
> Wat is 'n "ware Afrikaner"?
>
> (In jou oe"?)
>
> Waaraan moet hy of sy voldoen?
>

Enigiemand wat wil 'n Afrikaner wees en in Afrika bly (nie weghardloop nie).
Die Engels van Afrikaner is African, net soos die Engels van Amerikaner,
American is.

--
Jonnie
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10057 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 22 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jon...@anon.ac.za (Jonnie) writes: > Koos het gevra:
>>

Ek is egter nog steeds beswaard oor Gloudina se oorspronklike bewerings
> en gaan beslis nie vir my reaksie daarop om verskoning vra nie. Maar ek moet
> darem ook byvoeg dat ek sommige ander poste van haar al baie geniet het. En
> wat my betref bly Vira welkom as (ware) Afrikaner. Gloudina ook.
>
>
>
> --
> Jonnie

Kan jy my geheue 'n bietjie verfris, Johnnie. Ek kan nie
onthou dat ek ooit 'n uitspraak gelewer het oor "wie 'n
Afrikaner" is nie. Kan jy my vertel wat ek gesê het? As
ek dit mis het, sal ek om verskoning vra.

Gloudina.
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10060 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 22 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
AM de Lange wrote:
>
> S J Burger skryf in artikel
> ...
>
>> Anders as in die geval van Amerikaner = American, het
>> Afrikaner en African, soos dit vandag gebruik word,
>> hoogstens in gemeen dat die Afrikaner soms beskou
>> word as een van vele "African tribes". Ek is heeltemal
>> gelukkig met wat ek dink jy sê, nl dat dit hoog tyd is dat
>> ons ophou om onsself as Europeërs te sien. Ons is ook
>> Africans en deel van Afrika. Terselfdertyd het ons, soos
>> die res, heelwat wat ons van ander onderskei sonder om
>> ons meerderwaardig te maak.
>
> So 'n bek moet jam kry.
>
> Ek dink baie van julle is min of meer die veertiende geslag
> van mense wat oorspronklik van Europa gekom het, maar
> hier in Afrika gebore is. Na veertien geslagte waarvan die
> mense hulleself as boorlinge van Afrika beskou het, beskou
> die oorgrote meerderheid van Afrika hulle nog steeds as
> setlaars. Boonop, die een ding van hulle wat van hulle
> Afrikase identiteit getuig omdat dit hier geskep is, naamlik
> Afrikaans, moet die stof byt. Is dit nie ironies nie!
>
>
> Op hulle beurt moet Afrikaners wat in Afrika woon, hulle
> lewe inrig as Afrikane. Dit beteken nie dat hulle hul
> identiteit as Afrikaners moet prysgee om Afrikane te
> word nie. Dit beteken net dat hulle hul identiteit moet
> inspan om Afrikaner Afrikane te word. Afrikaner Afrikane
> is nie 'n teenstrydigheid nie. Afrikaner Afrikane sal nie
> ophou om Afrikaners te wees nie. Hulle sal net ryker
> wees. Dis nie 'n saak van OF die een OF die ander nie
> (die eksklusiwiteit van DF Malan), maar dis 'n saak van
> die een EN die ander (die inklusiwiteit van JC Smuts).
>
> Dit is die Afrikaner Afrikane wat die brug tussen die weste
> en Afrika moet bou omdat hulle van albei Europa en
> Afrika in hulle ronddra. Hulle mag nie toelaat dat een van
> die twee (Europa of Afrika) verlore gaan nie want dan is
> hulle identiteit verwoes. Dan kan hulle nie meer die
> brugbouers wees nie. Maar wat as hulle nie meer
> brugbouers wil wees nie? Soos die Oubaas (Smuts)
> gesê het: "Ja Spies, so gaan dit".
>
> At de Lange

Tydens die Kersfees seisoen was my kind deel van die "winter
celebrations" opvoering wat hulle laerskool aangebied het vir die ouers.

Hy moes 'n dans doen vir die Kwanzaa celebration.

Hy vertel toe vir my dis 'n African celebration. Wel, ek was
dronkgeslaan. Ek het in Afrika grootgeword en nog nooit daarvan gehoor
nie. Ek klim toe op die Internet en vind toe uit dat
die African Americans hierdie tradisie begin het. Soos ek verstaan is
daar 'n groep van hulle wat glo dat Afrika aan die swartmense behoort.
Intussen het hulle in Amerika grootgeword en wanneer laas was hulle in
Afrika?

Griet
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10062 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 22 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
S J Burger skryf in artikel
...

> Anders as in die geval van Amerikaner = American, het
> Afrikaner en African, soos dit vandag gebruik word,
> hoogstens in gemeen dat die Afrikaner soms beskou
> word as een van vele "African tribes". Ek is heeltemal
> gelukkig met wat ek dink jy sê, nl dat dit hoog tyd is dat
> ons ophou om onsself as Europeërs te sien. Ons is ook
> Africans en deel van Afrika. Terselfdertyd het ons, soos
> die res, heelwat wat ons van ander onderskei sonder om
> ons meerderwaardig te maak.

So 'n bek moet jam kry.

Ek dink baie van julle is min of meer die veertiende geslag
van mense wat oorspronklik van Europa gekom het, maar
hier in Afrika gebore is. Na veertien geslagte waarvan die
mense hulleself as boorlinge van Afrika beskou het, beskou
die oorgrote meerderheid van Afrika hulle nog steeds as
setlaars. Boonop, die een ding van hulle wat van hulle
Afrikase identiteit getuig omdat dit hier geskep is, naamlik
Afrikaans, moet die stof byt. Is dit nie ironies nie!

Die oorgrote meerderheid van Afrika se boorlinge het
vir meer as drie honderd jaar Afrikaners nie as deel
van Afrika beskou nie. Hulle het Afrikaners as apart
van Afrika beskou. Hulle het Afrikaners met 'n soort
"apartheid" hanteer asof dit hulle reg is. Afrikaners is
nie boorlinge van Afrika nie. En toe Afrikaners, nadat
hulle vir byna 300 jaar se lesse aan die soort
"apartheid" onderwerp was, hulle eie Apartheid as
teenvoeter geskep het om die ander soort "apartheid"
te oortroef, toe was dit die laaste strooi. Afrikaners se
eie Apartheid het die finale rede geword waarom
Afrikaners nie as boorlinge van Afrika aanvaar mag word
nie. Apartheid het die rede geword waarom alle ander
sondes om die nek van die Afrikaner gehang kan word.

Die dag wannneer Afrika nie meer die Afrikaner as
Afrika se Azazel beskou nie - die sondebok wat uit die
vergadering gedryf moet word nie - daardie dag sal die
genesing vir Afrika aanbreek. Dit is die dag wat Afrikaners
wat in Afrika woon as Afrikane aanvaar is. Die genesing
sal nie voor die tyd aanbreek nie. Dis so seker as die son
se opkoms elke dag.

Op hulle beurt moet Afrikaners wat in Afrika woon, hulle
lewe inrig as Afrikane. Dit beteken nie dat hulle hul
identiteit as Afrikaners moet prysgee om Afrikane te
word nie. Dit beteken net dat hulle hul identiteit moet
inspan om Afrikaner Afrikane te word. Afrikaner Afrikane
is nie 'n teenstrydigheid nie. Afrikaner Afrikane sal nie
ophou om Afrikaners te wees nie. Hulle sal net ryker
wees. Dis nie 'n saak van OF die een OF die ander nie
(die eksklusiwiteit van DF Malan), maar dis 'n saak van
die een EN die ander (die inklusiwiteit van JC Smuts).

Dit is die Afrikaner Afrikane wat die brug tussen die weste
en Afrika moet bou omdat hulle van albei Europa en
Afrika in hulle ronddra. Hulle mag nie toelaat dat een van
die twee (Europa of Afrika) verlore gaan nie want dan is
hulle identiteit verwoes. Dan kan hulle nie meer die
brugbouers wees nie. Maar wat as hulle nie meer
brugbouers wil wees nie? Soos die Oubaas (Smuts)
gesê het: "Ja Spies, so gaan dit".

Alles van die beste
At de Lange
Vorige onderwerp: Die Afrikaner
Volgende onderwerp: Oorlog-trauma PTSD
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 00:15:27 MGT 2024