Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA debat
Re: VSA debat [boodskap #99169 is 'n antwoord op boodskap #99160] |
Wed, 06 October 2004 14:54   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:j4qdneRUNI__YP7cRVn-ug@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Maar ek hoef maar net eenkeer iets te begeer, dan sondig ek. DUS, ek kan
>> nie volmaaktheid bereik nie. Ek kan dit slegs kry deur Jesus, as volmaakte
>> God wat mens geword het, aan te neem en so verlossing en reinheid te verkry.
>> Dit, in kort, is wat ek glo.
>
> En daar is niks verkeerd met wat jy hier glo
> nie. Maar dit is wanneer jy begin verklaar
> dat alleen mense wat van "Christus" gehoor
> het hierdie soort reddende genade kan
> ondervind, dat jy begin politiek maak van
> iets wat eintlik bo politiek behoort te wees.
Gaan lees al my poste: Ek glo dat slegs mense wat Christus NIE verwerp NIE,
gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes gehoor het. Mense
wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat van hulle word?
En dit is nie politiek nie, dis geloof. Tannie sal nooit my
geloofoortuiging kan neutraliseer deur dit gelyk te stel aan politiek nie.
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99174 is 'n antwoord op boodskap #99165] |
Wed, 06 October 2004 15:01   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:kaOdnR7bjp__nPncRVn-qQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek glo dat jy slegs Christus kan verwerp as jy weet wie jy is ('n
> sondaar),
>> wat jy gedoen het (gesondig), wat Hy is (heilig en volmaak), wat Hy
>> gedoen
>> het (vir jou gesterf het om jou van sonde te verlos), wat jy moet doen om
>> Hom aan te neem (glo in Sy verlossing en aanbid hom as Here).
>> Dit is die geloofskern. Histories het Jesus gelewe, maar tot jy nie
> vertel
>> is HOEKOM Hy gelewe het nie, kan jy Hom mos nie verwerp nie. Dit is tog
>> logies.
>
> So hoe affekteer dit die man in die Gobi
> woestyn?
AL WEER:
Gaan lees al my poste: Ek glo dat slegs mense wat Christus NIE verwerp NIE,
gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes gehoor het. Mense
wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat van hulle word?
EN WEER:
Histories het Jesus gelewe, maar tot jy nie vertel is HOEKOM Hy gelewe het
nie, kan jy Hom mos nie verwerp nie. Dit is tog logies.
Basjan
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99176 is 'n antwoord op boodskap #99151] |
Wed, 06 October 2004 16:40   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:AsedncCqMMeja_7cRVn-qA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek glo dat demone satan se werkers is. Bose geeste wat ons as mense op
>> aarde probeer beinvloed Dit
>> is alles dinge wat ek glo gedryf word deur die bose, hetsy satan of sy
>> werkers.
>
> Selfs toe ek nog uit enkel Christelike referensie-
> raamwerk gedink het, was hierdie gepraat oor
> "Satan" en "demone" vir my iets wat teveel gesmaak
> het na 'n hierargie van God en Duiwel, en 'n geneig
> na Manicheisme ( ek hoop ek spel dit reg en het die
> regte begrip beet) en daardie ou Persiese gelowe,
> waar die wereld 'n geveg is tussen God en Duiwel.
> Dit is daarom vir my baie meer aanneemlik om binne
> die buddhistiese raamwerk te dink aan al hierdie
> sogenaamde demone as maar deel van dit wat die
> brein opgooi en wat teengewerk kan word deur
> die regte mindcontrol uit te oefen. Die Tibetaanse
> tantriese Buddhisme ( wat eintlik 'n hibriede is van
> die radikale filosofie van Shakamuni Buddha, en
> die herabsorbering van yogas uit die Hindoe-
> agtergrond waaruit Buddhisme gebore is) glo
> in demone, maar net soos die sogenaamde
> "deities" ( 'n baie slegte Engelse vertaling van
> iets wat omtrent moet heet "aspects of the
> godhead" of soiets) is alles fabrikasies van die
> brein en hulle glo dat jou brein skoongepoel kan
> word van al hierdie dinge.
Is dit nie gevaarlik om geloof gelyk te stel met 'n soort wetenskap nie? Ek
dink mens kyk baie, baie vlak as jy slegs kan glo wat jy kan verstaan. God
is is groot bo alles, wie is ek of tannie om sy Wese te kan verklaar en sy
denke na te vors? Goed wat ek presies kan verstaan, is wêrelds. En my God
is nie wêrelds nie...
Basjan
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99180 is 'n antwoord op boodskap #99158] |
Wed, 06 October 2004 18:44   |
Plato
Boodskappe: 630 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Katryn wrote:
> "@rogers.com" skryf:
>
>
>> "Basjan" skryf
>>> Ek glo dat demone satan se werkers is. Bose geeste wat ons as mense op
>>> aarde probeer beinvloed
>
>
>> Gloudina:
>> Selfs toe ek nog uit enkel Christelike referensie-
>> raamwerk gedink het, was hierdie gepraat oor
>> "Satan" en "demone" vir my iets wat teveel gesmaak
>> het na 'n hierargie van God en Duiwel, en 'n geneig
>> na Manicheisme ( ek hoop ek spel dit reg en het die
>> regte begrip beet) en daardie ou Persiese gelowe,
>
>
> Ek dink dit is Manichaeisme. Terloops, St Augustine was 'n Manichee
> voor hy "convert" het na Christianity. Interessant genoeg was die
> Christelike konsep van die sondeval en die konsep van "sonde"
> absoluut onaanvaarbaar vir die Manichees. Elkgeval, dit is 'n heel
> ander bespreking. Wou eintlik net help met die spelling.
>
>
>> Die Tibetaanse
>> tantriese Buddhisme ( wat eintlik 'n hibriede is van
>> die radikale filosofie van Shakamuni Buddha, en
>> die herabsorbering van yogas uit die Hindoe-
>> agtergrond waaruit Buddhisme gebore is) glo
>> in demone, maar net soos die sogenaamde
>> "deities" ( 'n baie slegte Engelse vertaling van
>> iets wat omtrent moet heet "aspects of the
>> godhead" of soiets) is alles fabrikasies van die
>> brein en hulle glo dat jou brein skoongepoel kan
>> word van al hierdie dinge.
>
>
> Interessant. Dit pas dan ook min of meer by my siening as ongelowige
> dat al die dinge maar net maaksels van mens se brein is. Soos gesien
> kan word in die navorsing van neurowetenskaplikes en ander soos
> Persinger (wat baanbrekerswerk op die veld gedoen het), asook mense
> soos Newberg wat agter gekom het dat sekere dele van die brein reageer
> anders as ander dele gedurende meditasie en religieuse ondervinding
> ens.
> Matthew Alper, wat "The God Part of the Brain" geskryf het, het ook
> baie verduidelikings hieroor in sy boek. Was baie interessant om te
> lees.
> Vir diegene wat op die New Scientist ingeteken is, daar is 'n
> interessante oorsigsartikel op bl.110 wat handel oor die die boek "The
> God Gene. How Faith is Hardwired in your Genes".
> Dit gaan hoofsaaklik oor die werk van Cloninger en die VMAT2 geen wat
> hy die "God gene" noem.
> Elkgeval...
>
So alles was maar net daar van altyd af? Ek weet nie so mooi nie jong.
Maak nie saak hoe mens daarna kyk nie iets was aan die begin. Noem dit
wat jy wil maar jy hoef nie te vêr te soek nie. Baie maklik, begin en
einde. Tyd... Dit mag wel oor en oor gebeur, maar begin was daar beslis.
Ek vat byvoorbeeld die "wat is, was en sal weer wees" deel van die
Bybel letterlik op...
Groete
Plato
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99182 is 'n antwoord op boodskap #99164] |
Wed, 06 October 2004 19:47   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Basjan" skryf
> Wat God buite my betref - ek glo Hy is buite jou, totdat jy Hom aanneem as
> Verlosser. Dit is dan wat die Here "jou hart sy woning maak". Dan is ek
> inderdaad 'n woning van God, soos baie tekste ook sê. Die Heilige Gees is
> die Persoon wat mense vul en lei, volgens die standaard Christelike
geloof.
Mens is hier baie naby 'n "fault line" wat deur baie
gelowe loop, en wat eintlik ook in die Christelike
forum twee groepe denke skei.
(1) Die een group sê dat ons alreeds kinders van
God is, in God se beeld geskape is, en dat
sonde maar net 'n "obscuration" is van ons
Christus-natuur. In hierdie opsig dink hulle
presies soos Buddhiste, wat baie lief is
vir die woord "obscuration" om die
sogenaamde "val" in samsara in te
beskryf. Dis ongeveer die storie van die
gelykenis waar daar 'n kosbare kleinood
begrawe is en mens moet soek totdat
jy dit vind.
(2) Die ander groep, waaraan jy blykbaar
behoort, dink aan jou persoon as iets
wat apart staan van "God" en wat dan
die mag het om ja of nee te sê vir die
inwoning van die Heilige Gees. Maar
eintlik is dit miskien maar haarklowery.
Jy sal opmerk dat ek niks kan sê teen
jou manier van glo en doen in jou
private teologiese raamwerk nie. Waar
ek wel beswaar maak, is as jy begin
dikteer hoe ander moet glo voordat hulle
"gered" is. Dit ten spyte van die feit dat
jou eie referensieboek, die Bybel, vir jou
sê dat jy nie mag oordeel nie, en dat "daar
in die huis van jou Vader baie wonings is."
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99196 is 'n antwoord op boodskap #99172] |
Wed, 06 October 2004 22:51   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Basjan" skryf
> Gaan lees al my poste: Ek glo dat slegs mense wat Christus NIE verwerp NIE,
> gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes gehoor het. Mense
> wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat van hulle word?
En kan jy nie sien dat, tenspyte van hierdie laaste vraag van jou,
jy aaneen daarop staan dat mens alleen "gered" word deur nie
die historiese Christus te "verwerp" nie. Jy gee geen kans aan die man
in die Gobi woestyn, wat nooit van Christus gehoor het, om ook as
"gered" gereken te word nie. Jy is dus elitisties.
> Was enige van die ander persone God se seun, volmaak en ook mens?
Ek weet nie wat jy met "die ander persone" bedoel
nie. Maar as jy van 'n Buddha praat, waarvan daar
duisende en duisende is, ja - hulle is tegelyk in jou
lingo God se kinders en ook volmaak.
Gloudina
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99198 is 'n antwoord op boodskap #99182] |
Thu, 07 October 2004 06:42   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Tu2dnWD_99k11_ncRVn-hg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Wat God buite my betref - ek glo Hy is buite jou, totdat jy Hom aanneem
>> as
>> Verlosser. Dit is dan wat die Here "jou hart sy woning maak". Dan is ek
>> inderdaad 'n woning van God, soos baie tekste ook sê. Die Heilige Gees
>> is
>> die Persoon wat mense vul en lei, volgens die standaard Christelike
> geloof.
>
> Mens is hier baie naby 'n "fault line" wat deur baie
> gelowe loop, en wat eintlik ook in die Christelike
> forum twee groepe denke skei.
> (1) Die een group sê dat ons alreeds kinders van
> God is, in God se beeld geskape is, en dat
> sonde maar net 'n "obscuration" is van ons
> Christus-natuur. In hierdie opsig dink hulle
> presies soos Buddhiste, wat baie lief is
> vir die woord "obscuration" om die
> sogenaamde "val" in samsara in te
> beskryf. Dis ongeveer die storie van die
> gelykenis waar daar 'n kosbare kleinood
> begrawe is en mens moet soek totdat
> jy dit vind.
> (2) Die ander groep, waaraan jy blykbaar
> behoort, dink aan jou persoon as iets
> wat apart staan van "God" en wat dan
> die mag het om ja of nee te sê vir die
> inwoning van die Heilige Gees. Maar
> eintlik is dit miskien maar haarklowery.
> Jy sal opmerk dat ek niks kan sê teen
> jou manier van glo en doen in jou
> private teologiese raamwerk nie. Waar
> ek wel beswaar maak, is as jy begin
> dikteer hoe ander moet glo voordat hulle
> "gered" is.
EK dikteer glad nie. Ek STEL wat ek glo die Bybel sê. Gaan lees self en
belsuit vir jouself. Dit is darem gemaklik van tannie se kant af om
Christenskap te kritiseer net omdat dit een weg verkondig. Net omdat tannie
die "een big happy family" teorie verstaan, beteken nie dat dit die regte
weg is nie. dit maak my eintlik hartseer, dat mens slegs kan glo in dit wat
jy verstaan.
Dit ten spyte van die feit dat
> jou eie referensieboek, die Bybel, vir jou
> sê dat jy nie mag oordeel nie, en dat "daar
> in die huis van jou Vader baie wonings is."
Ek oordeel nie. Nog nie een keer nie. Natuurlik is daar baie wonings.
Maar sê die Byel dat daar baie wonings is vir alle gelowe. NEE. Sê Jesus
dat Hy die enigste weg is. JA.
Kom nou tannie. As ons dan nie kan saamstem nie, laat ons ophou om in
sirkels te draai.
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99203 is 'n antwoord op boodskap #99187] |
Thu, 07 October 2004 06:57   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:yPKdnYAKTsGhyPncRVn-uA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Ek glo dat slegs mense wat Christus NIE
>> verwerp NIE,
>> gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes gehoor het.
> Mense
>> wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat van hulle word?
>
> Dus die man in die Gobi woestyn, wat 'n buddhis
> is, is dit moontlik om te sê dat hy Christus "nie
> verwerp het" nie en dus "gered" is?
Tannie, tannie, tannie! Lees tannie wat ek ook skryf, of net so elke derde
sin?
WEER 'N KEER: Gaan lees al my poste: Ek glo dat slegs mense wat Christus NIE
verwerp NIE, gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes
gehoor het. Mense
wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat van hulle word?
Basjan
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99204 is 'n antwoord op boodskap #99196] |
Thu, 07 October 2004 07:03   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:FcKdnWJxM-1R6PncRVn-pA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Gaan lees al my poste: Ek glo dat slegs mense wat Christus NIE verwerp NIE,
>> gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes gehoor het. Mense
>> wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat van hulle word?
>
> En kan jy nie sien dat, tenspyte van hierdie laaste vraag van jou,
> jy aaneen daarop staan dat mens alleen "gered" word deur nie
> die historiese Christus te "verwerp" nie. Jy gee geen kans aan die man
> in die Gobi woestyn, wat nooit van Christus gehoor het, om ook as
> "gered" gereken te word nie. Jy is dus elitisties.
Nee, tannie is hardhorend. Kom nou, dit raak belaglik. Ek antwoord elke
keer op die bogenoemde vraag, net sodat tannie dit weer 'n paar poste later
herhaal. GEVRA EN BEANTWOORD.
"Work with me here!"
WEER 'N KEER: Gaan lees al my poste: Ek glo dat slegs mense wat Christus NIE
verwerp NIE, gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes
gehoor het. Mense
wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat van hulle word?
>
>> Was enige van die ander persone God se seun, volmaak en ook mens?
>
> Ek weet nie wat jy met "die ander persone" bedoel
> nie. Maar as jy van 'n Buddha praat, waarvan daar
> duisende en duisende is, ja - hulle is tegelyk in jou
> lingo God se kinders en ook volmaak.
Maar "god" in die buddha-konteks is die self en dit is skrikwekkend. Jesus
in die Christen-konteks is mensgeworde God, beide God en mens in een Wese.
Die GROOT verskil tussen hoe ons dink en glo is dat tannie dink tannie is
god, kan strewe na volmaaktheid en êrens in die verre toekoms, bereik tannie
die volmaaktheid. As mens? Komaan!!!
Ek glo weer ek is 'n mens, gered deur Jesus Christus se genade en my geloof
in Hom. Ek is volmaak in die konteks van hoe God my sien: Deur Jesus
Christus se verlossing. Ek as mens maak natuurlik nog foute op aarde, maar
daar is "betaal" vir die foute. Ek kan nooit stel dat ek volmaak op aarde
is nie, ek is slegs vergewe. Maar in god se oë is ek wel volmaak, danksy Sy
Seun Jesus.
basjan
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99206 is 'n antwoord op boodskap #99193] |
Thu, 07 October 2004 07:08   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:ptCdnfQLTJ_jxvncRVn-tw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Histories het Jesus gelewe, maar tot jy nie vertel is HOEKOM Hy gelewe
>> het
>> nie, kan jy Hom mos nie verwerp nie. Dit is tog logies.
>
> En my vraag is weer: die man in die Gobi woestyn,
> wat glo dat hy sy broeder se hoeder is, dat hy en
> sy broeder één is, en dat almal buddha-natuur het,
> is hy "gered" of nie?
Tannie Gloudina, dit is regtig vir my moeilik om beskaafd te bly. Tannie
begin grens op belaglik. Ek daag tannie uit om al ons vorige poste te gaan
lees en dan vertel tannie vir my (en die paar siele wat dalk saamlees),
hoeveel keer ek geskryf het:
WEER 'N KEER: Gaan lees al my poste: Ek glo dat slegs mense wat Christus NIE
verwerp NIE, gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes
gehoor het. Mense
wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat van hulle word?
Basjan
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99207 is 'n antwoord op boodskap #99194] |
Thu, 07 October 2004 07:12   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:F6CdnUvGWPKvw_ncRVn-ig@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Korrigeer my fout... is Jesus hulle enigste, sentrale Verlosser?
>
> Sien, dis hier waar ons kom by 'n plek waar baie
> "oortuigde Christene" glo hulle het die wysheid
> in pag.
Nee, dis hier waar Christene glo wat hulle glo. Hoekom kan tannie nie dit
insien en toelaat nie? Ek vra weer: Hoe kan tannie uit tannie se
aanvaardings-teorie nie Christene se geloof aanvaar nie? Is dit nie
hipokrities nie?
> Waar hulle met woorde begin speel. En
> ek wonder somtyds as jy nou eendag "in die
> hemel kom," jy nie 'n klomp ouens uit die Gobi
> woestyn daar sal ontmoet nie, en 'n paar van die
> ouens wat jy nou werklik daar sou verwag het,
> op die ander plek sien. Soos al daardie NG
> predikante wat so gepredik het dat apartheid
> "in die Bybel" geregverdig kan word.
So dit is vir tannie die dood-sonde, die regverdiging van apartheid? Vloek,
haat, hoerery, begeer en so aan en so aan is maar almal sondes. Veroordeel
tannie dan die predikante?
Basjan
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99208 is 'n antwoord op boodskap #99188] |
Thu, 07 October 2004 07:19   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:vcSdnUgmvrQDy_ncRVn-vw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Ek kom agter (en ek bedoel dit nie
>> neerhalend nie) dat tannie godsdiens wil kan verklaar voor tannie dit
>> aanvaar. Daar is niks daarmee verkeerd nie, maar mens loop natuurlik die
>> gevaar om slegs te glo in dit wat jy kan verklaar en dus iets wat veel
>> groter en onverstaanbaar is, heeltemal te mis.
>
> Nee, ek dink jy wil my maar net in 'n hokkie
> probeer plaas, sodat jy nie bedreig kan voel
> deur 'n ietwat meedoënlose staan-daarop dat
> dinge prakties moet klop nie.
Tannie se eie woorde: "Ek verkies dan liewer 'n buddhis wat buddha nature en
Christ nature vergelyk. Want dit maak meer sin vir my. Dit beteken iets
prakties. Dit is iets waarmee ek kan werk."
Ek het dit nie gesê nie, tannie het. Tannie plaas tannie-self in die hokkie
van 'n "praktiese geloof". Ek sê selgs dat as mens selgs glo in die
prakties en verstaanbare, watter groot, wonderlike, onverstaanbare dinge
loop jy nie mis nie?
> En daar is een
> ding wat ek hand en tand beveg, en dis die
> sogenaamde "Christelike" standpunt dat alleen
> mense wat "van Christus gehoor" het en dan
> hom "aangeneem" het, "verlos" is. Dis die
> soort ding wat oorloë in die naam van godsdiens
> laat ontstaan het, en dus iets wat moet bekamp
> word waar dit ook al sy kop uitsteek. Veral
> tussen die klomp born-again Christians, wat
> staan en preek hoe alle Moslems uit die bose
> glo.
AAAAaaaaaaarrrrrrgggggg! (Dis die gekners van tande!)
WEER 'N KEER: Gaan lees al my poste: Ek glo dat slegs mense wat Christus NIE
verwerp NIE, gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes
gehoor het. Mense wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat
van hulle word?
Dit is wat (streng) Christene glo. Wie is tannie om dit (1) te veroordeel,
(2) te beveg en (3) nie te aanvaar nie, gegewe tannie se SKYNBARE
aanvaardings-vriendelike benaderings.
Basjan
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99210 is 'n antwoord op boodskap #99191] |
Thu, 07 October 2004 07:26   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:J9udnQa-R-ahx_ncRVn-oA@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> God
>> is is groot bo alles, wie is ek of tannie om sy Wese te kan verklaar en
>> sy
>> denke na te vors? Goed wat ek presies kan verstaan, is wêrelds. En my
> God
>> is nie wêrelds nie...
>
> En dit is juis daarom dat ek so verbaas is hoe baie
> sogenaamde Christene kan pontifikeer oor wie "aan
> God glo" en "wie gered is." Jy is versigtig in jou
> uitsprake en baie na aan dit wat ek as deursnee
> Protestantse teologie kan sien.
Ek probeer nie versigtig wees nie, ek sê net wat ek glo. Ek stem saam dat
geen Christen mag oordeel nie, maar ek kan wel vir tannie sê wat die Bybel
sê. God alleen is by magte en geregtig om te oordeel.
> Maar jy moet vir
> DD hoor pontifikeer oor wat 'n Christen is en wie
> nie 'n "Christen" is nie. Dit terwyl hy as Paul van Staden
> die vieslikste dinge kwytraak, wat mens amper kan
> laat glo dat daar somtyds demone in mense invaar.
Ag tannie moet hulle nie veroordeel nie, enige mens se draad kan maar kort
raak as hy/sy verkeerd opgevryf word. Al kan mens vloek nie goedpraat nie,
is daar baie, baie dinge wat sonde is. Tannie en ek sondig daagliks, dan
nie?
Basjan
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99214 is 'n antwoord op boodskap #99198] |
Thu, 07 October 2004 10:29   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Basjan" skryf
Net omdat tannie
> die "een big happy family" teorie verstaan, beteken nie dat dit die regte
> weg is nie. dit maak my eintlik hartseer, dat mens slegs kan glo in dit wat
> jy verstaan.
> Ek oordeel nie. Nog nie een keer nie. Natuurlik is daar baie wonings.
> Maar sê die Byel dat daar baie wonings is vir alle gelowe. NEE. Sê Jesus
> dat Hy die enigste weg is. JA.
>
> Kom nou tannie. As ons dan nie kan saamstem nie, laat ons ophou om in
> sirkels te draai.
Dis jy wat hierdie "one big happy family" teorie as 'n rookskerm
gebruik om my te kritiseer. Dit het niks te maak met one happy
family nie. Dit het te maak met 'n teologiese punt. Ons is óf kinders
van God, in sy beeld geskape, maar gevalle wanneer ons toelaat
dat egoistiese obskurasies ons christus-natuur, ons buddha-nature
bedek. Jy daarenteen glo dat ons sondig gebore is en net deur
die genade van Christus "gered" kan word. Dit is baie na aan die
tradisionele Christelike leringe, en ek vind daar geen fout by nie.
Waarmee ek wel fout vind, is wat jy sê oor "ander gelowe."
As Jesus sê dat Hy die enigste weg is, dan verstaan ek iets anders
daaronder, as dat hy sê dat "ander gelowe" die kluts kwyt is.
Onthou, toe die geskiedkundige Jesus gepreek het, was daar nie
eens soiets soos 'n Christelike geloof nie. Jesus het vanuit die
Joodse konteks gepraat. Waaroor hy gepraat het, was moreel
en eties en teologies gegrond.
Terloops, as ek van more af nie meer op hierdie nuusgroep
is nie, dan is dit omdat ek vir 'n paar dae weg van die huis af
gaan wees. Dis ons Kanadese Thanksgiving weekend hierdie
naweek.
Gloudina
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99215 is 'n antwoord op boodskap #99199] |
Thu, 07 October 2004 10:48   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Basjan" skryf
> Tannie se verlossing is iets wat jy as mens bereik. Iets wat jy as mens kan
> verklaar. Die verlosser is vir die buddhis die self. En dit is waar ons
> hemelsbreed verskil. Hoe kan 'n onvolmaakte mens homself red?
>
> Hebrews 4:15
> For we do not have a high priest who is unable to sympathize with our
> weaknesses, but we have one who has been tempted in every way, just as we
> are-yet was without sin.
>
> Ek kan eenvoudig nie saamstem dat ons as mense onsself kan red nie. Punt.
Die Buddhis glo nie in 'n "self" of 'n "siel" nie. Jy interpreteer
Buddhisme vir jouself as dat mens besig is om jouself te red,
en dan borduur jy op daardie verkeerde trant voort. Die
buddhis glo dat ons, in Christelike referensieterme, kinders
van God is, in God se beeld geskape is, en "gered" kan word
wanneer al die obskurasies van die ego wegval. Jy, as mens
na die aanhaling hierbo kyk, glo dat die mens in sonde gebore
is en 'n hoëpriester nodig het wat vir jou moet voorstand doen
by "God, " juis "omdat hy sonder sonde is." Dis teologies
twee verskillende standpunte. Die buddhis, en baie Christelike
denke, is gebaseer op die feit dat ons "in God se beeld geskape
is." En dat die weg terug na dié suiwer beeld die weg van die
liefde ( Grieks caritas, Sanskrit boddhicitta) is. Jy daarteenoor
sit jou geld op die hoëpriester- "wat sonder sonde"- is- idee.
Jou aksent is op die sonde/ sonder sonde dinamiek. My
aksent is op die liefde/versaking van die liefde dinamiek.
Dis twee verskillende standpunte. Joune is baie nader aan
die ou Judaistiese denke, waar daar nog 'n hoëpriester is
wat intersessie moet doen vir jou. Myne is baie meer
nuwe testamenties en gegrond op stukke soos I Kor. 13.
Gloudina
|
|
|
Bladsye (9): [ 4 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 02:29:40 UTC 2025
|