Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA debat
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99027 is 'n antwoord op boodskap #99024] |
Sat, 02 October 2004 14:28   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:OrydnRgn2OhNEMPcRVn-hQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> M.a.w.,ek glo daar is 'n paar kardinale punte
>> wat Christenskap definieer, die wegraping is nie een van die vir my nie.
> Ek
>> en my vrou voel byvoorbeeld verskillend hieroor, maar ons weet dat dit
>> nie
>> die een slegter of beter maak nie.
>
> Kan ons bietjie oor die wegraping praat. Ek sal geensins
> krities daaroor praat nie. Ek wil net presies verstaan wat
> daarmee bedoel word, in jou geval. Ek wil ook weet
> hoekom jou vrou verskil van jou oor hierdie onderwerp.
In kort, daar is Christene wat glo dat die eindtyd baie duidelik deur
Openbaring voorspel word, terwyl ander weer glo dis heeltemal simbolies.
Die wat glo groot dele van Openbaring is letterlik, glo o.a. dat daar 7 jaar
van verdrukking kom deur die antichris, gevolg deur die Here se tweede
verskyning, die oorwinning van die antichris en satan en 'n millenium van
vrede (die "Left Behind" reeks boeke spel dit baie goed in menslike terme en
interpretasie uit). Hierdie deel Christene glo ook dat mense "weggeraap"
word deur Jesus voor die 7 jaar van verdrukking. Ek en my vrou verskil
bloot oor die hoeveelheid simboliek wat in Openbaring voorkom.
Openbaring is vir my geweldig interessant, maar dit bly 'n baie moeilike
boek om te bespreek en te interpreteer. Ek is deeglik bewus hoe "sci-fi"
baie van die stellings klink, maar dit is op die ou einde iets waarin jy glo
of nie. En ek glo ook dat interpretasie daarvan nie jou saligheid sal
bepaal nie.
Basjan
|
|
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99049 is 'n antwoord op boodskap #99018] |
Sun, 03 October 2004 15:06   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf:
> Ek hou nogals van die stelling "It is serious error to try compare a
> floundering friend (Rep) to a deadly enemy (Dem)."
;-) Yep, ons is 'n deadly groep mense. ;-)
Bush gebruik hierdie "floundering friend" konsep nogal baie in sy
toesprake, nè?
>> Mag ek vra of jy ook van daardie Christene is wat in die wegraping
>> glo?
>
> Ja, ek is ook een van daardie Christene! Maar ek glo nie dat dit
> "saligheidsbepalend" is nie. M.a.w.,ek glo daar is 'n paar kardinale punte
> wat Christenskap definieer, die wegraping is nie een van die vir my nie. Ek
> en my vrou voel byvoorbeeld verskillend hieroor, maar ons weet dat dit nie
> die een slegter of beter maak nie.
Ek hoor jou, en verstaan dat dit absoluut niks met jou saligmaking te
doen het nie. Maar wat ek graag sou wou hoor is of jy dit hier in
Amerika opgetel het, of was jy bewus van hierdie lering in SA al?
En indien jy dit in SA al geken het, sou ek graag wou hoor van aan
watter denominasie het jy daar behoort?
|
|
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99076 is 'n antwoord op boodskap #99049] |
Mon, 04 October 2004 17:26   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:ep40m0tb0acarshhlaickup3e2li6d3oc6@4ax.com...
> "basjan" skryf:
> Ek hoor jou, en verstaan dat dit absoluut niks met jou saligmaking te
> doen het nie. Maar wat ek graag sou wou hoor is of jy dit hier in
> Amerika opgetel het, of was jy bewus van hierdie lering in SA al?
> En indien jy dit in SA al geken het, sou ek graag wou hoor van aan
> watter denominasie het jy daar behoort?
Ek het alles in SA uitgevind en gehoor. Alhoewel dit baie met charismatiese
denominasies geassosieer word, het ek gevind dat dit ander plekke ook
gepredik word. Ek het in die NG kerk grootgeword (+/- 14 jaar oud), vanwaar
ons gesin na die Evangelies Gereformeerde Kerk toe is. Dit is juis hier
waar ek baie meer van Openbaring geleer het en selfs uitgevind het oor
demone (ja, hulle bestaan wel). Dit is natuurlik twee onderwerpe wat nie
sommer deur die NG kerk aangeraak is nie. Tog is ek versigtig om enige kerk
sleg te praat, soos ek voorheen gesê het, daar is baie sake wat ek nie as
saligheidsbepalend beskou nie. Verskillende mense is gelukkig op
verskillende plekke.
In die VSA het ek dit ook teegekom (Blacksburg Christian Fellowship), maar
nie so baie soos in SA nie! Ek het oor die algemeen baie tyd vir kerke waar
dinge reguit gesê word en nie om "issues" soos seks, demone, eindtye en so
aan gedans word nie.
Basjan
|
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99082 is 'n antwoord op boodskap #99079] |
Tue, 05 October 2004 11:59   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Basjan" skryf
>>> dinge reguit gesê word en nie om "issues" soos seks, demone, eindtye en
>>> so
>>> aan gedans word nie.
>>
>> Kan jy meer uitwei oor wat jy hier
>> bedoel.
>
> Wat presies verstaan u nie?
Wat jy sê kan op twee maniere opgeneem word.
(1) Jy verkies dat as jy na 'n kerk toe gaan, daar
nie afgode gemaak word van issues soos
seks, demone, eindtye en so aan nie, en daar
op gestaan word dat dit en dit alleen bepaal
wie "gered" gaan word nie.
(2) Jy verkies as jy na 'n kerk toe gaan, die
mense openlik praat oor seks, demone, eindtye,
sodat mens weet waar jy staan in daardie
verband. Jy impliseer dus dat daar kerke
is wat probeer wegkruip van "reguit te
praat" oor byvoorbeeld seks of demone.
Terloops, kan jy ook uitwei oor "demone" -
iets waarvan jy in die meervoud praat.
Gloudina
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99085 is 'n antwoord op boodskap #99082] |
Tue, 05 October 2004 12:52   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:4NOdnW7EA6kdFv_cRVn-pQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>>>> dinge reguit gesê word en nie om "issues" soos seks, demone, eindtye
>>>> en
>>>> so
>>>> aan gedans word nie.
> Wat jy sê kan op twee maniere opgeneem word.
> (1) Jy verkies dat as jy na 'n kerk toe gaan, daar
> nie afgode gemaak word van issues soos
> seks, demone, eindtye en so aan nie, en daar
> op gestaan word dat dit en dit alleen bepaal
> wie "gered" gaan word nie.
Ja, daar moet nie te veel gewig toegesê word aan dinge wat minder belangrik
is nie, maar dit beteken ook nie dat sulke dinge totaal en al onbelangrik is
nie. Dit is soms juis hierdie "onbelangrikhede" wat mense verhoed om die
belangrike in perspektief te sien.
> (2) Jy verkies as jy na 'n kerk toe gaan, die
> mense openlik praat oor seks, demone, eindtye,
> sodat mens weet waar jy staan in daardie
> verband. Jy impliseer dus dat daar kerke
> is wat probeer wegkruip van "reguit te
> praat" oor byvoorbeeld seks of demone.
Presies. Dit moet nie oorheersende prioriteit geniet nie, maar dit is wel
belangrik in konteks van die grotere geloofsaspekte.
> Terloops, kan jy ook uitwei oor "demone" -
> iets waarvan jy in die meervoud praat.
Demone is iets waaroor mense vir jou grinnik as jou dit selfs noem. Dit is
die onderwerp van menige riller-flieks. Maar dit is ook dinge wat bestaan.
Meervoud impliseer juis dit, meer as een demoon. Daar word deur baie geglo
dat demone satan se werkers is. Dit is byvoorbeeld interessant dat 'n groot
persentasie van Jesus se aardse werk gedraai het om die bestraffing en
uitdryf van demone. 'n Mens hoef slegs met (minder konserwatiewe)
sendelinge onder veral Indiër-nasies te gesels om 'n klein idee oor die
bestaan van demone te kry.
Dit verstom my gereeld hoe baie mense dink ons lewe slegs in 'n fisiese
wêreld. Ek besef ek maak 'n kan wurms oop, maar ek glo 8soos baie ander)
dat ons eintlik geestelike wesens is en ons liggame is slegs tydelike
"voertuie" op die aarde.
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99102 is 'n antwoord op boodskap #99076] |
Tue, 05 October 2004 19:18   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf:
> In die VSA het ek dit ook teegekom (Blacksburg Christian Fellowship), maar
> nie so baie soos in SA nie!
Baie interessant. Ek het wel vermoed dat jy dit in 'n charismatiese
of Pinkster kerk sou gehoor het, en nie soseer in die gereformeerde
kerke nie, want sov^er ek weet was dit nie juis 'n integrale deel van
"Reformed theology" se leer nie. En die verskeie charismatiese en
Pinkster kerke se leer oor die eindtye verskil ook merkbaar van
mekaar, betreffende pre- mid- of postmillenialisme.
Hier in Amerika word die wegrapingsleer (rapture) gewoonlik
vereenselwig met premillenialisme of pre-tribulasie (wegraping voor
die groot verdrukking)
Ek besef nou weer dat dit is 'n verkeerde denke om te dink dat die
premillenium/pre-tribulasie of wegrapings dogma soos wat dit vandag
normaalweg verstaan en geinterpreteer word, hier in Amerika onstaan
het, en bekend gemaak is deur Sci-Fi skrywers so Hal Lindsy en wie is
daardie ou nou weer wat die "Left Behind" reeks, en boeke soos "Soul
Harvest", geskryf het?
Hier was so ruk terug 'n baie interessante program oor ouens soos
Rushdoony and North en die John Birch Society en die "Kingdom"
teologie. Skrikwekkende stuk gewees. Daardie militante
postmillenialists is 'n gevaarlike spul, en IMO van dieselfde
stoffasie as Osama en ander fundamentalists soos hulle.
Volgens 'n program wat ek op PBS gekyk het, word Bush en kie juis deur
di'e groep beinvloed.
|
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99107 is 'n antwoord op boodskap #99106] |
Tue, 05 October 2004 20:22   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf:
> Kom-kom Katryn, pittig bly pittig.
Ja, maar ek dink nie dit is pittig om iemand as 'n demoon of "evil"
te beskulidg nie.
En onthou dat jy die een is wat kom predik het dat ons mekaar meer
"beskaafd" moet hanteer.
Of hoe?
> . As ons nie so af en toe saam kan
> lag nie, waarheen is ons oppad?
Glo my, ek hou van lag en lag baie. Maar ek vind dit altyd bitter
onsmaaklik om vir ander mense te lag of ander mense die objek van 'n
grap te maak. Al is dit iemand wat jy niks van hou nie.
Maar dit is maar my siening, en ek aanvaar dat julle dinge anders sien
en ervaar.
> Die hele bespreking is maar op die ou end
> 'n stuk aas wat ek soos 'n dom forel gevat het.
GLADNIE!!! Ek weet nie van die "aas" nie. Ekself is werklik
geinterresseerd in enigiets wat met enige godsdiens te make het, en
hou baie daarvan om met ander daaroor te gesels. Dit is iets wat my
belangstelling al vir etlike jare geprikkel het.
Daar was 'n stadium in my lewe wat ek 'n ernstige "born again"
Christen was en was baie aktief in die Sendingveld ook.
So, al is ek vandag 'n duiwelskind in jou o"e is ek darem ook nie
onkundig oor die Christelike geloof nie. ;-)
> Ek besef natuurlik dat
> enige bespreking oor streng Christenskap deur menige op die NG as eng en
> kortsigtig beskou sal word. Maar ons is elk geregtig om te glo wat ons glo,
> dan nie?
Heeltemal! Maar kom ons gun dan ander ook dieselfde? Of hoe?
Gisteraand het ek weer geluister na Aardsbiskop Tutu op Jon Stewart se
Daily Show, en ek kon nie help om die man te bewonder nie.
Ek wens ek kon alles onthou wat hy gesê het, en dit hier herhaal.
Hy het dit alles so goed saamgevat op 'n stadium toe hy ook gesê het
dat eendag sal alle mense van alle gelowe en kulturele agtergronde
besef dat ons almal deel is van een groot familie. Ons is almal God
se kinders. Hy het die Dalai Lama en Nelson Mandela en 'n paar ander
groot geeste ook aangehaal.
Elkgeval....die punt wat ek probeer maak is dat ek luister graag na
jou opinies en sienswyse sonder om jou opinies en sieninge te probeer
verkleineer of as dom af te maak, en definitief sonder om beledigings
na jou kant te slinger. Waarom kan julle "Christene" dan nie
dieselfde respek betoon aan ander wat nie soos julle glo nie? Dit is
wat ek nooit kan verstaan nie.
Elkgeval, ek babbel...en behoort nie eintlik in sulke ingewikkelde
gesprekke gewikkel te raak nie, want my taalgebruik laat my werklik in
die steek en dan praat ek strooi (meer as gewoonlik). ;-)
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99108 is 'n antwoord op boodskap #99104] |
Tue, 05 October 2004 20:25   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:sbKdnTkI0thnbv_cRVn-jA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Geestelike werkings in sulke gelowe kom dus
>> vanuit 'n ander bron, nie Jesus Christus nie. Vandaar demoniese
>> entiteite...
>
> Ek kan amper nie glo wat jy hierbo sê nie. Jy
> verdoem dus met een vee alle ander gelowe.
> Of verstaan ek jou verkeerd?
Dit is juis die bespreking wat ons (ongeveer) 'n halwe jaar terug gehad het.
Sien dit so: As ek glo in Jesus Christus soos deur die Bybel gepredik, glo
ek dat Hy gesê het dat Hy die weg en die waarheid is en dat niemand na die
Vader kan kom behalwe deur Hom nie. Dit is myns insiens nie oop vir
geweldige interpretasie nie. Glo ek almal wat nie in Jesus glo nie is
verdoem tot vreeslike duisternis? Die maklike antwoord is: Wie is ek om so
te sê (te oordeel)? Wat van mense wat nooit van Jesus gehoor het nie? Hoe
moet ek weet? Maar een ding is seker, as mens die stelling aanhang dat alle
gelowe na ewige saligheid lei en dit slegs van die individu se oortuiging
afhang, dan is ek tog verplig om my Christenskap ten volle uit te leef. En
dit vereis van my om my volle oortuiging in wat Jesus gesê het, uit te leef.
'n Katolieke priester het eenkeer op 'n NY vlug vir my gesê:" You believe in
a narrow God" en verder gesê hy glo dat hy as "mainstream" Katoliek redelik
standaard glo dat sy geloof een van baie is. Maar hoe kan hy my oortuig dat
hy dus die Bybel ten volle uitleef en dit volgens sy eie standaard?
En wees asseblief versigtig om individuele sinne uit konteks aan te haal en
verbasing uit te spreek. Ek het die hele bespreking begin met "As mens van
'n streng Christelike standpunt kom dat alle weë nie na Rome loop nie, volg
dit dan dat die wat nie vir Jesus kies nie, 'n ander entiteit aanhang. "
Dit plaas dus die sin hierbo in konteks. M.a.w. ek aanvaar en besef dat ek
'n eng interpretasie het, maar dit is juis wat ek glo en uitleef. Ek vind
dit interessant dat so baie mense wat "algehele aanvaarding" predik nie kan
aanvaar dat sommige nie saamstem nie. Dit is pragtige ironie en sou my
Afrikaanse juffrou baie trots gemaak het.
Glo ek dat ek beter is as ander? Nee.
Glo ek dat Jesus se genade die enigste weg is? Ja
Wat word van die wat Jesus nooit geken het nie? Ek weet nie en dit is ook
nie my plek om te weet nie.
Wat word van die mense wat Jesus verwerp? Gaan lees gerus self...of jy dit
glo of nie, dit is jou persoonlike saak.
> Kan ek jou ook daarop wys dat daar in
> selfs die Nuwe Testament van "demoniese
> entiteite" gepraat word - soos daardie wat
> in die varke ingejaag is op een plek.
PRESIES - Jesus se bediening op aarde was dan Nuwe Testamenties - ek het
juis gestel dat Hy baie aan die bestraffing van demone gewerk het. M.a.w.
teen hulle... die NT het heelwat sulke voorbeelde. Demone druis in teen
alles wat ons as rasioneel beskou, maar tog word daar baie daaroor vertel in
die Bybel, wat baie mense glo is die waarheid. Die hele bespreking het
begin rondom die punt dat baie kerke die bestaan van demone ignoreer.
Basjan
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99109 is 'n antwoord op boodskap #99107] |
Tue, 05 October 2004 20:40   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:4mv5m01g151nopo2jhoumo2r3kkv8c56mn@4ax.com...
> "basjan" skryf:
>
>> Kom-kom Katryn, pittig bly pittig.
>
> Ja, maar ek dink nie dit is pittig om iemand as 'n demoon of "evil"
> te beskulidg nie.
> En onthou dat jy die een is wat kom predik het dat ons mekaar meer
> "beskaafd" moet hanteer.
> Of hoe?
Dis die hele ironie - Plato betree miskien 'n fyn lyn, maar die onderwerp
van sy grap glo duidelik nie regstreeks in die bestaan van dit waaroor hy 'n
grap maak nie. Plato maak 'n grap, al is dit in jou oë 'n swak een. Hy het
nie iemand persoonlik aangeval en sleg gesê nie, maar dit is ook maar my
interpretasie
>
>> . As ons nie so af en toe saam kan
>> lag nie, waarheen is ons oppad?
>
> Glo my, ek hou van lag en lag baie. Maar ek vind dit altyd bitter
> onsmaaklik om vir ander mense te lag of ander mense die objek van 'n
> grap te maak. Al is dit iemand wat jy niks van hou nie.
> Maar dit is maar my siening, en ek aanvaar dat julle dinge anders sien
> en ervaar.
Elkeen loop so af en toe deur, ek inkluis (sien gerus Ferdi se pos hierbo).
>> Die hele bespreking is maar op die ou end
>> 'n stuk aas wat ek soos 'n dom forel gevat het.
>
> GLADNIE!!! Ek weet nie van die "aas" nie. Ekself is werklik
> geinterresseerd in enigiets wat met enige godsdiens te make het, en
> hou baie daarvan om met ander daaroor te gesels. Dit is iets wat my
> belangstelling al vir etlike jare geprikkel het.
> Daar was 'n stadium in my lewe wat ek 'n ernstige "born again"
> Christen was en was baie aktief in die Sendingveld ook.
> So, al is ek vandag 'n duiwelskind in jou o"e is ek darem ook nie
> onkundig oor die Christelike geloof nie. ;-)
Gaan lees groot asseblief wat ek hieronder aan tannie Gloudina geskryf het.
Ek het nog nooit gesê enige iemand is 'n "duiwelskind" of so iets dergliks
nie nie. Dit is nie my plek nie! Gaan lees asseblief, ek gaan nie die
hele relaas herhaal nie.
>
>> Ek besef natuurlik dat
>> enige bespreking oor streng Christenskap deur menige op die NG as eng en
>> kortsigtig beskou sal word. Maar ons is elk geregtig om te glo wat ons
>> glo,
>> dan nie?
>
> Heeltemal! Maar kom ons gun dan ander ook dieselfde? Of hoe?
> Gisteraand het ek weer geluister na Aardsbiskop Tutu op Jon Stewart se
> Daily Show, en ek kon nie help om die man te bewonder nie.
En dit is regtig jou reg...
> Ek wens ek kon alles onthou wat hy gesê het, en dit hier herhaal.
> Hy het dit alles so goed saamgevat op 'n stadium toe hy ook gesê het
> dat eendag sal alle mense van alle gelowe en kulturele agtergronde
> besef dat ons almal deel is van een groot familie.
Sy siening en hy is geregtig om dit te lug.
Ons is almal God
> se kinders. Hy het die Dalai Lama en Nelson Mandela en 'n paar ander
> groot geeste ook aangehaal.
Almal maar net mense en ja, al is ons "geestelik", bly ons maar net mense.
Die bewondering van enige persoon is subjektief.
> Elkgeval....die punt wat ek probeer maak is dat ek luister graag na
> jou opinies en sienswyse sonder om jou opinies en sieninge te probeer
> verkleineer of as dom af te maak, en definitief sonder om beledigings
> na jou kant te slinger. Waarom kan julle "Christene" dan nie
> dieselfde respek betoon aan ander wat nie soos julle glo nie? Dit is
> wat ek nooit kan verstaan nie.
Dit is presies wat ek doen. Weereens - gaan lees verder in the "thread".
Ek kan jou weer vra hoekom ander nie ons "Christene" die reg gun om te
verskil nie. Die "aanvaarding" van Christene is versluier in die tipiese
bewoording en aanval wat jy hierbo gebruik. Jy kan regtig glo wat jy wil,
maar laat my toe om te verskil.
> Elkgeval, ek babbel...en behoort nie eintlik in sulke ingewikkelde
> gesprekke gewikkel te raak nie, want my taalgebruik laat my werklik in
> die steek en dan praat ek strooi (meer as gewoonlik). ;-)
Ek gesels graag saam. Tannie Gloudina het my gevra om uit te wy en ek het.
Maar ek het ook besef dat sy reg was om te "pounce like a Ninja", soos Niles
in die Frasier-komedie eenkeer gesê het!
Basjan
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99110 is 'n antwoord op boodskap #99100] |
Tue, 05 October 2004 20:50   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:KPGdncNwMoTub__cRVn-tw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>>> Ja, en jou denke is baie naby aan die
>>> psigologie van die buddhisme hier.
>>> Sowel as aan die Christelike denke
>>> van die Nuwe Testament.
>> Dieselfde idee oor 'n mens se geestelike natuur wel, maar tog absolute,
>> fundamentele verskille tussen die twee...
>
> Ja, fundamenteel. Die Nuwe Testamentiese Christen-
> denke het baie meer in gemeen met die Bhagavagita,
> waar Engelse vertalings baie vinnig van "God" begin
> praat, en mens verstom staan oor hoe na dit aan die
> denke oor "God" by Christene is. Ek wonder soms
> of die neo-platonistiese denke wat die Nuwe
> Testament beinvloed het, nie sy oorsprong gehad het
> in die Indiese subkontinent nie. Dis tog daarvandaan
> dat Ariese emigrasie weswaarts na Europa uitgebrei
> het. Sanskrit en Latyn en Grieks en Germaans het
> duidelike gemeenskaplike wortels.
Tannie, mens kan natuurlik baie filosofies raak oor God en wat die konsep
vir verskillende groepe beteken en hoe hulle die konsep interpreteer.
Tannie is duidelik goed belese in verskillende gelowe en filosofieë. Die
een se konsep kan natuurlik deur 'n ander se denke beinvloed word, ons is
maar net mense. Of jy Jesus Christus se geskiedenis in Xhosa, Grieks, of
Latyn uitdruk, die feite bly dieselfde. Op die ou einde is dit juis hierdie
Jesus wat die doring in menige se vlees is. As jy ten volle in sy lering
glo, druis dit regstreeks in teen die "almal is een big happy family"
teorie.
Basjan
|
|
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99115 is 'n antwoord op boodskap #99106] |
Tue, 05 October 2004 22:08   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf
Ek besef natuurlik dat
> enige bespreking oor streng Christenskap deur menige op die NG as eng en
> kortsigtig beskou sal word. Maar ons is elk geregtig om te glo wat ons glo,
> dan nie?
Nee, dis net daar waar jy die fout maak. Ek respekteer
enige gepraat oor "streng Christenskap." Ek is absoluut
geinteresseerd as jy van die "wegraping" praat. Maar ek
waardeer nie politiekery oor geestelike dinge nie. Jy
maak jou nie teveel daaraan skuldig nie, maar hier en daar
merk ek tog die neiging om 'n "pre-emptive strike" te
maak, wat verhoed dat jy "aangeval" sal kan word,
maar die deur vir jou oophou om self aan te val.
Jy sal jou verbaas watter intense gesprekke daar
in ons buddiste groep is, wanneer ons skielik besef
dat daar gepraat word oor dieselfde ding wat
mens in die Christelike denke kry, en waarvan jy
nog nooit die diepte van besef het nie. Jy sal jou
verbaas hoe baie "oefeninge" daar is in Buddhisme
om te "oefen" hoe om jou naaste lief te hê. Want
om jou naaste lief te hê, werklik lief te hê, is een
van die moeilikste dinge in die wêreld. En dis
dáárom dat Christus so 'n doring in die vlees is.
Gloudina
|
|
|
Re: VSA debat [boodskap #99116 is 'n antwoord op boodskap #99108] |
Tue, 05 October 2004 22:46   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf
> Dit is juis die bespreking wat ons (ongeveer) 'n halwe jaar terug gehad het.
> Sien dit so: As ek glo in Jesus Christus soos deur die Bybel gepredik, glo
> ek dat Hy gesê het dat Hy die weg en die waarheid is en dat niemand na die
> Vader kan kom behalwe deur Hom nie. Dit is myns insiens nie oop vir
> geweldige interpretasie nie.
Dis juis hier waar daar oopheid moet wees, as daar
'n werklike geestelike bespreking, wat die moeite werd
is, gevoer kan word. Wat word bedoel deur "niemand
na die Vader kom behalwe deur Hom nie." Beteken
dit as iemand "Here, Here" sê, dat hy dan "na die Vader
kom." Of beteken dat iets veel diepers, en meer prakties.
Kyk na die kruks van Christus se lering, die Bergpredikasie.
Hy praat omtrent die hele tyd oor dit wat die Buddhis bodhicitta
noem. Hy praat oor dinge wat vir du Plessis sy asem laat
optrek, en sy vel koue rillings gee: want du Plessis verstaan
dat alleen as hy bereid is om die swartes se voete te was,
hy "deur Hom na die Vader kan kom."
Gloudina
|
|
|
|
|
Bladsye (9): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 02:29:36 UTC 2025
|