Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ontmaskering " deur SARINA DÖNGES
" Ontmaskering " deur SARINA DÖNGES [boodskap #99084] |
Tue, 05 October 2004 12:06 |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
ONTMASKERING
Sarina Dönges
haal maar die masker af,
wees houtgerus - u benodig
vir dié klein kamee gewis
nie 'n oudisie, repertoire,
curriculum vitae is hier
oorbodig, selfs repetisie.
dié regisseur word nie
geïmponeer deur voortreflik-
hede, bates, rang. u sang-
opleiding, poppekastery;
mimiek; gebarespel is bloot
van geen belang. los ook
die instudering van die teks
- ons het 'n knap souffleuse -
en ons grimeur is puik
met kamoeflering; poeier neuse.
die kamenier sal nou u swart
kostuum kom aantrek. ek moet u
komplimenteer: die rol pas u perfek.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 02 20:44:29 UTC 2025
|