Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dimensies, chaos en nog goeters.
Dimensies, chaos en nog goeters. [boodskap #9886] Wo, 02 Julie 1997 00:00
Len Haasbroek  is tans af-lyn  Len Haasbroek
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Leendert van Oostrum wrote:
>
> Haai Gloudina,
>
> Nog bietjie oor dieselfde onderwerp, as jy hierdie lees in die konteks van
> die vorige boodskap.
>
> Izak Bouwer wrote in article
> ...
>>
>
>> (3) Het chaos-teorie 'n boodskap vir diegene wat
>> wetenskaplik die SA bestel in die laaste halfeeu wil
>> bekyk, nadat daar so herhaaldelik taamlik drasties
>> aan bestaande stelsels gepeuter is?
>
> Ek reken dat die "gepeuter met stelsels" wat ons in Suid-Afrika (ge) sien
> (het) ook gesien moet word in die konteks van soortgelyke ontwikkelings in
> Nazi-Duitlsand, USSR en ander totalitêre regimes. Ek dink ook dat dit
> verband hou met die wetenskaplike determinisme wat teen die middel van
> hierdie eeu hoogty gevier het, veral in die fisiese wetenskappe (Mense wat
> dink dat Einstein se uitspraak "Der Herr Gott wuerfeld nicht" 'n belydenis
> van geloof in 'n persoonlike god is, maak 'n fout. Hy het dit self uitgelê
> as 'n belydenis van sy geloof in determinisme.)

Hello Gloudina, Leendert

Ek het met belangstelling die gesprek gevolg, en wil ook graag 'n klip
in die bos gooi, koes maar as dit te naby die kop verbyvlieg!

Daar is ver gevorder op tegnologiese gebied sedert die eerste en tweede
wereld oorlog. Dis nou sowat 40-50 jaar gelede. Gesien oor die tydperk
wat die mens hier al kaalvoet op aarde ronddwaal (arguments onthalwe,
6000 B.C) , is dit maar redelik kort. Die tydperk wat die mens het om
aan sy nuwe tegnologiese wonders gewoond te raak EN dit oordeelkundig te
gebruik is net te kort. Dit is dus geensins verbasend om te sien in
watter katastrofes ons beland nie. Ek stem nogals saam met die chaos
teorie. Een aand het ek 'n program oor CNN (of was dit nou SKY ?) gekyk
en hulle het vertel dat daar op enige gegewe tydperk ten minste 15
geweldadige konflikte iewers op die aardbol aangaan. Dit laat mens
nogals dink...

Oulike storie (miskien waar?) was oor die dorpie wat elke jaar 'n nuwe
standsraad gekies het. Al die dorpenaars se name is in 'n hoed gegooi,
en die nuwe stadsraad is getrek. En, wonder bo wonder, die nuwe gekose
stadsraad was glad nie slegter as ander dorpies rondom sin wat gekies is
deur die "stem vir my, ek is oulik" beginsel nie :)

Ek het 'n voorstel : Kon ons kies die regering van die land net so. Net
soos Nasionale Diensplig of soos die Amerikaners Jury Duty moet doen.
Dis verpligtend, tensy jy ongeskik is (medies, watookal). As jy verkies
word, kry jy 3 jaar termyn, geen verlenging, kan ook nie weer dien nie.
Goeie salaris, maar belangrikste van als, JY kan 'n verskil in die land
maak. As jy dan roem wil verwerf, laat dit blyk uit wat jy in die 3
jaar vermag het. Dit sal ook die politiese professionele
verkleurmannetjies die nekslag toedien. Daar sal nie so iets soos 'n
politieke beroep wees nie.

Ek dink nogals dit val mooi in by die chaos teorie :)
Ook, by die "Empower the people" beweging!

Ek het al baie gesien waar gewone mense wat net 'n kansie kan kry soms
met die mees briljante planne voorendag kom, juis omdat hulle nie
vasgevang is in 'n spesifieke denkraamwerk nie. Hulle is ook minder
bevrees om te waag en die ding te doen EN by die naam te noem.

Dis my 2 sent vir die dag.

Len

PS : As jy nou lekker gelag het ook, is ek bly, want lag is goeie
oefening!
Vorige onderwerp: Net nog maar Engels en Zoeloe
Volgende onderwerp: Aviation Accident page
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 18:57:23 MGT 2024