Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Soek inligting oor au pairs in Holland
Soek inligting oor au pairs in Holland [boodskap #98692] Sa, 25 September 2004 11:47 na volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
'n Kennis se kind beplan om au pair-werk in Holland te gaan doen. Sy
is net klaar met matriek en werk deur 'n organisasie met die naam van
Huis van Oranje/House of Orange.

Nou, behalwe dat dit die Hollandse koningshuis is en hulle beslis nie
in die au pair-besigheid is nie (altans nie in die gewone betekenis
van die term nie), is hierdie glo 'n internasionale organisasie wat
sulke werk reel en allerhande kontrakte opstel.

My vrae:
1. Weet enigiemand van die organisasie? Is hulle above board?
2. Watter soort werk is au pair-werk in Holland? Word die mense
ordentlik behandel ? Is hulle veilig?

Dankie
Re: Soek inligting oor au pairs in Holland [boodskap #98697 is 'n antwoord op boodskap #98692] Sa, 25 September 2004 12:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
www.house-o-orange.nl/

Lyk heel wettig, maar vra by:
www.minbuza.nl/ - Buitelandse Sake in Zuid Afrika:
www.minbuza.nl/default.asp?CMS_ITEM=MBZ456664
- Ambassade Pretoria
- Consulaat Durban
- Consulaat-Generaal Kaapstad

vir meer ondervinding, inligting en sielsrus.

:-)

TJ

Artslink.co.za ISP
082 230 CALL
082 230 2255

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:pdmal0tl3h8kegsqqn15noj882subds4e8@4ax.com...
>
> 'n Kennis se kind beplan om au pair-werk in Holland te gaan doen. Sy
> is net klaar met matriek en werk deur 'n organisasie met die naam van
> Huis van Oranje/House of Orange.
>
> Nou, behalwe dat dit die Hollandse koningshuis is en hulle beslis nie
> in die au pair-besigheid is nie (altans nie in die gewone betekenis
> van die term nie), is hierdie glo 'n internasionale organisasie wat
> sulke werk reel en allerhande kontrakte opstel.
>
> My vrae:
> 1. Weet enigiemand van die organisasie? Is hulle above board?
> 2. Watter soort werk is au pair-werk in Holland? Word die mense
> ordentlik behandel ? Is hulle veilig?
>
> Dankie
>
>
>
>

begin 666 blank.gif
M1TE&.#EA`0`!`/
Re: Soek inligting oor au pairs in Holland [boodskap #98699 is 'n antwoord op boodskap #98692] Sa, 25 September 2004 12:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi, hier by ons is n hele klompie Au Pairs van Suid-Afrika, ek sal
bietjie uitvind en vir jou laat weet ingeval sy nie regkom in Holland nie.

Hier by ons is dit meesal dokters, prokureurs en ryk sakemanne wie se
vrouens ook werk wat Au Pairs het.

Gewoonlik kry die meisies n motor tot haar beskikking, en haar dag bestaan
uit kinders help en regkry vir skool (ontbyt en skool toe neem), dan kan
hulle klasse neem of die oggend doen wat hulle wil, of anders kyk hulle na
die kleintjies, neem hulle park toe, maak middagete ens. Dan tel hulle die
kinders op in die midddae, en neem hulle vir sokker of swem of vioollesse
ens. Kom dan saans huis toe, en gee vir die kinders aandete, help met die
huiswerk, ens. Hulle kan dan aande waneer die ouers terugkom doen wat hulle
wil, maar omrent almal van hulle het 'curfews' hulle moet n sekere tyd
terug wees ens. Gewoonlik hoef hulle nie te veel huiswerk te doen nie, want
die mense het almal 'cleaning ladies' wat inkom om te kom skoonmaak.
Hulle kry gewoonlik n dag af per week, en dan sosialiseer hulle met die
ander Au Pairs in die stad. As die gesin met vakansie gaan na bv. Hawaii
:-) dan gaan die Au Pair saam. Hulle kan ook na een maand, as hulle nie
met die familie regkom nie, vra om oorgeplaas te word na n ander gesin.
Laas toe ek gehoor het, het hulle so tussen $100 en $150 per week gekry,
maar meeste van hulle het baie gespaar, want hulle het nie juis veel
uitgawes nie.
Laas was daar n kleurlingmeisie van Saldanha, en sy was vreeslik homesick,
en ons het haar uitgenooi elke nou en dan sodat sy Afr. kan praat en vir
haar moed ingepraat, sy was baie oulik.
Nou ja, ek dink nie jy wou al hierdie informasie he nie, maar se maar as jy
wil weet ek moet uitvind wie die organisasie is. Hulle check ook op om te
kyk of die meisies goed behandel word ens. Twee van die kinders wou nie
teruggaan S.A. toe nie, want daar was n kêrel betrokke, maar hulle moet
teruggaan na n jaar, dit is in die kontrak, dan kan hulle weer aansoek doen.

Ellie

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:pdmal0tl3h8kegsqqn15noj882subds4e8@4ax.com...

'n Kennis se kind beplan om au pair-werk in Holland te gaan doen. Sy
is net klaar met matriek en werk deur 'n organisasie met die naam van
Huis van Oranje/House of Orange.

Nou, behalwe dat dit die Hollandse koningshuis is en hulle beslis nie
in die au pair-besigheid is nie (altans nie in die gewone betekenis
van die term nie), is hierdie glo 'n internasionale organisasie wat
sulke werk reel en allerhande kontrakte opstel.

My vrae:
1. Weet enigiemand van die organisasie? Is hulle above board?
2. Watter soort werk is au pair-werk in Holland? Word die mense
ordentlik behandel ? Is hulle veilig?

Dankie
Re: Soek inligting oor au pairs in Holland [boodskap #98711 is 'n antwoord op boodskap #98692] Sa, 25 September 2004 16:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling"skryf

> 'n Kennis se kind beplan om au pair-werk in Holland te gaan doen. Sy
> is net klaar met matriek en werk deur 'n organisasie met die naam van
> Huis van Oranje/House of Orange. > My vrae:
> 1. Weet enigiemand van die organisasie? Is hulle above board?
> 2. Watter soort werk is au pair-werk in Holland? Word die mense
> ordentlik behandel ? Is hulle veilig?

Is dit blote toeval dat die stuk wat DD geplaas
het oor die komplot teen Verwoerd deur Vorster
ook die naam wys van die Huis van Oranje?

Van die skamele observasies wat ek van
au pair organisasies het, dink ek dit is baie
belangrik dat die organisasie wat die saak
behartig absoluut bekend en betroubaar
is, en van wie al vantevore die resultate
gesien is. Want somtyds beland hierdie
arme au pairs in absoluut disfunksionele
families en moet hulle ongeveer gered
word deur hulle kontakte in die
organisasie. Ek weet van een SA meisie
wat naby Chicago kom au pair het
( sy was al ouer as die gewone au pair,
opgelei as onderwyseres.) Binne 'n
paar maande was sy gediagnoseer as
lydende aan 'n depressie, en 'n herplasing
na iemand wat meer simpatiek is, het
nie gehelp nie. Sy het net gekla van hoe
dekadent die Amerikaners is. Uiteindelik
het sy gesweer sy gaan nie weer vir
wit kinders skool hou nie, en is dadelik
in SA na 'n Katolieke skool met meestal
swart kinders.
My een skoondogter was au pair in
Frankryk. Sy vertel ook horror stories
van hoe sy haar koffer gepak en die
pad gevat het op 'n slag.

Gloudina
Re: Soek inligting oor au pairs in Holland [boodskap #98712 is 'n antwoord op boodskap #98711] Sa, 25 September 2004 17:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 25 Sep 2004 12:39:58 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> Is dit blote toeval dat die stuk wat DD geplaas
> het oor die komplot teen Verwoerd deur Vorster
> ook die naam wys van die Huis van Oranje?

Dit klink nie asof jy enige waardering heg
aan iets waar ek heelwat tyd aan navorsing
gespandeer het nie

>
> My een skoondogter was au pair in
> Frankryk. Sy vertel ook horror stories
> van hoe sy haar koffer gepak en die
> pad gevat het op 'n slag.
>
Onthou jy dat ek jou al vertel het
dat jy in so 'n klein wêreldjie lewe
dat jy net jou eie familie en skoonfamilie
ken.

> Gloudina
>
Re: Soek inligting oor au pairs in Holland [boodskap #98714 is 'n antwoord op boodskap #98712] Sa, 25 September 2004 18:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> Dit klink nie asof jy enige waardering heg
> aan iets waar ek heelwat tyd aan navorsing
> gespandeer het nie

So jy erken dat jy Paul van Staden
is.

Gloudina
Re: Soek inligting oor au pairs in Holland [boodskap #98717 is 'n antwoord op boodskap #98712] Sa, 25 September 2004 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> Onthou jy dat ek jou al vertel het
> dat jy in so 'n klein wêreldjie lewe
> dat jy net jou eie familie en skoonfamilie
> ken.

Die een au pair voorbeeld het niks met my
of my familie te doen gehad nie. En dit het
my geamuseer dat die dogter, wat so
effens besig was "om SA permanent te
verlaat" in daardie dae toe SA nou skielik
nie meer geskik vir witmense was nie,
binne 5 maande terug was in SA, en bly
om daar te wees. Teveel Suid-Afrikaners,
veral Afrikaners, dink die wêreld het hulle
iets verskuldig, en as hulle dan met die
harde werklikheid in aanraking kom,
het hulle nie hare op hulle tande nie.

Gloudina
Re: Soek inligting oor au pairs in Holland [boodskap #98718 is 'n antwoord op boodskap #98699] Sa, 25 September 2004 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Laas toe ek gehoor het, het hulle so tussen $100 en $150 per week gekry,
> maar meeste van hulle het baie gespaar, want hulle het nie juis veel
> uitgawes nie.

In San Jose lyk dit my dis omtrent $200 per week,
maar hulle moet hulle eie reiskoste dek en sorg vir
hulle eie gesondheidsassuransie. Laasgenoemde dink
ek is baie belangrik, veral in die VSA. Ek weet nie
wat hulle hier in Kanada doen nie. Ek kan nie sien
dat 'n au pair uit 'n ander land deur ons Medicare
sou gedek word nie.

Gloudina
Re: Soek inligting oor au pairs in Holland [boodskap #98719 is 'n antwoord op boodskap #98714] Sa, 25 September 2004 18:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 25 Sep 2004 14:13:08 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" skryf
>
>> Dit klink nie asof jy enige waardering heg
>> aan iets waar ek heelwat tyd aan navorsing
>> gespandeer het nie
>
> So jy erken dat jy Paul van Staden
> is.
>
> Gloudina
>

en jy eindig jou sin met 'n punt en nie 'n vraagteken nie.
Re: Soek inligting oor au pairs in Holland [boodskap #98722 is 'n antwoord op boodskap #98711] Sa, 25 September 2004 19:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> "Ferdi Greyling"skryf
>
>
>> 'n Kennis se kind beplan om au pair-werk in Holland te gaan doen. Sy
>> is net klaar met matriek en werk deur 'n organisasie met die naam van
>> Huis van Oranje/House of Orange.
>
>> My vrae:
>
>> 1. Weet enigiemand van die organisasie? Is hulle above board?
>> 2. Watter soort werk is au pair-werk in Holland? Word die mense
>> ordentlik behandel ? Is hulle veilig?
>
>
> Is dit blote toeval dat die stuk wat DD geplaas
> het oor die komplot teen Verwoerd deur Vorster
> ook die naam wys van die Huis van Oranje?
>
> Van die skamele observasies wat ek van
> au pair organisasies het, dink ek dit is baie
> belangrik dat die organisasie wat die saak
> behartig absoluut bekend en betroubaar
> is, en van wie al vantevore die resultate
> gesien is. Want somtyds beland hierdie
> arme au pairs in absoluut disfunksionele
> families en moet hulle ongeveer gered
> word deur hulle kontakte in die
> organisasie. Ek weet van een SA meisie
> wat naby Chicago kom au pair het
> ( sy was al ouer as die gewone au pair,
> opgelei as onderwyseres.) Binne 'n
> paar maande was sy gediagnoseer as
> lydende aan 'n depressie, en 'n herplasing
> na iemand wat meer simpatiek is, het
> nie gehelp nie. Sy het net gekla van hoe
> dekadent die Amerikaners is. Uiteindelik
> het sy gesweer sy gaan nie weer vir
> wit kinders skool hou nie, en is dadelik
> in SA na 'n Katolieke skool met meestal
> swart kinders.
> My een skoondogter was au pair in
> Frankryk. Sy vertel ook horror stories
> van hoe sy haar koffer gepak en die
> pad gevat het op 'n slag.
>
> Gloudina
>
>

LOL! Dalk is die katolieke skole se kinders soet omdat hulle tyd saam
met die priesters belowe word as hulle stout is. Iets in die lyn van
"wees soet of jy kom sit op my skoot jong man"!

;o)

Groete
Plato
Re: Soek inligting oor au pairs in Holland [boodskap #98723 is 'n antwoord op boodskap #98692] Sa, 25 September 2004 19:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:

> 'n Kennis se kind beplan om au pair-werk in Holland te gaan doen. Sy
> is net klaar met matriek en werk deur 'n organisasie met die naam van
> Huis van Oranje/House of Orange.
>
> Nou, behalwe dat dit die Hollandse koningshuis is en hulle beslis nie
> in die au pair-besigheid is nie (altans nie in die gewone betekenis
> van die term nie), is hierdie glo 'n internasionale organisasie wat
> sulke werk reel en allerhande kontrakte opstel.
>
> My vrae:
> 1. Weet enigiemand van die organisasie? Is hulle above board?
> 2. Watter soort werk is au pair-werk in Holland? Word die mense
> ordentlik behandel ? Is hulle veilig?
>
> Dankie
>
>
>
>

Indien enige iemand wonder, Ferdi vis vir 'n storie vir Beeld.

Groete
Plato
Re: Soek inligting oor au pairs in Holland [boodskap #98735 is 'n antwoord op boodskap #98699] So, 26 September 2004 09:06 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 25 Sep 2004 12:57:01 GMT, "Ellie" wrote:

> Ferdi, hier by ons is n hele klompie Au Pairs van Suid-Afrika, ek sal
> bietjie uitvind en vir jou laat weet ingeval sy nie regkom in Holland nie.

Thanks.
Ek soek eintlik spesifiek Holland. en die genoemde organisasie omdat
dit die een si waardeur gewerk word.

Die kontrak wat hulle opstel, byvoorbeeld, vereis dat die mense by wie
gewerk word mediese versekering uitneem.

My nit-picking is onder meer (op die kwessie) soos volg: Dis goed en
wel om te vereis dat sulke versekering uitgeneem word, maar se nou dit
word nie gedoen nie en mediese aandag is nodig?

Die reg werk dan omslagtig. JY betaal die miljoene en het dan 'n eis
deen die mense en/of die organisasie en dis dan regsgedinge oor grense
heen.

In sulke kwessies kom gemoedsrus net as die organisasie betrokke
betroubaar is. Die oudste storie in die boek: Is die mense eerbare
mense?
Vorige onderwerp: Uit Rapport se standpunte - Tim du Plessis maak vandag baie sin!
Volgende onderwerp: F9/11
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 18:10:12 MGT 2024