Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » afkortings [was: Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans]
afkortings [was: Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans] [boodskap #9800] Wo, 18 Junie 1997 00:00 na volgende boodskap
Darrin Speegle  is tans af-lyn  Darrin Speegle
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek het my al lank bewonder oor die Afrikaanse manier om vreeslike lank
woorde bymekaar te sit - em self meer oor die Afrikaners wat die woorde
net so geduldig sê! Ek wonder nou wat dit van 'n mens (of volk)
beteken as hy nie van afkortings hou nie. Luister, ek het opgemerk dat
as jy 'n nuwe word in engels (ten minste Amerikaanse engels) wil skep,
die eerste reel is dat hy drie of minder syllables moet he.

Byvoorbeeld:

television word TV
refrigerator word fridge
automobile word auto of car
microwave bly maar microwave
computer bly computer

Dis nou nie te praat van afkortings soos AT&T, MCI, FBI, IRS, NASA ens.
nie. Partykeer kan die afkortings hulle eie lewe kry. Toe ek 'n
voorgraadse student by UT was (Universiteit van Texas), was daar geboue
wat The Undergraduate Library en Pery-Castanada Library genoem was. Die
Universiteit het 'n sisteem gehad waarin elke gebou sy eie drie letter
naam gehad het - The Undergraduate Library = UGL en Pery-Castanada
Library = PCL. Natuurlik was hulle by die studente die "ugly" en die
"pickle" genoem!

Nou-ja, om terug te kom by my regte vraag, dink julle daar is iets diep
wat Amerikaners wil laat afkort en Afrikaners nie? (Ek weet ek speel
dalk die "straight man" vir 'n hele klompie grappies, maar ek vat 'n
kans.)

Darrin.

AM de Lange wrote:

>
> Dink net aan die woord woord "skeppingkragtigheid". Die
> veel korter woord "skepheid" (creativity) behoort presies
> dieselfde te sê, maar die woord bestaan nie. Dit asof ons
> die lang woord "skeppingkragtigheid" verkies omdat dit
> meer woordoorbedondering is.
>
Re: afkortings [was: Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans] [boodskap #9831 is 'n antwoord op boodskap #9800] So, 22 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Darrin Speegle wrote in article
...

> Ek het my al lank bewonder oor die Afrikaanse manier om vreeslike lank
> woorde bymekaar te sit - em self meer oor die Afrikaners wat die woorde
> net so geduldig sê! Ek wonder nou wat dit van 'n mens (of volk)
> beteken as hy nie van afkortings hou nie. Luister, ek het opgemerk dat
> as jy 'n nuwe word in engels (ten minste Amerikaanse engels) wil skep,
> die eerste reel is dat hy drie of minder syllables moet he.

Darrin, baie dankie vir 'n pragtige bydrae. Ek het
so gehoop dat ander hierop sou reageer.

Afrikaans is seker een van die wonderlikste tale
omdat woorde so maklik aan mekaar gelas kan
word om nuwe woorde te maak. Nog meer, dit
was deel van die Afrikaanse gees om sulke
samestelings te aanvaar! Dink maar woorde
soos botterkop, werfbobbejaan en frummelbakkies.

Jy skryf "die eerste reel is dat hy drie of minder
syllables moet he". Ek het geweldige simpatie
vir hierdie reel, maar in die laaste twee van die drie
voorbeelde hiebo, sal dit nie werk nie.

Tog moet ons riglyne hê om ons te help. Ek het
alreeds vroeer oor een riglyn geskryf: pasop vir
woordoorbedondering! My voorbeeld was
skeppingskragtigheid teenoor "skepheid". Die
laaste woord bestaan nie, maar beteken presies
dieselde as die eerste woord.

Hier is nog 'n riglyn. Geen skepping verskyn in die
niet nie. Twee "of meer" skeppings moet met mekaar
GELYKTYDIG verstrengel word om 'n nuwe skeping
te laat ontluik. As jy mooi om jou kyk na natuur en
kultuur, ontluik minder as 1% van alle skeppings
deur die gelyktydige verstrengeling van drie of meer
skeppings. Gevolglik het ons 'n kragtige riglyn. Waak
teen samestellings wat drie of meer afsonderlike
woorde bevat.

Dink aan die woorde werfbobbejaan en frummelbakkies.
Hulle het elk meer as drie lettergrepe, maar bestaan
elk uit net twee begrippe.

Kom mense, laat ons opnuut lewe gee aan Afrikaans.

Beste wense
At de Lange
Re: afkortings [was: Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans] [boodskap #9837 is 'n antwoord op boodskap #9800] Ma, 23 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article
...

> Tog moet ons riglyne hê om ons te help. Ek het
> alreeds vroeer oor een riglyn geskryf: pasop vir
> woordoorbedondering! My voorbeeld was
> skeppingskragtigheid teenoor "skepheid". Die
> laaste woord bestaan nie, maar beteken presies
> dieselde as die eerste woord.

Twee dinge, At:

"Skeppingskragtigheid" is oorbodig, soosy jy sê. Beter Afrikaans sou wees
"skeppingskrag". "Skepheid", daarenteen, het werklik geen betekenis nie.

Die rede waarom dit geen betekenis het nie, hou verband met die tweede
probleem wat ek het met wat jy sê: Die reëls waarvolgens samestellings en
ander nuwe woorde gevorm word is net so deel van die taal as die reëls
waarvolgens die grammatika van die taal aanmekaar sit. As jy daardie
metareëls ignoreer verkrag jy die taal net soveel as wanneer jy die
grammatika ignoreer.

Nie dat ek 'n starre reëlgebondheid voorstaan nie - ek reken ons behoort
daarmee ook skeppend te wees.

Maar nog "skeppingskragtigheid", nog "skepheid" is Afrikaans.

Groete, Leendert
Re: afkortings [was: Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans] [boodskap #9838 is 'n antwoord op boodskap #9800] Ma, 23 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Darrin Speegle wrote in article
..

> Dis nou nie te praat van afkortings soos AT&T, MCI, FBI, IRS, NASA ens.
> nie. Partykeer kan die afkortings hulle eie lewe kry. Toe ek 'n
> voorgraadse student by UT was (Universiteit van Texas), was daar geboue
> wat The Undergraduate Library en Pery-Castanada Library genoem was. Die
> Universiteit het 'n sisteem gehad waarin elke gebou sy eie drie letter
> naam gehad het - The Undergraduate Library = UGL en Pery-Castanada
> Library = PCL. Natuurlik was hulle by die studente die "ugly" en die
> "pickle" genoem!

Die Americaanse Vloot het 'n "Dictionary of Naval Abbreviations" van
ongeveer 900 baldsye.

Die naam daarvan, soos op die buiteblad aangegee, is Dic Nav Ab

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Pienk Piet is weg !
Volgende onderwerp: Re: Dimensionele eienskappe van Taal (ingekort)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 03:17:55 MGT 2024