Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bedelaarbedieningetiket
Bedelaarbedieningetiket [boodskap #98254] Wo, 15 September 2004 05:08 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gisteraand luister ek toe weer na Voice of the Cape se inbelprogram.
Inbellers, meer vrouens as mans, meer Afrikaans as Engels, wat wou saampraat
oor die bedelende kinders.
Oor twee weke kan die mense kla or die taxi's.
Ongelukkig was ek op die pad, en kon nie inskakel nie.
Wat ek mee saamstem is om nie aan die kinders geld te gee nie,
Een ateljeegas het beweer as 'n bedelaar vir jou kos vra, moet jy eers vra
wat die bedelaar wil hê, of vra of die bedelaar wil hê wat jy kan aanbied.

--
Groetnis
Annette
Re: Bedelaarbedieningetiket [boodskap #98257 is 'n antwoord op boodskap #98254] Wo, 15 September 2004 06:02 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Bedel is een geweldige probleem en baie van dié kinders word deur hul ouers
aangesê om te gaan 'verdien'. Party vra vir "br�d" en die antwoord is
eenvoudig. Bied aan om vir hom die brood te gaan koop en sien hoe vinnig
verdwyn die belangstelling. So 'n paar jare gelede het hulle "sent!"
gevra, nou vra hulle 'Rand!". Mens kry hulle jammer, maar as jy gee, sterk
jy hom net in sy probleem.

"Annette" skryf in boodskap news:ci8iro$dg5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gisteraand luister ek toe weer na Voice of the Cape se inbelprogram.
> Inbellers, meer vrouens as mans, meer Afrikaans as Engels, wat wou saampraat
> oor die bedelende kinders.
> Oor twee weke kan die mense kla or die taxi's.
> Ongelukkig was ek op die pad, en kon nie inskakel nie.
> Wat ek mee saamstem is om nie aan die kinders geld te gee nie,
> Een ateljeegas het beweer as 'n bedelaar vir jou kos vra, moet jy eers vra
> wat die bedelaar wil hê, of vra of die bedelaar wil hê wat jy kan aanbied.
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
Vorige onderwerp: Re: Osama Bin Ladin Recent Photos
Volgende onderwerp: Ons nuwe ampstaf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 23:04:51 MGT 2024