Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Septemberkind " deur MARLISE JOUBERT
" Septemberkind " deur MARLISE JOUBERT [boodskap #98150] So, 12 September 2004 02:55 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Septemberkind
Marlise Joubert

Mooi is die land se tuine
in die maand van mane en van reën
maar my dae is droef soos winterreën

en die wind kom aangewiel
soos 'n koets oor die heuwels

gelaai met blomme en saad
tollende vinne van bloekomblare
wat speek deur die lug oor die pad
die smal pad
waarin ek gekreukel loop

mooi is lemoene
in sakkies of kissies of in bome
altyd mooi soos oop monde son
maar in my skoene skuur en skaaf
die growwe sand

en ek loop gekreukel soos 'n kind
met verlange na my enigste ma
waar lugkastele nie meer nodig is nie
en haar vel die geur van koeltes dra

want sy roep die getye bymekaar
sy beskerm die muise en miere teen aasvoëls
sy is leeu se kind 'n ma koningin
sy is die oersee wat 'n ogie
oor skeepswrakke hou
wat haar huis verander in 'n baarmoeder
as ek so wil of 'n oor of 'n wieg
vir moeë ledemate as ek so wil

sy is die koel septembervywer
in die binneland van elke kind
Re: " Septemberkind " deur MARLISE JOUBERT [boodskap #98153 is 'n antwoord op boodskap #98150] So, 12 September 2004 09:29 Na vorige boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 12 Sep 2004 02:55:20 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Septemberkind
> Marlise Joubert
>
> Mooi is die land se tuine
> in die maand van mane en van reën
> maar my dae is droef soos winterreën
>
> en die wind kom aangewiel
> soos 'n koets oor die heuwels
>
> gelaai met blomme en saad
> tollende vinne van bloekomblare
> wat speek deur die lug oor die pad
> die smal pad
> waarin ek gekreukel loop
>
> mooi is lemoene
> in sakkies of kissies of in bome
> altyd mooi soos oop monde son
> maar in my skoene skuur en skaaf
> die growwe sand
>
> en ek loop gekreukel soos 'n kind
> met verlange na my enigste ma
> waar lugkastele nie meer nodig is nie
> en haar vel die geur van koeltes dra
>
> want sy roep die getye bymekaar
> sy beskerm die muise en miere teen aasvoëls
> sy is leeu se kind 'n ma koningin
> sy is die oersee wat 'n ogie
> oor skeepswrakke hou
> wat haar huis verander in 'n baarmoeder
> as ek so wil of 'n oor of 'n wieg
> vir moeë ledemate as ek so wil
>
> sy is die koel septembervywer
> in die binneland van elke kind
>

altyd mooi soos oop monde son

DD
Vorige onderwerp: " Kanniebos " deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: " Wat maak Oom Kalie daar " deur HENNIE AUCAMP
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 05:10:14 MGT 2024