Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die sosialisme van die NP
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98100 is 'n antwoord op boodskap #98089] |
Sat, 11 September 2004 13:17   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:s4h5k0hr2ftha9a892cffeoueg9bu3frm1@4ax.com...
On Sat, 11 Sep 2004 02:57:28 GMT, "Ellie" wrote:
> Ek wonder wat die laaste verkiesing in Florida
> anders as 'n staatsgreep was. En daar is vryelik
> gepraat van die VSA as 'n banana-republiek.
>
> Gloudina
>
> Somtyds kan jy darem baie strooi praat Gloudina, ernstig nou, n banana
> republiek??
Het nou die aan 'n Franse TV program gesien waarin 'n ex CIA ou
dieselfde term gebruik het.
Het jy nou gese n Engelse of Italiaanse of selfs Duitse TV Ferdi, dan was
daar nog credibility, maar Franse? Komaan! Daai CIA ou is seker afgedank
en is nou suur. Almal weet dat Amerika nie volmaak is nie, en dat hier baie
probleme is (begin maar met ons president), en jy kan baie terme gebruik om
die land te kritiseer, en dit is jou reg, maar banana republiek? Hoe
definieer jy daai term?
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98107 is 'n antwoord op boodskap #98104] |
Sat, 11 September 2004 15:02   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:T6E0d.52$s4z.36@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
"Ellie" skryf
> Somtyds kan jy darem baie strooi praat Gloudina, ernstig nou, n banana
> republiek??
Ja, 'n president wat nie deur die meerderheid
van die kiesers verkies is nie. 'n President wat
onder vals voorwendsels 'n oorlog maak. In
enige ander land sou jy dit 'n banana-republiek
noem.
Gloudina
Hy is deur die meerderheid verkies, na die tyd toe die weermag se stemme
getel is, is bewys dat hy die meerderheid gekry het. As die onnoseles in
Florida nou net geweet het hoe om te stem, sou hy dalk nie die meerderheid
gekry het nie. Ek weet nie eens hoekom ek hom probeer verdedig nie, maar
jou anti Amerikaanse retoeriek begin nou boring raak . . . en jy het nie
n verskoning nie, jy het n kind wat in hierdie land woon, ek wonder of hy
soos jy voel, anti amerikaans, in indien wel, hoekom trek hy nie terug nie?
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98108 is 'n antwoord op boodskap #98105] |
Sat, 11 September 2004 15:06   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:TbE0d.104$s4z.77@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com.. .
"Ellie"
> :-) Maar jy kan nie ontken dat hy wel sy doel bereik nie. Hy is nog meer
> imponerend in lewende lywe as op tv of in n koerant.
Wel, daar is darem 'n bekering op die pad
na Damaskus, Ellie. Ek kan onthou dat jy
Mandela nie so lank gelede uitgemaak het
vir iemand waarvoor jy nie veel omgee nie.
Gloudina
Lies, en damn lies! :-) Ek het hom ontmoet en n geselsie met hom gehad toe
ek in Kuala Lumpur gewoon het. Hy en Graca het kom kuier, en die S.A.
ambassade het n grand orkasie gereel. Net toevallig was ek langs die plek
waar hulle geloop het, en hy het oorgekom en my hand geskud en met my in
vlot Afrikaans gepraat. My man het dit op video opgeneem. En n langerige
geselsie ook, hy wou weet hoekom ek destyds land-uit was, en hoeveel kinders
ek het ens. n baie warm man. Ek het met Graca ook gepraat, want die lyn is
opgehou toe hy met iemand praat voor my, en sy staan toe by my en wag (in
haar mooi wit linne pak), en sy is effens beskeie, toe maak ons n praatjie
oor dit en dat, ook n lieflike vrou.
Ek dink jy verwys na Tutu, wat ek nie baie ooghare vir gehad het nie, nou
nog nie, maar daar is ander wat dink hy is OK, so ek sal my daarby berus.
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98109 is 'n antwoord op boodskap #98108] |
Sat, 11 September 2004 15:36   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
""Ellie"
> :-) Maar jy kan nie ontken dat hy wel sy doel bereik nie. Hy is nog meer
> imponerend in lewende lywe as op tv of in n koerant.
Wel, daar is darem 'n bekering op die pad
na Damaskus, Ellie. Ek kan onthou dat jy
Mandela nie so lank gelede uitgemaak het
vir iemand waarvoor jy nie veel omgee nie.
Gloudina
Lies, en damn lies! :-) Ek het hom ontmoet en n geselsie met hom gehad toe
ek in Kuala Lumpur gewoon het. Hy en Graca het kom kuier, en die S.A.
ambassade het n grand orkasie gereel. Net toevallig was ek langs die plek
waar hulle geloop het, en hy het oorgekom en my hand geskud en met my in
vlot Afrikaans gepraat. My man het dit op video opgeneem. En n langerige
geselsie ook, hy wou weet hoekom ek destyds land-uit was, en hoeveel kinders
ek het ens. n baie warm man. Ek het met Graca ook gepraat, want die lyn is
opgehou toe hy met iemand praat voor my, en sy staan toe by my en wag (in
haar mooi wit linne pak), en sy is effens beskeie, toe maak ons n praatjie
oor dit en dat, ook n lieflike vrou.
Ek dink jy verwys na Tutu, wat ek nie baie ooghare vir gehad het nie, nou
nog nie, maar daar is ander wat dink hy is OK, so ek sal my daarby berus.
Ek wou ook nog byvoeg dat die Maleisie protokol afdeling vir al die
S.Afrikaanse vroue n memo uitgestuur het om te se ons mag nie geel dra
daardie aand nie (aandrokke), want die Koning en Koningin van Maleisie sou
ook die funksie bywoon, en geel is die royal kleur, en net hulle mag geel
dra. Wel, soos jy ons Afrikaners ken, was daar natuurlik n hele klomp
vrouens wat toe wel geel aandrokke aangehad het, want ons hou mos nie
daarvan om vertel te word nie :-)) Gelukkig was die Koningspaar toe nie
daar die aand nie, want madam het haar heup seergemaak toe sy golf gespeel
het (en dit is weer n ander dag se storie, oor hoe sy golf speel) :-)
Die Maleise sjefs het toe n Suid-Afrikaanse spyskaart gehad, kompleet met
kreef kelkie, bobotie, skaapbredie (seker bok, ek het nooit skape in
Maleisie gesien nie), en lekker S.A. wyn. Vir my wat toe al seker 15 jaar
land-uit was, was dit n baie besonderse aand. Van die ander S.A.
afgevaardiges (ook die ambassadeur, Maite Mohale), was in tradisionele
Afrika-drag, baie imponerend.
Ellie
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98111 is 'n antwoord op boodskap #98107] |
Sat, 11 September 2004 16:46   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 11 Sep 2004 15:02:03 GMT, "Ellie" wrote:
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:T6E0d.52$s4z.36@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
>
> "Ellie" skryf
>
>> Somtyds kan jy darem baie strooi praat Gloudina, ernstig nou, n banana
>> republiek??
>
> Ja, 'n president wat nie deur die meerderheid
> van die kiesers verkies is nie. 'n President wat
> onder vals voorwendsels 'n oorlog maak. In
> enige ander land sou jy dit 'n banana-republiek
> noem.
>
> Gloudina
>
> Hy is deur die meerderheid verkies, na die tyd toe die weermag se stemme
> getel is, is bewys dat hy die meerderheid gekry het. As die onnoseles in
> Florida nou net geweet het hoe om te stem, sou hy dalk nie die meerderheid
> gekry het nie. Ek weet nie eens hoekom ek hom probeer verdedig nie, maar
> jou anti Amerikaanse retoeriek begin nou boring raak . . . en jy het nie
> n verskoning nie, jy het n kind wat in hierdie land woon, ek wonder of hy
> soos jy voel, anti amerikaans, in indien wel, hoekom trek hy nie terug nie?
>
...ik stim, Ellie (oorverdowende handeklap!!!) Ek stim !
(Jou bewonderaars en aanhangers is die ene ore!)
DD
een van jou menige ondersteuners
|
|
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98115 is 'n antwoord op boodskap #98109] |
Sat, 11 September 2004 17:07   |
Plato
Boodskappe: 630 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ellie wrote:
> ""Ellie"
>
>
>> :-) Maar jy kan nie ontken dat hy wel sy doel bereik nie. Hy is nog meer
>> imponerend in lewende lywe as op tv of in n koerant.
>
>
> Wel, daar is darem 'n bekering op die pad
> na Damaskus, Ellie. Ek kan onthou dat jy
> Mandela nie so lank gelede uitgemaak het
> vir iemand waarvoor jy nie veel omgee nie.
>
> Gloudina
>
> Lies, en damn lies! :-) Ek het hom ontmoet en n geselsie met hom gehad toe
> ek in Kuala Lumpur gewoon het. Hy en Graca het kom kuier, en die S.A.
> ambassade het n grand orkasie gereel. Net toevallig was ek langs die plek
> waar hulle geloop het, en hy het oorgekom en my hand geskud en met my in
> vlot Afrikaans gepraat. My man het dit op video opgeneem. En n langerige
> geselsie ook, hy wou weet hoekom ek destyds land-uit was, en hoeveel kinders
> ek het ens. n baie warm man. Ek het met Graca ook gepraat, want die lyn is
> opgehou toe hy met iemand praat voor my, en sy staan toe by my en wag (in
> haar mooi wit linne pak), en sy is effens beskeie, toe maak ons n praatjie
> oor dit en dat, ook n lieflike vrou.
>
> Ek dink jy verwys na Tutu, wat ek nie baie ooghare vir gehad het nie, nou
> nog nie, maar daar is ander wat dink hy is OK, so ek sal my daarby berus.
>
>
> Ek wou ook nog byvoeg dat die Maleisie protokol afdeling vir al die
> S.Afrikaanse vroue n memo uitgestuur het om te se ons mag nie geel dra
> daardie aand nie (aandrokke), want die Koning en Koningin van Maleisie sou
> ook die funksie bywoon, en geel is die royal kleur, en net hulle mag geel
> dra. Wel, soos jy ons Afrikaners ken, was daar natuurlik n hele klomp
> vrouens wat toe wel geel aandrokke aangehad het, want ons hou mos nie
> daarvan om vertel te word nie :-)) Gelukkig was die Koningspaar toe nie
> daar die aand nie, want madam het haar heup seergemaak toe sy golf gespeel
> het (en dit is weer n ander dag se storie, oor hoe sy golf speel) :-)
> Die Maleise sjefs het toe n Suid-Afrikaanse spyskaart gehad, kompleet met
> kreef kelkie, bobotie, skaapbredie (seker bok, ek het nooit skape in
> Maleisie gesien nie), en lekker S.A. wyn. Vir my wat toe al seker 15 jaar
> land-uit was, was dit n baie besonderse aand. Van die ander S.A.
> afgevaardiges (ook die ambassadeur, Maite Mohale), was in tradisionele
> Afrika-drag, baie imponerend.
> Ellie
>
Onthou die mense kan nie buite karakter optree nie. Die opgeboude
personas het die werklike personas verby gesteek. Die mense is lankal
nie meer wie hulle is nie.
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98116 is 'n antwoord op boodskap #98111] |
Sat, 11 September 2004 17:37   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> On Sat, 11 Sep 2004 15:02:03 GMT, "Ellie" wrote:
>> Hy is deur die meerderheid verkies, na die tyd toe die weermag se stemme
>> getel is, is bewys dat hy die meerderheid gekry het.
Dit is wat die regse media gesê het, ja. Die ware feite is natuurlik
gladnie so nie.
Hy is NIE deur die meerderheid verkies nie.
> ek wonder of hy
> soos jy voel, anti amerikaans, in indien wel, hoekom trek hy nie terug nie?
Versigtig nou hoor. "Amerika" behoort nie aan die Repugs en die
regse Christian fundamentalists nie. Sy behoort aan ons almal wat
hier woon, en die van ons wie se ouers en grootouers al vir generasies
in hierdie land woon en gewoon het. Asook aan eerste generasie
immigrante soos jyself. As enige van ons die huidige regering
kritiseer is dit ons reg en dit beteken nie dat ons anti-Amerikaans is
soos wat ek al hoveel keer moes aanhoor deur mense soos jy nie.
James Baldwin het gesê: "I love America more than any other country
in the world and, exactly for this reason, I insist on the right to
criticize her perpetually"
;-)
---
Once a government is committed to the principle of silencing the
voice of opposition, it has only one way to go, and that is down the
path of increasingly repressive measures, until it becomes a source of
terror to all its citizens and creates a country where everyone lives
in fear: Harry S Truman
|
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98120 is 'n antwoord op boodskap #98082] |
Sat, 11 September 2004 17:49   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 11 Sep 2004 11:06:28 +0200, Plato wrote:
> Dave Du Plessis wrote:
>
>> On Fri, 10 Sep 2004 16:17:23 +0200, Plato
>> wrote:
>>> Net todat die ANC en kie nie meer ingestem word nie. Dan sal ons die
>>> ware klere van die slang sien. As ek moet raai sal dit so 3 of 4
>>> verkiesings weg wees...
>
>> jy is ongelooflik optimisties, Plato.
>> Verdomp onrealisties optimisties.
>> Miskien, sal ons, as die ANC die
>> verkiesing verloor, wens dat hulle
>> dit nie verloor het nie. Nie dat hulle
>> waardig is om daar te wees nie, maar
>> omdat ek dit slegs erger as nou kan voorstel,
>> en defnislis nie meer konserwatief nie.
>> DD
>
> Ja, ek dink baie mense hier is onrealisties optimisties oor Suid Afrika
> se toekoms. Dit is een ding om dit voorspoed toe te wens, maar toetaal
> 'n ander besigheid om dit waar te maak. Ek mag dalk self optimisties
> wees met my skrewe in die vorige pos.
>
> Groete
> Plato
Ek dink nie dat dit pessimisties is, om te dink dat hier nie weer
(of te wel nie in dekades) 'n oorheersende blanke regering sal
wees nie.
|
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98124 is 'n antwoord op boodskap #98107] |
Sat, 11 September 2004 18:10   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ellie" skryf
jy het n kind wat in hierdie land woon, ek wonder of hy
> soos jy voel, anti amerikaans, in indien wel, hoekom trek hy nie terug
nie?
Hierdie soort gepraat vind ek onnosel. "Hoekom trek hy nie
terug nie?" Dit klink of jy dink hy staan bakhand by die VSA.
Hy werk vir 'n maatskappy wat Kanadees van
oorsprong is, en vir wie hy in Toronto ook gewerk het.
Uiteindelik het hulle soveel kleiner maatskappye in die VSA
opgekoop, dat hulle hulle hoofkwartiere in San Jose wou
h�, deels ook omdat dit nader aan die Verre Ooste is, waar
meeste van hulle kliënte bly. Omdat Kalifornië in die laaste
verkiesing nie oorwegend vir Bush gestem het nie, neem ek
aan hy is omring in Kalifornië deur mense wat hoop dat
hulle nie nog vier jaar van Bush moet verduur nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98127 is 'n antwoord op boodskap #98116] |
Sat, 11 September 2004 18:19   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:43d6k09mai89skduceg46r5u8gmbl1b341@4ax.com...
> On Sat, 11 Sep 2004 15:02:03 GMT, "Ellie" wrote:
>> Hy is deur die meerderheid verkies, na die tyd toe die weermag se stemme
>> getel is, is bewys dat hy die meerderheid gekry het.
Dit is wat die regse media gesê het, ja. Die ware feite is natuurlik
gladnie so nie.
Hy is NIE deur die meerderheid verkies nie.
-e- Puhleeze, en jy dalk het insider informasie wat die media nie het nie?
> ek wonder of hy
> soos jy voel, anti amerikaans, in indien wel, hoekom trek hy nie terug
nie?
Versigtig nou hoor. "Amerika" behoort nie aan die Repugs en die
regse Christian fundamentalists nie.
Wie het gesê dit behoort aan die repugs (n kinderagtige term as ek dit nou
self moet sê) of die regse Christian fundamentalists nie, wie het gesê dit
behoort aan hulle, alhoewel hulle seker net soveel sê het. Dit is slegte
maniere om iemand anders se land knaend af te kraak Fienies en klaar.
Sy
Sy? Amerika is nie n skip nie hoor ;-)
behoort aan ons almal wat
hier woon, en die van ons wie se ouers en grootouers al vir generasies
in hierdie land woon en gewoon het. Asook aan eerste generasie
immigrante soos jyself.
As enige van ons die huidige regering
kritiseer is dit ons reg en dit beteken nie dat ons anti-Amerikaans is
soos wat ek al hoveel keer moes aanhoor deur mense soos jy nie.
-e-Ek het dit nie gesê nie, en 'enige van ons' beteken nie dat mense van
ander lande gedurig kan sit en sê hoe sleg ons skoolstelsel is (wat waar is)
of hoe sleg ander goed is nie. Ons kan dit sê, maar dis onmanierlik vir
buitelanders om dit te sê (dink ek, wat dink die ander hiervan?) Dis soos
mens se kinders, jy mag iets negatiefs van hulle sê, maar nie ander mense
nie.
James Baldwin het gesê: "I love America more than any other country
in the world and, exactly for this reason, I insist on the right to
criticize her perpetually"
;-)
Ek wens jy wil nie elke keer vir my se ek is verkeerd en jy is reg nie.
Ons opinies verskil, dis nie te sê joune is reg nie. So n aanname is
verkeerd, selfs arrogant. Jy het nie inside informasie of feite wat ek nie
het nie. Ek sê nie vir jou jy is verkeerd nie, net dat ek met jou verskil.
Ek sou verkies dat jy dieselfde doen, en dat jy mense se opinies (hoe
verkeerd in jou oë ook) nie afskiet as belaglig of dom nie.
Dankie.
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98128 is 'n antwoord op boodskap #98117] |
Sat, 11 September 2004 18:21   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:DSG0d.303257$UTP.114196@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
"Ellie" skryf
Ek weet nie eens hoekom ek hom probeer verdedig nie, maar
> jou anti Amerikaanse retoeriek begin nou boring raak . . . en jy het nie
> n verskoning nie, jy het n kind wat in hierdie land woon, ek wonder of hy
> soos jy voel, anti amerikaans, in indien wel, hoekom trek hy nie terug
nie?
Dis nie anti-amerikaans om te weet dat daar iets
drasties verkeerd is met julle opset op die oomblik
nie. Miljoene der miljoene van Amerikaners, miskien
so groot as 'n honderd miljoen ( omtrent die helfte
van die bevolking van die VSA) voel dieselfde.
Gloudina
Jy is reg, selfs ek weet daar is nou op die oomblik baie verkeerd met die
land, en die ergste is dat dit lyk of Bush weer gaan wen, maar soos ek gesê
het, wees bietjie neighborly en moet nie alles afkraak nie.
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98131 is 'n antwoord op boodskap #98116] |
Sat, 11 September 2004 19:14   |
Plato
Boodskappe: 630 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Katryn wrote:
>> On Sat, 11 Sep 2004 15:02:03 GMT, "Ellie" wrote:
>
>
>>> Hy is deur die meerderheid verkies, na die tyd toe die weermag se stemme
>>> getel is, is bewys dat hy die meerderheid gekry het.
>
>
> Dit is wat die regse media gesê het, ja. Die ware feite is natuurlik
> gladnie so nie.
> Hy is NIE deur die meerderheid verkies nie.
>
>
>> ek wonder of hy
>> soos jy voel, anti amerikaans, in indien wel, hoekom trek hy nie terug nie?
>
>
> Versigtig nou hoor. "Amerika" behoort nie aan die Repugs en die
> regse Christian fundamentalists nie. Sy behoort aan ons almal wat
> hier woon, en die van ons wie se ouers en grootouers al vir generasies
> in hierdie land woon en gewoon het. Asook aan eerste generasie
> immigrante soos jyself. As enige van ons die huidige regering
> kritiseer is dit ons reg en dit beteken nie dat ons anti-Amerikaans is
> soos wat ek al hoveel keer moes aanhoor deur mense soos jy nie.
> James Baldwin het gesê: "I love America more than any other country
> in the world and, exactly for this reason, I insist on the right to
> criticize her perpetually"
> ;-)
>
> ---
> Once a government is committed to the principle of silencing the
> voice of opposition, it has only one way to go, and that is down the
> path of increasingly repressive measures, until it becomes a source of
> terror to all its citizens and creates a country where everyone lives
> in fear: Harry S Truman
>
>
Sal jy stilbly as hy weer verkies word? Ten minste oor die "hy is nie
deur meerderheid verkies" storie?
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98141 is 'n antwoord op boodskap #98118] |
Sat, 11 September 2004 21:08   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 11 Sep 2004 19:47:47 +0200, DD wrote:
> Ja, ek het myself verkeerd uitgedruk.
> In die geval, het PAC eintlik 'selfs meer anti-blank'
> beteken.
> Ek glo dat jy weet jy dat Patricia de Lille selfs meer
> blanke stemme sou werf, indien sy nie self haar eie pad
> na die wit stem toegemaak het, deur sommige uitsprake.
> Haar ongevreesdheid, meer kere mét as sònder rede,
> het vir haar respek afgedwing by selfs regses, wat dit
> miskien nie sou erken nie. (of wat sê jy Frikkie:-)
He,he...
Sy was kort gelede nog PAC!
|
|
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98145 is 'n antwoord op boodskap #98141] |
Sat, 11 September 2004 21:24   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 11 Sep 2004 23:08:51 +0200, Ferdi Greyling wrote:
> On Sat, 11 Sep 2004 19:47:47 +0200, DD wrote:
>
> > In die geval, het PAC eintlik 'selfs meer anti-blank'
>> beteken.
>> Ek glo dat jy weet jy dat Patricia de Lille selfs meer
>> blanke stemme sou werf, indien sy nie self haar eie pad
>> na die wit stem toegemaak het, deur sommige uitsprake.
>> Haar ongevreesdheid, meer kere mét as sònder rede,
>> het vir haar respek afgedwing by selfs regses, wat dit
>> miskien nie sou erken nie. (of wat sê jy Frikkie:-)
>
> He,he...
> Sy was kort gelede nog PAC!
Afgesien daarvan, het sy toe sy onafhanklik word,
'n geveg aangesit met al die ander vyande van die
regsgesindes. En, jou vyand se vyand, kan somtyds
jou vriend wees.
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98147 is 'n antwoord op boodskap #98144] |
Sat, 11 September 2004 22:40   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"DD" skryf in boodskap news:8uq6k0ljko661tsg11qll2j3dslb32abu1@4ax.com...
On Sat, 11 Sep 2004 23:06:55 +0200, Ferdi Greyling wrote:
> On Sat, 11 Sep 2004 18:53:11 +0200, DD wrote:
>
>
> > Ek glo dat daar meegevoel betoon was
>> maar ook het hy geweet dat die foto
>> wêreldwyd gepubliseer sal word.
>
> Kom ek gee jou interressante inligting oor daai foto. Die foto kom van
> die publikasie waar ek werk.
> Ons het gebel om te hoor of hy die familie gaan besoek. Sy
> sekretaresse het gese dit in die op sy dagboek nie.
> Ons het iemand gestuur om die hele dag by Naude se huis te sit. En
> daar daag hy toe op.
>
Ek aanvaar dit. Dit sal onrealisties wees van hom
om werklik nou nog te worrie oor wat die wêreld
sê. Hy is afgetree en het 'n lewe om te lei.
Ek weet dat ek nou teen myself praat
en ook wonder ek of iemand soos hy
ooit politiek uit sy kop kan kry,
maar, gee hom die voordeel
van die twyfel.
En BN was ook nie so bekend in die buitewereld dat Madiba dit sou doen vir
brownie punte nie, hy het dit gedoen omdat hy wou, hier stem ek saam met jou
Diedie :-) Nie dat ek eintlik presies weet wat daar by julle aangaan nie,
maar ek lees darem julle koerante.
|
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98149 is 'n antwoord op boodskap #98127] |
Sat, 11 September 2004 23:18   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ellie" skryf:
> Dit is wat die regse media gesê het, ja. Die ware feite is natuurlik
> gladnie so nie.
> Hy is NIE deur die meerderheid verkies nie.
>
> -e- Puhleeze, en jy dalk het insider informasie wat die media nie het nie?
Dit begin so lyk, ja. Die inligting wat ek gesien en gelees het, het
tot die gevolgtrekking gekom dat Bush wel Florida sou verloor het as
die tellery aangegaan het. Nie net was dit statisties bewys nie, maar
verskye politiese analiste het tot dieselfde gevolgtrekking gekom.
O, en dit was nie net in Florida nie, maar 'n hele spul counties in
ander state ook. Selfs hier in Georgia was daar probleme.
Elkgeval, ek is nie lus om verder hieroor te kibbel nie.
> Wie het gesê dit behoort aan die repugs (n kinderagtige term as ek dit nou
> self moet sê)
Dankie. Ja, dit is die effek wat ek gehoop het om te kry met die
gebruik van daardie woord.
> . Dit is slegte maniere om iemand anders se land knaend af te kraak Fienies en klaar.
Ja, dit is jou opinie. Myne is anders. Veral as die land onder
bespreking bekend daarvoor is om vir ander lande en regerings voor te
skryf. Fienies en klaar.
> Ek wens jy wil nie elke keer vir my se ek is verkeerd en jy is reg nie.
Eintlik het ek dit nog nooit gesê nie. Nie bewustelik nie, in
elkgeval. Maar dit was vreeslik interessant gewees om jou laaste paar
boodskappe te lees, en veral die aggressiwiteit daarin te sien. Baie
interessant.
Verskoon my dat ek nie kan help om te wonder of jy en Gloudina dalk
weer besig is met een of ander agteraf storie nie. Volgens jou is
julle mos maatjies wat gereeld vir mekaar skryf en volgens jou het sy
mos vir jou o.a geskryf dat sy reageer op die manier wat sy normaalweg
reageer om reaksie te kry.
Nou wonder ek maar net watter reaksie dit is wat jy (of julle?) hoop
om te kry? Hmmm? Wat presies was die rede van die skielike vloed
aanvallende boodskappe van jou? Ek kon enigiets gekskryf het, en jy
sou my nogsteeds aangeval het. Dit was baie duidelik uit jou
emosionele reaksies op my skrywe.
> Ons opinies verskil, dis nie te sê joune is reg nie. So n aanname is
> verkeerd, selfs arrogant.
Ek stem heeltemal saam. Ek dink jou aannames hier is ook heeltemal
onaanvaarbaar en arrogant om die minste te sê.
> Jy het nie inside informasie of feite wat ek nie
> het nie.
Nee, maar ek sien die wereld anders as jy. My oggend en aandpraatjies
sal altyd ooreenstem, en ek sal nie agteraf dinge sê van ander mense
wat ek nie direk in hulle gesig ook sal sê nie.
EK glo dit is die basiese verskil tussen ons.
> Ek sê nie vir jou jy is verkeerd nie, net dat ek met jou verskil.
> Ek sou verkies dat jy dieselfde doen, en dat jy mense se opinies (hoe
> verkeerd in jou oë ook) nie afskiet as belaglig of dom nie.
>
> Dankie.
Dankie ja. Nou kan mens net hoop dat jy sal teruglees wat jy geskryf
het, en dit dalk ook op jouself van toepassing maak?
|
|
|
Re: Die sosialisme van die NP [boodskap #98152 is 'n antwoord op boodskap #98149] |
Sun, 12 September 2004 09:22   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 11 Sep 2004 19:18:47 -0400, Katryn wrote:
> Verskoon my dat ek nie kan help om te wonder of jy en Gloudina dalk
> weer besig is met een of ander agteraf storie nie. Volgens jou is
> julle mos maatjies wat gereeld vir mekaar skryf en volgens jou het sy
> mos vir jou o.a geskryf dat sy reageer op die manier wat sy normaalweg
> reageer om reaksie te kry.
Drie uiteenlopende reaksies hierop.
1. Ellie, tussen die lyne gelees, klink dit asof jy dit gesê het
in persoonlike epos, wat vertroulik aan iemand gerig is.
Met die aanvaarding dat dit vertroulik sal bly.
2. Gloudina het dìt, self al minder vertroulik, hier uitgesaai.
Dit moet naby aan 'n dekade wees wat ek haar so sien aangaan,
en dit is vir geen mens moontlik om 'n rol vir so lank,
onafgebroke, te bly speel nie. Indien dit vir weke, selfs maande,
was, sou iemand my miskien kon oortuig dat sy 'n speletjie speel.
Maar, dit is nie die geval nie. Sy is werklik so vol van haarself
en arrogant. Sy is wérklik 'n verraaier. Dit is werklik 'n aanwins
dat sy Kanada is,... vir Suid Afrika natuurlik, want ek dink dat
sy teen hysbakke se mure skryf. Teen toiletmure skryf.
Dat sy met 'n spyker ander mense se karre krap. Dat sy as kind
vensters stukkend gegooi het (miskien nou nog).
Te veel dinge het sy al vertel, wanneer die gordyne toegetrek was.
Soos toe sy vertel het hoe haar man Afrikaans verraai. Hoe sy
vertel het hoe sy self in haar huis Afrikaans verraai. (of is haar
huistaal Afrikaans?)
Te veel dinge oor haar is ooglopend. Al wat nie is nie, is haar
velkleur.
3. Hierdie struweling waarin julle betrokke is; jy kry 'n bos blomme
vir goeie maniere en kalm wyse van standpunte stel
DD
|
|
|
Bladsye (4): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 00:31:24 UTC 2025
|