Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hestrie se familie
Hestrie se familie [boodskap #97863] Wo, 08 September 2004 07:08 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek blaai gister in 'n Huisgenoot en sien die storie oor Hestrie Cloete se
familie, die TV kyk van die joernaliste saam met die familie en die
gevolglike berigte wat geskryf is oor van die uitlatings wat daar gemaak is.
Die hele storie laat my met 'n slegte smaak in die mond. Sekerlik moet die
swaer van Hestrie leer om 'n wag voor sy mond te plaas [veral as daar
joernaliste in sy omgewing is] en is sy manier van praat totaal uit pas met
die nuwe SA, maar as ek die storie reg verstaan is die joernaliste Coligny
toe om 'n storie te kry van 'n Hestrie wat 'n goue medalje wen. Die
familie het die wen ook verwag en nooi nogal ewe die joernaliste in hul huis
in om te kom deel aan die opgewondenheid. Toe wen Hestrie nie en die groot
storie is toe nie daar nie en die Huisgenoot gaan plaas 'n berig wat eintlik
Hestrie en haar familie as 'n spul agtertange voorstel. Ek wonder nou net,
AS sy die goue gewen het, sou hulle nog daai swak berig gepubliseer het?
Of sou die begeerte om 'n eksklusiewe berig uit haar en haar familie te kry,
swaarder geweeg het as die swaer se verkeerde woorde?
Re: Hestrie se familie [boodskap #97870 is 'n antwoord op boodskap #97863] Wo, 08 September 2004 09:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het in die eerste plek 'n probleem met die "joernaliste" wat kwansuis
saam met die familie wil TV kyk, en dan boonop 'n eiertjie te lê het as dit
geweier word.
Ek vermoed ook dat, ongeag Hestrie se vertoning, die rassenonsens nog steeds
meer papier sou beslaan het.
Ek stem saam dat mense soos Hestrie se swaer liewer nie met enige iemand in
aanraking kom wat sy beswaddering in sy eie huis wêreldkundig maak nie.
Al mense wat ek regtig jammer kry in hierdie hele smeerverhaal is die
kinders - nie net oor die stories in die media nie, maar ook om met sulke
onverdraagsame ouers op te groei.

--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:413eafe1.0@news1.mweb.co.za...
> Ek blaai gister in 'n Huisgenoot en sien die storie oor Hestrie Cloete se
> familie, die TV kyk van die joernaliste saam met die familie en die
> gevolglike berigte wat geskryf is oor van die uitlatings wat daar gemaak is.
> Die hele storie laat my met 'n slegte smaak in die mond. Sekerlik moet die
> swaer van Hestrie leer om 'n wag voor sy mond te plaas [veral as daar
> joernaliste in sy omgewing is] en is sy manier van praat totaal uit pas met
> die nuwe SA, maar as ek die storie reg verstaan is die joernaliste Coligny
> toe om 'n storie te kry van 'n Hestrie wat 'n goue medalje wen. Die
> familie het die wen ook verwag en nooi nogal ewe die joernaliste in hul huis
> in om te kom deel aan die opgewondenheid. Toe wen Hestrie nie en die groot
> storie is toe nie daar nie en die Huisgenoot gaan plaas 'n berig wat eintlik
> Hestrie en haar familie as 'n spul agtertange voorstel. Ek wonder nou net,
> AS sy die goue gewen het, sou hulle nog daai swak berig gepubliseer het?
> Of sou die begeerte om 'n eksklusiewe berig uit haar en haar familie te kry,
> swaarder geweeg het as die swaer se verkeerde woorde?
>
Re: Hestrie se familie [boodskap #97930 is 'n antwoord op boodskap #97870] Do, 09 September 2004 08:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy is reg dat daai ou eerder in 'n hok hoort, maar ongelukkig praat baie
mense op die platteland nog so. Tog, ek wonder net of sou die storie enige
impak gehad het as hulle gesê het in die hoofopskrif: Man vloek die
k.....s op TV. Nie maklik nie want wie is die ou? Maar Hestrie se mense
in rassisme, of so iets en die koerante verkoop wild want sy is nuus en as
jy die berig lees, is dit net 'n swaer wat 'n vuil bek het, niemand anders
nie. Tog, Hestrie se naam word gebruik. Ek kan my al indink dat die
betrokke joernalis se redakteur vir hom gesê het toe daar nie 'n wen-storie
oor die Spele was nie, om die 'trip' die moeite werd te maak en so 'n bietje
te grawe vir sensasie, terwyl hulle nou daar is.

"Annette" skryf in boodskap news:chml6b$bdd$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het in die eerste plek 'n probleem met die "joernaliste" wat kwansuis
> saam met die familie wil TV kyk, en dan boonop 'n eiertjie te lê het as dit
> geweier word.
> Ek vermoed ook dat, ongeag Hestrie se vertoning, die rassenonsens nog steeds
> meer papier sou beslaan het.
> Ek stem saam dat mense soos Hestrie se swaer liewer nie met enige iemand in
> aanraking kom wat sy beswaddering in sy eie huis wêreldkundig maak nie.
> Al mense wat ek regtig jammer kry in hierdie hele smeerverhaal is die
> kinders - nie net oor die stories in die media nie, maar ook om met sulke
> onverdraagsame ouers op te groei.
Re: Hestrie se familie [boodskap #97951 is 'n antwoord op boodskap #97930] Do, 09 September 2004 10:38 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
My probleem is eintlik met die joernaliste wat hulself so opdring om in
mense se huise te wees.
Daar was seker 'n ou geldjie of 'n gratis KFC-ete by betrokke as
omkoopoorweging
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:414011ad.0@news1.mweb.co.za...
> Jy is reg dat daai ou eerder in 'n hok hoort, maar ongelukkig praat baie
> mense op die platteland nog so. Tog, ek wonder net of sou die storie enige
> impak gehad het as hulle gesê het in die hoofopskrif: Man vloek die
> k.....s op TV. Nie maklik nie want wie is die ou? Maar Hestrie se mense
> in rassisme, of so iets en die koerante verkoop wild want sy is nuus en as
> jy die berig lees, is dit net 'n swaer wat 'n vuil bek het, niemand anders
> nie. Tog, Hestrie se naam word gebruik. Ek kan my al indink dat die
> betrokke joernalis se redakteur vir hom gesê het toe daar nie 'n wen-storie
> oor die Spele was nie, om die 'trip' die moeite werd te maak en so 'n bietje
> te grawe vir sensasie, terwyl hulle nou daar is.
> "Annette" wrote in message
> news:chml6b$bdd$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek het in die eerste plek 'n probleem met die "joernaliste" wat kwansuis
>> saam met die familie wil TV kyk, en dan boonop 'n eiertjie te lê het as
> dit
>> geweier word.
>> Ek vermoed ook dat, ongeag Hestrie se vertoning, die rassenonsens nog
> steeds
>> meer papier sou beslaan het.
>> Ek stem saam dat mense soos Hestrie se swaer liewer nie met enige iemand
> in
>> aanraking kom wat sy beswaddering in sy eie huis wêreldkundig maak nie.
>> Al mense wat ek regtig jammer kry in hierdie hele smeerverhaal is die
>> kinders - nie net oor die stories in die media nie, maar ook om met sulke
>> onverdraagsame ouers op te groei.
>
Vorige onderwerp: Engelse moet maar ruimte los vir Amerikaners
Volgende onderwerp: Aan die Einde van die Reënboog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 22:45:49 MGT 2024