| Antie, asseblief gee my die gediggie [boodskap #97746] |
Ma., 06 September 2004 19:44  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Gister toe ons daar deur die berge ry onthou ek 'n gedig wat deur
Langenhoven of Visser of iemand geskryf is oor 'n seun wat in 'n skeur geval
het en hoe sy pa probeer om hom uit te help met die riem, maar die riem bly
breek en later is dit net knoop op knoop. Teen die einde van die gedig vra
die seun dat sy pa hom liewer moet skiet, maar hy moet hom asb. nie so daar
los nie. Die gedig is blykbaar op 'n ware gebeurtenis gebaseer. Weet jy
waarvan ek praat en as jy weet, kan jy die gedig hier vir my plaas, groot
asseblief?
Elaine
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Antie, asseblief gee my die gediggie [boodskap #120609 is 'n antwoord op boodskap #120314] |
So., 10 Junie 2018 08:10  |
 |
Jan die Man
Boodskappe: 554 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Waar ruwe rotse - 'n gedig van C.M. van den Heever:
Aanhaling:Twee vader-oë kyk verward ... sy seun,
die afgrond lag oor wilde skuurgedreun.
Die kruit en stof vlek oor die lug se blou,
die vader bly sy hand oor sy oë hou.
En dan gewaar hy in die skemering
sy kind, deur rotseskouers vasgedring.
'n Riem rol na die seun daaronder neer,
"Bind vas, my kind ... en Pa die sal probeer."
Maar dis vergeefs ... die kransedraak hou vas,
die riem bly stukkend breek, kry las op las.
En hulp snel by ... die rotsetande gryns,
hier moet die mensverstand terug voor deins.
Dan klaag daar uit die diepte, sag en flou:
"Ek smeek dat Pa my skiet ... en nou ... "
'n Roer die bewe in die growwe hand,
sag sif in skemerafgrond korrels sand.
Vas lê die kolf teen vaderskouer aan,
en langs die sneller glans 'n afloop-traan.
"Vergeef my, God!" ... 'n skoot gedemp en dof ...
en bo die bergegraf styg kruit en stof.
Nog skuur iets rog'lend in die diepte daar,
dis stil ... die aasvoëls kras ... 'n vader staar.
|
|
|
|