Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Swakopmund se moord
Re: Swakopmund se moord [boodskap #97412 is 'n antwoord op boodskap #97399] |
Mon, 30 August 2004 08:04   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
En jy kan jouself nie weerhou daarvan om weer op die rassekarretjie te klim
nie? Jy is die grootste rassis wat ek ken, ou antie! Daar is 'n baie
praktiese rede dat die meerderheid van die misdaad in Suider-Afrika deur
swart mense gepleeg word [dis nou bo en behalwe die getalle-ding]: Die
grootste deel van hierdie misdade word gepleeg weens 'n behoefte om te
oorleef in 'n land waar die nuwe politici vir die gewone man op straat nie
veel bring nie. Om te eet, moet hulle steel en van wie af steel jy?
Iemand wat iets het wat van genoeg waarde is dat dit op die swart mark
verkoop kan word vir geld vir kos om te eet. Dit beteken die nuutste
selfone, kameras, ens. Wie besit dit? Meestal blankes. So wie steel
van wie? Wat egter ook wel waar is, is dat die mense wat die markte vir
gesteelde goed skep, ook blankes insluit.
"@rogers.com" wrote in message
news:rjpYc.90357$UTP.9411@twister01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> En, ongelukkig, is dit vir 'n halfeeu in die wiele gery
> deur wette wat die nie-blanke middelklas tweedehandse
> burgers in hulle eie land gemaak het. Ek dink nou aan
> byvoorbeeld die swart prokureur wat by my swaer in
> Potgietersrus 'n kantoor wou huur, en toe aangesê is
> dat hy moes trek na die woonbuurte buite Potgietersrus
> wat vir nie-blankes opsygesit is. In die kaal haai vlakte.
> My suster het eenkeer vir ons dié woonbuurte gaan
> wys, juis om vir ons te wys watter mooi huise die
> Indiërs vir hulle self daar moes bou. Nou hoekom
> kon my suster se swart bediende in haar agterplaas
> in 'n wit gebied bly, maar die swart prokureur moes
> 'n kantoor hê in 'n area waar min van sy kliënte hom
> kon bereik. Mense, veral die ondenkende Afrikaner,
> wil dit nie weet nie. Maar hulle lê nou in die bed
> wat vir hulle voorberei is deur hulle eie mense, wat
> te kortsigtig was om te sien hoe dinge inmekaar steek.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: Swakopmund se moord [boodskap #97436 is 'n antwoord op boodskap #97412] |
Mon, 30 August 2004 12:41   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf
. Dit beteken die nuutste
> selfone, kameras, ens. Wie besit dit? Meestal blankes. So wie steel
> van wie? Wat egter ook wel waar is, is dat die mense wat die markte vir
> gesteelde goed skep, ook blankes insluit.
So daar het jy dit. Wie het die nuutste selfone en kameras, volgens jou.
Blankes, volgens jou. So waar kom jy nou aan die idee dat die
blankes in SA krepeer van ellende? Want, volgens jou, is die ANC
regering so sleg en korrup, dat almal insluitende die Afrikaners krepeer
van ellende. Ek dink jy moet jou rapporteerdery van "wat in SA
aangaan" hersien.
Gloudina
|
|
|
Re: Swakopmund se moord [boodskap #97439 is 'n antwoord op boodskap #97436] |
Mon, 30 August 2004 13:37   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Antie, steeds skeit jy in die verkeerde gat. Anders as die swart mense
[oor die algemeen] wat op 'n hoop gaan sit en huil oor hul regering wat nie
vir hulle sorg vir huise en grond nie, werk die blankes [oor die algemeen]
daaraan om hul eie saak te verbeter. Ek het jou al voorheen gesê ek het
ouers gehad wat geen enkele duim grond in Nam besit het weens armgeid nie.
Hulle het hul lewens lank gewerk en gespaar vir 'n aftrede en het toe vir
hulle 'n blyplekkie gekoop. So het ons kinders maar ook eie pot gekrap en
tot op hede het ek nog nooit iets verniet van die staat af gekry nie.
Alles wat ek wou gehad het, moes ek werk voor deur geld te verdien. Ek
verwag nie van die staat om vir my te sorg nie. Ek betaal belasting en
verwag daarvoor dienste, soos water, riolering, paaie, administrasie, ens,
ens. Ek het nog nooit 'n erf of 'n plaas verniet gekry nie en ook nie teen
goedkoop pryse anders dan by onderhandeling in 'n besigheidstransaksie nie.
So is die meeste blankes in ons land. Hulle leef en werk elke dag van
hul lewens en maak die geld [ja baie keer uit die swart mense uit wat ni�
wil werk nie] en dan het hulle die geld vir die beter dinge van die lewe.
Ek sou dink dis logies, of hoe?
"@rogers.com" wrote in message
news:JfFYc.6335$pDB1.2817@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Suidwester" skryf
>
> . Dit beteken die nuutste
>> selfone, kameras, ens. Wie besit dit? Meestal blankes. So wie steel
>> van wie? Wat egter ook wel waar is, is dat die mense wat die markte vir
>> gesteelde goed skep, ook blankes insluit.
>
> So daar het jy dit. Wie het die nuutste selfone en kameras, volgens jou.
> Blankes, volgens jou. So waar kom jy nou aan die idee dat die
> blankes in SA krepeer van ellende? Want, volgens jou, is die ANC
> regering so sleg en korrup, dat almal insluitende die Afrikaners krepeer
> van ellende. Ek dink jy moet jou rapporteerdery van "wat in SA
> aangaan" hersien.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Swakopmund se moord [boodskap #97445 is 'n antwoord op boodskap #97441] |
Mon, 30 August 2004 15:07   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek praat nog die hele tyd uit een mond uit, dis jy wat nie so lekker kan
lees nie! Of jy lees net wat jy graag wil sien? Ek het nog nooit gesê
dat alle blankes of alle swartes krepeer in Afrika nie. Die mense wat
welvarend was VOOR die politieke verandering, is steeds welvarend oor die
algemeen. Die armes, is steeds arm. Niks sover die die individueel se
inkomste aangaan, het eintlik verander nie! Hoeveel keer het ek dit al vir
jou gesê?
Wat wel verander het, is dat daar 'n bestaande infrastruktuur in die
verlede onder die blanke regering opgebou is en dat dit nou nie onder die
nuwe regering in stand gehou word nie. Dienslewering van die staatsdiens
is nie op die standaard van die verlede nie. Alles gaan agteruit en
behalwe vir die elite van die regerende party, is daar vir die man op die
grond geen verbetering in sy lewensstadaard nie. Minder werk, bring meer
plakkery by dorpe en stede in hoop om werk te kry wat daar nie is nie en op
die ou end ly die gesondheidsdienste, ens. daaronder. Die dorpe en stede
se watervoorsiening kom onder druk en op die ou end moet Swapo nou begin
dink aan dinge wat die ou NP regering gedoen het: Desentralisasie en
invloeibeheer!
Kom laat ek dit vir jou maklik verstaanbaar maak: 'n Land soos Namibië
of SA het eintlik net een basiese manier van goeie bestuur. Maak nie saak
of jy 'n apartheidsvark, 'n vryheidsvark of 'n kommunis is nie, as die
gepolitiekery verby is, dan begin die werk en as jy mooi na die werk kyk,
dan is daar basiese take wat verrig moet word. Voor die demokrasie is dit
gedoen deur mense met ondervinding en jare se opleiding. Na die demokrasie
is die ervare mense vervang deur onbevoegde regstellende aksie aanstellings
en word die basiese take nie verrig nie......baie keer wéét die mense nie
eers wat verkeerd is nie!
Nou, enige logiese mens sal vir jou vra wat eintlik het die LAND gewen
deur die politieke verandering? Niks, fokol. Jy kan vryheid nie eet nie
en hoe gouer jou politieke helde dit besef, hoe gouer sal hulle besef dis
net 'n kwessie van tyd soos hulle nou aangaan, dan looi hul eie mense hulle
in 'n verkiesing. NOU is daar nog die verskonings deur mense soos jy wat
die Afrika Piesangregerings op 'n troontjie plaas, maar die dag is nie meer
so ver voor hul eie mense hulle gaan bloedkeel gee in 'n verkiesing nie.....
"@rogers.com" wrote in message
news:_fGYc.109411$UTP.61902@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> So is die meeste blankes in ons land. Hulle leef en werk elke dag
> van
>> hul lewens en maak die geld [ja baie keer uit die swart mense uit wat ni�
>> wil werk nie] en dan het hulle die geld vir die beter dinge van die lewe.
>> Ek sou dink dis logies, of hoe?
>
> Heel logies, behalwe dat jy en mense soos jy
> uit twee kante van julle mond praat. Nou skryf
> julle sus, en dan skryf julle so. En uiteindelik
> is al indruk wat dit op die ondenkende hoorder
> laat, dat alles en almal in SA krepeer. Wat
> natuurlik baie ver van die waarheid is, as jy
> veral na die blankes kyk.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Swakopmund se moord [boodskap #97448 is 'n antwoord op boodskap #97310] |
Mon, 30 August 2004 15:37   |
P65
Boodskappe: 126 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Max schreef op 27/08/2004 :
> Nederland is al sonder wapens.
Max,wat jy vertel is nie reg nie,ek gaan weekliks naar een skietplaas
in Zeeland en daar stel ek vas dat daardie Nederlanders net soveel
wapens het as ons;hulle wapenbesit is wel streng gereglementeer
Ek probeer julle, daar in Afrika te vertel
> hoe wonderlik dit is... Jy mag hier ook nie Åœn mes, groter as jou handpalm
> by jou dra nie. Ek lees wat jy sê, dat dit die boewe net nog Åœn groter
> voordeel gee, want hulle dra wél wapens, maar my vraag is waar daai wapens
> vandaan kom? Dit was ooit wettig, maar is gesteel, in baie gevalle ten koste
> van die vorige eienaar se lewe - en dit maak my hartseer. Åœn Bose kringloop
> dus. Ek en jy sal dit nie kan oplos nie.
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:412f06b5.0@news1.mweb.co.za...
>> Nie 'n probleem nie, maar as 'n laaste sê sou ek reken ek's verbaas dat jy
>> bewus is van toestande in Afrika en tog propageer jy anti-vuurwapen vir
>> oraloor. Dalk moet jy net kwalifiseer dat in Nederland is wapens oorbodig?
>> "Max" wrote in message
>> news:412f05d8$0$42417$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>> Moenie vergeet dat ek nie in Afrika woon nie. My vrou ry saans elfuur op
>>> haar fiets rond, die idee dat sy verkrag kan word kom nie eers by my op
>>> nie. Tog bestaan die kans dat dit kan gebeur. Feit is dat almal nie daaroor
>>> koukus nie.
>
>>> In SA vertel almal mens graag oor die een se vriend se oom se vrou wat
>>> verkrag is. Die derde keer dat jy so Åœn storie hoor is jy so paranoïes dat
>>> jy uitstorm en Åœn geweer gaan koop, want wie weet, jou vrou is dalk
>>> volgende.
>
>>> Probleem is dat, as dit hier gebeur, haal dit die nuus en hulle sê dat 25
>>> polisiemanne aan die saak werk. Ook as die misdadiger gevang word,
>>> verkondig hulle dit. In SA is daar oral Åœn houding van "Dink jy jyÅœs
>>> besonder omdat jy verkrag is? Ons het beter dinge te doen..."
>
>>> Ek het klaar gepraat oor geweerbesit. Kan ons oreenkom dat jy daarvoor is
>>> en ek daarteen?
>
>>> Max
>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:412ed6f7.0@news1.mweb.co.za...
>>>> So jy wil vir my sê as iemand in jou huis of eiendom kom en wijou aanval,
>>>> dan gaan jy net staan en kyk? As jou vrou verkrag gaan word, dan gaan jy
>>>> net staan en toekyk? Die een belangrike rede vir vuurwapens vir
>>>> selfverdediging is juis om die speelveld tussen aanvaller en slagoffer
>>>> gelyker te maak want die slagoffers is oor die algemeen nie in staat om
>>>> hul aanvallers fisies aan te vat nie. 'n Vuurwapen gee jou darem soort
>>>> van 'n kans......maar as jy verkies om om te rol en magie bo te gaan lê
>>>> vir enige bliksem wat jou wil aanvat, wie's ek om jou dit te misgun?
>>>> "Max" wrote in message
>>>> news:412dd1d2$0$36861$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>>> > "Suidwester"
>>>> >> Max, ek wil nie bywees die dag as julle land weer in 'n oorlog betrokke
>>>> >> raak nie. Wat sal julle dan maak?
>>>
>>>> > Ek wil ook nie by wees nie. Een ding weet ek seker, Åœn rewolwer of
>>>> > pistool gaan ook nie maak dat ek by wil wees nie...
--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
|
|
|
Re: Swakopmund se moord [boodskap #97449 is 'n antwoord op boodskap #97436] |
Mon, 30 August 2004 15:48   |
Plato
Boodskappe: 630 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Verskoon my as ek hier net 'n klip in die bos gooi. Mense kyk baie na
blanke sukses en skreeu as hulle die agerstand van nie-blankes sien. Ek
waarborg jou dat die meeste blankes in Suid Afrika maar net 'n lewe lei
soos ander mense in Australie, NZ, VK ensovoorts. Sonder gedagte of
agenda gaan hulle maar elke dag deur met wakker word, ondbyt, kinders
skool toe neem, werk, bekommernis oor rekeninge, kos en klere roetine.
Die meeste blankes (99% en meer) doen maar net wat mense doen om 'n lewe
te maak. Min dink planne uit om swart mense te bedonner of te verdruk.
Maak van die wat jy wil. Dit is waar...
Groete
Plato
@rogers.com wrote:
> "Suidwester" skryf
>
> .. Dit beteken die nuutste
>
>> selfone, kameras, ens. Wie besit dit? Meestal blankes. So wie steel
>> van wie? Wat egter ook wel waar is, is dat die mense wat die markte vir
>> gesteelde goed skep, ook blankes insluit.
>
>
> So daar het jy dit. Wie het die nuutste selfone en kameras, volgens jou.
> Blankes, volgens jou. So waar kom jy nou aan die idee dat die
> blankes in SA krepeer van ellende? Want, volgens jou, is die ANC
> regering so sleg en korrup, dat almal insluitende die Afrikaners krepeer
> van ellende. Ek dink jy moet jou rapporteerdery van "wat in SA
> aangaan" hersien.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Swakopmund se moord [boodskap #97643 is 'n antwoord op boodskap #97449] |
Sat, 04 September 2004 16:14  |
Lorinta Zonia
Boodskappe: 164 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Plato skryf in boodskap news:...
> Verskoon my as ek hier net 'n klip in die bos gooi. Mense kyk baie na
> blanke sukses en skreeu as hulle die agerstand van nie-blankes sien. Ek
> waarborg jou dat die meeste blankes in Suid Afrika maar net 'n lewe lei
> soos ander mense in Australie, NZ, VK ensovoorts. Sonder gedagte of
> agenda gaan hulle maar elke dag deur met wakker word, ondbyt, kinders
> skool toe neem, werk, bekommernis oor rekeninge, kos en klere roetine.
> Die meeste blankes (99% en meer) doen maar net wat mense doen om 'n lewe
> te maak. Min dink planne uit om swart mense te bedonner of te verdruk.
>
> Maak van die wat jy wil. Dit is waar...
>
> Groete
> Plato
>
Nee man Plato - moet nou nie perfek onlogiese argument met feite kom bedinges nie!!!
En daar is 'n hele klomp swart middelklas mense wat ook dieselfde lewenswyse lei ...
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 02:11:59 UTC 2025
|