Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » JM Coetzee en die negentiende eeu
JM Coetzee en die negentiende eeu [boodskap #97293] Do, 26 Augustus 2004 13:08
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Toe ek JM Coetzee begin lees het, het dit vir my
duidelik geword dat hy sy beste prosa skryf wanneer hy
skryf oor karakters wat in die agtiende en negentiende eeue
in Suid-Afrika geleef het. Sy twee beste boeke is dus vir
my "Dusklands" (se tweede gedeelte) en " In the Heart
of the Country."
Dit was dus vir my baie baie interessant om in
"Youth" (wat hy eers onlangs geskryf het) te ontdek
dat dit heelwaarskynlik ook die jong Coetzee se agenda
was om groot boeke oor veral die neëntiende eeu te skryf,
in die tradisie van Burchell. Hy skryf : " .. he would like
to do it: write a book as convincing as Burchell's .
If, to make his book convincing, there needs to be a grease-
pot swinging under the bed of the wagon as it bumps
across the stones of the Karoo, he will do the grease-pot.
If there have to be cicadas trilling in the tree under which
they stop at noon, he will do the cicadas. The creak of
the grease-pot, the trilling of the cicadas - those he is
confident he can bring off. The difficult part will be to
give to the whole the aura that will get it onto the
shelves and thus into the history of the world : the
aura of truth. ..
"It is not forgery he is contemplating. . The challenge
he faces : to write a book whose horizon of knowledge
will be that of Burchell's time, the 1820s.."
Daar was natuurlik in die middel van die vorige
eeu 'n taamlike sterk genre van verhale oor die lewe
veral op die oosgrens gedurende veral die neëntiende
eeu. Ek onthou dat daar 'n skrywer met die naam
Venter was wat baie goeie boeke oor die lewe op die
Oosgrens geskryf het. André Brink later het ook baie
dieselfde genre beoefen - Ek dink nou aan sy boek
wat in Engels "A chain of voices" heet. Ek dink
Coetzee was spesiaal aangetrokke tot dié genre, en
het myns insiens van sy beste prosa in dié genre geskryf.

Gloudina
Vorige onderwerp: Pablo Neruda and Distant Memories
Volgende onderwerp: Re: Kort Verhaal: Net ñ Kas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 10:21:17 MGT 2024