| JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97219] |
Di., 24 Augustus 2004 13:46  |
BitterEinder
Boodskappe: 37 Geregistreer: Maart 2003
|
Volle Lid |
|
|
Hello almal,
As ek dit nie verkeerd het nie, het JM Coetzee 'n Nodel Prys vir
hierdie boek ontvang.
Wie van julle het "Disgrace" gelees?
Ek is g'n akademiekus(?) nie, maar ek't gedog hierdie boek is so
bietjie droog. As ek nie self in SA groot geword het nie, sou ek
myself oortuig het dat hy sommer baie snert gorrel.
Wat ek eintlik wil weet, van die van julle wat die boek gelees het, is
die hoofkarakter se dogter se houding teenoor haar verkragting. Vele
male probeer die hoofkarakter dit met haar bespreek, maar sy
"sidestep" die onderwerp elke keer.
Op een slag se sy dat verkragting die prys is wat wit vroue moet
betaal om in hulle land te woon.
JM het defnitief probeer om hierdie boek in die hoerskool sillabus te
kry. En dit sal baie interresant wees om 'n hoerskool onderwyser/es se
"disection" te lees. In Matriek het ons Kringe in 'n Bos gedoen, en
tot vandag toe bly Mev. Adri Weyers se ontleding van daardie
meesterstuk my by. Afrikaans was sonder twyfel my gunsteling vak.
(Jammer dat 11 jaar in die buiteland my vermoee so geknel het...)
Elk geval, ek het toe JM Coetzee se "Life and Times of Michael K"
probeer...marteling.
|
|
|
|
| Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97223 is 'n antwoord op boodskap #97219] |
Di., 24 Augustus 2004 14:23   |
TJ
Boodskappe: 723 Geregistreer: Januarie 2004
|
Senior Lid |
|
|
Nee hy het nog al sy "noodles" - miskien 'n Nobel prys?
:-)
TJ
"BitterEinder" skryf in boodskap news:dc6ce655.0408240546.276bf634@posting.google.com...
> Hello almal,
>
> As ek dit nie verkeerd het nie, het JM Coetzee 'n Nodel Prys vir
> hierdie boek ontvang.
>
> Wie van julle het "Disgrace" gelees?
>
> Ek is g'n akademiekus(?) nie, maar ek't gedog hierdie boek is so
> bietjie droog. As ek nie self in SA groot geword het nie, sou ek
> myself oortuig het dat hy sommer baie snert gorrel.
>
> Wat ek eintlik wil weet, van die van julle wat die boek gelees het, is
> die hoofkarakter se dogter se houding teenoor haar verkragting. Vele
> male probeer die hoofkarakter dit met haar bespreek, maar sy
> "sidestep" die onderwerp elke keer.
>
> Op een slag se sy dat verkragting die prys is wat wit vroue moet
> betaal om in hulle land te woon.
>
> JM het defnitief probeer om hierdie boek in die hoerskool sillabus te
> kry. En dit sal baie interresant wees om 'n hoerskool onderwyser/es se
> "disection" te lees. In Matriek het ons Kringe in 'n Bos gedoen, en
> tot vandag toe bly Mev. Adri Weyers se ontleding van daardie
> meesterstuk my by. Afrikaans was sonder twyfel my gunsteling vak.
> (Jammer dat 11 jaar in die buiteland my vermoee so geknel het...)
>
> Elk geval, ek het toe JM Coetzee se "Life and Times of Michael K"
> probeer...marteling.
|
|
|
|
|
|
| Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97236 is 'n antwoord op boodskap #97219] |
Di., 24 Augustus 2004 19:16   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"BitterEinder"
> Wie van julle het "Disgrace" gelees?
Ek het nou die dag op TV 'n Kanadese professor oor
"Disgrace" hoor praat. Sy verklaring is dat dit 'n nuwe
aanbieding is van Shakespeare se King Lear. ( Die
hoofkarakter se naam is mos iets soos Laurie, of soiets.
Ons het ons Disgrace uitgeleen en dit nie weer teruggekry
nie, so ek kan nie naslaan nie. Wat is die ou se naam?)
King Lear het, soos Job, mos ook uiteindelik in die
uiterste treurigheid beland, en dis eers wanneer hy
sekere lesse leer, dat hy gesuiwer anderkant uitkom.
( In Laurie (?) se geval help hy 'n vrou, op wie hy vantevore
neergesien het, by iets soos die S.P.C.A. om honde
humaan dood te maak. Ek dink dat hy die hoofkarakter
uiteindelik sien as 'n Moeder Theresa. Dis natuurlik
nuttig om te weet dat Coetzee 'n groot voorstander
van die regte van diere is en 'n boek "The lives of
Animals" geskryf het, waarin hy ongeveer slaghuise
vergelyk met die holocaust van die Jode aan die
hande van die Duitsers in die vorige eeu.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97239 is 'n antwoord op boodskap #97219] |
Di., 24 Augustus 2004 19:32   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"BitterEinder"
> Elk geval, ek het toe JM Coetzee se "Life and Times of Michael K"
> probeer...marteling.
Wel, Coetzee het sy eerste Booker-prys vir
Life and Times ontvang, dus kan mens dit
seker nie heeltemal veroordeel nie. Maar
ek was ook teleurgesteld dat hy nie van die
geleentheid gebruik gemaak het om 'n
gedetailleerde beskrywing van die Boland
en die Klein Karoo te gegee het nie.
Michael K. stap mos met 'n soort van 'n
kruiwa, waarop hy sy ma stoot, uit Kaapstad
uit en sover as die Klein Karoo. Dit terwyl
daar opstande in SA is teen die regime, en
die front erens naby De Aar is. Kaapstad is
glo ook al deels oorgeneem.
As jy nog nie "Boyhood" gelees het nie,
lees dit dan. Ek dink jy sal dit nie kan
neersit nie. Dit word algemeen aangeneem
dat dit biografies is. Dit is van 'n seun se
jongdae op Worcester. "Youth" is 'n
vervolg daarop, en gaan grootliks oor
sy bestaan in London, meeste van die tyd
as rekenaarsprogrammeerder, wat glo
biografies presies is wat Coetzee gedoen
het.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97242 is 'n antwoord op boodskap #97239] |
Di., 24 Augustus 2004 23:30   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek het ook Disgrace baie geniet, veral vir Coetzee se minimale skryfstyl,
absoluut briljant. Sy temas is wel soms bietjie kripties, en ek het nog
twee van sy boeke hier wat ek nog nie te lese gekry het nie. Wat my wel
teleurstel is dat op die boek se omslag gee dit sy bio, en noem dat hy in
Australië woon, en se nie dat hy n Suid-Afrikaner is(was) nie, S.A. word nie
eens genoem nie.
Ellie
"@rogers.com" wrote in message
news:7JMWc.7350$cIP1.1134@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
"BitterEinder"
> Elk geval, ek het toe JM Coetzee se "Life and Times of Michael K"
> probeer...marteling.
Wel, Coetzee het sy eerste Booker-prys vir
Life and Times ontvang, dus kan mens dit
seker nie heeltemal veroordeel nie. Maar
ek was ook teleurgesteld dat hy nie van die
geleentheid gebruik gemaak het om 'n
gedetailleerde beskrywing van die Boland
en die Klein Karoo te gegee het nie.
Michael K. stap mos met 'n soort van 'n
kruiwa, waarop hy sy ma stoot, uit Kaapstad
uit en sover as die Klein Karoo. Dit terwyl
daar opstande in SA is teen die regime, en
die front erens naby De Aar is. Kaapstad is
glo ook al deels oorgeneem.
As jy nog nie "Boyhood" gelees het nie,
lees dit dan. Ek dink jy sal dit nie kan
neersit nie. Dit word algemeen aangeneem
dat dit biografies is. Dit is van 'n seun se
jongdae op Worcester. "Youth" is 'n
vervolg daarop, en gaan grootliks oor
sy bestaan in London, meeste van die tyd
as rekenaarsprogrammeerder, wat glo
biografies presies is wat Coetzee gedoen
het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97335 is 'n antwoord op boodskap #97278] |
Vr., 27 Augustus 2004 20:19  |
Plato
Boodskappe: 630 Geregistreer: Julie 2004
|
Senior Lid |
|
|
Max wrote:
> "BitterEinder"
>
>> JM het defnitief probeer om hierdie boek in die hoerskool sillabus te
>> kry. En dit sal baie interresant wees om 'n hoerskool onderwyser/es se
>> "disection" te lees. In Matriek het ons Kringe in 'n Bos gedoen, en
>> tot vandag toe bly Mev. Adri Weyers se ontleding van daardie
>> meesterstuk my by. Afrikaans was sonder twyfel my gunsteling vak.
>> (Jammer dat 11 jaar in die buiteland my vermoee so geknel het...)
>
>
> Dis nou net mooi dít wat my weer heeltemal dwars in die krop steek. Hoekom
> word die onderwyser(es) se ontleding in jou keel afgegooi?
>
> Mens word as kind nie geleer om te dink nie, jy word geleer om soos jou
> onderwysers te dink...
>
> Dis jammer...
>
>
Jy dink darem vir jouself. Het hulle fout gemaak?
|
|
|
|