Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Kanadese verkiesing
Die Kanadese verkiesing [boodskap #9680] |
Di., 03 Junie 1997 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2171 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gister het ons Kanadese 'n verkiesing gehad.
Alhoewel niemand baie opgewonde geraak het tydens
die baie kort oploop na die verkiesing nie, het die
resultate tog baie belangrike gevolge vir die toekoms
van Kanada. Daar was vyf partye in die verkiesing
wat saak gemaak het.
(1) Die Liberale Party wat die afgelope vier jaar
regeer het, het weer ingekom, maar met 'n baie
skrale meerderheid. Een van die verrassings van
verkiesings was dat omtrent al die setels in die
provinsie van Ontario deur die Liberals gewen
is. Mense het dit nie verwag nie.
(2) Dit was dus een van die teleurstellings vir die
eens magtige Konserwatiewe party dat hulle nie
'n "comeback" gemaak het in Ontario nie. Hulle
het mos in die laaste verkiesing net twee setels in
die hele land gekry, maar het gehoop dat dit net
'n aberrasie was, en dat beter dae voorlê. Dit het
ongelukkig nie gebeur nie. Hulle is nou, met 20
lede, die kleinste party in die regering, en die
gevaar is daar dat hulle, soos die ou Verenigde
Party in SA, van die toneel sal verdwyn.
(3) Die Reform Party - 'n regse Party wat allerhande
drastiese fiskale beleide verkondig en ook wil hê
dat daar ferm met die Quebec-separatiste opgetree
moet word, het 'n baie sterk teenwoordigheid
in Westelike Kanada gekry. Dis nou duidelik dat
Kanada ideologies skerp oos/wes verdeel is.
(4) Die Bloc Quebecois se verteenwoordiging in die
Sentrale Regering is nou skerp minder. Hulle is nie
meer die offisiële opposisie nie (Reform is dit nou.)
Maar die feit dat hulle nou verwag dat Reform vir
hulle meer aggressief gaan aanval oor hulle voorneme
om te werk vir die afskeiding van Quebec, gaan hulle
meer aggressief maak. Ons verwag dus vuurwerk in
die stryd tussen Reform en die Bloc, en miskien skep
dit probleme vir die Liberals, wat alles maar so vreed-
saam as moontlik wil hê.
(5) Ek was baie bly om te sien dat die NDP selfs een meer
setel as die Konserwatiewes gekry het. (In die vorige
parlement was hulle maar net 'n handvol.) Die New
Democratic Party is die party van die man in die straat,
die gewete van die nasie, die heenvlugplek vir vroue
en minderheids-groepe. Hulle is ook tradisioneel die
party met wie die Liberals koalisies aangaan as dit moet.
Maar die vrou wat leier is van die NDP het gisteraand
die Liberals gewaarsku "Don't take us for granted."
So na hierdie verkiesing het ons nou nog dieselfde eerste
minister: Jean Chretien. Ek troos my altyd hier in Kanada
dat my aksent en grammatika beter is as Jean Chretien s'n.
Sy Frans is glo ook nie so watwonders nie.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
|
Re: Die Kanadese verkiesing [boodskap #9721 is 'n antwoord op boodskap #9680] |
Do., 05 Junie 1997 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2171 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Marc writes: > @igs.net wrote:
>>
>
>
> (maar ons weer is ten minste so sleg soos julle'sn op die oomblik).
>
> Nog 'n snaakse ding van die verkiesing: Reform het 19.4% van die stemme
> gekry, en 60 setels, NDP 11% en 21, en PC 18.9% en 20. Dit lyk vir my 'n
> stelsel waar jy ook setels kry gebaseer op die persentasie stemme 'n
> bietjie beter sou wees ( soos wat in SA gebruik word (vir plaaslike
> verkiesings)).
>
> marc
Marc,
Waarom dink jy ons weer is sleg hier in die Ooste -
geen sneeu tot net hier voor Kersfees, en amper geen
reen nie - ek dink ons het 'n droogte. Come east,young
man, come east.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 14:37:23 UTC 2025
|