Julle wit Afrikaners [boodskap #96975] |
Thu, 19 August 2004 15:06  |
Jacob Booi
Boodskappe: 4 Geregistreer: August 2004
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Lyk my julle het nie vrede al gemaak met die feit dat julle Afrikane is nie.
Julle stotter ammekaar terug verlede toe.
Dis nou as ek die nuusgroep lees.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Julle wit Afrikaners [boodskap #97115 is 'n antwoord op boodskap #97113] |
Sun, 22 August 2004 13:22   |
Plato
Boodskappe: 630 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@rogers.com wrote:
> "Plato"
>
>
>> Jy het nie 'n idee hoe vermoeiend dit is om met jou te redeneer nie.
>
>
> Nou hoekom sit en redeneer jy dan so knaend met
> my? Ek het nog skaars hier iets in Kanada gepos, en
> jy antwoord dit, of dit nou weeksdag of naweek is.
> Jy kan dit natuurlik nie weet nie, maar ek het hierdie
> afgelope tydjie vir jou 'n lokval gestel, net om te sien
> hoe knaend jy antwoord. Ek dink nie jy het 'n lewe
> nie. Hoekom sit jy so knaend voor die rekenaar, selfs
> op naweke? Ek gaan vir 'n paar uur weg ( van ons
> tweede rekenaar wat ek vir my eie gebruik het) en as
> ek terugkom, sit jy maar net met iemand anders en
> redeneer. Soos die Engelsman sê, get a life. Jy kan
> natuurlik dieselfde vir my sê, want ek sit ook bietjie
> knaend voor die rekenaar. Maar ek doen dit met
> 'n doel.
>
> Gloudina
>
>
>
My lewe wentel rondom rekenaars. Dis wat ek doen. Ek het 2 skerms hier
waar ek sit. Een wat my stelsels monitor en waarop ek werk en die ander
een vir kommunikasie. Dit is waarop jou en ander mense se boodskappe
deurkom, emails, SMSe ensovoorts. En ek is maar 'n student van die lewe
en mense interesseer my. Die situasie is dieselfde of ek op kantoor is
of by die huis. Ek is wel die naweek siek gewees met griep en dit is
hoekom ek nie bietjie weg van die rekenaar af was nie. Ek was wel weg
van die rekenaar af toe ek rugby gekyk het! YEAH BOKKE!!!!
En wie gee jou nou eintlik die reg om vir mense te staan en vertel wat
hulle met hulle tyd moet doen aldan nie? Het jy nie beter dinge om met
JOU tyd te doen as om vir mense lokvalle te stel nie?
Cheers
Plato
|
|
|
|
|
|
|
|