| ANC huil omdat "wittes" medaljes wen! [boodskap #97068] |
Vr., 20 Augustus 2004 18:36  |
P65
Boodskappe: 126 Geregistreer: Junie 2004
|
Senior Lid |
|
|
ANC huil omdat "wittes" medaljes wen!
(Deur Jakkie Basson)
SUUR druiwe by die kommunistiese ANC-regime was duidelik sigbaar nadat
Roland Schoeman, Lyndon Ferns, Darian Townsend en Ryk Neethling 'n puik
prestasie in die swembad gelewer het deur die goue medalje in 'n
wêreldrekordtyd van 3 min 13,17 in die 4x100 vryslag tydens die
Olimpiese Spele in Athene te verower. Al vier is blankes.
Direk na die oorwinning van die vier het die kommunistiese ANC-regime
aangekondig dat Suid-Afrika sy sportbeleid in hersiening moet neem.
Daar is glo nie genoeg geleenthede vir swart "agtergeblewenes" om sport
te beoefen en te presteer nie. Hulle het veral daarop nadruk gelê dat
die saak op skool reggestel moet word.
Met die aankondiging van die Olimpiese span het Sam Ramsamy, voorsitter
van Noksa, gekla omdat 80% van die span uit blankes bestaan.
Armien Dharsey, ondervoorsitter van Ussasa, wat skolesport beheer, het
oor die viertal se oorwinning laat weet dat hy bly is oor die
prestasie, maar nie verheug nie. Die rede is dat daar nie genoeg
gedoen word om swart sportmanne op te lewer nie.
Bhekezizwe Zulu, 'n LP van die ANC, het gesê dat behalwe die een goue
medalje in swem, Suid-Afrika nêrens in Athene is nie. Dit het hy gesê
nadat die Olimpiese Spele nog maar in sy eerste week was, en vele
sportsoorte, soos atletiek, nog nie eers begin het nie.
Dit is baie duidelik dat dit vir die ANC en die swartes nie gaan oor
Suid-Afrikaanse sport en prestasies nie, maar omdat swartes nie
presteer nie, en hulle geen vreugde openbaar wanneer 'n blanke sportman
presteer nie.
Die ontnugtering van die swartes van die ANC blyk voorts daaruit dat
hulle nou ernstig is om swartes aan te moedig om aan sport deel te neem
en te presteer. Hulle wyt selfs die gebrek aan prestasies op die
sportveld aan die afskaffing van die liggaamsoefeningperiode aan skole.
Voormalige Model C-skole (blank) word ook in die skyf gekry omdat hulle
soveel doen om sportprestasies te behaal, terwyl by swart skole geen
vergelykbare programme bestaan nie.
Hulle kla ook steen en been omdat nie genoeg geld vir swart skole
beskikbaar gestel word om sportontwikkeling te bevorder nie. Hulle
voer aan dat transformasie in sport nie so bevorder kan word nie.
Dan meld hulle selfs dat swart sportmanne wat presteer, soos Herschelle
Gibbs en Makhaya Ntini dit slegs kon regkry omdat hulle voormalige
blanke skole bygewoon het. Hulle is glo "afgerokkel".
In die lig daarvan sê die ANC dat hulle sal volhou met kwotastelsels in
alle sportsoorte totdat gelykheid bereik is. Hulle oordeel ook dat
Ussasa nie genoeg doen om sport in swart gemeenskappe te bevorder nie.
Met hierdie uitlatings is dit duidelik dat die kommunstiese ANC-regime
weer met 'n hernude aanslag op sport wil begin. Die doel is nie soseer
om swart sport te bevorder nie, maar dit sal ook weer beteken dat
blankes wat aan sport wil deelneem, verder na benede getrek sal moet
word om de indruk te vermy dat dit slegs blankes is wat in sport kan
presteer.
--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: ANC huil omdat "wittes" medaljes wen! [boodskap #97121 is 'n antwoord op boodskap #97094] |
So., 22 Augustus 2004 16:26  |
soforkenwhat
Boodskappe: 75 Geregistreer: Junie 2004
|
Volle Lid |
|
|
AG FOK DIS SEKER JOU NEFIE SE BUURMAN SE PEL
"@rogers.com" wrote in message
news:gOJVc.4652$pTn.385@news01.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "Plato" skryf
>
> Gloudina sal natuurlik sê "maar dit het in
>> Apartheid gebeur" waarop mens net jou kop kan laat sak en saggies lag.
>
> Ek het swart atlete geken wat in hulle eie aparte
> sportbyeenkomste rekords gebreek het, rekords
> wat gemonitor is en wat duidelik gewys het dat
> sommige wit atlete na die Olimpiese Spele gegaan
> het met tye wat slegter was as dié van die swart
> atlete. Dis daarom dat die wêreld later vir jou
> apartheidsvarke uitgeskop het uit die Olimpiese
> Spele.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|