Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Voorkom Plaasanvalle - OP SA TV
Voorkom Plaasanvalle - OP SA TV [boodskap #97071] |
Sa., 21 Augustus 2004 06:27  |
Plato
Boodskappe: 630 Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hi julle!
Het vanoggend die interessantste dokie op TV gesien oor plaasanvalle.
Die plaasanvallers gebruik amper altyd ou tradisionele tekens om mekaar
te verwittig van die teiken, die plek en die tyd van so 'n aanval.
Daar is 'n boek oor die onderwerp geskryf. Boere moet byvoorbeeld uitkyk
vir plat gras in die omgewing van plaas geboue waar aanvallers die
omgewing voor die tyd vanaf dophou. Soek rondom dit vir tekens. Tekens
sluit in, draad wat snaaks gebuig is, takke wat gebreek word ensovoorts.
Die tekens is altyd ewe vêr uitmekaar en van hulle mag ander tekens
uitwys. Die boek maan egter boere om nie paniekerig te raak as hulle
tekens op hulle plaas sien nie, want dit word ook gebruik vir van die
werkers se tradisionele rituele soos mondigwording ensovoorts. Boere
word aangeraai om die polisie te betrek as tekens gewaar word sodat die
ware betekenis eers vasgestel kan word. Die polisie het mense wat die
goed kan lees.
WOW!
Cheers
Plato
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Apr. 15 23:14:30 UTC 2025
|