Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Apologie na 'n honderd jaar in Namibia
Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96785] |
Tue, 17 August 2004 13:15  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Tydens die honderjarige herdenking van die volksmoord op die
Herero's tussen 1904-1907 het die Duitse regering in die publiek
om verskoning gevra vir dié "genocidë" wat deur Duitsland
gepleeg is.
Toe die Herero's in 1904 in opstand gekom het teen die feit dat
die Duitse magte hulle tuisland binnegedring het en hulle begin
beheer het, het Generaal Lothar van Trotha sy troepe bevel gegee
om die stam uit te wis. Die Herero's wat nie doodgemaak is nie,
is in kampe gesit en aan Duitse besighede gegee as slawe-arbeid.
Baie is dood aan ondervoeding en uitputting. Omtrent twee-
derdes van die Herero is dood in hierdie periode.
Hierdie is nou een van die voorbeelde van die verligte
aksies van Westerlinge, wat "Plato" so bewonder.
Dis ook hoog tyd dat Engeland, nog 'n ander nasie vol
"westerlinge" begin verskoning maak vir wat gedurende
die Anglo-Boereoorlog in die konsentrasiekampe
gebeur het. Hier in Kanada het die kerke alreeds om
verskoning begin vra vir die kulturele "genocide" wat
hulle gepleeg het deur Eerste Nasies se kinders te dwing
om hulle akademiese opvoeding in kerkskole te ontvang,
waar daar baie voorbeelde van fisiese en seksuele
molestasie nou voor die dag kom.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96801 is 'n antwoord op boodskap #96785] |
Tue, 17 August 2004 15:24   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Tante ek sal aan die begin vir jou sommer reguit sê jy praat twak want jy
het duidelik nie die hele storie gelees nie en nou vuurwarm spring na dinge
om mee stront te gooi.
"@rogers.com" skryf in boodskap news:qxnUc.57$uc.8@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
> Tydens die honderjarige herdenking van die volksmoord op die
> Herero's tussen 1904-1907 het die Duitse regering in die publiek
> om verskoning gevra vir dié "genocid�" wat deur Duitsland
> gepleeg is.
-----Daar is nie verskoning gevra vir volksmoord[kry tog jou taalgebruik
reg!] nie, wel vir die oorlog wat plaasgevind het tussen die Duitsers en die
Hereros en dat van die Hereros daardeur gely het. Die Duitse regering
beskou dit nie as volksmoord nie. Punt. Die regering van Namibië beskou
dit nie as volksmoord nie. Punt. Die gewone mens wat die storie ken,
beskou dit nie as volksmoord nie. Punt. Die Herero's wat 'n geleentheid
sien om lekker sop te skep uit die buiteland, praat dit 'n volksmoord.
> Toe die Herero's in 1904 in opstand gekom het teen die feit dat
> die Duitse magte hulle tuisland binnegedring het en hulle begin
> beheer het, het Generaal Lothar van Trotha sy troepe bevel gegee
> om die stam uit te wis.
------As jy die geskiedenis van ons land wil skryf, moet jy darem meer
inligting hê, ou antie! Lank vóór Von Trotha besluit het om drastiese
stappe teen die Herero's te neem was daar al 'n jarelange skermutselinge aan
die gang tussen Witbooi se Hottentotte en die Herero's wat die Duitser onder
beheer probeer kry het om die land te beveilig. Kort voor die sogenaamde
volksmoord van jou, het die Herero's op 'n 'killing spree' gegaan en as ek
dit reg onthou, 12 of 14 Duitse plase afgebrand, die mense vermoor en die
beeste weggedryf. Dis hier waar Von Trotha besluit het genoeg is genoeg.
Nou looi hy die Herero. Die meeste Herero's is ook g'n doodgeskiet nie.
Die meeste het met 'n stofstreep oor die Betsjoenanalandgrens verdwyn en tot
vandag het meeste Herero families familie daar.
Die Herero's wat nie doodgemaak is nie,
> is in kampe gesit
----die kampe was konsentrasiekampe tot tyd en wyl hulle die Herero's tot
oorgawe gedwing het.
en aan Duitse besighede gegee as slawe-arbeid.
----waar jy hieraan kom is verstommend. Ook louter kak.
> Baie is dood aan ondervoeding en uitputting.
-----Ja! Deur die Kalahariwoestyn na Betsjoeanaland is daar nie oop water
nie. Verwag jy die Duitsers moes vir hulle water aangery het?
Omtrent twee-
> derdes van die Herero is dood in hierdie periode.
------Hierdie getalle groei so met die jare aan en soos die legende geskep
word deur mense soos jy. As ek die syfers reg het, dan het nie eers 25%
van die Herero's in daardie oorlog omgekom nie.
Stertjie: Antie, hoor jy ENIGE verskoning van enige swart mond se kant
oor die dinge wat hulle gedurende hierdie tye aangevang het? Maar wat help
dit ek praat met jou? Jy reken jy's 'n gelowige, maar terselfdertyd glo jy
in vergelding. Vir iemand is jy besig om te lieg en vir jouself die
ergste. Ek het vir jou al voorheen vertel van ons wye land en sy mense en
die feit dat die grootste deel van die land doerie jare steeds onbewoon was
omdat jy eenvoudig nie daar 'n bestaan kon maak nie. Tussen die Witbooi
Hottentotte, die Herero en die Owambo sal jy baie lyke in die geskiedenis
kry van bruin, swart en wit mense wat in hierdie wye land net vreedsaam 'n
bestaan wou maak. Ek hoor nie een van hierdie stamme verskoning aanbied
vir hul dade nie. Net soos ek nog nooit jou stem gehoor het in verskoning
oor jy 'n politieke ideologie waaronder baie, baie duisende onskuldige mense
geval het nie? Sekerlik is dit wat jy eis van ons blanke Namibiërs en
voorsate niks minder as reg vir jou en jou politieke base......as hulle jou
nog onthou, bygesê!
|
|
|
|
|
|
|
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96817 is 'n antwoord op boodskap #96805] |
Tue, 17 August 2004 19:58   |
Dee Dee
Boodskappe: 50 Geregistreer: August 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Tue, 17 Aug 2004 18:26:27 +0200, Plato wrote:
> Ek bly in 'n land met die 2de
> hoogste moord syfer naas Colombie. In hierdie land van my as 'n
> krimineel iemand skiet en hy word self beseer in die proses, word die
> krimineel op staats onkoste in privaat hospitale behandel terwyl die
> wetsgehoorsame burger self moet sien kom klaar op sy eie koste.
> Plato
Plato, jy bly in 'n land waar dit so erg gaan, dat 'n moordenaar,
vir wie die regter sê dat hy 'n reïnkarnasie van die duiwel self
is, nie doodgemaak kan word nie. 'n moordenaar,
william kekana (20), wat Jacobus Geldenhuys vermoor het,
verlede jaar. Daarna vermoor hy Cliff Rawstone se ma en verloofde
en baba, Hester Rawstone, Janine Drennen en haar baba, Kayla.
Die eenjarige dogtertjie het hy geskiet, en toe sy roggel, het hy
haar weer deur die lyfie geskiet. Ook het hy nog 'n jong meisie
wat saam was probeer vermoor. En ook was hy vroeër aangekla vir
moord op 'n veiligheidswag in Noordwes, maar volgens sy pa, was
die gereg te treurig om hom vas te trek.
'n Verslaggewer sê dat sy pa gehuil het en met walging geluister het
hoe sy seun onverskillig vertel hoe hy sy vroulike slagoffers verkrag
het.
Wie die koerantberigte gevolg het, sal onthou hoe die regter, toe hy,
duidelik met 'n gloudinaïstiese obsessie, apartheid wou blameer, hom
ontstoke vertel het dat hy snert praat en niks weet van apartheid nie,
omdat hy in 1994 gebore is.
Syy pa, 'n polisieman, sê dat sy seun moet hang.
Kwoteer sy pa: "sy slagoffers se gesinne bly oor met die pyn en
william sit in die tronk en eet." Sy seun het niks minder as die
doodstraf verdien nie, se Herbert. Ook het hy belowe om nooit vir hom
in die tronk te gaan kuier nie.
En verslae lees ek, hoe mense soos Gloudina en Katryn, sy lewe
gespaar wil hê. Hoe hulle reken dat dit onmenslik sal wees om
hom (of te wel, monsters soos hy) dood te maak.
|
|
|
|
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96822 is 'n antwoord op boodskap #96820] |
Tue, 17 August 2004 21:30   |
Dee Dee
Boodskappe: 50 Geregistreer: August 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Tue, 17 Aug 2004 21:07:29 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> "Dee Dee" skryf
>
>> En verslae lees ek, hoe mense soos Gloudina en Katryn, sy lewe
>> gespaar wil hê. Hoe hulle reken dat dit onmenslik sal wees om
>> hom (of te wel, monsters soos hy) dood te maak.
>
> As 'n sosiale groep mense begin doodmaak, is hulle net
> so moreel korrup soos Kekana. As jy vir iemand wil
> doodmaak, is jy net so moreel korrup soos Kekana.
> As jy in die kerk sit en oor Jesus praat en aan "God"
> glo, en ander mense wil doodmaak, dan is jy 'n
> witgesmeerde graf.
>
> Gloudina
>
Ek wonder of vriende soos Plato, Chris, Just-you, Jonas
en diesmeer hulle sal verwerdig om jou te antwoord.
Ek twyfel, want hulle verwerp dit wat jy sê met dieselfde
veragtig as ek.
DD
|
|
|
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96824 is 'n antwoord op boodskap #96822] |
Tue, 17 August 2004 22:19   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dee Dee skryf:
>>> En verslae lees ek, hoe mense soos Gloudina en Katryn, sy lewe
>>> gespaar wil hê. Hoe hulle reken dat dit onmenslik sal wees om
>>> hom (of te wel, monsters soos hy) dood te maak.
> @rogers.com" :
>> As 'n sosiale groep mense begin doodmaak, is hulle net
>> so moreel korrup soos Kekana. As jy vir iemand wil
>> doodmaak, is jy net so moreel korrup soos Kekana.
>> As jy in die kerk sit en oor Jesus praat en aan "God"
>> glo, en ander mense wil doodmaak, dan is jy 'n
>> witgesmeerde graf.
>> Gloudina
> Dee Dee:
> Ek wonder of vriende soos Plato, Chris, Just-you, Jonas
> en diesmeer hulle sal verwerdig om jou te antwoord.
> Ek twyfel, want hulle verwerp dit wat jy sê met dieselfde
> veragtig as ek.
>
> DD
Wat my weer keer op keer verslae en hartseer laat is wanneer mens keer
op keer sien hoe mense hulleself Christene noem, en dan hulleself in
dieselfde asem as ho"er as die God wat hulle aanbid, aanstel.
Vanuit 'n Christelike morele aspek gesien behoort geen GEEN GEEN mens
die reg te hê om te besluit tussen lewe en dood nie. Net God mag
daardie besluit neem. Maar julle verkies om eerder nie die boodskap
van liefde wat Jesus gepredik het, raak te sien nie. Nee, julle is
beter. God weet, julle is beter!
Dit is asof julle 'n siek verwronge genot daaruit put om in soveel
detail moontlik ander mense se smart en pyn te kan beskryf. Julle
plaas foto's van julle dooies op die Internet sodat ander kan sien hoe
wreed en barbaars die swartmense dan is. Maar wie is die wreedste?
Wie is die barbare? Wie is die moreel korruptes? Het julle dan geen
respek vir julle dooies nie? Julle het duidelik geen respek vir lewe
nie.
Daar is groot fout iewers....
Maar ek verwerp en verag jou tipe van Christen wees. Ek verwerp dit
totaal. So, laat Plato en Chris en Frikkie en Jonas maar gerus
antwoord. Mag julle God julle harde harte vergewe, en mag Hy
vergifnis en liefde aan julle openbaar.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96830 is 'n antwoord op boodskap #96828] |
Tue, 17 August 2004 23:17   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dee Dee skryf:
> 'U het so gesê' was ook 'n dubbelsinnige antwoord in meer
> as een kruisverhoor.
> Ek het so pas gesien hoe laat dit is.
> Dit is al 50 minute lank die 18de hier, en dit is nog die 17de by
> julle. (wat dit laat klink of julle bietjie stadig is:-)
> Toevallig 'n dag waarop ek met niemand wil argumenteer nie.
> Geniet die res van die aand.
Geniet jou aand ook, DD.
Jy hoef nie te argumenteer nie. Ons het almal ons eie opinies.
Jammer dat ek dit so bietjie verloor het vanaand, maar ai...AI! ;-)
Toevallig lees ek netnou hierdie stuk wat Baron d'Holbach in die
1700's geskryf het:
"What is virtue according to theology? It is, we are told, "the
conformity of the actions of man to the will of God." But what is
God? A being of whom nobody has the least conception and whom
everyone consequently modifies in his own way.
What is the will of God? It is what men, who have seen God or whom
God has inspired, have declared to be the will of God. And who are
those who have seen God? They are either fanatics or rogues, or
ambitious men, whom we cannot readily believe upon their word.
To found morality upon a God whom everyone paints to himself
differently, composes in his way, and arranges according to his own
temperament and interests is evidently to found morality upon the
caprice and imagination of men; it is to found it upon the whims of a
sect, a faction, a party, who will believe they have the advantage to
adore a true God to the exclusion of all others..."
;-)
|
|
|
|
|
|
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96836 is 'n antwoord op boodskap #96824] |
Wed, 18 August 2004 04:25   |
Plato
Boodskappe: 630 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ag nee Katryn ek het ophou lees na die fotos bollie. Ek skryf dus
dieselfde vir jou as vir Gloudina. Stront!
Katryn wrote:
> Dee Dee skryf:
>
>
>>>> En verslae lees ek, hoe mense soos Gloudina en Katryn, sy lewe
>>>> gespaar wil hê. Hoe hulle reken dat dit onmenslik sal wees om
>>>> hom (of te wel, monsters soos hy) dood te maak.
>
>
>> @rogers.com" :
>
>
>>> As 'n sosiale groep mense begin doodmaak, is hulle net
>>> so moreel korrup soos Kekana. As jy vir iemand wil
>>> doodmaak, is jy net so moreel korrup soos Kekana.
>>> As jy in die kerk sit en oor Jesus praat en aan "God"
>>> glo, en ander mense wil doodmaak, dan is jy 'n
>>> witgesmeerde graf.
>
>>> Gloudina
>
>> Dee Dee:
>> Ek wonder of vriende soos Plato, Chris, Just-you, Jonas
>> en diesmeer hulle sal verwerdig om jou te antwoord.
>> Ek twyfel, want hulle verwerp dit wat jy sê met dieselfde
>> veragtig as ek.
>> DD
>
>
> Wat my weer keer op keer verslae en hartseer laat is wanneer mens keer
> op keer sien hoe mense hulleself Christene noem, en dan hulleself in
> dieselfde asem as ho"er as die God wat hulle aanbid, aanstel.
> Vanuit 'n Christelike morele aspek gesien behoort geen GEEN GEEN mens
> die reg te hê om te besluit tussen lewe en dood nie. Net God mag
> daardie besluit neem. Maar julle verkies om eerder nie die boodskap
> van liefde wat Jesus gepredik het, raak te sien nie. Nee, julle is
> beter. God weet, julle is beter!
>
> Dit is asof julle 'n siek verwronge genot daaruit put om in soveel
> detail moontlik ander mense se smart en pyn te kan beskryf. Julle
> plaas foto's van julle dooies op die Internet sodat ander kan sien hoe
> wreed en barbaars die swartmense dan is. Maar wie is die wreedste?
> Wie is die barbare? Wie is die moreel korruptes? Het julle dan geen
> respek vir julle dooies nie? Julle het duidelik geen respek vir lewe
> nie.
>
> Daar is groot fout iewers....
> Maar ek verwerp en verag jou tipe van Christen wees. Ek verwerp dit
> totaal. So, laat Plato en Chris en Frikkie en Jonas maar gerus
> antwoord. Mag julle God julle harde harte vergewe, en mag Hy
> vergifnis en liefde aan julle openbaar.
>
|
|
|
|
|
|
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96840 is 'n antwoord op boodskap #96829] |
Wed, 18 August 2004 05:48   |
Dee Dee
Boodskappe: 50 Geregistreer: August 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Tue, 17 Aug 2004 23:09:28 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> "Dee Dee" skryf
>
>> heel vreemde woorde vir iemand wat meer as een keer
>> haar eie ateïstiese beterweterigheid aan my erken het.
>> Die woorde, 'julle God' word nie misgekyk nie, maar die
>> res van die brief is dubbelsinnig.
>> Agnosties het jouself genoem, né.
>
> Met mense soos jy as advertensie, is dit geen wonder
> dat daar mense soos Katryn is wat haar wil dissosieer
> van julle onheilige ketterse verdraaiing van die woorde
> van Christus nie. Jy aanbid 'n god van jou maaksel,
> en verstaan met opset die boodskap van Christus mis.
>
> Gloudina
>
Natuurlik beteken jou valsheid zero, in ag genome dat
dit kom van 'n draaijakkals soos jy. Ek wonder of mense
soos Plato nog so vriendelik met jou sal wees indien hulle
weet hoe jy die Christendomverraai het deur boedhisties
te draai. Ek wonder hoeveel mense op hierdie groep
weet dat jy in 'n boedhistiese tempel die knie buig voor
daardie vet afgod. Hoeveel beelde van Gautama of wat
sy naam ookal is, het jy in jou huis?
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96904 is 'n antwoord op boodskap #96824] |
Thu, 19 August 2004 03:15  |
soforkenwhat
Boodskappe: 75 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Dan kry ons 'n heiden regter om die doodstraf aan hulle op te le
"Katryn" skryf in boodskap news:ehv4i0dcn3tcjk5dbru6lqlr5kmalaslgh@4ax.com...
> Dee Dee skryf:
>
>>>> En verslae lees ek, hoe mense soos Gloudina en Katryn, sy lewe
>>>> gespaar wil hê. Hoe hulle reken dat dit onmenslik sal wees om
>>>> hom (of te wel, monsters soos hy) dood te maak.
>
>> @rogers.com" :
>
>>> As 'n sosiale groep mense begin doodmaak, is hulle net
>>> so moreel korrup soos Kekana. As jy vir iemand wil
>>> doodmaak, is jy net so moreel korrup soos Kekana.
>>> As jy in die kerk sit en oor Jesus praat en aan "God"
>>> glo, en ander mense wil doodmaak, dan is jy 'n
>>> witgesmeerde graf.
>
>>> Gloudina
>
>> Dee Dee:
>> Ek wonder of vriende soos Plato, Chris, Just-you, Jonas
>> en diesmeer hulle sal verwerdig om jou te antwoord.
>> Ek twyfel, want hulle verwerp dit wat jy sê met dieselfde
>> veragtig as ek.
>> DD
>
> Wat my weer keer op keer verslae en hartseer laat is wanneer mens keer
> op keer sien hoe mense hulleself Christene noem, en dan hulleself in
> dieselfde asem as ho"er as die God wat hulle aanbid, aanstel.
> Vanuit 'n Christelike morele aspek gesien behoort geen GEEN GEEN mens
> die reg te hê om te besluit tussen lewe en dood nie. Net God mag
> daardie besluit neem. Maar julle verkies om eerder nie die boodskap
> van liefde wat Jesus gepredik het, raak te sien nie. Nee, julle is
> beter. God weet, julle is beter!
>
> Dit is asof julle 'n siek verwronge genot daaruit put om in soveel
> detail moontlik ander mense se smart en pyn te kan beskryf. Julle
> plaas foto's van julle dooies op die Internet sodat ander kan sien hoe
> wreed en barbaars die swartmense dan is. Maar wie is die wreedste?
> Wie is die barbare? Wie is die moreel korruptes? Het julle dan geen
> respek vir julle dooies nie? Julle het duidelik geen respek vir lewe
> nie.
>
> Daar is groot fout iewers....
> Maar ek verwerp en verag jou tipe van Christen wees. Ek verwerp dit
> totaal. So, laat Plato en Chris en Frikkie en Jonas maar gerus
> antwoord. Mag julle God julle harde harte vergewe, en mag Hy
> vergifnis en liefde aan julle openbaar.
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 02:45:07 UTC 2025
|