| Heil die Leser [boodskap #96551] |
Vr., 13 Augustus 2004 07:19  |
Zuben
Boodskappe: 9 Geregistreer: Augustus 2004
|
Junior Lid |
|
|
Ons stuur hierdie brief
ingeval u nie weet
(want Buurman Mugabe
het blykbaar vergeet!) -
Ons bied 'n heenkome
vir mense soos u
met effense skandes
en dade wat gru.
Moet u nie bekommer
oor wat dit sal kos -
die wyn en paté
betaal andere mos.
Ons bied hierdie skuiling
aan Struggle-genote
'n sononderhut
vir verstote despote.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Heil die Leser [boodskap #96586 is 'n antwoord op boodskap #96585] |
Vr., 13 Augustus 2004 13:05  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
ntuurlik was jy nooit verban uit SA nie, ou antie, jy't sommer gehol van
bangeit so op jou eie. Sekerlik gesien die gras is groener anderkant die
draad, of hoe?
"@rogers.com" skryf in boodskap news:HQ1Tc.2$eGL.1@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
>
> "Suidwester"skryf
>
>> Klink soos 'n Kanadese aanbod!
>
> Klink natuurlik of Zuben van een swaeltjie 'n somer maak.
> Watter ander despoot gee julle nog skuiling ( behalwe
> nou daardie ou diktator P.W. Botha)?
>
> As daar van Aristide gepraat word, hy het sy akademiese
> opleiding in Montreal ontvang.
> Ek dink SA se toestemming om Aristide te huisves, is
> grootliks te wyte aan die feit dat hulle die VSA wou
> uithelp. Congresswoman Maxine Walters het Aristide
> onder haar vleuel geneem, en as ek reg onthou, selfs
> met hom aanvanklik na die Kongo gegaan.
>
> Onthou net altyd, om 'n balling 'n tuiste te gee,
> is 'n eerbare ding. Dink aan oom Paul wat
> uiteindelik in Switzerland sy heenkome gevind
> het. Wonder hoekom Nederland dit nie gedoen
> het nie?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|