Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE LEDIGHEID VAN ONS GEWIG - CJ Langenhoven (vir Katryn)
DIE LEDIGHEID VAN ONS GEWIG - CJ Langenhoven (vir Katryn) [boodskap #96508] Do, 12 Augustus 2004 03:13 na volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
DIE LEDIGHEID VAN ONS GEWIG

Dit betéken nie altyd veel om 'n man van belang te wees nie. Die
belangrikste persoon op 'n begrafnis is die dooi man.

En oral waar daar 'n dooie is onder 'n geselskap van lewende
nablywendes is dit sy geheimsinnige, akelige, ontsagwekkende gelaat
wat die aandag trek. Die trekke is nog dieselfde, maar tog nie
dieselfde nie: die uitgebluste vuur van die lewe, lyk dit, het plaas
gemaak vir 'n uitsig op die oneindige agter die gordyn. So iets van
die majesteit van die dood ontwaar ons ook - 'n skaduwee daarvan, 'n
suggestie - op die gelaat van 'n suigeling, van 'n blinde, van 'n
kranksinnige. Dis die Sphinx·uitdrukking van misterie.

Maar die aandag-soekery, die sug om die senter van opmerksaamheid te
vorm, wat ons nou bedoel is van 'n ander gehalte. Die vóor-aansitters
en vóor-aanbidders in die Sinagoge is nie uitgesterf nie. In elke
buurte, by elke samekoms, tref jy éen van hulle aan: somtyds meer,
maar nooit te veel nie, want dan druk hulle mekaar wedersyds uit: waar
almal vóor-sit, daar sit geeneen vóor nie. Ons ken almal die soort
man. As hy nie die voorsitter-stoel beklee nie, dan spring hy die
eerste op om die voorstel te maak wat enige ander esel (as daar nog
is) ook kon gemaak het. "Kêrels;' sê hy (of "Afrikaners"; of
"broeders" na gelang van die doel van die byeenkoms), "ons moet
bymekaar staan." Hy meen ons moet agter hom staan. Nou sou jy sê die
man het 'n verwaande dunk van homself. Eintlik het hy 'n slaafse
respek vir die goedkeuring van sy mede-mens, anders sou hy nie soveel
moeite doen om notiesie van geneem te word nie.

Tog moet ons dit vir hom sê: in die politiek win hy altyd 'n sekere
maat van invloed. Want vereers: die politiek is almal se besigheid en
dus niemand se besigheid nie. En, ten twede, in die politiek geld die
beginsel nie dat die laaste die eerste sal wees nie. Niemand is
angstig om iemand anders op die voorgrond te stoot nie, dus kan alleen
diegene op die voorgrond kom wat hulleself daarheen stoot. En as dit
dan so is, dat dié soort indringer gewoonlik daarin slaag om 'n
politieke rang te verwerf, beteken dit dan nie tog darem veel om so 'n
man van belang te wees nie? Vir homself, ja. Die belang is groot in sy
oë. Die persoonlike voordeel ook dikwels, Maar die belangstelling kan
jy ook uitlok as jy 'n sensasie-wekkende misdaad pleeg, as jy met jou
buurman se vrou wegloop, as jy dronk deur die straat waggel.

Ledig is mense-roem: ydelheid der ydelhede. Ek en jy leser, weet dit
want ons streef nog ons lewe lank daarna. Tiengelieng·tieng,
tiengeliengelieng! Kom dans na ons klokke: ons is voorbokke.

Uit 'Honderd kort prekies' - CJ Langenhoven
Re: DIE LEDIGHEID VAN ONS GEWIG - CJ Langenhoven (vir Katryn) [boodskap #96527 is 'n antwoord op boodskap #96508] Do, 12 Augustus 2004 16:21 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
l...@lous.zzn.com (Lou) skryf:

> Dit betéken nie altyd veel om 'n man van belang te wees nie. Die
> belangrikste persoon op 'n begrafnis is die dooi man.

So gepraat van die dooi man. ;-)
Lou, sit jy op die oomblik in SA?
Uit nuuskurigheid het ek gou 'n traceroute gedoen op die IP wat jy
vandaan pos, en ek het omtrent uit my stoel geval toe ek sien dit is
'n adres van waarskynlik Dubai af? En dat jy die Emirates Internet
gebruik, daar doer in die United Arab Emirates. (Dit sou natuurlik
verklaar waarom jy "daar" gebruik het in een van jou boodskappe aan
my. Jy is dus ook vêr van die huis af? ;-)
Of spoof jy net daardie adres? Ek is maar net nuuskurig, so jy kan
maar my vraag ignoreer as jy verkies om nie te sê waar jy vandaan pos
nie.
Maar as jy jouself wel tans in SA bevind, moet jy asseblief versigtig
wees, hoor. Mens hoor soveel dinge oor die nuus van hoe moeilik dit
daar is vir mense wat daar werk vanaf ander lande.
Nou is ek skoon bekommerd. Hoop jy sal gou laat weet. En ek hoop ek
is verkeerd. ;-)
Vorige onderwerp: Man van belang
Volgende onderwerp: Seksie name
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 23:36:03 MGT 2024