Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kaapstad sonder Biblioteek
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96204 is 'n antwoord op boodskap #96170] |
Fri, 06 August 2004 05:15   |
Plato
Boodskappe: 630 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink nie daardie vlak van vryheid is hier nie nee. Dit is ten minste
nog nie getoets nie. Ons het nie eens die Engelse se Kanaal 4 produksie
"Beneath the halo" oor Mandela hier gesien nie.
Dit sê iets van Amerika dat Michael Moore sonder vrees vir vergelding
George Bush kan kritiseer en niks gebeur met hom nie.
Die Kubane, nou ja, daar is vir jou 'n ander storie. Daar het jy 'n
klomp mense wat deur die regering vertel word hoe sleg dit sou gaan met
hulle as dit nie was vir Fidel nie. Ek sal self 'n koeël in sy kop sit.
Cheers
Plato
Katryn wrote:
> Plato skryf:
>
>
>> Iets in die lyn van adjunk minister van verdediging. Baie ou topies lek
>> maar die hare in plek. Dis nie iets waaroor ek gaan kla en vingers na
>> hom wys nie. Hy is beslis nie dom as gevolg van die manerisme nie.
>
>
> Nee nee...moenie woorde of gedagtes aan my toedig wat ek nie geskryf
> het nie. ;-) Ek het net gewonder of jy weet wie dit was. Of jy weet
> wat sy rol in die huidige administrasie is, en sy agtergrond. Dat hy
> o.a ook in die Reagan administrasie gedien het, asook onder papa Bush.
> Ek probeer eintlik net agterkom hoveel sin, indien enige, daardie
> fliek van Michael Moore maak vir julle in SA, en of julle dit enigsins
> in konteks kan plaas? Hulle het nou die dag hier gewys op een van die
> nuuskanale, wat die mense van Kuba daarvan dink. Daar word dit
> blykbaar deur die staat gesponsor sodat hulle mense dit kan sien. Dit
> was interessant om die reaksies van die verskeie Kubane te hoor.
> Meeste was verbaas dat hy toegelaat was om die fliek te maak en
> versprei hier in Amerika. Ek kry altyd die idee dat dit ook iets is
> wat vir julle in SA baie moeilik is om te begryp? Hierdie vryheid van
> spraak wat ons het. Ek sê nie dit is moeilik vir julle om te begryp
> nie, eerder dat dit so lyk vir my.
>
|
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96205 is 'n antwoord op boodskap #96167] |
Fri, 06 August 2004 05:46   |
Chris du Preez
Boodskappe: 58 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Thu, 05 Aug 2004 18:46:04 +0200, Plato wrote:
> Die enkeltaal van die VSA was nie altyd enkel nie. Daar was
> Nederlanders, Duitsers ensovoorts. Hulle het later oor die taal besluit
> en Engels aanvaar. Dit was 'n goeie besluit.
>
> Cheers
> Plato
>
>
> @rogers.com wrote:
>
>> "Plato" skryf
>>> Die een offisieële taal is juis 'n groot rede vir hulle sukses...
>> O, ek neem dus aan jy stel voor dat SA net een offisiële
>> taal kry. Engels. Soos wat hulle, dink ek, in Namibië het?
>> Ek onthou dat een van my swaers, 'n goeie NP lid wat
>> ons aan Roelf Meyer voorgestel het, dieselfde opinie gehad
>> het. Hy het glad nie gehou van die 11 offisiële tale vir SA
>> nie.
>> Gloudina
Dit is nie engels nie, dit is amerikaans. ;
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96224 is 'n antwoord op boodskap #96170] |
Fri, 06 August 2004 08:14   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:c5q4h0lcplegcvbc5d5jket7ktlhn0vjnp@4ax.com...
> Plato skryf:
>
>> Iets in die lyn van adjunk minister van verdediging. Baie ou topies lek
>> maar die hare in plek. Dis nie iets waaroor ek gaan kla en vingers na
>> hom wys nie. Hy is beslis nie dom as gevolg van die manerisme nie.
>
> Nee nee...moenie woorde of gedagtes aan my toedig wat ek nie geskryf
> het nie. ;-) Ek het net gewonder of jy weet wie dit was. Of jy weet
> wat sy rol in die huidige administrasie is, en sy agtergrond. Dat hy
> o.a ook in die Reagan administrasie gedien het, asook onder papa Bush.
> Ek probeer eintlik net agterkom hoveel sin, indien enige, daardie
> fliek van Michael Moore maak vir julle in SA, en of julle dit enigsins
> in konteks kan plaas? Hulle het nou die dag hier gewys op een van die
> nuuskanale, wat die mense van Kuba daarvan dink. Daar word dit
> blykbaar deur die staat gesponsor sodat hulle mense dit kan sien. Dit
> was interessant om die reaksies van die verskeie Kubane te hoor.
> Meeste was verbaas dat hy toegelaat was om die fliek te maak en
> versprei hier in Amerika. Ek kry altyd die idee dat dit ook iets is
> wat vir julle in SA baie moeilik is om te begryp? Hierdie vryheid van
> spraak wat ons het. Ek sê nie dit is moeilik vir julle om te begryp
> nie, eerder dat dit so lyk vir my.
>
>
In SA is ook vryheid van spraak. Probleem is, as jy dit as blanke teen 'n
tattie gebruik, word jy uitgejou as rassis.
Max________________________________
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96232 is 'n antwoord op boodskap #96203] |
Fri, 06 August 2004 15:28   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Plato skryf:
> Mense wat nie uit dieselfde "ideologiese" omstandighede as die vaders
> van die Romeinse ryk gekom het nie, het begin om die fondasie van die
> Romeinse ryk aan te tas.
Jy meen dalk mense wat behoort het aan die jong groeiende kult wat
hulleself later as Christene beskryf het? Dalk mense soos Martin
Luther, wat die reformasie aangebring het, en o.a die Christendom
gesplit het tussen Oos en Wes?
> stelsel aangetas het en laat intuimel het. Daar is meer as genoeg boeke
> oor geskryf, so gaan lees maar. Dit het ekonomiese, militêre en ander
> implikasies gehad.
Watter boeke hieroor het 'n indruk op jou gemaak? Vir my was dit
sekerlik Gibbon se Decline and Fall. (Loer na boekrak - Edward Gibbon
se 6 boeke hieroor)
Volgens Gibbon was dit juis die " insidious" transformasies waar Rome
van 'n demokrasie na die "trappings" van 'n tipiese demokrasie na
milit^ere stelsel beweeg het, wat grotendeels bygedra het tot die val.
> Die Romeine was nie bewus van die oorsprong van hulle toenemende
> swakheid nie. Net soos die Amerikaners nie is nie. Dis dalk 'n
> natuurlike proses vir al wat ons weet. Maar dit is hartseer.
Of mens kan daarna kyk soos Polybius gedoen het - 'n interne ewolusie
wat goed of sleg kan wees.
Terloops, Gibbon was natuurlik beinvloed deur Baron de Montesquieu,
wat soos jy seker weet geskiedenis gesien het as meer as net politiek
en idees, maar meer in lyn met soos wat jy ook beskryf het as
"holisme" (reg of verkeerd), 'n komplekse geheel van kultuur, sosiale
en natuurkragte.
En so gepraat oor die rol van natuurkragte (dankie vir daardie woord,
ek sou nie anders geweet het hoe om climatic forces te vertaal nie)
- so ruk gelede het ek jou gevra of jy al enige van Jared Diamond
se boeke gelees het? Veral sy Guns, Germs and Steel?
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96240 is 'n antwoord op boodskap #96231] |
Fri, 06 August 2004 16:43   |
funkyman
Boodskappe: 6 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
"@rogers.com" schreef in bericht
news:fMMQc.773$neV.253@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>
> "Max" skryf
>
> My taal was mooi. So was die taal ook van dié een wat gesê het
>> jy's soos 'n ouvrou met 'n nat broek. (weet nie meer wie dit was nie)
>>
>> Dié uitdrukking is ook alombekend.
>
> Gelukkig nie in die kringe waarin ek beweeg het
> toe ek nog in Suid-Afrika gebly het nie. Ek sê weer :
> hoe meer stoereboer, hoe meer geestesnageslag
> van die apartheidsvarke, hoe goedkoper die opinies,
> hoe vuiler die taal, hoe meer maak hulle spelfoute,
> hoe meer gebruik hulle Engels ( gewoonlik
> geradbraak.) Dis nou maar 'n feit wat soos 'n
> paal bo water staan. Julle ouens is goedkoop
> en agteraf, in julle taal, en in julle egosentriese
> opinies. Ek dink nie SA verloor teveel deur van
> julle ontslae te raak nie.
>
> Gloudina
>
>
Onthou, jy's al land uit toe Max nog in doeke was... SuidAfrika is ook nie
meer in die 60's nie, hoor...
|
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96242 is 'n antwoord op boodskap #96240] |
Fri, 06 August 2004 16:56   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"funkyman" skryf
> Onthou, jy's al land uit toe Max nog in doeke was... SuidAfrika is ook nie
> meer in die 60's nie, hoor...
Die waardes van 'n gentleman raak nie uit die mode
nie. Meeste van die mense wat ek vandag in SA
ken, oud of jonk, het nie dié goedkoop en agteraf
manier van praat en dink nie. Meeste mense met
wie ek hier in Kanada assosieer, oud of jonk, het
nie die agteraf en goedkoop manier van praat en
dink nie. Mens ken 'n gentleman wanneer jy
hom sien, of hoor. En ek vra weer, hoekom
klink en dink die oudjies wat uit SA is na 1994
so eners, so agteraf en goedkoop, sodra hulle
hul ware kleure begin wys?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96266 is 'n antwoord op boodskap #96242] |
Sat, 07 August 2004 07:26   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek kan nie help as om te sit en giggel oor die beroep van jou op 'gentlemen'
in hierdie ng nie, ou antie, want jy is presies nou nie eintlik wat ek sal
klassifiseer as 'n 'gentle woman' nie. Dit wys maar net weer duidelik hoe
'n groot huigelaar jy is. As jy nie van die 'goedkoop' manier van praat
hou hier nie, hoekom gaan soek jy nie vir jou 'n ander plek waar jy
[onverdiend] soos 'n dame behandel kan word nie?
"@rogers.com" wrote in message
news:5LOQc.1016$neV.408@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "funkyman" skryf
>
>
>> Onthou, jy's al land uit toe Max nog in doeke was... SuidAfrika is ook nie
>> meer in die 60's nie, hoor...
>
> Die waardes van 'n gentleman raak nie uit die mode
> nie. Meeste van die mense wat ek vandag in SA
> ken, oud of jonk, het nie dié goedkoop en agteraf
> manier van praat en dink nie. Meeste mense met
> wie ek hier in Kanada assosieer, oud of jonk, het
> nie die agteraf en goedkoop manier van praat en
> dink nie. Mens ken 'n gentleman wanneer jy
> hom sien, of hoor. En ek vra weer, hoekom
> klink en dink die oudjies wat uit SA is na 1994
> so eners, so agteraf en goedkoop, sodra hulle
> hul ware kleure begin wys?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96304 is 'n antwoord op boodskap #96242] |
Sun, 08 August 2004 06:22   |
Anoth
Boodskappe: 273 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die venyn! As gegoede heer neem ek aanstoot tot die aantyging dat ek en
vele van my mede gegoede here hier, agteraf en goedkoop is. As ek in jou
teenwoordigheid was het ek jou met een van my satyn handskoene op
daardie hoogdrawende snoet gepiets.
Sies vir jou, jou bees!
Ek
Gr
@rogers.com wrote:
> "funkyman" skryf
>
>
>
>> Onthou, jy's al land uit toe Max nog in doeke was... SuidAfrika is ook nie
>> meer in die 60's nie, hoor...
>
>
> Die waardes van 'n gentleman raak nie uit die mode
> nie. Meeste van die mense wat ek vandag in SA
> ken, oud of jonk, het nie dié goedkoop en agteraf
> manier van praat en dink nie. Meeste mense met
> wie ek hier in Kanada assosieer, oud of jonk, het
> nie die agteraf en goedkoop manier van praat en
> dink nie. Mens ken 'n gentleman wanneer jy
> hom sien, of hoor. En ek vra weer, hoekom
> klink en dink die oudjies wat uit SA is na 1994
> so eners, so agteraf en goedkoop, sodra hulle
> hul ware kleure begin wys?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96327 is 'n antwoord op boodskap #96300] |
Sun, 08 August 2004 13:29   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Plato"skryf
> Wel, ons sal maar sien wat die Suid Afrikaanse burgers doen met mense
> soos Kortbroek van Schalkwyk wat duidelik net na sy beursie omsien. Hy
> is mos nou 'n ANC lid. Sulke ouens maak my de bliksem in want hulle
> speel met die nasionale belang vir eie gewin, wat verkeerd is!
>
> Mense sal dit agterkom met tyd. En hoe meer dit gebeur, hoe kleiner word
> Kortbroek se wêreld. Dan sit hy ook binnekort meer oorsee as hier. Net
> soos FW...
Jy vertoon natuurlik duidelik die skaap-mentaliteit
wat meeste Afrikaners agter die Nasionale Party
laat aanloop het, terwyl hulle blêr "ons soek na ons
leier, ons leier, ons leier." Nou blêr julle weer, "wie
gaan ons leier nou wees, wie gaan ons leier nou
wees, wie gaan ons leier nou wees?"
Hoekom dink jy nie vir jouself en besluit wat die
beste ding is wat jy onder die omstandighede kan
doen nie, en stem dan vir daardie party. Kortbroek
en sekere van sy eie vriende dink amalgamasie
met die ANC is die beste. Daar was vorige
"smelters" partye. Een gedugte een gelei deur
Jan Smuts.
Dis egter vir my duidelik dat Afrikaners nie 'n
homogene spul is, soos julle stoereboere wil
uitmaak nie.
Gloudina
|
|
|
|
Bladsye (6): [ 4 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 03:33:16 UTC 2025
|