| " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #96112] |
Do., 05 Augustus 2004 00:43  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Oud-digter
D.J. Opperman
Die panne is nie opgedroog. Die spoor
van die grootwild het ek 'n rukkie net verloor
en leef intussen van die enkel reël
wat springend ritsel om die oog en oor.
Daar bly die bose vuurtjie wat ek mos kan stook
en vlae reën lok as die gifpot kook.
Maar uit die pot spring net 'n dwarrelwind
en daagliks word ek doller van wildedagga rook.
Doller .. dan sterker as die jongeres gespier,
sien ek wat hulle nie kan sien : die koel rivier,
die gemsbok en reënvoël .. opgeefselend
oor my Kalahari's wit papier.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|