|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96151 is 'n antwoord op boodskap #96147] |
Thu, 05 August 2004 14:58   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Foeitog ja, wat anders kon die man nou gesê het? Stille diplomasie is ook
maar deel van sy werk, hm? Hier voor hom staan mense wat weghol en hy mag
dit nie sê nie en nou's hy maar nice? Jy kan verduidelik soos jy wil, ou
antie, maar jy sal my nooit oortuig dat weghol 'n antwoord is vir enigiets
nie. Vrtel vir my dat jy soontoe gegaan het omdat jy nie werk kon kry nie
of dat jy verder wil gaan studeer, dan het ek respek vir jou. Hol jy weg
oor jy nie van die politiek van 'n land hou nie, dan is jy nie deel van die
oplossing nie, jy is déél van die probleem. In my oë, die lafaard se
uitweg. Nou sit jy na al die jare en soek jy regverdiging op hierdie ng
en jy probeer dit doen deur gal te braak teenoor die Afrikaner en die ou
politieke sisteem wat dan nou die skuld moet dra oor hoekom jy die land móés
verlaat het. Nee! Jy probeer jou geel siel wegsteek en maak nie saak wat
jy hier sê of vir jouself sê nie, jy het die lafaard se uitweg gevat. Dis
darem snaaks dat die mens se gewete hom so bloots ry, hm? Jy verwag respek
van die Kanadese, maar hulle weet blêddie goed dat as jy een keer weggehol
het, dan tipeer dit jou karakter en sal jy weer weghol en kan hulle nie
staatmaak op jou lojaliteit nie. Verstaan jy nou die ou se diplomasie?
"@rogers.com" wrote in message
news:zGrQc.1013$g0a.629@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Net soos jou mense vandag met hulle Afrikaans sukkel oor hul onderwysers
>> bangat en met die stert tussen die bene in Kanada gaan sit en bedel het!
>
> Jou mentaliteit hang soos 'n vuil onderrok uit.
> Ek en my man en ons familie was en is nog
> altyd 'n aanwins vir Kanada. Die ou wat
> ons geprosseseer het vir immigrasie, het vir
> ons gesê "dis mense soos julle wat ons in
> Kanada nodig het." Ek het altyd gewonder
> of hy nie ook maar rassisties gedink het, en
> nie dieselfde sou gesê het as ek 'n Suid-
> Afrikaner was met 'n swart vel nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96153 is 'n antwoord op boodskap #96145] |
Thu, 05 August 2004 15:33   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:0CrQc.939$g0a.698@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>
> Dit is presies wat gebeur het toe die Afrikaners na
> 1948 die leisels in die hande gekry het. Gou-gou
> het hulle aan die verkiesingsstelsel gepeuter, en
> deur hulle filosofie van aparte ontwikkeling die
> swartman vertel dat hy alleen burger van een van
> die bantustans kon word, dus nooit 'n burger van
> SA nie.
-----as ek die storie reg het, het aparte ontwikkeling eers veel later
gekom? Sekerlik het die ou NP die apartheidstelsel gevestig deur die swart
man uit te sluit van die stemproses. Later, met Verwoerd, het die
tuislandstorie uitgebroei en as jy agter die werklikhede van die situasie
kyk, dan was die praktiese idee nie so sleg nie want: Die Bantoestans het
bestaan en wou bly voortbestaan. Meeste van hulle het op tradisionele
grond gesit wat hulle wou behou en uitgebrei moes word. Dis toe dat die
Odendaalplan en onteieining gekom het om die stamgebiede uit te brei. Die
idee was nie so sleg nie want die verskillende swart stamme wou nie onder
mekaar bly nie en wou eerder hul eie sake onder beheer hou en die feit dat
die blanke man se besigheidsinisiatief uit hierdie gebiede verwyder sou
word, sou beteken dat hulle 'n veel beter kans op eie ontwikkeling sou hê en
die hoop was dat hulle, met die hulp van die staat, op die been sou kom.
Jy weet en ek weet wat gebeur het......'n jakkals verander van haar en nie
van snaar nie. 'n Mens wat onder een stel omstandighede nie kon die mas
opkom nie, sal dit ook nie onder ander omstandighede doen nie. Luigeid het
nie brieke nie en niks, maar niks sou die swart man op sy eie op die been
kry nie. Dit het die geskiedenis ons mos nou al mooi geleer? Die groot
probleem was natuurlik die Kleurlinge wat met een been in die een groep
gestaan het en die ander been in die ander en tussen-in was hulle diep
kwesbaar. Sonder hulle sou dit veel makliker gewees het en heel moontlik
prakties uitvoerbaar ook, maar jy kan nie mense wegwens nie.
Strome Afrikaners het in die staatsdiens
> en skoolsisteme ingestroom. Ek weet. Ek het
> gesien hoe Afrikaners in Bantoe-Onderwys
> ingestroom het en die prinsipaalskappe gekry
> het sonder enige kwalifikasies wat hulle
> spesiaal gemaak het. So moet asseblief nie kom
> sit en gorrel oor hoe dit vandag gaan nie. Niks,
> niks wat vandag aangaan, kom naastenby by
> wat gedurende die apartheidsjare aangegaan
> het nie. En ek dink jy oordryf die sogenaamde
> onbevoegdheid van die staatsdiensamptenare.
> In enige land is daar gewoonlik redes vir
> klagtes. Maar nee, jy moet dit 'n rasseding
> maak. Selfs al is sommige van die staatsdiens-
> amptenare ook wit.
------Jy yl. Is dit die ouderdom wat so maak? Jy vereenvoudig die ding
na enkele gevalle wat jy beleef het in swart skole en jy dink dat alles nog
so is. Terwyl ek nie stry met jou oor die voorkeur van blankes in die
staatsdiens in daardie jare nie, so stry ek ook nie met jou vandag dat die
swart regerings nie ook moet voorkeur gee aan sy 'eie' soort nie....alhoewel
julle natuurlik almal propageer dat diskriminasie iets van die verlede is,
maar nou herhaal julle net die geskiedenis! Daarmee sê julle dat die
Afrikaner reg was met apartheid, net julle's te onnosel om die gevolge van
jul dade te besef! In elk geval, ek gee nie om vir swart amptenary nie,
maar onder een voorbehoud: Dat die staatsdiens waarvoor ek en my
mede-burger belasting betaal, effektief bestuur moet word en dat die
bevolking die regte dienste daaruit ontvang. Nou:
Weet jy dat in Nam is daar omtrent nie 'n enkele departement in die
Staatsdiens is wat nie onder 'n geregtelike ondersoek vir bedrog is nie?
Dat die spoorwegstelsel met spore en 'rolling stock' van die beste in Afrika
was toe SA onttrek het en daaglike dienste oral in die land en na die RSA
gelewer het. Vandag? In sy moer in. Vragtreine loop af en toe en
passasietreine omtrent nie, behalwe vir 'n luukse toeristetrein wat in die
land van tyd tot tyd loop.
Dat die polisiediens veel te min is om misdaad te beperk en dat vele van die
polisiemanne self vir misdaad aangekla word.
Dat vele hofamptenare en landdroste al in die tronk sit weens bedrog.
Dat jy maklik tot 3 jaar kan wag vir 'n ID? Ook vir 'n paspoortaansoek.
Dat poskantore en polisiekantore so vuil is dat mens maar wyd staan tussen
die vuilgoed en stank.
Dat die gesondheidsdienste so in sy moer is dat jy jou eie kos en beddegoed
moet saamvat hospitaal toe. Van Nam se beste hospitale het vergelyk met
die beste in SA op sy tyd onder die regering.
Sam Nujoma bou 'n paleis van R1 BILJOEN!
...en so kan ek aangaan en aangaan. Ons het in die verlede, vir blank en
nie-blank sisteme gehad wat skrik vir niks nie en dis presies waarom ons kan
onderskei tussen goed en sleg. Soos ek sê, dit het vir my niks met ras te
doen nie, maar julle maak dit vir ons so. Onbevoegde mense is aan beheer
van die staatsdiens en dit is chaoties. Daar is nog 'n sprinkeling blankes
daar oor, maar hulle is baie min. Ek kyk bloot na die resultate voor my
wat ek elke dag beleef en dan maak ek 'n oordeel. Jy? Jy poep maar net
warm lug uit verveeldheid uit.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|