Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kunstekaap beperk ontwrigtings ná brand
Kunstekaap beperk ontwrigtings ná brand [boodskap #96131] Do, 05 Augustus 2004 07:25
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Kunstekaap beperk ontwrigtings ná brand

Kunstekaap kon daarin slaag om ontwrigtings tot die minimum te beperk ná die
onlangse Teaterbrand op Maandag, 26 Julie. Sommige opvoering moes herskik of
geskuif, of gekanselleer word. Alle ander opvoerings in die ander drie
teaters - die Operahuis, Arena en On the Side - gaan voort soos beplan.

Die openingseremonie van die Kaapse Women of the World (WOW) Fees is na die
Holiday Inn, Strandstraat verskuif. Meeste van die ander feesvertonings sal
by Kunstekaap voortgaan (besonderhede hieronder). Die Russiese kamerballet,
Moskva, se drie vertonings van Vrydag en Saterdag is verander tot een
vertoning op Maandagaand, 16 Augustus in die Operahuis. Die Jazzart
Dansteater en CAFDA Dans se Celebration Ten + 50 is na Sondag, 19 September
2004 in die Kunstekaap-Teater geskuif.

Vertonings van die alom-gewilde kinderopvoering, Vlooi en die Reus / Kipper
and the Giant, is na die 700-sitplek Ouditorium by die Durbanville Hoërskool
verskuif. Met die skuif is 'n verdere 5 200 kaartjies beskikbaar gestel. Dit
kan by Cathy Beckman van Kunstekaap bespreek word by telefoon 021 410 9805.
Meer as 16 000 kaartjies is reeds verkoop.

Die jaarlikse Skole Kunstefees is ook gekanselleer.

Kunstekaapnuus sal voortgaan om lesers op die hoogte van sake te bring oor
alle nuwe verwikkelinge by die Kunstekaap Skouburg.

Boogie Nights - 28 Julie tot 15 Augustus

Die beste disko-treffers van die sewentigs gaan gehore in hierdie dolverhaal
oor daardie dekade in vervoering bring. Hierdie aanbieding se koorsagtige
energie vra vir meer in die Kunstekaap Operahuis! Kaartjies kos van R106 tot
R190 en is beskikbaar van Computicket http://www.computicket.com of
Kunstekaap Bel-'n-Sitplek, Tel: 021 421 7695. Om meer media-inligting,
skakel gerus Berniece Friedmann by Tel: 021 434 4951 of sellulêr: 082 892
5877.

Kaapse WOW Fees - 4 tot 8 Augustus

In die aanloop tot Nasionale Vrouedag op Maandag, 9 Augustus is die
Kunstekaap-Skouburg in beroering met uitvoerende kunste, lesings,
uitstallings en werksessies. Op Saterdag, 7 Augustus 2004 is toegang na alle
vertoning gratis

Vinger-Alleen op Vrydag en Saterdag 6 en 7 Augustus in die Kunstekaap On the
Side is 'n komedie deur Lindie Stander en Gaerin Hauptfleisch wat met die
daaglikse geklikhede van Suid-Afrika die spot dryf. Pasop. Niemand is veilig
nie!. Kaartjies kos R10.

Nongqawuse speel op 5 Augustus in die Kunstekaap Arena. Lede van die
Community Arts Project (CAP) gebruik teater, beelde, sang en dans om hierdie
deel van die Xhosa-geskiedenis op die planke te bring. Kaartjies kos R10.

Fragile Crossings is 'n dubbelaanbieding in die Kunstekaap-Arena, op 4 en 6
7 Augustus. Crossings gaan oor die tog van 'n vlugtelingvrou van Burundi na
Kaapstad. Fragile is 'n enkelstuk van 'n vrou wat uitvind dat haar metgesel
MIV-positief is. Die kaartjies kos R10.

Feelings and Feet in Kunstekaap On the Side op 4 en 5 Augustus is 'n
multimedia-aanbieding deur Mavis Smalberg wat haar poësie van die afgelope
dekade belig. Die kaartjies kos R10.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket http://www.computicket.com of
Kunstekaap Bel-'n-Sitplek, Tel: 021 421 7695. Om meer media-inligting,
skakel Merle Falken by Tel: 021 448 7948.

1975 - 11 tot 28 Augustus

Die bekroonde aktrises, Jana Cilliers en Antoinette Kellermann, lewer 'n
nostalgiese en genuanseerde terugblik op die 'goeie ou dae' toe Elvis
Presley en Maria Callas nog daar was, Sonja Heroldt beroemd geword het, en
miskien lui die name BJ Vorster en die Broederbond vir mense nog 'n klokkie?
Die stuk staan onder regie van Marthinus Basson en is geskryf deur Saartjie
Botha. Kaartjies kos van R50 tot R65 en is beskikbaar by Computicket
http://www.computicket.com of Kunstekaap Bel-'n-Sitplek Tel: 021 421 7695.
Om meer media inligting, skakel Saartjie Botha op sellulêr 082 853 1484.

Moskva, Russese Kamerballet - 16 Augustus

Die drie opvoering van die Moskva, Russiese Kamerballet op Vrydag en
Saterdag, 13 en 14 Augustus is verander na een vertoning op Maandag, 16
Augustus in die Kunstekaap Operahuis. Die geselskap is in 1991 gestig en
bestaan uit 'n klassieke geselskap, 'n eietydse dansgroep en 'n grafiese
balletafdeling. Kaartjies kos van R130 tot R170 en is beskikbaar by
Kunstekaap-Bel-'n-Sitplek Tel: 021 421 7695 of Computicket
http://www.computicket.com. Teatergangers kan hulle kaartjies by die
Kunstekaaplokket of enige Computicket omruil. Om meer media inligting,
skakel Linette de Kock by Tel: 021 410 9812.

Vlooi en die Reus / Kipper and the Giant Man - 18 Augustus tot 4 September

Die minlike Vlooi / Kipper karakter uit die Oxford University Press se reeks
skuif na die Ouditorium by die Durbanville Hoërskool. Vanjaar het die
karakters 'n menigte uitdagings wanneer hulle deur die reus, Chester,
gekonfronteer word. Daar is weeksdae twee opvoerings en een opvoering op
Saterdag, 4 September 2004. Kaartjies kos R20 op weekdae en R30 op Saterdag.
Dit kan bespreek word by Cathy Beckman van Kunstekaap by Tel: 021 410 9805.
Om meer media inligting, skakel Margit Meyer-R�denbeck by sellulêr: 083 303
3430.

Teatersport - deurlopend

Hierdie interaktiewe improvisasie-komedie is die aanbieding by Kunstekaap
wat die langste aan die gang is. Dit herinner aan die geslaagde TV-reeks
Whose line is it anyway? Elke opvoering is anders en waarborg 'n lagbui per
minuut. Die aanbiedings is om 20:30 (8.30 nm) op Dinsdag- en Donderdag-aande
by Kunstekaap On the Side. Uiterste Teatersport op die eerste Dinsdagaand
van die maand is ekstra lewendig, want alle reëls word oorboord gegooi.
Kaartjies kos R30 (R25 vir studente) en is by die deur te kry. Om meer
inligting, en besprekings, skakel Megan Choritz by Tel: 021 465 6691 of
sellulêr: 083 440 3961.

Volgende aan die beurt

Ballet Gala, 'Occasion' - 21 en 22 Augustus in die Kunstekaap Operahuis
Anna Karenina - 24 tot 28 Augustus in die Kunstekaap Operahuis
Serenade-kompetisie - 23 August in die Kunstekaap Operahuis

NAMENS KUNSTEKAAP UITGEREIK DEUR AFRIKOM
Medianavrae:
Linette de Kock, Kunstekaap, Tel: 021 410 9812
Frikkie Odendaal, Afrikom, Tel: 021 423 7263
www.artscape.co.za

www.artslink.co.za
Vorige onderwerp: Re: Al-Quaida teiken die RSA
Volgende onderwerp: Al-Quaida teiken die RSA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 25 23:10:10 MGT 2024