Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kaapstad sonder Biblioteek
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96108 is 'n antwoord op boodskap #96084] |
Thu, 05 August 2004 00:01   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Plato skryf:
> Die grootste probleem wat die VSA het is binne homself. Die hordes immigrante!
Nou is ek werklik stomgeslaan. Ek kan werklik nie glo wat my o"e hier
sien nie.
Plato Plato...ek hoop jy besef hoe absoluut absurd daardie stelling
van jou is?
"Give me your tired, your poor, Your huddled masses yearning to
breathe free, The wretched refuse of your teeming shore, Send these,
the homeless, tempest-tost, to me, I lift my lamp beside the golden
door!"
Waar sal jy daardie woorde lees, Plato?
|
|
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96113 is 'n antwoord op boodskap #96108] |
Thu, 05 August 2004 00:55   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf
> "Give me your tired, your poor, Your huddled masses yearning to
> breathe free, The wretched refuse of your teeming shore, Send these,
> the homeless, tempest-tost, to me, I lift my lamp beside the golden
> door!"
>
> Waar sal jy daardie woorde lees, Plato?
Dis nou 'n Amerikaanse gewoonte om hierdie stukkie prosa
te respekteer asof dit uit die Bybel kom. Maar mens moet
darem sidder vir die bravado van die immigrante uit Europa
wat so seker was dat hulle maar die land waar daar ander
mense op gebly het, so kon opveil. Net soos wat in suidelike
Afrika gebeur het, waar strome Engelse setlaars en Duitse
setlaars ingebring is na veral die oosgrens van die destydse
Kaapkolonie, om die "grensprobleem" op te los. Terwyl
hulle in die oostelike gedeelte van die VSA die immigrante
uit Europa gehuisves het, het hulle die midde-weste binne-
gegaan en die plaaslike bevolking en die buffels uitgeroei.
Dieselfde ding het ongeveer ook in Kanada gebeur. Die
setlaars uit Europa en hulle nageslagte het baie om
verantwoording te doen.
Gloudina
|
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96114 is 'n antwoord op boodskap #96108] |
Thu, 05 August 2004 01:04   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf
> "Give me your tired, your poor, Your huddled masses yearning to
> breathe free, The wretched refuse of your teeming shore, Send these,
> the homeless, tempest-tost, to me, I lift my lamp beside the golden
> door!"
>
> Waar sal jy daardie woorde lees, Plato?
Hierdie woorde laat my weer dink aan die laaste keer toe ek by die
Statue of Liberty was. ( Hulle het die onderste gedeelte juis hierdie
week weer oopgemaak vir die publiek.) Toe ons nou besluit om
terug te gaan na Manhattan, toe klim ons op 'n boot vol mense en
ontspan. Uiteindelik, toe ons nou by ons bestemming aankom, toe
klim ons saam met die mense af en begin loop in die rigting waarin
ons dink ons moet loop om by die bus te kom. Maar na 'n rukkie
toe begin ons besef dat die skyscrapers van Manhattan al verder
van ons weg is. Ons keer toe maar weer terug na waar ons
afgeklim het van die boot, net om uit te vind dat ons die boot
na New Jersey geneem het liewer as die een na Manhattan. Ons
moes toe maar mooi net weer op 'n boot klim en ons pad
terug vind. In die proses het ons toe op Ellis Island afgeklim en
toe 'n boot daarvandaan na Manhattan geneem. Dis hoe ek
op Ellis Island was, sonder om te beplan om daar te wees.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96127 is 'n antwoord op boodskap #96113] |
Thu, 05 August 2004 06:54   |
Plato
Boodskappe: 630 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Blah blah blah...
Asof daar een nasie op aarde is wat van die begig van tyd op een plek
gebly het. Weet jy dat die Amerikaanse Indiane oorspronklik Mongole was
en ook maar na Amerika getrek het?
Ja, dis waar...
Groete
Plato
@rogers.com wrote:
> "Katryn" skryf
>
>
>> "Give me your tired, your poor, Your huddled masses yearning to
>> breathe free, The wretched refuse of your teeming shore, Send these,
>> the homeless, tempest-tost, to me, I lift my lamp beside the golden
>> door!"
>> Waar sal jy daardie woorde lees, Plato?
>
>
> Dis nou 'n Amerikaanse gewoonte om hierdie stukkie prosa
> te respekteer asof dit uit die Bybel kom. Maar mens moet
> darem sidder vir die bravado van die immigrante uit Europa
> wat so seker was dat hulle maar die land waar daar ander
> mense op gebly het, so kon opveil. Net soos wat in suidelike
> Afrika gebeur het, waar strome Engelse setlaars en Duitse
> setlaars ingebring is na veral die oosgrens van die destydse
> Kaapkolonie, om die "grensprobleem" op te los. Terwyl
> hulle in die oostelike gedeelte van die VSA die immigrante
> uit Europa gehuisves het, het hulle die midde-weste binne-
> gegaan en die plaaslike bevolking en die buffels uitgeroei.
> Dieselfde ding het ongeveer ook in Kanada gebeur. Die
> setlaars uit Europa en hulle nageslagte het baie om
> verantwoording te doen.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Bladsye (6): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 03:22:48 UTC 2025
|