Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Namibië.
Namibië. [boodskap #95756] Vr, 30 Julie 2004 13:51 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Iemand skryf in Burger se briewekolom hoe absoluut wonnerlik dit is in
Namibië - hulle goeie grondpaaie, geen informele nedersettings langs die
paaie nie, 11% BTW, en die beste van als - hoe mooi skoon die dorpe is.
Hy het daar vir 2 weke gaan vakansie hou.
--
Groetnis
Annette
Re: Namibië. [boodskap #95760 is 'n antwoord op boodskap #95756] Vr, 30 Julie 2004 14:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die Coke is vreeslik goedkoop in Namibie! Ten minste toe ek daar was het
ek R2 betaal vir 'n 500ml Coke! Wow! En dit was heerlik. Gesuiwerde
water en al!

Cheers
Plato

Annette wrote:

> Iemand skryf in Burger se briewekolom hoe absoluut wonnerlik dit is in
> Namibië - hulle goeie grondpaaie, geen informele nedersettings langs die
> paaie nie, 11% BTW, en die beste van als - hoe mooi skoon die dorpe is.
> Hy het daar vir 2 weke gaan vakansie hou.
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Namibië. [boodskap #95761 is 'n antwoord op boodskap #95756] Vr, 30 Julie 2004 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sjit, die man het seker op Hansa Tafel rondgetoer want hy onthou nie so
lekker nie? Hy is reg oor ons grondpaaie, maar ons teerpaaie is ook baie
goed. Wyd en lekker. Oor die infromele nedersettings langs die paaie is
hy ook amper reg, maar sekerlik kon hy nie die hele land in 2 weke sien nie.
Oor die skoonheid is hy halfpad reg, maar miskien is die man gewoond aan die
Kaap? Slegste is egter die 11% BTW.......hoe lank terug was hy hier? Ons
is op 15%!

"Annette" skryf in boodskap news:cedjvk$eqo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Iemand skryf in Burger se briewekolom hoe absoluut wonnerlik dit is in
> Namibië - hulle goeie grondpaaie, geen informele nedersettings langs die
> paaie nie, 11% BTW, en die beste van als - hoe mooi skoon die dorpe is.
> Hy het daar vir 2 weke gaan vakansie hou.
> --
> Groetnis
> Annette
>
Namibië. [boodskap #95770 is 'n antwoord op boodskap #95760] Vr, 30 Julie 2004 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
HansWillem  is tans af-lyn  HansWillem
Boodskappe: 15
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
"Plato"
> Die Coke is vreeslik goedkoop in Namibie! Ten minste toe ek daar was het
> ek R2 betaal vir 'n 500ml Coke! Wow! En dit was heerlik. Gesuiwerde
> water en al!
>

Dit moes JARRE gelede gewees het - waar's die plek ? Ek wil sommer 'n
vragmotor vol gaan koop
Nader aan die hede - verdubble eerder jou Coke prys. Dis nader aan reg.
En Annette en Die Burger se 11% belasting ????? Jitte........ Moes die
jaar voor die vark gewees het. VYFTIEN, mense, 15%.
Re: Namibië. [boodskap #95775 is 'n antwoord op boodskap #95770] Sa, 31 Julie 2004 00:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
2 Jaar terug om presies te wees. :o)

By die Shell motorhawe oorkant die Wernhil winkel sentrum. Ek dink dit
was in Hosea Kotako weg of iets. Spelling mag verkeerd wees. Ek onthou
wel die meters by Joe's Bier Haus en die wagposte buite Windhoek as jy
kus se koers kies.

Ek was nog daar toe die Hi-Fi Corp in Windhoek oopgemaak het en daardie
nuwe winkelsentrum met die nuwe cinema ook. Mooi winkelsentrum.

Kan nie glo die Coke is nou duurder nie! Dit was destyds meer as die
helfte goedkoper as in SA. Ek het dit soos water gedrink! Was heeltyd op
suiker "rush"!

Ek het so snaakse mikrogolf foon by die telco daar gekry. Hulle het nie
genoeg plek op die sentrale vir my gehad nie. Was nogals spog foon want
die lyn was abnormaal helder. Selfoon diens was egter sleg. Tango. Het
nou nog die kaart vir die wis en die onwis.

Het baie by PENTAGON gaan kuier. Dit was DIE kuierplek in Windhoek. Big
Brother was altyd daar uitgesaai en DSTV het hulle BB statistiek vir
Namibie daar ingewin. Heerlik! Namibiese meisies is beeldskoon!

As Suid Afrikaner was dit maklik om geld te maak. My dienste was nodig,
maar ek het egter vinnig moeg geraak vir die klein stad. Moet nie fout
maak nie, dit was pragtig, maar ek het nie goed gevoel in die stadiger
pas nie. Ek moes terugkom SA toe.

Ek onthou nog hoe fantasties donker dit was toe ek in die nag van
Windhoek lughawe af terug gevlieg het SA toe. Vir so 3/4 uur vlieg jy in
totale donkerte met geen lig van horison tot horison nie. Dan skielik
kan jy SA uitge-ets sien in die verte. Uitge-ets deur elektriese ligte!
Orals is daar net lig! Wonderlik! Die verskil tussen SA en die res van
Afrika kan jy selfs sien uit die ruimte. Ek het eenkeer so nag foto van
die aarde gesien wat geneem is vanuit die ruimte. Die ontwikkelde dele
soos Noord Amerika, Europa en dele van die verre-ooste was helder met
liggies. Elektriese liggies.

Suid Afrika was die enigse lig in Afrika...

Cheers
Plato

HansWillem wrote:

> "Plato"
>
>> Die Coke is vreeslik goedkoop in Namibie! Ten minste toe ek daar was het
>> ek R2 betaal vir 'n 500ml Coke! Wow! En dit was heerlik. Gesuiwerde
>> water en al!

>
>
> Dit moes JARRE gelede gewees het - waar's die plek ? Ek wil sommer 'n
> vragmotor vol gaan koop
> Nader aan die hede - verdubble eerder jou Coke prys. Dis nader aan reg.
> En Annette en Die Burger se 11% belasting ????? Jitte........ Moes die
> jaar voor die vark gewees het. VYFTIEN, mense, 15%.
>
Re: Namibië. [boodskap #95778 is 'n antwoord op boodskap #95770] Sa, 31 Julie 2004 02:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit is nie Annette of Die Burger wat dit gesê het nie.
--
Groetnis
Annette

"HansWillem" skryf in boodskap news:410a8334.0@news1.mweb.co.za...
>
> "Plato"
>> Die Coke is vreeslik goedkoop in Namibie! Ten minste toe ek daar was het
>> ek R2 betaal vir 'n 500ml Coke! Wow! En dit was heerlik. Gesuiwerde
>> water en al!
>>
>
> Dit moes JARRE gelede gewees het - waar's die plek ? Ek wil sommer 'n
> vragmotor vol gaan koop
> Nader aan die hede - verdubble eerder jou Coke prys. Dis nader aan reg.
> En Annette en Die Burger se 11% belasting ????? Jitte........ Moes die
> jaar voor die vark gewees het. VYFTIEN, mense, 15%.
>
Re: Namibië. [boodskap #95781 is 'n antwoord op boodskap #95775] Sa, 31 Julie 2004 07:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf in boodskap news:ceeqqa$7fs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 2 Jaar terug om presies te wees. :o)

maar ek het nie goed gevoel in die stadiger pas nie. Ek moes terugkom SA
toe.

-----so daar is waaragtig mense wat nie sonder 'n stad kan klaarkom nie?
Slaat my dood.....
>
> Ek onthou nog hoe fantasties donker dit was toe ek in die nag van
> Windhoek lughawe af terug gevlieg het SA toe. Vir so 3/4 uur vlieg jy in
> totale donkerte met geen lig van horison tot horison nie. Dan skielik
> kan jy SA uitge-ets sien in die verte. Uitge-ets deur elektriese ligte!
> Orals is daar net lig! Wonderlik! Die verskil tussen SA en die res van
> Afrika kan jy selfs sien uit die ruimte. Ek het eenkeer so nag foto van
> die aarde gesien wat geneem is vanuit die ruimte. Die ontwikkelde dele
> soos Noord Amerika, Europa en dele van die verre-ooste was helder met
> liggies. Elektriese liggies.
>
> Suid Afrika was die enigse lig in Afrika...
----hang af van watter lig jy van praat. Ek weer sal enige dag enige tyd
enige elektriese lig ruil vir 'n vuurtjie in die nag van die Namib. Vrede
en geen gekwetter van mense rondom jou ore nie.
>
> Cheers
> Plato
>
Re: Namibië. [boodskap #95802 is 'n antwoord op boodskap #95781] So, 01 Augustus 2004 09:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Alles op sy tyd Suidwester,

As ek nie nodig gehad het om gelde te maak nie en skatryk was sal ek
beslis ook 'n rustige lewe in die bos verkies. Maar dit waarvoor ek
gekwalifiseer is vereis maar 'n stadslewe.

:o)

Groete
Plato

Suidwester wrote:

> "Plato" wrote in message
> news:ceeqqa$7fs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> 2 Jaar terug om presies te wees. :o)
>
>
> maar ek het nie goed gevoel in die stadiger pas nie. Ek moes terugkom SA
> toe.
>
> -----so daar is waaragtig mense wat nie sonder 'n stad kan klaarkom nie?
> Slaat my dood.....
>
>> Ek onthou nog hoe fantasties donker dit was toe ek in die nag van
>> Windhoek lughawe af terug gevlieg het SA toe. Vir so 3/4 uur vlieg jy in
>> totale donkerte met geen lig van horison tot horison nie. Dan skielik
>> kan jy SA uitge-ets sien in die verte. Uitge-ets deur elektriese ligte!
>> Orals is daar net lig! Wonderlik! Die verskil tussen SA en die res van
>> Afrika kan jy selfs sien uit die ruimte. Ek het eenkeer so nag foto van
>> die aarde gesien wat geneem is vanuit die ruimte. Die ontwikkelde dele
>> soos Noord Amerika, Europa en dele van die verre-ooste was helder met
>> liggies. Elektriese liggies.

>> Suid Afrika was die enigse lig in Afrika...
>
> ----hang af van watter lig jy van praat. Ek weer sal enige dag enige tyd
> enige elektriese lig ruil vir 'n vuurtjie in die nag van die Namib. Vrede
> en geen gekwetter van mense rondom jou ore nie.
>
>> Cheers
>> Plato



>
Re: Namibië. [boodskap #95872 is 'n antwoord op boodskap #95802] Ma, 02 Augustus 2004 07:11 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek neem jou nie kwalik nie, ek verwonder my maar net. Daar is soveel
geleenthede op die platteland....as jy bereid is om die kans te vat en nie
langer vir 'n baas te wil werk nie. Ons leef elke dag saam met die
stadsmense wat kom vakansie hou in die Namib en vele het al vir my gesê
[meestal in'n grap] dat ons Suidwesters is ook maar met min tevrede.
Woestyn, verafgeleë dorpe, swak kommunikasie, min kafee's met fênsie
wegneemkos, ens. Ons het 'n leë land van vele verassings.....doen 'n
bietjie moeite en die wonderwerke kom te voorskyn.
Gister het ek met die 4x4 bietjie gaan rondry in die Naukluft. Orals
is die pietsnotte volop en die springbokke draf met sulke drilboudjies weg.
Daar is net geen manier waarop 'n spul geboue en 'n kakefonie van karre eers
amper daarmee kan vergelyk nie....vir my! Die platteland het dalk nie so
baie geld nie, maar die lewenskwaliteit? Baie beter en eintlik het jy
minder geld nodig ook op die platteland. Waar julle outjies maklik seker
R20 thou per maand verdien, moet jy elke 2 jaar 'n nuwe kar koop met 'n
paaiment van R5 thou+, 'n huis koop met 'n paaiment van R8 thou + en van
daai aanvanklike salaris [na belasting] het jy eintlik niks oor nie. In
die platteland is verblyf goedkoper, jy ry nie so baie nie en jy sal vind
dat jou kos wat jy koop goedkoper en varser is want jy is nader aan die
produsent. Al probleem vir julle jong klomp is dat daar in die aand nie
soveel te doene is nie. As jy jouself nie kan vermaak nie, dan het jy effe
van 'n probleempie.....

"Plato" skryf in boodskap news:ceic60$bv4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Alles op sy tyd Suidwester,
>
> As ek nie nodig gehad het om gelde te maak nie en skatryk was sal ek
> beslis ook 'n rustige lewe in die bos verkies. Maar dit waarvoor ek
> gekwalifiseer is vereis maar 'n stadslewe.
>
> :o)
>
> Groete
> Plato
>
> Suidwester wrote:
>
>> "Plato" wrote in message
>> news:ceeqqa$7fs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>>> 2 Jaar terug om presies te wees. :o)
>>
>>
>> maar ek het nie goed gevoel in die stadiger pas nie. Ek moes terugkom SA
>> toe.
>>
>> -----so daar is waaragtig mense wat nie sonder 'n stad kan klaarkom nie?
>> Slaat my dood.....
>>
>>> Ek onthou nog hoe fantasties donker dit was toe ek in die nag van
>>> Windhoek lughawe af terug gevlieg het SA toe. Vir so 3/4 uur vlieg jy in
>>> totale donkerte met geen lig van horison tot horison nie. Dan skielik
>>> kan jy SA uitge-ets sien in die verte. Uitge-ets deur elektriese ligte!
>>> Orals is daar net lig! Wonderlik! Die verskil tussen SA en die res van
>>> Afrika kan jy selfs sien uit die ruimte. Ek het eenkeer so nag foto van
>>> die aarde gesien wat geneem is vanuit die ruimte. Die ontwikkelde dele
>>> soos Noord Amerika, Europa en dele van die verre-ooste was helder met
>>> liggies. Elektriese liggies.
>
>>> Suid Afrika was die enigse lig in Afrika...
>>
>> ----hang af van watter lig jy van praat. Ek weer sal enige dag enige tyd
>> enige elektriese lig ruil vir 'n vuurtjie in die nag van die Namib. Vrede
>> en geen gekwetter van mense rondom jou ore nie.
>>
>>> Cheers
>>> Plato
>
>
>
>>
>
Vorige onderwerp: Re: Welkom aan DD
Volgende onderwerp: Plase word vinniger gevat - In SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 13:41:45 MGT 2024