Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Namibië.
Namibië. [boodskap #95756] |
Vr., 30 Julie 2004 13:51  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Iemand skryf in Burger se briewekolom hoe absoluut wonnerlik dit is in
Namibië - hulle goeie grondpaaie, geen informele nedersettings langs die
paaie nie, 11% BTW, en die beste van als - hoe mooi skoon die dorpe is.
Hy het daar vir 2 weke gaan vakansie hou.
--
Groetnis
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Namibië. [boodskap #95872 is 'n antwoord op boodskap #95802] |
Ma., 02 Augustus 2004 07:11  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek neem jou nie kwalik nie, ek verwonder my maar net. Daar is soveel
geleenthede op die platteland....as jy bereid is om die kans te vat en nie
langer vir 'n baas te wil werk nie. Ons leef elke dag saam met die
stadsmense wat kom vakansie hou in die Namib en vele het al vir my gesê
[meestal in'n grap] dat ons Suidwesters is ook maar met min tevrede.
Woestyn, verafgeleë dorpe, swak kommunikasie, min kafee's met fênsie
wegneemkos, ens. Ons het 'n leë land van vele verassings.....doen 'n
bietjie moeite en die wonderwerke kom te voorskyn.
Gister het ek met die 4x4 bietjie gaan rondry in die Naukluft. Orals
is die pietsnotte volop en die springbokke draf met sulke drilboudjies weg.
Daar is net geen manier waarop 'n spul geboue en 'n kakefonie van karre eers
amper daarmee kan vergelyk nie....vir my! Die platteland het dalk nie so
baie geld nie, maar die lewenskwaliteit? Baie beter en eintlik het jy
minder geld nodig ook op die platteland. Waar julle outjies maklik seker
R20 thou per maand verdien, moet jy elke 2 jaar 'n nuwe kar koop met 'n
paaiment van R5 thou+, 'n huis koop met 'n paaiment van R8 thou + en van
daai aanvanklike salaris [na belasting] het jy eintlik niks oor nie. In
die platteland is verblyf goedkoper, jy ry nie so baie nie en jy sal vind
dat jou kos wat jy koop goedkoper en varser is want jy is nader aan die
produsent. Al probleem vir julle jong klomp is dat daar in die aand nie
soveel te doene is nie. As jy jouself nie kan vermaak nie, dan het jy effe
van 'n probleempie.....
"Plato" skryf in boodskap news:ceic60$bv4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Alles op sy tyd Suidwester,
>
> As ek nie nodig gehad het om gelde te maak nie en skatryk was sal ek
> beslis ook 'n rustige lewe in die bos verkies. Maar dit waarvoor ek
> gekwalifiseer is vereis maar 'n stadslewe.
>
> :o)
>
> Groete
> Plato
>
> Suidwester wrote:
>
>> "Plato" wrote in message
>> news:ceeqqa$7fs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>>> 2 Jaar terug om presies te wees. :o)
>>
>>
>> maar ek het nie goed gevoel in die stadiger pas nie. Ek moes terugkom SA
>> toe.
>>
>> -----so daar is waaragtig mense wat nie sonder 'n stad kan klaarkom nie?
>> Slaat my dood.....
>>
>>> Ek onthou nog hoe fantasties donker dit was toe ek in die nag van
>>> Windhoek lughawe af terug gevlieg het SA toe. Vir so 3/4 uur vlieg jy in
>>> totale donkerte met geen lig van horison tot horison nie. Dan skielik
>>> kan jy SA uitge-ets sien in die verte. Uitge-ets deur elektriese ligte!
>>> Orals is daar net lig! Wonderlik! Die verskil tussen SA en die res van
>>> Afrika kan jy selfs sien uit die ruimte. Ek het eenkeer so nag foto van
>>> die aarde gesien wat geneem is vanuit die ruimte. Die ontwikkelde dele
>>> soos Noord Amerika, Europa en dele van die verre-ooste was helder met
>>> liggies. Elektriese liggies.
>
>>> Suid Afrika was die enigse lig in Afrika...
>>
>> ----hang af van watter lig jy van praat. Ek weer sal enige dag enige tyd
>> enige elektriese lig ruil vir 'n vuurtjie in die nag van die Namib. Vrede
>> en geen gekwetter van mense rondom jou ore nie.
>>
>>> Cheers
>>> Plato
>
>
>
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 13 00:48:58 UTC 2025
|