Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95402 is 'n antwoord op boodskap #95400] |
Thu, 22 July 2004 00:10   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"knersus" skryf
die Akademie vir Wetenskap
> en Kuns. Dis so half-en-half in die regte rigting, hoewel ek dink dis
> nou rêrig meesal 'n klomp verpopte stofskoppers wat daar sit en niks
> doen, meeste van tyd. Ek wil amper iemand soos Dan Roodt (maar nie Dan
> Roodt nie, as jy my strekking verstaan) daar sien - iemand wat ten
> minste geesdriftig is en bietjie met ander idees vorendag kan kom en nie
> skaam is om sy sê te sê nie.
Ja, dis jammer dat Dan Roodt so sy voet in sy mond sit,
seker om aandag te trek, want hy is goed met die
woord en ek dink die binnekringe van die ANC
luister en registreer nogal wat Afrikaners dink en
sê. Nie omdat hulle die Afrikaners juis so lief het
nie, maar omdat hulle weet dat hulle slapende honde
nie wakker moet maak nie. Maar onthou, in SA
waar elke pennie gebruik moet word vir die sosiale
en ekonomiese opheffing van 'n baie agtergeblewe
meerderheid van die bevolking, behoort daar nie
baie geld beskikbaar te wees vir luukse nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95406 is 'n antwoord op boodskap #95400] |
Thu, 22 July 2004 05:17   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jy mymer mooi - maar daar is baie goed wat ek ook oor wonder. Ek was ook nog
nooit by die KKNK nie, maar ek gaan na die Suidoosterfees, omdat dit nog nie
so baie mense trek nie. Die "argument" dat daar nie goeie Afrikaanse flieks
gemaak word nie, omdat die mark te klein is, gaan nie eintlik op nie. Die
meeste fliekgangers is al geskool om na goeie flieks in vreemde tale te kyk
met Engelse onderskrifte. Buitendien sal die Nederlanders en Vlaminge
verstaan. Feit is, wanneer laas het daar 'n goeie ordentlike fliek in
Afrikaans verskyn? As ek reg kan onthou was dit die Storie van Klara
Viljee - wat nie juis Oscarmateriaal was nie.
Oor musiek het ek natuurlik 'n groot ongelukkigheid - eerstens omdat dit lyk
of ons nie een komponis het wat iets van blywende aard aanmekaar kan slaan
nie, en die nuutste geit en foefie oor 'n gewaande bakleiery tussen twee
"sangeresse" om mense na hul vertonings te lok.
--
Groetnis
Annette
"knersus" skryf in boodskap news:cdmrf0$mp2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Soos jy sekerlik gelees het, gun ek dit vir almal, maar die mense moet
> dit self opeis, ek gaan dit nie in hulle kele afdruk nie. Dus, as Sipho
> wil Engels wees, en nie Xhosa of Zulu of watookal nie, is dit sy saak.
> Ek sal help strukture skep wat hy kan gebruik, maar daar stop dit.
>
> Oor die akademie: ek dink jy verwys seker na die Akademie vir Wetenskap
> en Kuns. Dis so half-en-half in die regte rigting, hoewel ek dink dis
> nou rêrig meesal 'n klomp verpopte stofskoppers wat daar sit en niks
> doen, meeste van tyd. Ek wil amper iemand soos Dan Roodt (maar nie Dan
> Roodt nie, as jy my strekking verstaan) daar sien - iemand wat ten
> minste geesdriftig is en bietjie met ander idees vorendag kan kom en nie
> skaam is om sy sê te sê nie.
>
> Kla ek verniet? Ek kla nie eintlik nie, dis maar meer waarnemings en
> mymeringe in die algemeen. Ek weet nie, maar daar is 'n skaarste in die
> tipe goed waarvan ek hou: ordentlike flieks (nie Schuster se vlak
> toilethumor nie) of opvoerings wat nie "fok" of "kak" verbeeldingloos in
> elke tweede woord gebruik nie, en waarna ek my kinders darem so nou en
> dan kan laat kyk sonder oog- en oorklappe. Verder hou ek van klassieke
> musiek (toegegee dis nie Afrikaans nie, maar universeel) en goed soos
> Kerslig, vers en melodie. Ag, en so aan. Ek kan om die dood myself nie
> sover kry om van Dozi te hou nie, ook nie van Karen Zoid nie of
> Oppikoppi-tipe feeste nie. Ek het 'n pêl wat elke jaar afsaag
> Oudtshoorn toe en absoluut mal is oor die KKNK, maar dis seker 'n
> kwessie van elke ou hou van sy eie soort wyn, of hoe?
>
> Magtie, ek en jy het darem 'n hond uit 'n bos gepraat vanaand/vanoggend!
>
> @rogers.com wrote:
>> "knersus"
>>
>>
>>> Ek stem saam met Aristoteles oor die ministerie-kwessie. Ek sou
>>> byvoorbeeld graag wou weet dat daar 'n spesifieke "departement" is wat
>>> Afrikaans bevorder en uitbou, wat moeite doen om dinge uit ons
>>> kultuurskat en ons verlede (puisies en al!) na te vors en in stand te
>>> hou, ens, ens. Amper op die lees van die Academie Francais (spelling?)
>>
>>
>> Ja, maar is daar nie so 'n Akademie al lankal in SA
>> nie? Miskien was dit, tussen 1948 en 1994, teveel
>> befonds van regeringskant, ten koste van al die
>> ander groepe in SA. Ek sou wel saamstem dat
>> daar soveel as moontlik regeringsfondse in SA
>> bewil moet word vir kultuurdinge. Maar dan vir
>> kultuurdinge van al die elf taalgroepe in SA, en
>> nie die van Afrikaans in besonder nie.
>> Maar kla jy nie onnodig nie. Ek kry die indruk
>> dat daar 'n oplewing in Afrikaanse kunsfeeste
>> is en 'n redelike bloeiende kultuurlewe in die
>> algemeen.
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |_&_KIE_|
|
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95420 is 'n antwoord op boodskap #95346] |
Thu, 22 July 2004 08:26   |
Lorinta Zonia
Boodskappe: 164 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Natuurlik kritiseer ek dinge buite SA - maar van daardie oogpunt. Ek
maak nie asof ek beter weet as die mense wat elke dag daar moet leef
nie - maw die feit dat julle robbe vermoor deur hulle op onmenslike
manier met knuppels dood te slaan is plein dieremishandeling. As iets
verkeerd is is dit verkeerd ... maar as buitestaander dra my kritiek
min waarde.
Maar terug na jou tirade:
- jy het weggehardloop, jou kinders en man praat slegs engels ...
- As boedis glo jy nie in God nie - so jou woord gebruik i.e.
godskreiend beindruk my nie.
- ek het geleer in SA - jy beter na jouself en jou familie kyk want
niemand anders gee om nie. Maar ek het steeds 90% van my bates in SA,
ek wil eendag in SA aftree - kan jy dieselfde sê?
- My eintlike punt is dat julle die afrikaans sprekendes kritiseer en
as rassiste tipeer om julle self te laat beter voel - as deurlopende
versekering dat julle die regte besluit geneem het om te emmigreer.
Soos babas met 'n fopspeen.
- En jou familie het rerig niks met die saak te doen nie - sal ons
familie bydraes vergelyk? Dit is nou soos 'n my pa is sterker as jou
pa - laerskool mentaliteit.
En die beste van alles is, jy verkeer steed in 'n weggehardloopte (:))
staat - kom terug en maak dinge beter - sit jou en jou familie se
gatvelle waar jou mond is - plaas jou en hul toekoms op die spel. Tot
dan - sal jou kritiek die meriete kry wat dit verdien ...
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Lou" skryf
>
> . Om terug te kom na die punt - as selfverklaarde nie-afrikaner
>> het jy die reg om ons te kritiseer vir 'n pot kanades lensiesop
>> verkwansel.
>
> Ag tog. Nog een van die cliché's van die seuns van
> die apartheidsvarke. Jy sit natuurlik lekker en kritiseer
> alles en nog wat buite die grense van SA, maar laat
> iemand net iets sê waarmee jy nie saamstem nie, wat
> jou geliefkoosde semi-rassistiese opinies bedreig, dan
> kom die cliché uit die gerekte bek: "jy mag nie kritiseer
> nie." Maar ek het nuus vir jou, Lou. Ek het eenkeer
> die land verlaat omdat ek die apartheidsvarke gesien
> het vir wat hulle is - 'n godskreiende bedreiging vir
> die siel van die Afrikaner. En ek sal nie weer stilbly
> of weghardloop nie. Buitendien, ek wonder of ek
> en my familie, deur hulle finansiële en ander bydraes,
> nie 'n groter aandeel aan die wel en die wee van
> SA het as wat jy het nie.
>
> Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95462 is 'n antwoord op boodskap #95401] |
Thu, 22 July 2004 17:36   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Errr...ummm, goed. Ek beskou myself as oor die vingers getik. Ek moet
darem ter verdediging sê dat ek dit nie lelik bedoel het nie, meer in
die trant van Jan Publiek of Joe Bloggs, maar meer verteenwoordigend
van die ander tale/kulture, behalwe nou Afrikaans en Engels, in
Suid-Afrika. Gladnie bedoel om aanstoot te gee nie.
Dit herinner my aan iets anders, wat eintlik met ons hele gesprek
verband hou. Hier kom jy nou op vir ons ander mede-Suid-Afrikaanse
burgers. Hoekom doen hulle dit nie meermale self nie? Ek voel dat as
mens so optree soos jy nou, dan is dit so bietjie paternalisties, iets
waarvan die ouer garde Afrikaners voortdurend beskuldig word.
Ek weet natuurlik nie wie almal hier lees nie, of wat die etnografie van
die nuusgroep is nie, maar ek raai byna almal hier is blank (in die ou
Apartheidsdae betekenis van die woord, met al die bagasie!), dus is die
moontlikheid dat nie-blankes/swartes hulself hier kan laat geld maar
skraal. In hierdie lig is jou optrede heeltemal geregverdig, maar hoe
voel jy oor die "opkom vir ander wat nie self wil nie" storie? Sover
myself aangaan, soos ek gesê het, sal ek help om byv toepaslike
strukture vir kulturele outonomie te vestig, en selfs ook om almal
daarop attent te maak, maar as 'n kultuurgroep nie sy regte wil opeis en
uitoefen nie, gaan ek hom nie dwing of sleep tot daar nie. Amper soos
om 'n perd na water te lei, maar hom nie kan of wil maak drink nie.
@rogers.com wrote:
> "knersus"
>
> ek as Afrikaner kan dit
>
>> nie namens Sipho die Xhosa opeis nie
>
>
> Ek voel ek moet jou so effens op die vingers
> tik oor hierdie uitdrukking "Sipho" wat nou
> lyk dit vir my taamlik wyd versprei in SA
> deur Afrikaners gebruik word, en wat vir
> my baie neerbuigend klink. Vireers, ek dink
> nie Sipho is uitsluitlik Xhosa nie. Daar is baie
> Zoeloes met daardie naam. Hoe sal jy daarvan
> hou as hulle jou "Hermaans die Afrikaner" noem, elke
> keer as hulle generies van Afrikaners wil praat?
>
> Gloudina
>
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
|
|
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95467 is 'n antwoord op boodskap #95462] |
Thu, 22 July 2004 18:20   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"knersus" skryf
maar hoe
> voel jy oor die "opkom vir ander wat nie self wil nie" storie? Sover
> myself aangaan, soos ek gesê het, sal ek help om byv toepaslike
> strukture vir kulturele outonomie te vestig, en selfs ook om almal
> daarop attent te maak, maar as 'n kultuurgroep nie sy regte wil opeis en
> uitoefen nie, gaan ek hom nie dwing of sleep tot daar nie. Amper soos
> om 'n perd na water te lei, maar hom nie kan of wil maak drink nie.
Is jy nie juis paternalisties as jy amper opeis dat ander
taalgroepe en rassegroepe in SA hulle "regte wil opeis"
nie. Wie is jy om te dikteer wat hulle moet doen? As
Xhosas en Zoeloes besluit dat hulle hulle kinders in
Engels wil laat onderrig, wie is jy om vir hulle te
verduidelik dat hulle anders moet doen? Ek weet vir
'n feit dat een van die dinge wat swart mense begin
opgewonde maak het teen die apartheidsregime, juis
die feit was dat Verwoerd die sogenaamde "moedertaal-
onderrig" ingevoer het in alle swart skole tot standerd
twee, sover ek kan onthou. Want dit het beteken dat
onmiddellik die standaard van Engels in hierdie swart
skole gedaal het. Die volgende stap waartoe "Bantoe-
Onderwys" oorgegaan het, was om die "Cambridge
Matriculation" eksamens wat alle swart skole geskryf
het, te vervang met die Bantoe- Onderwys se Senior
Sertifikaat. Laasgenoemde was 'n baie makliker
sertifikaat om deur te kom Veral die Engels was van
'n baie laer standaard. Jy sou kon dink dat dit hulle
sou blygemaak het, want hulle het skielik baie
makliker Matriek deurgekom. Maar die deursnee
swartman was woedend. Hulle wou die baie moeilike
Cambridge Matriculation behou, want dit het hulle
'n baie beter maatstaf gegee van hoe goed of sleg
hulle presteer in vergelyking met ander skole in
ander dele van die wêreld. ( Ek weet waarvan ek
praat. Ek was by Healdtown - Mandela se ou
hoërskool - toe die oorgang plaasgevind het. Die
een jaar toe hulle nog die Cambridge Matriculation
skryf, toe het net die heel bestes deurgekom. Die
volgende jaar toe kom amper almal deur, en almal
was woedend oor die verlaagde standaarde.)
Gloudina
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95471 is 'n antwoord op boodskap #95467] |
Thu, 22 July 2004 19:18   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nee, ek sê juis dat ek *nie* aan hulle wil voorskryf *nie* - ek sal
bloot help met die daarstelling van die regte kanale *indien hulle dit
wil gebruik*. Maar hulle moet dit self opeis as hulle wil, ek kan dit
nie namens hulle doen of hulle dwing om dit te doen nie. Is dit nou
duideliker?
Dis interessant wat jy oor die matrikulasie sê. Iets soortgelyks is
dink ek besig om onder sekere groepe swartes plaas te vind. En dit het
te doen met die feit dat onder regstellende aksie baie mense (natuurlik
nie almal nie, ek twyfel of dit 'n meerderheid is) aangestel word bloot
vanweë hul velkleur, afgesien of hulle die kwalifikasies of ondervinding
vir die pos het (vgl Bantoe-onderwys se Senior sertifikaat). Nou begin
dié wat juis gekom het waar hulle is het deur harde werk en studeer ens,
te mor daarteen (vgl Cambridge eksamen!).
Hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde, dink ek.
@rogers.com wrote:
> "knersus" skryf
>
> maar hoe
>
>> voel jy oor die "opkom vir ander wat nie self wil nie" storie? Sover
>> myself aangaan, soos ek gesê het, sal ek help om byv toepaslike
>> strukture vir kulturele outonomie te vestig, en selfs ook om almal
>> daarop attent te maak, maar as 'n kultuurgroep nie sy regte wil opeis en
>> uitoefen nie, gaan ek hom nie dwing of sleep tot daar nie. Amper soos
>> om 'n perd na water te lei, maar hom nie kan of wil maak drink nie.
>
>
> Is jy nie juis paternalisties as jy amper opeis dat ander
> taalgroepe en rassegroepe in SA hulle "regte wil opeis"
> nie. Wie is jy om te dikteer wat hulle moet doen? As
> Xhosas en Zoeloes besluit dat hulle hulle kinders in
> Onderwys" oorgegaan het, was om die "Cambridge
> Matriculation" eksamens wat alle swart skole geskryf
> het, te vervang met die Bantoe- Onderwys se Senior
> Sertifikaat. Laasgenoemde was 'n baie makliker
> sertifikaat om deur te kom Veral die Engels was van
> 'n baie laer standaard. Jy sou kon dink dat dit hulle
> sou blygemaak het, want hulle het skielik baie
> makliker Matriek deurgekom. Maar die deursnee
> swartman was woedend. Hulle wou die baie moeilike
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95478 is 'n antwoord op boodskap #95426] |
Fri, 23 July 2004 08:50   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die antie moet nou maar weer stadig lees. Karakoellammers kom van ramme en
ooie wat deur die boer aangekoop word en dan mee geteel word op groot skaal.
Die lammer word ook nie summier keelafgesny nie. Hulle steek hom agter die
nek [waar die kop en die nek bymekaar kom] met 'n skerp mes se punt en dan
vrek hy ommiddellik. Dan word hy afgeslag. Die springbokke word,
alhoewel 'n wilde dier, mee geboer. Maw ouvolk, die boer teel met die
bokke om hulle so groot moontlik te kry en dan word die bokke geoes......in
die nag kopskote geskiet met kolligte omdat die dood so veel minder
traumaties is as om die wilde dier te jaag en te vang en dan moet doodmaak.
Die beginsel is egter dat hierdie 'n boerdery is op 'n boer se plaas. Die
bokke, net soos die karakoele behoort aan hom.
Nou by jou robbe. Dis wilde diere en behoort seker aan die staat.
Die ouens wat hulle wil slag, kry 'n permit van die staat af vir die
hoeveelhede wat hy mag slag. Daar is twee basiese groepe wat geslag word:
Die bulle wat geskiet word in die kop met 'n .22 geweer en dan die
kleintjies wat so amper 'n jaar oud is deur hulle by te loop en hul
harspanne in te slaan met 'n piksteel. Hulle sit so 'n ysterpen dwars voor
in die piksteel sodat hy nog lekkerder die sop kan laat spat. Tydens die
oesseisoen moet jy miskien langs julle kus beweeg.....jy sal baie vrek en
halfvrek robbetjies kry wat nie heeltemal gevrek het nie.
Wat maak hulle met die robbe? Die kleintjies se velle word verkoop en
hul vleis word gekook en verwerk tot voermeel. Die ou vet bulle se vleis
gaan dieselfde pad, behalwe dat hulle baie vet het waaruit olie gemaak word
wat baie ryk aan Omega 3 is. Die groot geld is natuurlik die robbulle se
penisse wat uitgeslag en gedroog word en dan aan die Chinese verkoop word
@R4000+ per kilo want die Chinese glo dit help met die korasie om nóg meer
Chinesies te maak! So, ou dier, daar is nie eers 'n vergelyking tussen die
gemors wat jou Beste! Wonderlike! Kanada aanvang met julle wilde diere en
die boerdery nie.
"@rogers.com" wrote in message
news:pSMLc.1133823$Ar.567447@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
> Sien, hier gaan jy weer. As hulle as 'n kultuurgewoonte
> karakoellammetjies keel afsny, of op groot skaal bokke
> jag, dan is dit alles goed en wel. Maar laat iemand in 'n
> ander deel van die wêreld nou net sy eie kultuurgewoonte,
> wat al duisende en duisende jare aangaan, ook bedryf,
> dan is Meneer gou by met die grynslag en die ou krom
> vinger. Maar nee, in sy oë is sy handjies wit.
>
> Tant Hessie van Springbok
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95731 is 'n antwoord op boodskap #95725] |
Thu, 29 July 2004 21:33   |
Anoth
Boodskappe: 273 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hi daar
Katryn, jy vergeet een ding. Die terroriste val nie die Weste aan oor
Bush nie. Hy was maar net die katalisator van die woede wat daar teen
die Weste is. Kerry en kie mag wel vir die Weste 'n blaaskans gee, maar
die kalf is reeds in die put. Dit gaan meer neem as praat om die konflik
te stop...
As daar stilte kom met Kerry aan bewind, is dit nie 'n teken van sy
sukses nie, maar eerder 'n persepsie van sy lammer beeld.
'n Waghond wat nie byt nie, is maar net 'n alarm wat kos vreet instede
van elektrisiteit.
Groete
Plato
Katryn wrote:
> l...@lous.zzn.com (Lou) skryf:
>
>
>> It is help to be able to take a stand if you have more money than you
>> can spend, absolutely mitigates the risk.
>> - Lou
>
>
> LOL! Lou, jou verbeelding werk alweer oortyd!
> ;-)
> Terloops, dit is nie 'n sonde om ryk te wees nie, dit is stupid om dit
> teen haar of enigiemand te hou.
> Teresa Heinz Kerry sal definitief een van die BESTE First Ladies wees
> wat Amerika nog gehad het - naas Eleanor Roosevelt natuurlik.
> As ons maar so gelukkig kan wees om haar en Kerry te mag hê as ons
> leiers.
> En met Edwards en sy oulike vrou aan hulle sy, kan dit net beter gaan
> met Amerika en die res van die wereld.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (6): [ 5 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 00:19:44 UTC 2025
|