Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Moeilike Ou Man
Moeilike Ou Man [boodskap #95511] Sa, 24 Julie 2004 06:39
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Edwin Hunsaker, 82, en 'n VSA burger, is nou al 4.5 jaar in Pollsmoor ( dis
'n tronk hier in die Kaap) vir bedrog. Hy is die oudste gevangene daar.
Sedert sy inhegtenisname weier hy om sy baard of hare te skeer. Sy familie,
vroulief van 59 jaar en 10 kinders, is in die VSA. Hy is nog nie verhoor
nie, en sy borgaansoek is geweier.
Hy het tans sy 12de regsverteenwoordiger.
Justisie beweer die rede hoekom sy saak nog nie voorgekom het nie, is
eerstens omdat hy nie met 'n regsverteenwoordiger tot dusver kon saamwerk
nie, en tweedens omdat hy saam met drie ander aangekla is.
Sy enigste werklike klagte oor die tronk is die kos.
Pollsmoor huisves tans 8000 oortreders, drie maal die hoeveelheid waarvoor
dit ingerig is.

--
Groetnis
Annette
Vorige onderwerp: Grys Hare
Volgende onderwerp: Gedragskode
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 10:32:20 MGT 2024