Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Circe" deur ELIZABETH EYBERS
"Circe" deur ELIZABETH EYBERS [boodskap #9550] Di, 27 Mei 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
CIRCE
Elizabeth Eybers

Luister jy nog? My stem is sag,
my liggaam is so diep en teer:
vergun my om nog hierdie nag
die weemoed uit jou o"e te weer.

Vertoef nog tot die daeraad, dat
jy vry mag wees om hiervandaan
'n man se verre we"e wat
ek net maar vaag vermoed te gaan.

Die onversteurbare, die sterke,
dit moet jy bly, ook wanneer ek
tussen my boeie en my vlerke
smartlik gespanne en gestrek,

jou wil belet omdat ek nog
nie weet hoe ek jou kan ontbeer
wanneer jy vir jou nuwe tog
die boegspriet teen die branders keer.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Weer in die Ark" deur TOTIUS
Volgende onderwerp: "Vaalvalk" deur W.E.G. Louw
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 07:00:10 MGT 2024