Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Toorklip " deur D.J. OPPERMAN
" Toorklip " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #95357 is 'n antwoord op boodskap #95358] Wo, 21 Julie 2004 14:16 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Toorklip
D.J. Opperman

Ek sien myself as seun weer - onbewus
in spel 'n middeleeuse alchemis
wat langs Bloukrans kristalle en agaat
optel, of korreltjies permanganaat
in bottels water drup sodat dit pers
oopslier, of hoe ek snags 'n stukkie kers
aansteek en kyk dan of die blousalmander
in die goue glans sy kleur verander.

As man moes ek bewuster in die stad
my spel toe op 'n ander vlak hervat:
oor die vallei lê sleepsels van my trokke
wat steenkool, erts en bloekomblokke
bring; en met tabberds in 'n winkelraam,
ranonkels, vye, 'n vrou se liggaam,
weet ek dat alles onder midas-hande
van die mens in goud verander.

" Voor My hang lug en aardbol, 'n retort
waar jul teen wil en dank gesuiwer word:
swart, bruin en wit, elke element
wat glansloos skuil onder My firmament.
En ook het Ek my gees omsluit met stof
dat ieder : kwik, piriet of dowwe
erts op wie my Seun as Godsteen straal,
verander word in edele metaal. "

Maar ék verlos die mens en hierdie land
volgens 'n ander alchemistiese verband
tussen ons duister gees en U, o God,
as ek patrone skep van myn en krot,
van kiepersol, swart trossies nastergal
en kwarteltjies wat dans - so die heelal
met mens, agaat en boomsalmander
deur die toorklip van die woord verander.
Re: " Toorklip " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #95358 is 'n antwoord op boodskap #95357] Wo, 21 Julie 2004 14:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek's nou te lui om te gaan opsoek. Het Opperman "Die Stem" geskryf? Of was
dit Malherbe?

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:vVuLc.1522$rCl.834@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
> Toorklip
> D.J. Opperman
>
> Ek sien myself as seun weer - onbewus
> in spel 'n middeleeuse alchemis
> wat langs Bloukrans kristalle en agaat
> optel, of korreltjies permanganaat
> in bottels water drup sodat dit pers
> oopslier, of hoe ek snags 'n stukkie kers
> aansteek en kyk dan of die blousalmander
> in die goue glans sy kleur verander.
>
> As man moes ek bewuster in die stad
> my spel toe op 'n ander vlak hervat:
> oor die vallei lê sleepsels van my trokke
> wat steenkool, erts en bloekomblokke
> bring; en met tabberds in 'n winkelraam,
> ranonkels, vye, 'n vrou se liggaam,
> weet ek dat alles onder midas-hande
> van die mens in goud verander.
>
> " Voor My hang lug en aardbol, 'n retort
> waar jul teen wil en dank gesuiwer word:
> swart, bruin en wit, elke element
> wat glansloos skuil onder My firmament.
> En ook het Ek my gees omsluit met stof
> dat ieder : kwik, piriet of dowwe
> erts op wie my Seun as Godsteen straal,
> verander word in edele metaal. "
>
> Maar ék verlos die mens en hierdie land
> volgens 'n ander alchemistiese verband
> tussen ons duister gees en U, o God,
> as ek patrone skep van myn en krot,
> van kiepersol, swart trossies nastergal
> en kwarteltjies wat dans - so die heelal
> met mens, agaat en boomsalmander
> deur die toorklip van die woord verander.
>
Re: " Toorklip " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #95366 is 'n antwoord op boodskap #95357] Wo, 21 Julie 2004 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Ek's nou te lui om te gaan opsoek. Het Opperman "Die Stem" geskryf? Of was
> dit Malherbe?

Ek dink dit was Langenhoven.

Gloudina
Re: " Toorklip " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #95389 is 'n antwoord op boodskap #95366] Wo, 21 Julie 2004 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ja, en de Villiers (ML?) het dit getoonset.

@rogers.com wrote:
> "Max" skryf
>> Ek´s nou te lui om te gaan opsoek. Het Opperman "Die Stem" geskryf? Of was
>> dit Malherbe?

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: " Toorklip " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #95417 is 'n antwoord op boodskap #95366] Do, 22 Julie 2004 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:cJvLc.1824$rCl.64@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>
> "Max" skryf
>
>> Ek's nou te lui om te gaan opsoek. Het Opperman "Die Stem" geskryf? Of was
>> dit Malherbe?
>
>
> Ek dink dit was Langenhoven.
>
> Gloudina
>

O ja, C Louis Langenhoven!

Hie hie, toemaar ek spot sommer.

Waar kom "Die lied van jong SA" vandaan? Hoekom/waar moes mens dit ook
alweer sing? Ek kan nie onthou nie, moes mens op aandag staan?

Sing mense dit vandag nog?

Max____________________________
Re: " Toorklip " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #95455 is 'n antwoord op boodskap #95417] Do, 22 Julie 2004 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Waar kom "Die lied van jong SA" vandaan? Hoekom/waar moes mens dit ook
> alweer sing? Ek kan nie onthou nie, moes mens op aandag staan?
>
> Sing mense dit vandag nog?

Dit is deur "Eitemal" geskryf (gewysig deur Philip Mclachlan) en
getoonset deur Hugo Gutsche ( verwerk deur Dirkie de Villiers.)
Ek wonder wie die Hugo Gutsche is - of hy dalk 'n Duitser is
en die melodie dus oorspronklik van Duitse oorsprong. Dit sal
my nie verbaas as dit oorspronklik van Duitse oorsprong is nie.
Gedurende die dertigerjare, voor die Tweede Wêreldoorlog
uitgebreek het, het baie Afrikaners in Duitsland studeer, en was vol
bewondering vir die Hitlerjugend en al die aktiwiteite waarmee
die Nasionaal-Sosialiste die Ariese bevolking wou opsweep.
Eitemal se woorde is egter eintlik baie mooi. As jy dit wil hê,
sal ek dit vir jou stuur. Ek het natuurlik, soos elke ware
Afrikaner, 'n FAK volksangbundel.

Gloudina
Re: " Toorklip " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #95464 is 'n antwoord op boodskap #95455] Do, 22 Julie 2004 17:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dit word nog deur baie mense gesing. Soos Gloudina tereg opmerk, is
die woorde (en die melodie) eintlik baie mooi. Maar ons het nog nooit
op aandag gestaan vir dié liedjie nie. Die enigste lied wat ons destyds
op aandag voor gestaan het, was Die Stem / The Call en deesdae n'Kosi
sikelel' iAfrika/Die Stem/The Call, alhoewel die mengsel van woorde my
nie vreeslik aanstaan nie - dis nóg vis nóg vlees. Maar dis 'n goeie
poging, en ek dink met die regte gesindheid gedoen.

@rogers.com wrote:
> "Max" skryf
>
>
>> Waar kom "Die lied van jong SA" vandaan? Hoekom/waar moes mens dit ook
>> alweer sing? Ek kan nie onthou nie, moes mens op aandag staan?

>> Sing mense dit vandag nog?
>
> Dit is deur "Eitemal" geskryf (gewysig deur Philip Mclachlan) en
> getoonset deur Hugo Gutsche ( verwerk deur Dirkie de Villiers.)
> Ek wonder wie die Hugo Gutsche is - of hy dalk 'n Duitser is
> en die melodie dus oorspronklik van Duitse oorsprong. Dit sal
> my nie verbaas as dit oorspronklik van Duitse oorsprong is nie.
> Gedurende die dertigerjare, voor die Tweede Wêreldoorlog
> uitgebreek het, het baie Afrikaners in Duitsland studeer, en was vol
> bewondering vir die Hitlerjugend en al die aktiwiteite waarmee
> die Nasionaal-Sosialiste die Ariese bevolking wou opsweep.
> Eitemal se woorde is egter eintlik baie mooi. As jy dit wil hê,
> sal ek dit vir jou stuur. Ek het natuurlik, soos elke ware
> Afrikaner, 'n FAK volksangbundel.
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: " Toorklip " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #95476 is 'n antwoord op boodskap #95464] Vr, 23 Julie 2004 05:32 Na vorige boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Min mense weet dat n'Kosi sikelel' iAfrika die landslied is van meeste
lande in suidelike Afrika...

Groete
Plato

knersus wrote:
> Ja, dit word nog deur baie mense gesing. Soos Gloudina tereg opmerk, is
> die woorde (en die melodie) eintlik baie mooi. Maar ons het nog nooit
> op aandag gestaan vir dié liedjie nie. Die enigste lied wat ons destyds
> op aandag voor gestaan het, was Die Stem / The Call en deesdae n'Kosi
> sikelel' iAfrika/Die Stem/The Call, alhoewel die mengsel van woorde my
> nie vreeslik aanstaan nie - dis nóg vis nóg vlees. Maar dis 'n goeie
> poging, en ek dink met die regte gesindheid gedoen.
>
> @rogers.com wrote:
>
>> "Max" skryf


>>> Waar kom "Die lied van jong SA" vandaan? Hoekom/waar moes mens dit ook
>>> alweer sing? Ek kan nie onthou nie, moes mens op aandag staan?
>
>>> Sing mense dit vandag nog?


>> Dit is deur "Eitemal" geskryf (gewysig deur Philip Mclachlan) en
>> getoonset deur Hugo Gutsche ( verwerk deur Dirkie de Villiers.)
>> Ek wonder wie die Hugo Gutsche is - of hy dalk 'n Duitser is
>> en die melodie dus oorspronklik van Duitse oorsprong. Dit sal
>> my nie verbaas as dit oorspronklik van Duitse oorsprong is nie.
>> Gedurende die dertigerjare, voor die Tweede Wêreldoorlog
>> uitgebreek het, het baie Afrikaners in Duitsland studeer, en was vol
>> bewondering vir die Hitlerjugend en al die aktiwiteite waarmee
>> die Nasionaal-Sosialiste die Ariese bevolking wou opsweep.
>> Eitemal se woorde is egter eintlik baie mooi. As jy dit wil hê,
>> sal ek dit vir jou stuur. Ek het natuurlik, soos elke ware
>> Afrikaner, 'n FAK volksangbundel.
Vorige onderwerp: " Mériba " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Scriba van Egipte " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 04:50:17 MGT 2024