Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks
|
|
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95153 is 'n antwoord op boodskap #95147] |
Sun, 18 July 2004 21:33   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Plato" skrryf
...
Jy is iemand wat baie dinge sê vanuit
> 'n gemaksposisie in 'n ander land oor 'n ander land. Jy hoef nie die
> gevolge te dra van jou sinnelose woorde nie.
Ek dink dat jy duidelik NIKS weet van die aktiwiteite
van Moeder Theresa (en nou haar orde) nie. Hulle
stel nie voor om die wêreldprobleme op te los nie.
Hulle gaan net rond en vind mense wat aan die dood-
gaan is, en as hierdie mense in die uiterste armoede
besig is om dood te gaan, en nie iemand het wat na
hulle omsien nie, dan neem hullle daardie mense en
sorg vir hulle op 'n liefderike manier, totdat hulle
doodgaan. Hulle sorg vir daardie mense asof hulle
hul familie is. Haar navolgers, in baie gevalle nie
Christene nie, doen wat Christus gesê het ons moet
vir ons naaste doen. Moeder Theresa word as 'n
"saint" herken deur beide Hindoes en Christene,
en sal vir die Boeddhis 'n tipe van Avolokiteshvara
wees, met sy duisend hande, en in elkeen daarvan
is 'n oog.
Gloudina
|
|
|
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95154 is 'n antwoord op boodskap #95147] |
Sun, 18 July 2004 21:43   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Plato" skryf
Hoeveel hulp
> gaan dit neem om Afrika reg te kry? Sê jy nou vir my! Jy kan Afrika
> toegooi onder brood maar dit sal net tydelik die simptome van 'n groter
> probleem verlig, niks meer nie.
En hier illustreer jy nou weer net vir my 'n ander
punt. Hoe regser die Afrikaner, hoe vinniger begin
hy praat oor "Afrika" en hoe sleg dit dan nou toe-
gaan en van Afrika se "simptome" en hoe mens
"Afrika" kan toegooi onder brood, maar daar is
net altyd "die groter probleem." Alles cliches,
Plato, wat die regses onder die Afrikaners
uitspoeg, omdat hulle basies swartmense wil
swartsmeer. Van Zyl Slabbert sê in sy 2014-
uitspraak nou die dag hoe siek hy daarvan is
dat sommige mense in SA aanhoudend hulle
vinger na Zimbabwe wys en praat van hoe dit
in SA sal gaan "soos dit in Zimbabwe gaan."
Hy wys daarop dat Zimbabwe 'n grootliks
landelike bevolking het, dat die gesamentlike
ekonomie van Harare en Lusaka kleiner is as
die ekonomie van Durban, en dat die oplossings
vir Zimbabwe en vir SA hemelsbreed verskil.
Ek wed egter dat jy een van daardie ouens is
wat gedurig oor "Mugabe" praat, en gerieflik
vergeet dat niks wat in die Zimbabwe van Mugabe
aangaan, kan vergelyk met die menseregte-
skendings wat aangegaan het gedurende die
apartheidsregime nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95163 is 'n antwoord op boodskap #95153] |
Mon, 19 July 2004 08:46   |
Anoth
Boodskappe: 273 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink die kwessie is uitgeklaar en elkeen wat my rede op die groep
lees sal verstaan.
Groete
P
@rogers.com wrote:
> "Plato" skrryf
> ....
> Jy is iemand wat baie dinge sê vanuit
>
>> 'n gemaksposisie in 'n ander land oor 'n ander land. Jy hoef nie die
>> gevolge te dra van jou sinnelose woorde nie.
>
>
> Ek dink dat jy duidelik NIKS weet van die aktiwiteite
> van Moeder Theresa (en nou haar orde) nie. Hulle
> stel nie voor om die wêreldprobleme op te los nie.
> Hulle gaan net rond en vind mense wat aan die dood-
> gaan is, en as hierdie mense in die uiterste armoede
> besig is om dood te gaan, en nie iemand het wat na
> hulle omsien nie, dan neem hullle daardie mense en
> sorg vir hulle op 'n liefderike manier, totdat hulle
> doodgaan. Hulle sorg vir daardie mense asof hulle
> hul familie is. Haar navolgers, in baie gevalle nie
> Christene nie, doen wat Christus gesê het ons moet
> vir ons naaste doen. Moeder Theresa word as 'n
> "saint" herken deur beide Hindoes en Christene,
> en sal vir die Boeddhis 'n tipe van Avolokiteshvara
> wees, met sy duisend hande, en in elkeen daarvan
> is 'n oog.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95164 is 'n antwoord op boodskap #95154] |
Mon, 19 July 2004 08:55   |
Anoth
Boodskappe: 273 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy is heeltemal reg dat ek een van daai ouens is wat die heeltyd oor
Mugabe praat. Ek dink die man is 'n sot en 'n groter aap as wat enige
"Apartheidsvark" (soos jy hulle graag noem) ooit kon gewees het. Die
rede hoekom ek oor hom praat is omdat Suid Afrika nie die invloei van
Zimbabwiers kan keer nie. Ek praat daaroor omdat my regering so stil is
oor die storie. Dit maak my bekommerd want ek weet nie waar hulle staan
teenoor die hele petalje nie. Slabbert kan sê wat hy wil maar as
dieselfde hier gebeur as in Zimbabwe is daar geen verskil in die uitkoms
nie mens. Is jy kranksinnig? Die enigste verskil is dat die effek groter
gaan wees omdat SA groter is. Hoe dig moet jy wees om dit te kan begryp?
Ek sê nie Suid Afrika gaan opeindig soos Zimbabwe nie, maar daar is nou
nie juis enige voorbeeld van swart state wat vreeslik voorspoedig is of
was nie, is daar? Met ander woorde die is een groot eksperiment. Een
waar die wêreld kyk of swart mense die man kan opkom as hulle alles kry.
Infrastruktuur en vreeslik baie geld, de lot! Dit is nie 'n rassistiese
aantyging nie, voordat jy my weer beskuldig. Dit is net 'n feit. Ek
staan by my swak kultuur standpunt. Afrika se mense het oorwegend 'n
kultuur wat nie pas by die tipe voorspoed wat hulle nastreef nie. Die
waarheid bly staan soos 'n paal bo water.
Groete
Plato
@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
> Hoeveel hulp
>
>> gaan dit neem om Afrika reg te kry? Sê jy nou vir my! Jy kan Afrika
>> toegooi onder brood maar dit sal net tydelik die simptome van 'n groter
>> probleem verlig, niks meer nie.
>
>
> En hier illustreer jy nou weer net vir my 'n ander
> punt. Hoe regser die Afrikaner, hoe vinniger begin
> hy praat oor "Afrika" en hoe sleg dit dan nou toe-
> gaan en van Afrika se "simptome" en hoe mens
> "Afrika" kan toegooi onder brood, maar daar is
> net altyd "die groter probleem." Alles cliches,
> Plato, wat die regses onder die Afrikaners
> uitspoeg, omdat hulle basies swartmense wil
> swartsmeer. Van Zyl Slabbert sê in sy 2014-
> uitspraak nou die dag hoe siek hy daarvan is
> dat sommige mense in SA aanhoudend hulle
> vinger na Zimbabwe wys en praat van hoe dit
> in SA sal gaan "soos dit in Zimbabwe gaan."
> Hy wys daarop dat Zimbabwe 'n grootliks
> landelike bevolking het, dat die gesamentlike
> ekonomie van Harare en Lusaka kleiner is as
> die ekonomie van Durban, en dat die oplossings
> vir Zimbabwe en vir SA hemelsbreed verskil.
> Ek wed egter dat jy een van daardie ouens is
> wat gedurig oor "Mugabe" praat, en gerieflik
> vergeet dat niks wat in die Zimbabwe van Mugabe
> aangaan, kan vergelyk met die menseregte-
> skendings wat aangegaan het gedurende die
> apartheidsregime nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95221 is 'n antwoord op boodskap #95154] |
Mon, 19 July 2004 16:14   |
Aristoteles
Boodskappe: 13 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Gloudina
Wat het "regs" met die hele gesprek uit te waai? Dit lyk asof Plato
vrees vir die voortbestaan van sy leefwyse en kultuur in SA, en planne
maak om dit te beskerm. Dit is nie regs nie. Die VN het onlangs 'n
verslag uitgebring wat sê dat die erkenning van kultuurregte help om
konflik met, en marginalisering van kultuur-minderhede vermy.
In Europa word diegene wat vir minderheidregte en -outonomie veg "links"
en progressief genoem. Diegene wat minderheidsregte ignoreer, soos in
SA, is outyds en konserwatief. Die alewige ge-"regs" raak baie
irriterend en afgestomp. Wees asb meer beskrywend. Dwarsoor die wêreld
word probleme opgelos en konflikte vermy deur aan minderheidsgroepe
kulturele outonomie te gee.
Waarom nie hier nie? Dan sal ons die huidige heersers heelwat minder
uitkoggel en verag.
Jy mag ontevredenheid, deur 'n witte, van die huidige sisteem dalk
vinnig as rassisme uitwys. Maar dinge loop dikwels dieper as so 'n
oppervlakkige karakterisering. In Brittanje wil die Skotte nie deur die
Engelse oorheers word nie. Niks rassisties nie. In SA wil baie
Afrikaners nie deur die swart massas oorheers word nie. Die feit dat
hulle swart is, is toevallig. Biae wil maar, heel onskuldig, net
outonomie hê, soos die Skotte, Vlaminge, Koerde en talle ander dit wil hê.
Beste wense
@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
> Hoeveel hulp
>
>> gaan dit neem om Afrika reg te kry? Sê jy nou vir my! Jy kan Afrika
>> toegooi onder brood maar dit sal net tydelik die simptome van 'n groter
>> probleem verlig, niks meer nie.
>
>
> En hier illustreer jy nou weer net vir my 'n ander
> punt. Hoe regser die Afrikaner, hoe vinniger begin
> hy praat oor "Afrika" en hoe sleg dit dan nou toe-
> gaan en van Afrika se "simptome" en hoe mens
> "Afrika" kan toegooi onder brood, maar daar is
> net altyd "die groter probleem." Alles cliches,
> Plato, wat die regses onder die Afrikaners
> uitspoeg, omdat hulle basies swartmense wil
> swartsmeer. Van Zyl Slabbert sê in sy 2014-
> uitspraak nou die dag hoe siek hy daarvan is
> dat sommige mense in SA aanhoudend hulle
> vinger na Zimbabwe wys en praat van hoe dit
> in SA sal gaan "soos dit in Zimbabwe gaan."
> Hy wys daarop dat Zimbabwe 'n grootliks
> landelike bevolking het, dat die gesamentlike
> ekonomie van Harare en Lusaka kleiner is as
> die ekonomie van Durban, en dat die oplossings
> vir Zimbabwe en vir SA hemelsbreed verskil.
> Ek wed egter dat jy een van daardie ouens is
> wat gedurig oor "Mugabe" praat, en gerieflik
> vergeet dat niks wat in die Zimbabwe van Mugabe
> aangaan, kan vergelyk met die menseregte-
> skendings wat aangegaan het gedurende die
> apartheidsregime nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Kulturele outonomie [boodskap #95244 is 'n antwoord op boodskap #95233] |
Tue, 20 July 2004 06:59   |
Aristoteles
Boodskappe: 13 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dit is wel baie wyd verspreid. Baie internasionale konflikte is opgelos
deur MEER as kulturele outonomie, nl. algehele afskeiding. Kyk maar na
Joego-Slawië. In Kanada self begeer 'n baie groot minderheid in Quebec
onafhanklikheid, sodat hulle hul Franse kultuur kan handhaaf. Daar
bestaan reeds 'n groot mate van kulturele outonomie. Niks rassisties
nie, reg? Die Indiane ("Eerste bewoners") in Kanada geniet in groot
gebiede relatiewe outonomie.
Wat nog meer wyd verspreid is, is die gevalle waar sodanige outonomie
nie toegeken word nie, en war daar gevolglik 'n konflik situasie bestaan.
Die konflikte in Afrika word in 'n groot mate aangedryf deur die botsing
tussen kulture. Gedurende die koloniale tydperk het die Europeers 'n
klomp kolonies geskep deur met 'n liniaal 'n klomp arbitrêre strepe te
trek. Dikwels dwarsdeur gebiede wat deur kulturele groepe bewoon word.
Vandag se konflikte en spanning in Afrika kan in 'n groot mate hieraan
toegeskryf word. Dit moet, soos die VN verslag voorstel, opgelos word
deur aan die verskeie kulture groepe outonomie te gee. As jy wil, sal
ek vir jou die verslag gee.
'n Boerestaat sal wonderlik wees, maar ek dink dit is onhaalbaar. Dus
vra ek vir minder as dit.
Ek vra maar vir iets wat ons vir hulle gegee het onder apartheid. Iets
soos 'n Departement van "Eie sake". Met 'n minister in die kabinet.
Mens kan onderhandel oor wat alles onder daardie departement moet val.
Daar moet dan relatiewe outonomie wees rakende daardie dinge.
Jy hoef nie so negatief teenoor elkeen te wees wat 'n oplossing soek vir
Afrikaners se posisie in SA nie. Probeer liewer help om oplossings te
soek. Maak voorstelle. Een ding wat waar is, is dat Afrikaners tans
apaies is, en polities gemarginaliseerd is. Soos die VN voorspel,
gebeur dit wel dat minderhede uitgesluit voel, as hulle nie seggenskap
oor hule eie sake het nie. Wat stel jy voor?
Hoe gaan Afrikaners deel word van die hoofstroom? Moet hulle verander
en assimileer met die meerderheid? Waarom moet hulle? Nêrens anders in
die wêreld word dit van minderhede verwag nie. Oral waar dit probeer
word, is daar konflik.
Ek besef dat dit al 'n baie gerieflike gewoonte geword het by baie om
sulke skelwoorde: "rassisme", "regs", "Orania" ens ens na mense te
slinger, sodra die onderwerp geopper word. In my opinie dui dit op
luiheid van denke. In SA vind dieselfde verskeinsels en natuurlike
sosiologiese ontwikkelings plaas as elders. Die uniekheid van ons
situasie is, is dat daar rsverskille is. Die wit minderheid word dus
heeltyd opgesaal met addisionele beskuldigings van rassisme wanner hulle
dieselfde dinge vra as minderhede elders in die wêreld. Dit is 'n groot
las, en hopelik kan die politieke debat in SA een of ander tyd 'n ander,
hoër, rigting inslaan.
@rogers.com wrote:
> "Aristoteles" skryf
> ...
> Dwarsoor die wêreld
>
>> word probleme opgelos en konflikte vermy deur aan minderheidsgroepe
>> kulturele outonomie te gee.
>> Waarom nie hier nie? Dan sal ons die huidige heersers heelwat minder
>> uitkoggel en verag.
>
>
> Dis nie so wydverspreid soos jy dit skilder nie. Groepe word
> miskien kulturele outonomie gegee, maar nie politieke outonomie
> nie. Wat wil jy hê onder kulturele outonomie in SA? Die mense
> van Orania word nie deur die ANC aangeval nie. Dit lyk of
> hulle volkome kulturele outonomie en selfs munisipale outonomie
> binne die grense van hulle eiendom het. Ek het dus 'n suspisie
> dat jy onder kulturele outonomie vir SA 'n soort van 'n boere-
> staat binne die staat voorstaan. En die grap , Plato, is dat
> meeste Afrikaners nie in jou republiek sal bly nie, want hulle
> vrees die kontrole en kulturele manipulering wat daar op
> hulle toegepas is gedurende die apartheidsregime.
>
> Aristophanes
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95269 is 'n antwoord op boodskap #95248] |
Tue, 20 July 2004 10:48   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Plato, die antie verstaan net wat sy wil en as jy haar in 'n hoek kry, dan
verander sy die onderwerp of ignoreer die storie. Sy teoretiseer alles uit
boeke en haar familie is sekerlik die grootste suid van die Sahara want
sowat van mans, neefs en niggies wat omtrent alles in Afrika beleef het 'n
geboekstaaf het, het ek nog nooit gesien nie. Maar sy praat grotendeels
tjol. Enigiemand wat nou in Afrika leef en die lewe ondervind, sal weet
dat die politieke verandering eintlik nie veel verandering gebring het sover
dit die rasseaangeleenthede aanbetref nie. Dit is doodnatuurlik om
rasseonderskeid tussen mense te hê ongeag die pogings van die politici om
alles bymekaar te wil gooi. Vergeet van die onderskeid tussen blank en
swart......praat net van swart mense en in die alledaagse lewe sal mens
ondervind dat die swart volkere ook nie te lekker saam met mekaar wil of kan
leef nie. Nie so ver van my deur af nie is een buurman wat 'n groot
slagaanleg het wat omtrent vir so 340 man werk gee. Daar is drie basiese
groep werkers, Owambo's, Herero's en die Damara's. Hulle't jarre se kak
gehad met die werkspanne tot hulle uiteindelik die arbeid in die drie groepe
gekanaliseer het. En dit het voortgevloei uit samesprekings met die
werkers self! Die Herero sê 'n Owambo of 'n Damara kan nie sy baas wees
nie want hulle weet niks van sy probleme nie, en andersom. Die les is
hieruit dat mense nooit dieselfde sal wees nie en die lekker van die mensdom
is juis geleë in die verskille.
Gloudina het hierdie verskriklike minderwaardigheidskompleks wat sy nie
kan aflewe nie en is bereid om alles prys te gee vir erkenning. Dit gaan
haar verstand te bowe dat mense vryheid van keuse mag hê en dat skere rasse
dalkies net nie saam met ander wil verkeer nie. As mens kyk uit watter
hoek sy hom kyk, is dit seker nie snaaks nie!
"Plato" skryf in boodskap news:cdij2g$ldu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Maak nie werklik saak nie. Die idee is om beheer oor jou eie taal en sy
> aktiwiteite te hê. Hoe kan 'n Afrikaanse oor 'n Zoeloe se taal
> instellings besluit? Dieselfde geld andersom ook...
>
> Groete
> Plato
>
> @rogers.com wrote:
>> "Plato" skryf
>>
>> Kulturele outonomie sou beteken
>>
>>> die vermoë om jou eie skole te bestuur, jou eie radio en TV kanale te
>>> kan administreer ensovoorts.
>>
>>
>>> Wat is fout daarmee? Dit kan tog vir alle kulture in SA gegun word.
>>> Soos in Belgie...
>>
>>
>> Ek neem aan skole in België wat deur individuele groepe
>> bestuur word, ontvang geen staatsgeld nie. So ook met
>> radio en TV kanale.
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95279 is 'n antwoord op boodskap #95272] |
Tue, 20 July 2004 12:13   |
Anoth
Boodskappe: 273 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat praat jy vrou?!!? Niemand is beslis 'n verkeerde term as daar wel
iemand is! KykNet is voorbeeld, maar dis jammer hy is so vreeslik duur
om te kyk!
Groete
Plato
@rogers.com wrote:
> "Suidwester" skryf
>
> Dit gaan
>
>> haar verstand te bowe dat mense vryheid van keuse mag hê en dat skere
>
> rasse
>
>> dalkies net nie saam met ander wil verkeer nie. As mens kyk uit watter
>> hoek sy hom kyk, is dit seker nie snaaks nie!
>
>
> Nee, dis nie snaaks nie. Na al die gemors wat deur sekere
> Afrikaners gedurende die apartheidsregime veroorsaak
> is, wat die naam van al ons Afrikaners beswadder het,
> en SA 'n uitvaagsel onder die volke gemaak het, sou ek
> dink dat elke regdenkende Afrikaner sal wil sien dat
> daardie element binne sy geledere nie weer die tou in
> die hande kry nie. Dis heelwaarskynlik 'n feit dat hierdie
> soort gepraat oor rassediskriminasie teen wittes en
> sulke dinge grootliks op die internet plaasvind, en dat
> niemand meer regtig 'n aparte Afrikaanse kanaal by-
> voorbeeld op TV wil hê nie. Te oordele oor die
> neiging van al dié boerestaat-joggies se gewoonte
> om in Engels op hierdie nuusgroep te pos, en te
> oordele na hulle geradbraakte Afrikaans en hulle
> beroerde Afrikaanse spelling, sal hulle seker ook
> nie te vreeslik baie na die Afrikaanse kanaal kyk
> of Afrikaanse radio luister nie. Die boerestaat-
> joggies lyk dit vir my sal eiehandig sorg dat
> Afrikaans uitsterf as 'n taal op die internet. Hulle
> verkose taal wanneer hulle artikels pos is mos
> Engels.
>
> Tant Hessie van Wonderboom
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (6): [ 3 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 00:44:49 UTC 2025
|