Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95149 is 'n antwoord op boodskap #95144] So, 18 Julie 2004 19:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie nodig nie. Ek het dit uit die perd se bek gehoor. Hy het
onderhoud op TV gevoer...

Cheers
P

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> Jy vergeet dat De Klerk nooit die leisels wou behou nie.
>
>
> Jy is baie onkundig oor die werklike toestand van sake.
> Jy is onkundig van wat by al die Codesa en die daarop-
> volgende samesprekings gebeur het. Dis omdat jy net
> in cliches praat of sekere boerenasie-gekwetter napraat.
> Gaan lees weer die verslae van wat werklik by die
> samesprekings gebeur het. Gaan lees die boeke wat
> daaroor geskryf is.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95150 is 'n antwoord op boodskap #95142] So, 18 Julie 2004 19:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nou hoe verklaar jy dan jou stommigheid oor die goed?

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
> Besef jy dat ons
>
>> kernwapens gehad het
>
>
> Ja dankie, ek het miskien geweet voor jy
> geweet het. Ek het paartie gehou met sommige
> van die ouens wat daaraan gewerk het.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95153 is 'n antwoord op boodskap #95147] So, 18 Julie 2004 21:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skrryf
...
Jy is iemand wat baie dinge sê vanuit
> 'n gemaksposisie in 'n ander land oor 'n ander land. Jy hoef nie die
> gevolge te dra van jou sinnelose woorde nie.

Ek dink dat jy duidelik NIKS weet van die aktiwiteite
van Moeder Theresa (en nou haar orde) nie. Hulle
stel nie voor om die wêreldprobleme op te los nie.
Hulle gaan net rond en vind mense wat aan die dood-
gaan is, en as hierdie mense in die uiterste armoede
besig is om dood te gaan, en nie iemand het wat na
hulle omsien nie, dan neem hullle daardie mense en
sorg vir hulle op 'n liefderike manier, totdat hulle
doodgaan. Hulle sorg vir daardie mense asof hulle
hul familie is. Haar navolgers, in baie gevalle nie
Christene nie, doen wat Christus gesê het ons moet
vir ons naaste doen. Moeder Theresa word as 'n
"saint" herken deur beide Hindoes en Christene,
en sal vir die Boeddhis 'n tipe van Avolokiteshvara
wees, met sy duisend hande, en in elkeen daarvan
is 'n oog.

Gloudina
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95154 is 'n antwoord op boodskap #95147] So, 18 Julie 2004 21:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

Hoeveel hulp
> gaan dit neem om Afrika reg te kry? Sê jy nou vir my! Jy kan Afrika
> toegooi onder brood maar dit sal net tydelik die simptome van 'n groter
> probleem verlig, niks meer nie.

En hier illustreer jy nou weer net vir my 'n ander
punt. Hoe regser die Afrikaner, hoe vinniger begin
hy praat oor "Afrika" en hoe sleg dit dan nou toe-
gaan en van Afrika se "simptome" en hoe mens
"Afrika" kan toegooi onder brood, maar daar is
net altyd "die groter probleem." Alles cliches,
Plato, wat die regses onder die Afrikaners
uitspoeg, omdat hulle basies swartmense wil
swartsmeer. Van Zyl Slabbert sê in sy 2014-
uitspraak nou die dag hoe siek hy daarvan is
dat sommige mense in SA aanhoudend hulle
vinger na Zimbabwe wys en praat van hoe dit
in SA sal gaan "soos dit in Zimbabwe gaan."
Hy wys daarop dat Zimbabwe 'n grootliks
landelike bevolking het, dat die gesamentlike
ekonomie van Harare en Lusaka kleiner is as
die ekonomie van Durban, en dat die oplossings
vir Zimbabwe en vir SA hemelsbreed verskil.
Ek wed egter dat jy een van daardie ouens is
wat gedurig oor "Mugabe" praat, en gerieflik
vergeet dat niks wat in die Zimbabwe van Mugabe
aangaan, kan vergelyk met die menseregte-
skendings wat aangegaan het gedurende die
apartheidsregime nie.

Gloudina
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95155 is 'n antwoord op boodskap #95148] So, 18 Julie 2004 21:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Wys vir my daardie feit... Dat baie Kanadese hulleself skuldig maak aan
> misdaad om in die tronk te beland. Indien waar is daar dan ook 'n skroef
> los. Dis al wat bewys is...

{> >>Huh?
>>> Welombekende feit?
>> Dis 'n welbekende feit
>> Ek weet nie wat die vraag of jou
>> probleem is nie. Verduidelik
>> asseblief.}

O, ek dog dit gaan oor óf dit "welombekende"
of "welbekende" moet wees. Wys jou maar net.
Bestaan daar werklik 'n woord soos
"welombekende" in Afrikaans?
Oor "daardie feit." Dit is 'n welbekende feit
onder die Kanadese omstandighede dat daar
mense is wat klein oortredings pleeg sodat
hulle 'n plek in 'n tronk kan kry vir die winter,
wat nogal straf hier in Kanada kan wees. In
die somer is hulle gewoonlik uit en slaap hulle
buite.

Gloudina
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95156 is 'n antwoord op boodskap #95149] So, 18 Julie 2004 21:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Ek het nie nodig nie. Ek het dit uit die perd se bek gehoor. Hy het
> onderhoud op TV gevoer...

En glo jy nou alles wat De Klerk nou sê om sy
doen en late te hersien?

Gloudina
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95157 is 'n antwoord op boodskap #95150] So, 18 Julie 2004 21:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Nou hoe verklaar jy dan jou stommigheid oor die goed?

My stommigheid oor w�tter goed?

Gloudina
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95163 is 'n antwoord op boodskap #95153] Ma, 19 Julie 2004 08:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink die kwessie is uitgeklaar en elkeen wat my rede op die groep
lees sal verstaan.

Groete
P

@rogers.com wrote:

> "Plato" skrryf
> ....
> Jy is iemand wat baie dinge sê vanuit
>
>> 'n gemaksposisie in 'n ander land oor 'n ander land. Jy hoef nie die
>> gevolge te dra van jou sinnelose woorde nie.
>
>
> Ek dink dat jy duidelik NIKS weet van die aktiwiteite
> van Moeder Theresa (en nou haar orde) nie. Hulle
> stel nie voor om die wêreldprobleme op te los nie.
> Hulle gaan net rond en vind mense wat aan die dood-
> gaan is, en as hierdie mense in die uiterste armoede
> besig is om dood te gaan, en nie iemand het wat na
> hulle omsien nie, dan neem hullle daardie mense en
> sorg vir hulle op 'n liefderike manier, totdat hulle
> doodgaan. Hulle sorg vir daardie mense asof hulle
> hul familie is. Haar navolgers, in baie gevalle nie
> Christene nie, doen wat Christus gesê het ons moet
> vir ons naaste doen. Moeder Theresa word as 'n
> "saint" herken deur beide Hindoes en Christene,
> en sal vir die Boeddhis 'n tipe van Avolokiteshvara
> wees, met sy duisend hande, en in elkeen daarvan
> is 'n oog.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95164 is 'n antwoord op boodskap #95154] Ma, 19 Julie 2004 08:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy is heeltemal reg dat ek een van daai ouens is wat die heeltyd oor
Mugabe praat. Ek dink die man is 'n sot en 'n groter aap as wat enige
"Apartheidsvark" (soos jy hulle graag noem) ooit kon gewees het. Die
rede hoekom ek oor hom praat is omdat Suid Afrika nie die invloei van
Zimbabwiers kan keer nie. Ek praat daaroor omdat my regering so stil is
oor die storie. Dit maak my bekommerd want ek weet nie waar hulle staan
teenoor die hele petalje nie. Slabbert kan sê wat hy wil maar as
dieselfde hier gebeur as in Zimbabwe is daar geen verskil in die uitkoms
nie mens. Is jy kranksinnig? Die enigste verskil is dat die effek groter
gaan wees omdat SA groter is. Hoe dig moet jy wees om dit te kan begryp?
Ek sê nie Suid Afrika gaan opeindig soos Zimbabwe nie, maar daar is nou
nie juis enige voorbeeld van swart state wat vreeslik voorspoedig is of
was nie, is daar? Met ander woorde die is een groot eksperiment. Een
waar die wêreld kyk of swart mense die man kan opkom as hulle alles kry.
Infrastruktuur en vreeslik baie geld, de lot! Dit is nie 'n rassistiese
aantyging nie, voordat jy my weer beskuldig. Dit is net 'n feit. Ek
staan by my swak kultuur standpunt. Afrika se mense het oorwegend 'n
kultuur wat nie pas by die tipe voorspoed wat hulle nastreef nie. Die
waarheid bly staan soos 'n paal bo water.

Groete
Plato

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
> Hoeveel hulp
>
>> gaan dit neem om Afrika reg te kry? Sê jy nou vir my! Jy kan Afrika
>> toegooi onder brood maar dit sal net tydelik die simptome van 'n groter
>> probleem verlig, niks meer nie.
>
>
> En hier illustreer jy nou weer net vir my 'n ander
> punt. Hoe regser die Afrikaner, hoe vinniger begin
> hy praat oor "Afrika" en hoe sleg dit dan nou toe-
> gaan en van Afrika se "simptome" en hoe mens
> "Afrika" kan toegooi onder brood, maar daar is
> net altyd "die groter probleem." Alles cliches,
> Plato, wat die regses onder die Afrikaners
> uitspoeg, omdat hulle basies swartmense wil
> swartsmeer. Van Zyl Slabbert sê in sy 2014-
> uitspraak nou die dag hoe siek hy daarvan is
> dat sommige mense in SA aanhoudend hulle
> vinger na Zimbabwe wys en praat van hoe dit
> in SA sal gaan "soos dit in Zimbabwe gaan."
> Hy wys daarop dat Zimbabwe 'n grootliks
> landelike bevolking het, dat die gesamentlike
> ekonomie van Harare en Lusaka kleiner is as
> die ekonomie van Durban, en dat die oplossings
> vir Zimbabwe en vir SA hemelsbreed verskil.
> Ek wed egter dat jy een van daardie ouens is
> wat gedurig oor "Mugabe" praat, en gerieflik
> vergeet dat niks wat in die Zimbabwe van Mugabe
> aangaan, kan vergelyk met die menseregte-
> skendings wat aangegaan het gedurende die
> apartheidsregime nie.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95165 is 'n antwoord op boodskap #95156] Ma, 19 Julie 2004 08:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy het nie einde nie, het jy?

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> Ek het nie nodig nie. Ek het dit uit die perd se bek gehoor. Hy het
>> onderhoud op TV gevoer...
>
>
> En glo jy nou alles wat De Klerk nou sê om sy
> doen en late te hersien?
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95166 is 'n antwoord op boodskap #95157] Ma, 19 Julie 2004 08:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Oor die mag van die SA weermag in Apartheid. Jy maak nie veel sin nie.

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> Nou hoe verklaar jy dan jou stommigheid oor die goed?
>
>
> My stommigheid oor wátter goed?
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95167 is 'n antwoord op boodskap #94854] Ma, 19 Julie 2004 09:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vir gesonde debat. Dit maak nie saak wat jou definisie van vêr regs of
links mag wees nie, maar as jy so vêr oorhel na enige kant, dan maak
rede nie maklik saak nie. As gevolg van dit kan mens nie suksesvol debat
voer nie. Want voorbedagte rade is dan ter sprake. Dit is seker nie
altyd die geval nie maar meestal wel. Ek hoop ek is "open minded". Ten
minste oopkop genoeg om nie de hel in te raak as iemand met my verskil
nie. Ook oopkop genoeg om alternatiewe opinies te soek om myne mee te
toets.

:o)

Groetnis
Plato

Ferdi Greyling wrote:

> On 12 Jul 2004 09:17:07 -0700, anto...@yahoo.com (Antowan Nothling)
> wrote:
>
>
>> linkses en gans en al te mind "middle of the road" mense.
>
>
> Te veel vir wie?
>
> En wat beteken "ver regs" en "ver links" ?
>
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95221 is 'n antwoord op boodskap #95154] Ma, 19 Julie 2004 16:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aristoteles  is tans af-lyn  Aristoteles
Boodskappe: 13
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina

Wat het "regs" met die hele gesprek uit te waai? Dit lyk asof Plato
vrees vir die voortbestaan van sy leefwyse en kultuur in SA, en planne
maak om dit te beskerm. Dit is nie regs nie. Die VN het onlangs 'n
verslag uitgebring wat sê dat die erkenning van kultuurregte help om
konflik met, en marginalisering van kultuur-minderhede vermy.

In Europa word diegene wat vir minderheidregte en -outonomie veg "links"
en progressief genoem. Diegene wat minderheidsregte ignoreer, soos in
SA, is outyds en konserwatief. Die alewige ge-"regs" raak baie
irriterend en afgestomp. Wees asb meer beskrywend. Dwarsoor die wêreld
word probleme opgelos en konflikte vermy deur aan minderheidsgroepe
kulturele outonomie te gee.

Waarom nie hier nie? Dan sal ons die huidige heersers heelwat minder
uitkoggel en verag.

Jy mag ontevredenheid, deur 'n witte, van die huidige sisteem dalk
vinnig as rassisme uitwys. Maar dinge loop dikwels dieper as so 'n
oppervlakkige karakterisering. In Brittanje wil die Skotte nie deur die
Engelse oorheers word nie. Niks rassisties nie. In SA wil baie
Afrikaners nie deur die swart massas oorheers word nie. Die feit dat
hulle swart is, is toevallig. Biae wil maar, heel onskuldig, net
outonomie hê, soos die Skotte, Vlaminge, Koerde en talle ander dit wil hê.

Beste wense

@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
> Hoeveel hulp
>
>> gaan dit neem om Afrika reg te kry? Sê jy nou vir my! Jy kan Afrika
>> toegooi onder brood maar dit sal net tydelik die simptome van 'n groter
>> probleem verlig, niks meer nie.
>
>
> En hier illustreer jy nou weer net vir my 'n ander
> punt. Hoe regser die Afrikaner, hoe vinniger begin
> hy praat oor "Afrika" en hoe sleg dit dan nou toe-
> gaan en van Afrika se "simptome" en hoe mens
> "Afrika" kan toegooi onder brood, maar daar is
> net altyd "die groter probleem." Alles cliches,
> Plato, wat die regses onder die Afrikaners
> uitspoeg, omdat hulle basies swartmense wil
> swartsmeer. Van Zyl Slabbert sê in sy 2014-
> uitspraak nou die dag hoe siek hy daarvan is
> dat sommige mense in SA aanhoudend hulle
> vinger na Zimbabwe wys en praat van hoe dit
> in SA sal gaan "soos dit in Zimbabwe gaan."
> Hy wys daarop dat Zimbabwe 'n grootliks
> landelike bevolking het, dat die gesamentlike
> ekonomie van Harare en Lusaka kleiner is as
> die ekonomie van Durban, en dat die oplossings
> vir Zimbabwe en vir SA hemelsbreed verskil.
> Ek wed egter dat jy een van daardie ouens is
> wat gedurig oor "Mugabe" praat, en gerieflik
> vergeet dat niks wat in die Zimbabwe van Mugabe
> aangaan, kan vergelyk met die menseregte-
> skendings wat aangegaan het gedurende die
> apartheidsregime nie.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95233 is 'n antwoord op boodskap #95221] Ma, 19 Julie 2004 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Aristoteles" skryf
...
Dwarsoor die wêreld
> word probleme opgelos en konflikte vermy deur aan minderheidsgroepe
> kulturele outonomie te gee.
>
> Waarom nie hier nie? Dan sal ons die huidige heersers heelwat minder
> uitkoggel en verag.

Dis nie so wydverspreid soos jy dit skilder nie. Groepe word
miskien kulturele outonomie gegee, maar nie politieke outonomie
nie. Wat wil jy hê onder kulturele outonomie in SA? Die mense
van Orania word nie deur die ANC aangeval nie. Dit lyk of
hulle volkome kulturele outonomie en selfs munisipale outonomie
binne die grense van hulle eiendom het. Ek het dus 'n suspisie
dat jy onder kulturele outonomie vir SA 'n soort van 'n boere-
staat binne die staat voorstaan. En die grap , Plato, is dat
meeste Afrikaners nie in jou republiek sal bly nie, want hulle
vrees die kontrole en kulturele manipulering wat daar op
hulle toegepas is gedurende die apartheidsregime.

Aristophanes
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95235 is 'n antwoord op boodskap #95233] Ma, 19 Julie 2004 18:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie die onderwerp geplaas nie. Kulturele outonomie sou beteken
die vermoë om jou eie skole te bestuur, jou eie radio en TV kanale te
kan administreer ensovoorts. Dis wat ek dink...

Wat is fout daarmee? Dit kan tog vir alle kulture in SA gegun word.

Soos in Belgie...

Groete
Plato

@rogers.com wrote:
> "Aristoteles" skryf
> ....
> Dwarsoor die wêreld
>
>> word probleme opgelos en konflikte vermy deur aan minderheidsgroepe
>> kulturele outonomie te gee.

>> Waarom nie hier nie? Dan sal ons die huidige heersers heelwat minder
>> uitkoggel en verag.
>
>
> Dis nie so wydverspreid soos jy dit skilder nie. Groepe word
> miskien kulturele outonomie gegee, maar nie politieke outonomie
> nie. Wat wil jy hê onder kulturele outonomie in SA? Die mense
> van Orania word nie deur die ANC aangeval nie. Dit lyk of
> hulle volkome kulturele outonomie en selfs munisipale outonomie
> binne die grense van hulle eiendom het. Ek het dus 'n suspisie
> dat jy onder kulturele outonomie vir SA 'n soort van 'n boere-
> staat binne die staat voorstaan. En die grap , Plato, is dat
> meeste Afrikaners nie in jou republiek sal bly nie, want hulle
> vrees die kontrole en kulturele manipulering wat daar op
> hulle toegepas is gedurende die apartheidsregime.
>
> Aristophanes
>
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95238 is 'n antwoord op boodskap #95235] Ma, 19 Julie 2004 20:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

Kulturele outonomie sou beteken
> die vermoë om jou eie skole te bestuur, jou eie radio en TV kanale te
> kan administreer ensovoorts.

> Wat is fout daarmee? Dit kan tog vir alle kulture in SA gegun word.
> Soos in Belgie...

Ek neem aan skole in België wat deur individuele groepe
bestuur word, ontvang geen staatsgeld nie. So ook met
radio en TV kanale.

Gloudina
Kulturele outonomie [boodskap #95244 is 'n antwoord op boodskap #95233] Di, 20 Julie 2004 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aristoteles  is tans af-lyn  Aristoteles
Boodskappe: 13
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Dit is wel baie wyd verspreid. Baie internasionale konflikte is opgelos
deur MEER as kulturele outonomie, nl. algehele afskeiding. Kyk maar na
Joego-Slawië. In Kanada self begeer 'n baie groot minderheid in Quebec
onafhanklikheid, sodat hulle hul Franse kultuur kan handhaaf. Daar
bestaan reeds 'n groot mate van kulturele outonomie. Niks rassisties
nie, reg? Die Indiane ("Eerste bewoners") in Kanada geniet in groot
gebiede relatiewe outonomie.

Wat nog meer wyd verspreid is, is die gevalle waar sodanige outonomie
nie toegeken word nie, en war daar gevolglik 'n konflik situasie bestaan.

Die konflikte in Afrika word in 'n groot mate aangedryf deur die botsing
tussen kulture. Gedurende die koloniale tydperk het die Europeers 'n
klomp kolonies geskep deur met 'n liniaal 'n klomp arbitrêre strepe te
trek. Dikwels dwarsdeur gebiede wat deur kulturele groepe bewoon word.
Vandag se konflikte en spanning in Afrika kan in 'n groot mate hieraan
toegeskryf word. Dit moet, soos die VN verslag voorstel, opgelos word
deur aan die verskeie kulture groepe outonomie te gee. As jy wil, sal
ek vir jou die verslag gee.

'n Boerestaat sal wonderlik wees, maar ek dink dit is onhaalbaar. Dus
vra ek vir minder as dit.

Ek vra maar vir iets wat ons vir hulle gegee het onder apartheid. Iets
soos 'n Departement van "Eie sake". Met 'n minister in die kabinet.
Mens kan onderhandel oor wat alles onder daardie departement moet val.
Daar moet dan relatiewe outonomie wees rakende daardie dinge.

Jy hoef nie so negatief teenoor elkeen te wees wat 'n oplossing soek vir
Afrikaners se posisie in SA nie. Probeer liewer help om oplossings te
soek. Maak voorstelle. Een ding wat waar is, is dat Afrikaners tans
apaies is, en polities gemarginaliseerd is. Soos die VN voorspel,
gebeur dit wel dat minderhede uitgesluit voel, as hulle nie seggenskap
oor hule eie sake het nie. Wat stel jy voor?

Hoe gaan Afrikaners deel word van die hoofstroom? Moet hulle verander
en assimileer met die meerderheid? Waarom moet hulle? Nêrens anders in
die wêreld word dit van minderhede verwag nie. Oral waar dit probeer
word, is daar konflik.

Ek besef dat dit al 'n baie gerieflike gewoonte geword het by baie om
sulke skelwoorde: "rassisme", "regs", "Orania" ens ens na mense te
slinger, sodra die onderwerp geopper word. In my opinie dui dit op
luiheid van denke. In SA vind dieselfde verskeinsels en natuurlike
sosiologiese ontwikkelings plaas as elders. Die uniekheid van ons
situasie is, is dat daar rsverskille is. Die wit minderheid word dus
heeltyd opgesaal met addisionele beskuldigings van rassisme wanner hulle
dieselfde dinge vra as minderhede elders in die wêreld. Dit is 'n groot
las, en hopelik kan die politieke debat in SA een of ander tyd 'n ander,
hoër, rigting inslaan.

@rogers.com wrote:
> "Aristoteles" skryf
> ...
> Dwarsoor die wêreld
>
>> word probleme opgelos en konflikte vermy deur aan minderheidsgroepe
>> kulturele outonomie te gee.

>> Waarom nie hier nie? Dan sal ons die huidige heersers heelwat minder
>> uitkoggel en verag.
>
>
> Dis nie so wydverspreid soos jy dit skilder nie. Groepe word
> miskien kulturele outonomie gegee, maar nie politieke outonomie
> nie. Wat wil jy hê onder kulturele outonomie in SA? Die mense
> van Orania word nie deur die ANC aangeval nie. Dit lyk of
> hulle volkome kulturele outonomie en selfs munisipale outonomie
> binne die grense van hulle eiendom het. Ek het dus 'n suspisie
> dat jy onder kulturele outonomie vir SA 'n soort van 'n boere-
> staat binne die staat voorstaan. En die grap , Plato, is dat
> meeste Afrikaners nie in jou republiek sal bly nie, want hulle
> vrees die kontrole en kulturele manipulering wat daar op
> hulle toegepas is gedurende die apartheidsregime.
>
> Aristophanes
>
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95248 is 'n antwoord op boodskap #95238] Di, 20 Julie 2004 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Maak nie werklik saak nie. Die idee is om beheer oor jou eie taal en sy
aktiwiteite te hê. Hoe kan 'n Afrikaanse oor 'n Zoeloe se taal
instellings besluit? Dieselfde geld andersom ook...

Groete
Plato

@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
> Kulturele outonomie sou beteken
>
>> die vermoë om jou eie skole te bestuur, jou eie radio en TV kanale te
>> kan administreer ensovoorts.
>
>
>> Wat is fout daarmee? Dit kan tog vir alle kulture in SA gegun word.
>> Soos in Belgie...
>
>
> Ek neem aan skole in België wat deur individuele groepe
> bestuur word, ontvang geen staatsgeld nie. So ook met
> radio en TV kanale.
>
> Gloudina
>
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95265 is 'n antwoord op boodskap #95244] Di, 20 Julie 2004 10:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Aristoteles" skryf

In Kanada self begeer 'n baie groot minderheid in Quebec
> onafhanklikheid, sodat hulle hul Franse kultuur kan handhaaf. Daar
> bestaan reeds 'n groot mate van kulturele outonomie. Niks rassisties
> nie, reg? Die Indiane ("Eerste bewoners") in Kanada geniet in groot
> gebiede relatiewe outonomie.

Julle wys altyd die vinger na Kanada. Maar alhoewel
sommige Quebeckers net soos jy oor "onafhanklikheid"
kekkel, het hulle nog elke keer as daar 'n referendum
oor die saak is, nee gesê vir afskeiding. En die Eerste
Nasies is die grootste voorsprekers vir die federale
staat. Elke keer as iemand in Quebec van "afskei"
praat, dreig Matthew Coon Come uit die noorde
van Quebec dat hulle van Quebec sal afskei as die
Franse minderheid Quebec uit Kanada wil neem.

Gloudina
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95266 is 'n antwoord op boodskap #95244] Di, 20 Julie 2004 10:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Aristoteles" skryf

> 'n Boerestaat sal wonderlik wees, maar ek dink dit is onhaalbaar. Dus
> vra ek vir minder as dit.
>
> Ek vra maar vir iets wat ons vir hulle gegee het onder apartheid. Iets
> soos 'n Departement van "Eie sake". Met 'n minister in die kabinet.
> Mens kan onderhandel oor wat alles onder daardie departement moet val.
> Daar moet dan relatiewe outonomie wees rakende daardie dinge.

Nee wat, jong. Jou geestelike voorvaders met hulle apartheid-
gemors het vir ewig die bed van dorings geskep waarin hulle
nageslag sal moet lê. Waarom moet die Afrikaners nou met
handskoene behandel word, nadat hulle menseregte links en
regs geskend het. Wees liewers bly dat plekke soos Orania
alleen gelos word.
Buitendien, waarom moet 'n paar miljoen mense nou skielik
al hierdie aandag kry, in 'n land met tien ander tale en nog
meer ander etniese groepe. Julle is 'n klomp spoilt brats.

Penkop van die Derde Republiek
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95267 is 'n antwoord op boodskap #95265] Di, 20 Julie 2004 10:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Beheer oor jou eie beteken nie jy hoef af te stig nie.

Groete
Plato

@rogers.com wrote:

> "Aristoteles" skryf
>
> In Kanada self begeer 'n baie groot minderheid in Quebec
>
>> onafhanklikheid, sodat hulle hul Franse kultuur kan handhaaf. Daar
>> bestaan reeds 'n groot mate van kulturele outonomie. Niks rassisties
>> nie, reg? Die Indiane ("Eerste bewoners") in Kanada geniet in groot
>> gebiede relatiewe outonomie.
>
>
> Julle wys altyd die vinger na Kanada. Maar alhoewel
> sommige Quebeckers net soos jy oor "onafhanklikheid"
> kekkel, het hulle nog elke keer as daar 'n referendum
> oor die saak is, nee gesê vir afskeiding. En die Eerste
> Nasies is die grootste voorsprekers vir die federale
> staat. Elke keer as iemand in Quebec van "afskei"
> praat, dreig Matthew Coon Come uit die noorde
> van Quebec dat hulle van Quebec sal afskei as die
> Franse minderheid Quebec uit Kanada wil neem.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95269 is 'n antwoord op boodskap #95248] Di, 20 Julie 2004 10:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Plato, die antie verstaan net wat sy wil en as jy haar in 'n hoek kry, dan
verander sy die onderwerp of ignoreer die storie. Sy teoretiseer alles uit
boeke en haar familie is sekerlik die grootste suid van die Sahara want
sowat van mans, neefs en niggies wat omtrent alles in Afrika beleef het 'n
geboekstaaf het, het ek nog nooit gesien nie. Maar sy praat grotendeels
tjol. Enigiemand wat nou in Afrika leef en die lewe ondervind, sal weet
dat die politieke verandering eintlik nie veel verandering gebring het sover
dit die rasseaangeleenthede aanbetref nie. Dit is doodnatuurlik om
rasseonderskeid tussen mense te hê ongeag die pogings van die politici om
alles bymekaar te wil gooi. Vergeet van die onderskeid tussen blank en
swart......praat net van swart mense en in die alledaagse lewe sal mens
ondervind dat die swart volkere ook nie te lekker saam met mekaar wil of kan
leef nie. Nie so ver van my deur af nie is een buurman wat 'n groot
slagaanleg het wat omtrent vir so 340 man werk gee. Daar is drie basiese
groep werkers, Owambo's, Herero's en die Damara's. Hulle't jarre se kak
gehad met die werkspanne tot hulle uiteindelik die arbeid in die drie groepe
gekanaliseer het. En dit het voortgevloei uit samesprekings met die
werkers self! Die Herero sê 'n Owambo of 'n Damara kan nie sy baas wees
nie want hulle weet niks van sy probleme nie, en andersom. Die les is
hieruit dat mense nooit dieselfde sal wees nie en die lekker van die mensdom
is juis geleë in die verskille.
Gloudina het hierdie verskriklike minderwaardigheidskompleks wat sy nie
kan aflewe nie en is bereid om alles prys te gee vir erkenning. Dit gaan
haar verstand te bowe dat mense vryheid van keuse mag hê en dat skere rasse
dalkies net nie saam met ander wil verkeer nie. As mens kyk uit watter
hoek sy hom kyk, is dit seker nie snaaks nie!

"Plato" skryf in boodskap news:cdij2g$ldu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Maak nie werklik saak nie. Die idee is om beheer oor jou eie taal en sy
> aktiwiteite te hê. Hoe kan 'n Afrikaanse oor 'n Zoeloe se taal
> instellings besluit? Dieselfde geld andersom ook...
>
> Groete
> Plato
>
> @rogers.com wrote:
>> "Plato" skryf
>>
>> Kulturele outonomie sou beteken
>>
>>> die vermoë om jou eie skole te bestuur, jou eie radio en TV kanale te
>>> kan administreer ensovoorts.
>>
>>
>>> Wat is fout daarmee? Dit kan tog vir alle kulture in SA gegun word.
>>> Soos in Belgie...
>>
>>
>> Ek neem aan skole in België wat deur individuele groepe
>> bestuur word, ontvang geen staatsgeld nie. So ook met
>> radio en TV kanale.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95271 is 'n antwoord op boodskap #95266] Di, 20 Julie 2004 11:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die enigste ding wat die voorvaders verkeerd gedoen het was om daai ding die
naam apartheid te gee. Die res van die wêreld het dieselfde gedoen, maar het
geen naam daarvoor versin nie.

Ja, Gloudina, j� sal sorg dat die nageslag vir ewig in daai bed van dorings
moet lê... Get over it, girl, apartheid is al meer as tien jaar dood.

Of verlang jy terug na die goeie ou dae?

Max____________________________

"@rogers.com" <
> Nee wat, jong. Jou geestelike voorvaders met hulle apartheid-
> gemors het vir ewig die bed van dorings geskep waarin hulle
> nageslag sal moet lê. Waarom moet die Afrikaners nou met
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95272 is 'n antwoord op boodskap #95269] Di, 20 Julie 2004 11:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Dit gaan
> haar verstand te bowe dat mense vryheid van keuse mag hê en dat skere rasse
> dalkies net nie saam met ander wil verkeer nie. As mens kyk uit watter
> hoek sy hom kyk, is dit seker nie snaaks nie!

Nee, dis nie snaaks nie. Na al die gemors wat deur sekere
Afrikaners gedurende die apartheidsregime veroorsaak
is, wat die naam van al ons Afrikaners beswadder het,
en SA 'n uitvaagsel onder die volke gemaak het, sou ek
dink dat elke regdenkende Afrikaner sal wil sien dat
daardie element binne sy geledere nie weer die tou in
die hande kry nie. Dis heelwaarskynlik 'n feit dat hierdie
soort gepraat oor rassediskriminasie teen wittes en
sulke dinge grootliks op die internet plaasvind, en dat
niemand meer regtig 'n aparte Afrikaanse kanaal by-
voorbeeld op TV wil hê nie. Te oordele oor die
neiging van al dié boerestaat-joggies se gewoonte
om in Engels op hierdie nuusgroep te pos, en te
oordele na hulle geradbraakte Afrikaans en hulle
beroerde Afrikaanse spelling, sal hulle seker ook
nie te vreeslik baie na die Afrikaanse kanaal kyk
of Afrikaanse radio luister nie. Die boerestaat-
joggies lyk dit vir my sal eiehandig sorg dat
Afrikaans uitsterf as 'n taal op die internet. Hulle
verkose taal wanneer hulle artikels pos is mos
Engels.

Tant Hessie van Wonderboom
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95279 is 'n antwoord op boodskap #95272] Di, 20 Julie 2004 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat praat jy vrou?!!? Niemand is beslis 'n verkeerde term as daar wel
iemand is! KykNet is voorbeeld, maar dis jammer hy is so vreeslik duur
om te kyk!

Groete
Plato

@rogers.com wrote:

> "Suidwester" skryf
>
> Dit gaan
>
>> haar verstand te bowe dat mense vryheid van keuse mag hê en dat skere
>
> rasse
>
>> dalkies net nie saam met ander wil verkeer nie. As mens kyk uit watter
>> hoek sy hom kyk, is dit seker nie snaaks nie!
>
>
> Nee, dis nie snaaks nie. Na al die gemors wat deur sekere
> Afrikaners gedurende die apartheidsregime veroorsaak
> is, wat die naam van al ons Afrikaners beswadder het,
> en SA 'n uitvaagsel onder die volke gemaak het, sou ek
> dink dat elke regdenkende Afrikaner sal wil sien dat
> daardie element binne sy geledere nie weer die tou in
> die hande kry nie. Dis heelwaarskynlik 'n feit dat hierdie
> soort gepraat oor rassediskriminasie teen wittes en
> sulke dinge grootliks op die internet plaasvind, en dat
> niemand meer regtig 'n aparte Afrikaanse kanaal by-
> voorbeeld op TV wil hê nie. Te oordele oor die
> neiging van al dié boerestaat-joggies se gewoonte
> om in Engels op hierdie nuusgroep te pos, en te
> oordele na hulle geradbraakte Afrikaans en hulle
> beroerde Afrikaanse spelling, sal hulle seker ook
> nie te vreeslik baie na die Afrikaanse kanaal kyk
> of Afrikaanse radio luister nie. Die boerestaat-
> joggies lyk dit vir my sal eiehandig sorg dat
> Afrikaans uitsterf as 'n taal op die internet. Hulle
> verkose taal wanneer hulle artikels pos is mos
> Engels.
>
> Tant Hessie van Wonderboom
>
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95282 is 'n antwoord op boodskap #95271] Di, 20 Julie 2004 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf
...
> Die enigste ding wat die voorvaders verkeerd gedoen het was om daai ding die
> naam apartheid te gee

Watter ander naam sou jy voorgestel het.
Nasionaal-sosialisme, soos Hitler gedoen
het. Fascisme, soos Mussolini dit genoem
het?

Gloudina
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95284 is 'n antwoord op boodskap #95279] Di, 20 Julie 2004 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

Niemand is beslis 'n verkeerde term as daar wel
> iemand is! KykNet is voorbeeld, maar dis jammer hy is so vreeslik duur
> om te kyk!

Wat! Wil jy vir my vertel daar is wel 'n Afrikaanse
kanaal op die televisie in Suid-Afrika. Nou hoekom
grens jy dan?

Penkop die kanaalaap
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95285 is 'n antwoord op boodskap #95244] Di, 20 Julie 2004 12:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, Plato.

Max____________________________

"Plato"
> Nee, "niks" soos die Amerikaners en die Australianers.
>
> @rogers.com wrote:
>
>> "Max" skryf
>> ....
>>
>>> Die enigste ding wat die voorvaders verkeerd gedoen het was om daai ding
>>
>> die
>>
>>> naam apartheid te gee
>>
>>
>> Watter ander naam sou jy voorgestel het.
>> Nasionaal-sosialisme, soos Hitler gedoen
>> het. Fascisme, soos Mussolini dit genoem
>> het?
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95286 is 'n antwoord op boodskap #95282] Di, 20 Julie 2004 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nee, "niks" soos die Amerikaners en die Australianers.

@rogers.com wrote:

> "Max" skryf
> ....
>
>> Die enigste ding wat die voorvaders verkeerd gedoen het was om daai ding
>
> die
>
>> naam apartheid te gee
>
>
> Watter ander naam sou jy voorgestel het.
> Nasionaal-sosialisme, soos Hitler gedoen
> het. Fascisme, soos Mussolini dit genoem
> het?
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95288 is 'n antwoord op boodskap #95284] Di, 20 Julie 2004 12:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Omdat dit vir die rykes alleen is. Kos baie geld om dit te kyk. Betaal
TV. Jy moet tog weet dat alles vir die rykes moontlik is. Dis die arm
mense wat ek meer vryheid voor soek.

Groete
Plato

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
> Niemand is beslis 'n verkeerde term as daar wel
>
>> iemand is! KykNet is voorbeeld, maar dis jammer hy is so vreeslik duur
>> om te kyk!
>
>
> Wat! Wil jy vir my vertel daar is wel 'n Afrikaanse
> kanaal op die televisie in Suid-Afrika. Nou hoekom
> grens jy dan?
>
> Penkop die kanaalaap
>
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95289 is 'n antwoord op boodskap #95272] Di, 20 Julie 2004 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Soos gewoonlik praat die antie tjol dat die strope sop van haar bek afloop.
Waar kom jy aan al die twak wat jy glo vir die waarheid. KykNet is 'n
eksklusiewe Afrikaanse kanaal op DStv en is een van die gewildstes enkele
kanale op TV. Kompetisies en programme daar ontwikkel word met die tyd
heruitgesaai op Mnet met Engelse byskrifte. Kry jou feite reg!
"@rogers.com" wrote in message
news:v57Lc.1083742$Ar.498097@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
dat
> niemand meer regtig 'n aparte Afrikaanse kanaal by-
> voorbeeld op TV wil hê nie. Te oordele oor die
> neiging van al dié boerestaat-joggies se gewoonte
> om in Engels op hierdie nuusgroep te pos, en te
> oordele na hulle geradbraakte Afrikaans en hulle
> beroerde Afrikaanse spelling, sal hulle seker ook
> nie te vreeslik baie na die Afrikaanse kanaal kyk
> of Afrikaanse radio luister nie. >
> Tant Hessie van Wonderboom
>
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95290 is 'n antwoord op boodskap #95266] Di, 20 Julie 2004 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aristoteles  is tans af-lyn  Aristoteles
Boodskappe: 13
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Junior Lid
OK ek sien nou. Jy wil sien dat ons aanhou gestraf word, daarom mag ons
nooit weer op regte aanspraak maak nie. ons moet ewiglik in die hel
brand. Goed, ek verstaan jou vertrekpunt, en ek laat dit dan maar daar.

@rogers.com wrote:

> "Aristoteles" skryf
>
>
>> 'n Boerestaat sal wonderlik wees, maar ek dink dit is onhaalbaar. Dus
>> vra ek vir minder as dit.

>> Ek vra maar vir iets wat ons vir hulle gegee het onder apartheid. Iets
>> soos 'n Departement van "Eie sake". Met 'n minister in die kabinet.
>> Mens kan onderhandel oor wat alles onder daardie departement moet val.
>> Daar moet dan relatiewe outonomie wees rakende daardie dinge.
>
>
> Nee wat, jong. Jou geestelike voorvaders met hulle apartheid-
> gemors het vir ewig die bed van dorings geskep waarin hulle
> nageslag sal moet lê. Waarom moet die Afrikaners nou met
> handskoene behandel word, nadat hulle menseregte links en
> regs geskend het. Wees liewers bly dat plekke soos Orania
> alleen gelos word.
> Buitendien, waarom moet 'n paar miljoen mense nou skielik
> al hierdie aandag kry, in 'n land met tien ander tale en nog
> meer ander etniese groepe. Julle is 'n klomp spoilt brats.
>
> Penkop van die Derde Republiek
>
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95291 is 'n antwoord op boodskap #95290] Di, 20 Julie 2004 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal dit nie aan my grootste vyand doen deur toe te laat dat die se
nageslag ook slegs deur geboorte 'n straf juk moet dra nie.

Plato

Aristoteles wrote:
> OK ek sien nou. Jy wil sien dat ons aanhou gestraf word, daarom mag ons
> nooit weer op regte aanspraak maak nie. ons moet ewiglik in die hel
> brand. Goed, ek verstaan jou vertrekpunt, en ek laat dit dan maar daar.
>
>
>
> @rogers.com wrote:
>
>> "Aristoteles" skryf


>>> 'n Boerestaat sal wonderlik wees, maar ek dink dit is onhaalbaar. Dus
>>> vra ek vir minder as dit.
>
>>> Ek vra maar vir iets wat ons vir hulle gegee het onder apartheid. Iets
>>> soos 'n Departement van "Eie sake". Met 'n minister in die kabinet.
>>> Mens kan onderhandel oor wat alles onder daardie departement moet val.
>>> Daar moet dan relatiewe outonomie wees rakende daardie dinge.



>> Nee wat, jong. Jou geestelike voorvaders met hulle apartheid-
>> gemors het vir ewig die bed van dorings geskep waarin hulle
>> nageslag sal moet lê. Waarom moet die Afrikaners nou met
>> handskoene behandel word, nadat hulle menseregte links en
>> regs geskend het. Wees liewers bly dat plekke soos Orania
>> alleen gelos word.
>> Buitendien, waarom moet 'n paar miljoen mense nou skielik
>> al hierdie aandag kry, in 'n land met tien ander tale en nog
>> meer ander etniese groepe. Julle is 'n klomp spoilt brats.

>> Penkop van die Derde Republiek


>
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95293 is 'n antwoord op boodskap #95289] Di, 20 Julie 2004 14:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

KykNet is 'n
> eksklusiewe Afrikaanse kanaal op DStv en is een van die gewildstes enkele
> kanale op TV. Kompetisies en programme daar ontwikkel word met die tyd
> heruitgesaai op Mnet met Engelse byskrifte.

Nou my liewe land. Soos ek nou vir Dan Roodt
en Plato en Aristoteles moet verstaan, word daar
grootskaals teen Afrikaanse kultuur gewerk deur
die ANC. En nou vertel jy vir my dat daar 'n
gewilde Afrikaanse kanaal is, en dat dit dan
heruitgesaai word met Engelse byskrifte.( Ek
wens ons kan dit hier in Kanada hê, want ek
verstaan nie altyd die Frans op die Franse
kanaal so mooi nie. ) Nou wat kla julle dan
alles? f is hierdie gekla oor hoe julle
Afrikaanse kultuur benadeel word, nou maar
nog net een meer cliché wat die boerenasie-
joggies sit en uitspoeg. ( Dit terwyl hulle
gedurig op Engels op die Afrikaanse nuusgroep
pos, en hulle Afrikaans sleg spel en radbraak.)

Penkop die kanaalaap
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95294 is 'n antwoord op boodskap #95290] Di, 20 Julie 2004 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Aristoteles" skryf

> OK ek sien nou. Jy wil sien dat ons aanhou gestraf word, daarom mag ons
> nooit weer op regte aanspraak maak nie. ons moet ewiglik in die hel
> brand. Goed, ek verstaan jou vertrekpunt, en ek laat dit dan maar daar.

Ja. Julle is 'n klomp spoilt brats. Julle het julle goose
gecook. Julle het julle kans gehad om menslik en
intelligent op te tree en pleks daarvan het julle vir
veertig jaar ander geterroriseer. Gee nou die
Afrikaners wat nie spoilt brats is nie, 'n kans
om die beeld van Afrikaners in SA te omvorm.

Penkop van die Derde Republiek
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95295 is 'n antwoord op boodskap #95291] Di, 20 Julie 2004 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Ek sal dit nie aan my grootste vyand doen deur toe te laat dat die se
> nageslag ook slegs deur geboorte 'n straf juk moet dra nie.

Sê die bybel dan nie dat die sondes van die
vaders op die kinders sal gewreek word nie?
Dis wat die wet van karma sê. Dis wat die
Noord Amerikaanse Eerste Nasies glo.
Dat jy nooit iets moet doen wat nie vir
sewe geslagte na jou slegte gevolge sal
kan hê vir die mensdom en die aarde nie.
Hoe Afrikaners NOU in hierdie tydstip
vir hulle gedra, sal determineer of daar
miskien 'n ander gevoel oor hulle by
hulle medeburgers sal ontstaan in die
volgende sewe geslagte. Onthou dit.

Penkop op kommando
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95296 is 'n antwoord op boodskap #95291] Di, 20 Julie 2004 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Plato skryf:

> Ek sal dit nie aan my grootste vyand doen deur toe te laat dat die se
> nageslag ook slegs deur geboorte 'n straf juk moet dra nie.

Maar dit is presies wat Gloudina se generasie en haar ilk gedoen het
aan die volk. Hulle het die virus geplant, en dit is nou onlosbaar
deel van die Afrikanervolk se genetiese makeup.
...die sondes van die vaders....
Nou die dag lees ek 'n oorsigsartikel van 'n boek wat deur Sebag
Montefiore geskryf is - Stalin: The Court of the Red Tsar. Opvallend
veral is die volgende stukkie:
" We still lack a full understanding of the mental degradation
inflicted by Stalin's regime" .
Daardie "mental degradation" is was/is mos net so opvallend onder die
Apartheidsregering van die ou SA?
Tragies. Tragies!
Oops...netnou gee Kantelberg van Canterbury vir my ook 'n skewe kyk,
so laat ek maar eerder van my seepkissie afklim.
;-)
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95297 is 'n antwoord op boodskap #95295] Di, 20 Julie 2004 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Sê die bybel dan nie dat die sondes van die
> vaders op die kinders sal gewreek word nie?
> Dis wat die wet van karma sê. Dis wat die
> Noord Amerikaanse Eerste Nasies glo.
> Dat jy nooit iets moet doen wat nie vir
> sewe geslagte na jou slegte gevolge sal
> kan hê vir die mensdom en die aarde nie.
> Hoe Afrikaners NOU in hierdie tydstip
> vir hulle gedra, sal determineer of daar
> miskien 'n ander gevoel oor hulle by
> hulle medeburgers sal ontstaan in die
> volgende sewe geslagte. Onthou dit.

Presies! Presies!
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95299 is 'n antwoord op boodskap #95294] Di, 20 Julie 2004 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aristoteles  is tans af-lyn  Aristoteles
Boodskappe: 13
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Die swaap! Wat weet sy van my af?

@rogers.com wrote:
> "Aristoteles" skryf
>
>
>> OK ek sien nou. Jy wil sien dat ons aanhou gestraf word, daarom mag ons
>> nooit weer op regte aanspraak maak nie. ons moet ewiglik in die hel
>> brand. Goed, ek verstaan jou vertrekpunt, en ek laat dit dan maar daar.
>
>
> Ja. Julle is 'n klomp spoilt brats. Julle het julle goose
> gecook. Julle het julle kans gehad om menslik en
> intelligent op te tree en pleks daarvan het julle vir
> veertig jaar ander geterroriseer. Gee nou die
> Afrikaners wat nie spoilt brats is nie, 'n kans
> om die beeld van Afrikaners in SA te omvorm.
>
> Penkop van die Derde Republiek
>
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95300 is 'n antwoord op boodskap #95299] Di, 20 Julie 2004 15:24 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Niks. Sy is wat hulle noem 'n ou vrou met 'n nat broek. Nou daar is 'n
filosofiese idee om aan te kou. Dooo be dooo beee dooooooo! ;o)

Cheers
Plato

Aristoteles wrote:

> Die swaap! Wat weet sy van my af?
>
>
> @rogers.com wrote:
>
>> "Aristoteles" skryf


>>> OK ek sien nou. Jy wil sien dat ons aanhou gestraf word, daarom mag ons
>>> nooit weer op regte aanspraak maak nie. ons moet ewiglik in die hel
>>> brand. Goed, ek verstaan jou vertrekpunt, en ek laat dit dan maar daar.



>> Ja. Julle is 'n klomp spoilt brats. Julle het julle goose
>> gecook. Julle het julle kans gehad om menslik en
>> intelligent op te tree en pleks daarvan het julle vir
>> veertig jaar ander geterroriseer. Gee nou die
>> Afrikaners wat nie spoilt brats is nie, 'n kans
>> om die beeld van Afrikaners in SA te omvorm.

>> Penkop van die Derde Republiek


>
Vorige onderwerp: This is a great country because:
Volgende onderwerp: Manto se kanto
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 20:16:57 MGT 2024