Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » simpele ingils
simpele ingils [boodskap #94735] Do, 08 Julie 2004 20:58 na volgende boodskap
Riana Combrink  is tans af-lyn  Riana Combrink
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Volle Lid
'n Ou by die werk vra vandag vir my 'n vraag wat ek 'n bietjie mee gesit
het, en nou vra ek julle...

As 'n kat onder die tafel sit dan sou mens sê "the cat is sitting under
the table" maar as ek wou sê die kat loop onder deur die tafel dan sê ek
wat? ek kan nie sê "the cat walked underneath the table nie" want dit
klink asof die kat onder die tafel rondloop, en ek dink "the cat walked
though under the table" is nie korrekte Engels nie.

Nog iets; is daar 'n Afrikaanse voorbeeld van die volgende Engelse
taalverskynsel?
"My grandmother is in the farmhouse, sewing. My grandfather is out in
the field, sowing. They are, however, not both sewing/sowing."
Re: simpele ingils [boodskap #94736 is 'n antwoord op boodskap #94735] Do, 08 Julie 2004 21:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kawa  is tans af-lyn  Kawa
Boodskappe: 24
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 08 Jul 2004 22:58:08 +0200, cybit friendly wrote:

> 'n Ou by die werk vra vandag vir my 'n vraag wat ek 'n bietjie mee gesit
> het, en nou vra ek julle...
>
> As 'n kat onder die tafel sit dan sou mens sê "the cat is sitting under
> the table" maar as ek wou sê die kat loop onder deur die tafel dan sê ek
> wat? ek kan nie sê "the cat walked underneath the table nie" want dit
> klink asof die kat onder die tafel rondloop, en ek dink "the cat walked
> though under the table" is nie korrekte Engels nie.
>

But, of course CF, the cat could pass underneath the table

Kawa
Re: simpele ingils [boodskap #94737 is 'n antwoord op boodskap #94736] Do, 08 Julie 2004 21:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kawa  is tans af-lyn  Kawa
Boodskappe: 24
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 08 Jul 2004 23:12:47 +0200, Kawa wrote:

> On Thu, 08 Jul 2004 22:58:08 +0200, cybit friendly wrote:
>
>> 'n Ou by die werk vra vandag vir my 'n vraag wat ek 'n bietjie mee gesit
>> het, en nou vra ek julle...

>> As 'n kat onder die tafel sit dan sou mens sê "the cat is sitting under
>> the table" maar as ek wou sê die kat loop onder deur die tafel dan sê ek
>> wat? ek kan nie sê "the cat walked underneath the table nie" want dit
>> klink asof die kat onder die tafel rondloop, en ek dink "the cat walked
>> though under the table" is nie korrekte Engels nie.

>
>
> But, of course CF, the cat could pass underneath the table
>
> Kawa
>

or, can even be passing .............'

Kawa
Re: simpele ingils [boodskap #94739 is 'n antwoord op boodskap #94735] Do, 08 Julie 2004 21:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"cybit friendly" skryf
> 'n Ou by die werk vra vandag vir my 'n vraag wat ek 'n bietjie mee gesit
> het, en nou vra ek julle...
> as ek wou sê die kat loop onder deur die tafel dan sê ek
> wat?

Hierdie kat-loop-onder-die-tafel-deur-vraag neem
nou al mitiese proporsies aan. Dit lyk vir my 'n sekere
soort Afrikaner het die saak as godsdiens begin sien.
Seker ook 'n manier om te bewys dat Afrikaans meer
versatiel as Engels is, wat dan ook tot 'n sekere mate
waar is.
MAAR, en hier kom die maag-vashou-gróót-grap-
spul: in die proses maak die ou hierbo 'N FOUT MET
SY AFRIKAANS. Jy kan nie sê "die kat loop onder
deur die tafel" nie, want dan beteken dit dat die kat
deur die onderste gedeelte van die tafel, dus deur die
hout, loop. Die korrekte Afrikaans is, cybit friendly,
"die kat loop onder die tafel DEUR."
En wat is dit met jou stupid naam, cybit friendly?
Hoekom kies jy nie 'n goeie kleurvolle Afrikaanse
handvatsel nie?

Tant Hessie van die agterste Van Helsdingens.
As die kat onderdeur die tafel loop, dan vee sy die bloed op.
As die kat onder die tafel deurloop, dan vryf sy sy kop.
Re: simpele ingils [boodskap #94747 is 'n antwoord op boodskap #94739] Vr, 09 Julie 2004 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "cybit friendly" skryf
>
>> 'n Ou by die werk vra vandag vir my 'n vraag wat ek 'n bietjie mee gesit
>> het, en nou vra ek julle...
>>
> as ek wou sê die kat loop onder deur die tafel dan sê ek
>> wat?
>
> Hierdie kat-loop-onder-die-tafel-deur-vraag neem
> nou al mitiese proporsies aan. Dit lyk vir my 'n sekere
> soort Afrikaner het die saak as godsdiens begin sien.
> Seker ook 'n manier om te bewys dat Afrikaans meer
> versatiel as Engels is, wat dan ook tot 'n sekere mate
> waar is.

Wat de dinges - versatiel - spoeg - argghhh - jou afrikaans gaan
deesdae met rase skrede agteruit ou Anti! Hou op om ons taal te
verkrag - skryf dan eerder versatile!!! Probeer veelsydig - ens ens
ens



> En wat is dit met jou stupid naam, cybit friendly?
> Hoekom kies jy nie 'n goeie kleurvolle Afrikaanse
> handvatsel nie?

En kan jy nie Afrikaans reg praat nie?
Re: simpele ingils [boodskap #94756 is 'n antwoord op boodskap #94747] Vr, 09 Julie 2004 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lou" skryf

jou afrikaans gaan
> deesdae met rase skrede agteruit

Jy bedoel my Afrikaans raas?
Ek dink jou spelling gaan met
rasse skrede agteruit.

Hessie op die witperd
Re: simpele ingils [boodskap #94757 is 'n antwoord op boodskap #94735] Vr, 09 Julie 2004 14:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hie hie.... Vir julle Suid Afrikane: 'n spin is 'n spinnekop.

Max____________________________

"PietHein" skryf in boodskap news:Q7VAHO5F38177.4181828704@anonymous.poster...
> cybit friendly :
>
>> Nog iets; is daar 'n Afrikaanse voorbeeld van die volgende Engelse
>> taalverskynsel?
>> "My grandmother is in the farmhouse, sewing. My grandfather is out in
>> the field, sowing. They are, however, not both sewing/sowing."
>
> Ek versin maar iets, al is hierdie nie heeltemal ooreenkomstig nie:
>
> Die spin en die kat sit saam rustig te spin.
> Die kat op die stoel, en die spin tussen die stoel-se-pote.
> Maar hulle span nie saam nie!
>
> PietHein
>
Re: simpele ingils [boodskap #94759 is 'n antwoord op boodskap #94735] Vr, 09 Julie 2004 15:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"PietHein" skryf

> Die spin en die kat sit saam rustig te spin.
> Die kat op die stoel, en die spin tussen die stoel-se-pote.
> Maar hulle span nie saam nie!

Behalwe dat Afrikaners van 'n "spinnekop" praat,
nooit van 'n "spin" nie. Hy spin wel 'n web.
Dus, die kat sit op die stoel, en die spinnekop
spin tussen die stoel se pote.

Maar dit beantwoord nie die vorige vraag nie.
Die persoon wil voorbeelde in Afrikaans vind
van woorde wat dieselfde klink as hulle uitgespreek
word, maar wat nie dieselfde is wat spelling aanbetref
nie. ( Soos "sewing" en "sowing" in Engels.) Engels
het baie sulke voorbeelde, heelwaarskynlik omdat
so baie woorde uit verskillende etniese agtergronde
in Engels opgeneem is. Maar Afrikaans is 'n taal
wat oor die algemeen baie foneties geskryf word,
en dit nie leen aan hierdie soort ding nie. Ek kan
aan geen voorbeelde dink nie, maar daar moet
seker een of twee wees.

Gloudina
Re: simpele ingils [boodskap #94780 is 'n antwoord op boodskap #94739] Vr, 09 Julie 2004 23:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riana Combrink  is tans af-lyn  Riana Combrink
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Volle Lid
@rogers.com wrote:

> "cybit friendly" skryf
>
>
> MAAR, en hier kom die maag-vashou-gróót-grap-
> spul: in die proses maak die ou hierbo 'N FOUT MET
> SY AFRIKAANS. Jy kan nie sê "die kat loop onder
> deur die tafel" nie, want dan beteken dit dat die kat
> deur die onderste gedeelte van die tafel, dus deur die
> hout, loop. Die korrekte Afrikaans is, cybit friendly,
> "die kat loop onder die tafel DEUR."

aag skuus man.

> En wat is dit met jou stupid naam, cybit friendly?
> Hoekom kies jy nie 'n goeie kleurvolle Afrikaanse
> handvatsel nie?
>
ek loop rond as 'cybit' al sederd 1989 (nog voordat daai simpel
maatskappy gestig is), end die "friendly"-deel is om my van my alter-ego
te onderskei.
Re: simpele ingils [boodskap #94843 is 'n antwoord op boodskap #94759] Di, 13 Julie 2004 11:18 Na vorige boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" schreef in bericht
:

>
> "PietHein" skryf
>
>> Die spin en die kat sit saam rustig te spin.
>> Die kat op die stoel, en die spin tussen die stoel-se-pote.
>> Maar hulle span nie saam nie!
>
> Behalwe dat Afrikaners van 'n "spinnekop" praat,
> nooit van 'n "spin" nie. Hy spin wel 'n web.
> Dus, die kat sit op die stoel, en die spinnekop
> spin tussen die stoel se pote.

Baie dankie juffrou!

Ons ken die woord "spinnekop" ook. Veral in die angswekkende
betekenis. "Pas jý maar op Jantjíé, anders stop Swarte Piet jou
in se sak, neem jou na Spanje toe, en laat jou elke dag toebroodjies
met spinnekoppe eet."
Hííííííí!!

--
PietHein
Vorige onderwerp: Re: Christians in ERITREA
Volgende onderwerp: 29 Julie 2004
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 13:06:33 MGT 2024