Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ek's besteel!
ek's besteel! [boodskap #94569] |
Thu, 01 July 2004 21:28  |
Riana Combrink
Boodskappe: 32 Geregistreer: June 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
SUG!
Hoe gemaak wanneer een besteel word sonder dat een die item van belang
kwyt is...?
My pistool, wat my 'n hele derdonnerse R 7 0 0 0 - 0 0 gekos het, besit
ek nie meer nie. Ja, inderdaad, dis nie meer my besitting nie! Sy
edelhoogbaargeid Opperminister van Goeters en Dingisse, Sir Lord Charles
Nqakula Esq., vertel dat "fire arms are not a person's property". So ek
besit nie meer my pistool nie, alhoewel ek hom nog hier aan my sy voel.
Ek het hom wettiglik gekoop by 'n winkel, deur al die wetlike stappe
gegaan, en hy is (soos my motor en my motorfiets en my huis) op my naam
geregistreer. Ek 'leen' dit dus by die staat ast'ware - wat vir my
daarop dui dat die staat ten enige tyd sy besittings van ons kan op eis
sonder dat ons 'n voet het om op te staan, want aangesien ek nie die
pistool meer besit nie, ek geen werklike aanspraak daarop kan maak nie.
Ek is die bliksem in.
(dit herinner sterk aan daai sêding van destyds dat hulle die suiker uit
jou koffie uit steel terwyl jy daaraan drink...)
|
|
|
|
|
Re: ek's besteel! [boodskap #94579 is 'n antwoord op boodskap #94569] |
Fri, 02 July 2004 18:27   |
KnopKop
Boodskappe: 13 Geregistreer: January 2004
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
So as "fire arms are not a person's property" is, kan hulle mens mos ook nie
vervolg as mens nie aan hulle ondeurdagte wette en regulasies voldoen nie.
Amper soos as jy jou pêl se kar leen en 'n kaartjie kry, dan bly die eienaar
op die einde van die dag verantwoordelik??
"cybit friendly" skryf in boodskap news:40e481c7.0@news1.mweb.co.za...
> SUG!
>
> Hoe gemaak wanneer een besteel word sonder dat een die item van belang
> kwyt is...?
>
> My pistool, wat my 'n hele derdonnerse R 7 0 0 0 - 0 0 gekos het, besit
> ek nie meer nie. Ja, inderdaad, dis nie meer my besitting nie! Sy
> edelhoogbaargeid Opperminister van Goeters en Dingisse, Sir Lord Charles
> Nqakula Esq., vertel dat "fire arms are not a person's property". So ek
> besit nie meer my pistool nie, alhoewel ek hom nog hier aan my sy voel.
> Ek het hom wettiglik gekoop by 'n winkel, deur al die wetlike stappe
> gegaan, en hy is (soos my motor en my motorfiets en my huis) op my naam
> geregistreer. Ek 'leen' dit dus by die staat ast'ware - wat vir my
> daarop dui dat die staat ten enige tyd sy besittings van ons kan op eis
> sonder dat ons 'n voet het om op te staan, want aangesien ek nie die
> pistool meer besit nie, ek geen werklike aanspraak daarop kan maak nie.
>
> Ek is die bliksem in.
>
> (dit herinner sterk aan daai sêding van destyds dat hulle die suiker uit
> jou koffie uit steel terwyl jy daaraan drink...)
|
|
|
Re: ek's besteel! [boodskap #94584 is 'n antwoord op boodskap #94569] |
Sat, 03 July 2004 13:01   |
Francois Human
Boodskappe: 360 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Maak eerder soosVleis Visagie en skiet jou kind met jou eie pistool per
ongeluk, sodat jy jouself kan 'verdedig'
"cybit friendly" skryf in boodskap news:40e481c7.0@news1.mweb.co.za...
> SUG!
>
> Hoe gemaak wanneer een besteel word sonder dat een die item van belang
> kwyt is...?
>
> My pistool, wat my 'n hele derdonnerse R 7 0 0 0 - 0 0 gekos het, besit
> ek nie meer nie. Ja, inderdaad, dis nie meer my besitting nie! Sy
> edelhoogbaargeid Opperminister van Goeters en Dingisse, Sir Lord Charles
> Nqakula Esq., vertel dat "fire arms are not a person's property". So ek
> besit nie meer my pistool nie, alhoewel ek hom nog hier aan my sy voel.
> Ek het hom wettiglik gekoop by 'n winkel, deur al die wetlike stappe
> gegaan, en hy is (soos my motor en my motorfiets en my huis) op my naam
> geregistreer. Ek 'leen' dit dus by die staat ast'ware - wat vir my
> daarop dui dat die staat ten enige tyd sy besittings van ons kan op eis
> sonder dat ons 'n voet het om op te staan, want aangesien ek nie die
> pistool meer besit nie, ek geen werklike aanspraak daarop kan maak nie.
>
> Ek is die bliksem in.
>
> (dit herinner sterk aan daai sêding van destyds dat hulle die suiker uit
> jou koffie uit steel terwyl jy daaraan drink...)
|
|
|
|
|
Re: ek's besteel! [boodskap #94610 is 'n antwoord op boodskap #94584] |
Mon, 05 July 2004 06:46   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Van apteke ken jy.....van wapenbesit en die verantwoordelikhede daarvan,
duidelik niks!
"MoerFie" skryf in boodskap news:cc6amp$bna$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Maak eerder soosVleis Visagie en skiet jou kind met jou eie pistool per
> ongeluk, sodat jy jouself kan 'verdedig'
>
> "cybit friendly" wrote in message
> news:40e481c7.0@news1.mweb.co.za...
>> SUG!
>>
>> Hoe gemaak wanneer een besteel word sonder dat een die item van belang
>> kwyt is...?
>>
>> My pistool, wat my 'n hele derdonnerse R 7 0 0 0 - 0 0 gekos het, besit
>> ek nie meer nie. Ja, inderdaad, dis nie meer my besitting nie! Sy
>> edelhoogbaargeid Opperminister van Goeters en Dingisse, Sir Lord Charles
>> Nqakula Esq., vertel dat "fire arms are not a person's property". So ek
>> besit nie meer my pistool nie, alhoewel ek hom nog hier aan my sy voel.
>> Ek het hom wettiglik gekoop by 'n winkel, deur al die wetlike stappe
>> gegaan, en hy is (soos my motor en my motorfiets en my huis) op my naam
>> geregistreer. Ek 'leen' dit dus by die staat ast'ware - wat vir my
>> daarop dui dat die staat ten enige tyd sy besittings van ons kan op eis
>> sonder dat ons 'n voet het om op te staan, want aangesien ek nie die
>> pistool meer besit nie, ek geen werklike aanspraak daarop kan maak nie.
>>
>> Ek is die bliksem in.
>>
>> (dit herinner sterk aan daai sêding van destyds dat hulle die suiker uit
>> jou koffie uit steel terwyl jy daaraan drink...)
>
|
|
|
|
Re: ek's besteel! [boodskap #94635 is 'n antwoord op boodskap #94610] |
Mon, 05 July 2004 17:25   |
Francois Human
Boodskappe: 360 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Darem reggekry om 'n kklein reaksie uit te lok.
"Suidwester" skryf in boodskap news:40e8f95e.0@news1.mweb.co.za...
> Van apteke ken jy.....van wapenbesit en die verantwoordelikhede daarvan,
> duidelik niks!
> "MoerFie" wrote in message
> news:cc6amp$bna$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Maak eerder soosVleis Visagie en skiet jou kind met jou eie pistool per
>> ongeluk, sodat jy jouself kan 'verdedig'
>>
>> "cybit friendly" wrote in message
>> news:40e481c7.0@news1.mweb.co.za...
>>> SUG!
>>>
>>> Hoe gemaak wanneer een besteel word sonder dat een die item van belang
>>> kwyt is...?
>>>
>>> My pistool, wat my 'n hele derdonnerse R 7 0 0 0 - 0 0 gekos het, besit
>>> ek nie meer nie. Ja, inderdaad, dis nie meer my besitting nie! Sy
>>> edelhoogbaargeid Opperminister van Goeters en Dingisse, Sir Lord Charles
>>> Nqakula Esq., vertel dat "fire arms are not a person's property". So ek
>>> besit nie meer my pistool nie, alhoewel ek hom nog hier aan my sy voel.
>>> Ek het hom wettiglik gekoop by 'n winkel, deur al die wetlike stappe
>>> gegaan, en hy is (soos my motor en my motorfiets en my huis) op my naam
>>> geregistreer. Ek 'leen' dit dus by die staat ast'ware - wat vir my
>>> daarop dui dat die staat ten enige tyd sy besittings van ons kan op eis
>>> sonder dat ons 'n voet het om op te staan, want aangesien ek nie die
>>> pistool meer besit nie, ek geen werklike aanspraak daarop kan maak nie.
>>>
>>> Ek is die bliksem in.
>>>
>>> (dit herinner sterk aan daai sêding van destyds dat hulle die suiker uit
>>> jou koffie uit steel terwyl jy daaraan drink...)
>>
>
|
|
|
|
|
Re: ek's besteel! [boodskap #94682 is 'n antwoord op boodskap #94664] |
Wed, 07 July 2004 09:52   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nogal interessant om op te let dat motors veel meer mense doodmaak as
wapens, of hoe? Wat van alkohol? Nie een van die twee word verbied nie.
Jy't ook nie 'n graad nodig om te suip nie en ook nie om 'n kar in sy moer
in te ry nie. Sekerlik sal jy my nou vertel van verantwoordelike gebruik,
ens. Maar so is dit met wapens ook. Dit kan nie self skiet nie, dit het
geen brein nie. Dis 'n stuk gereedskap. As iemand wil moor kan hy dit
met 'n vuurwapen doen, of 'n mes of 'n klip. Die kodewoord is 'moor', nie
om 'n vuurwapen te gaan skiet vir die pret nie en dan toevallig iemand dood
te skiet nie.
Wat van die hoogaangeslaande vryheid van spraak? Hoekom mag die
verantwoordelike burger nie ook vryheid van keuse hê nie? Om 'n vuurwapen
te besit! Om 'n motor te besit, om 'n kondoom te besit. Jy kan 'n ou met
'n kondoom ook vermoor, weet jy?
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:qf9le05u5tk7h1tjanpb0bo9p4ospel8ae@4ax.com...
> On Mon, 5 Jul 2004 07:46:48 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
> daarvan,
>> duidelik niks!
>
> Wat is daar nou eintlik om te weet?
> Jy mik en trek sneller - iemand is dood. Groot kak.
> Jy hou wapen uit hande- niemand kan geskiet word nie. Alles bly
> selfde.
>
> Die wapen self is ook nogal maklik om mee te werk.
>
> Geen graad word benodig nie.
>
|
|
|
Re: ek's besteel! [boodskap #94687 is 'n antwoord op boodskap #94682] |
Wed, 07 July 2004 12:04   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 7 Jul 2004 10:52:28 +0100, "Suidwester" wrote:
> Nogal interessant om op te let dat motors veel meer mense doodmaak as
> wapens, of hoe? Wat van alkohol? Nie een van die twee word verbied nie.
> Jy't ook nie 'n graad nodig om te suip nie en ook nie om 'n kar in sy moer
> in te ry nie. Sekerlik sal jy my nou vertel van verantwoordelike gebruik,
> ens. Maar so is dit met wapens ook. Dit kan nie self skiet nie, dit het
> geen brein nie. Dis 'n stuk gereedskap. As iemand wil moor kan hy dit
> met 'n vuurwapen doen, of 'n mes of 'n klip. Die kodewoord is 'moor', nie
> om 'n vuurwapen te gaan skiet vir die pret nie en dan toevallig iemand dood
> te skiet nie.
> Wat van die hoogaangeslaande vryheid van spraak? Hoekom mag die
> verantwoordelike burger nie ook vryheid van keuse hê nie? Om 'n vuurwapen
> te besit! Om 'n motor te besit, om 'n kondoom te besit. Jy kan 'n ou met
> 'n kondoom ook vermoor, weet jy?
Yep.
Met n ball point pen ook.
Maar daar is n verskil tussen penne in CNA verkoop en AK's .
In daardie verskil le daar n hele wereld.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: ek's besteel! [boodskap #94751 is 'n antwoord op boodskap #94748] |
Fri, 09 July 2004 10:10   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Al wat ek kan sê is dat as jy wil moor, dan sal die die gereedskap kry om
dit meer te doen, of dit 'n wapen, 'n klip of 'n mes is. 'n Wapeneienaar
word nie 'n moordenaar net omdat hy 'n wapen besit nie. Mens se karakter
verander nie agv dit wat tot jou beskikking is nie. As jy 'n fokop is, is
jy een, ongeag of jy toegang tot vuurwapens het of nie.
"Lou" skryf in boodskap news:bfb75562.0407090007.71007ac6@posting.google.com...
> Ferdi Greyling wrote in message
news:...
>> On Mon, 5 Jul 2004 07:46:48 +0100, "Suidwester"
>> wrote:
>>
>> > daarvan,
>>> duidelik niks!
>>
>> Wat is daar nou eintlik om te weet?
>> Jy mik en trek sneller - iemand is dood. Groot kak.
>> Jy hou wapen uit hande- niemand kan geskiet word nie. Alles bly
>> selfde.
>>
>> Die wapen self is ook nogal maklik om mee te werk.
>>
>> Geen graad word benodig nie.
>
> Of soos aborsie - pomp, wag 'n paar weke, suig, snip, snip, spoel -
> geen probleem maar jy het 'n graad nodig (partykeer). Maak meer mense
> dood as vuurwapens in Suid Afrika en wereldwyd!
>
> Snaaks hoe selektief die menslike redenasies soms is ne?
>
> En die is mense wat willens en wetens hulle eie kinders vermoor ...
|
|
|
|
|
|
Re: ek's besteel! [boodskap #94761 is 'n antwoord op boodskap #94753] |
Fri, 09 July 2004 15:33   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die 44 magnum se dop is veel langer, maw meer dryfmiddel. Die .45 rewolwer
is wel sterker as die .45ACP pistoolpatroon, maar met rede. Met die .45
ACP kan jy meer skote namekaar skiet en op teiken bly, wat jy met die 44
magnum bv nie kan doen nie. Dit skop geweldig boontoe en as jy met die
eerste skoot gemis het, vat dit weer 'n tydjie om vir die 2de skoot weer op
teiken te kom. Eintlik is die .45 pistool ook nie vir die 'faint of heart'
nie, en is die .40 'n beter algemene wapen. Die 9mm parabellum bly steeds
die gewildste en maklikste hanteerbaar.
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:t65te0helkd7ug6tuv2qr7j27sg4k1hlia@4ax.com...
> On Fri, 9 Jul 2004 11:06:56 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
> > in. terwyl die rewolwer se dop 'n uitstaande ring agter het. Watookal,
een
>> van die mees effektiewe selfverdedigingskalibers wat jy kry. 'n Aanvaller
>> wat jy daarmee tref, staan nie sommer op nie.
>
> So hoe verskil dit van 44 magnum?
>
|
|
|
|
|
|
Re: ek's besteel! [boodskap #94767 is 'n antwoord op boodskap #94751] |
Fri, 09 July 2004 17:21   |
soforkenwhat
Boodskappe: 75 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
jy moenie so openlik van Ferdi praat nie
"Suidwester" skryf in boodskap news:40ee6f06.0@news1.mweb.co.za...
> Al wat ek kan sê is dat as jy wil moor, dan sal die die gereedskap kry om
> dit meer te doen, of dit 'n wapen, 'n klip of 'n mes is. 'n Wapeneienaar
> word nie 'n moordenaar net omdat hy 'n wapen besit nie. Mens se karakter
> verander nie agv dit wat tot jou beskikking is nie. As jy 'n fokop is, is
> jy een, ongeag of jy toegang tot vuurwapens het of nie.
> "Lou" wrote in message
> news:bfb75562.0407090007.71007ac6@posting.google.com...
>> Ferdi Greyling wrote in message
> news:...
>>> On Mon, 5 Jul 2004 07:46:48 +0100, "Suidwester"
>>> wrote:
>>>
>>> >> daarvan,
>>>> duidelik niks!
>>>
>>> Wat is daar nou eintlik om te weet?
>>> Jy mik en trek sneller - iemand is dood. Groot kak.
>>> Jy hou wapen uit hande- niemand kan geskiet word nie. Alles bly
>>> selfde.
>>>
>>> Die wapen self is ook nogal maklik om mee te werk.
>>>
>>> Geen graad word benodig nie.
>>
>> Of soos aborsie - pomp, wag 'n paar weke, suig, snip, snip, spoel -
>> geen probleem maar jy het 'n graad nodig (partykeer). Maak meer mense
>> dood as vuurwapens in Suid Afrika en wereldwyd!
>>
>> Snaaks hoe selektief die menslike redenasies soms is ne?
>>
>> En die is mense wat willens en wetens hulle eie kinders vermoor ...
>
|
|
|
Re: ek's besteel! [boodskap #94768 is 'n antwoord op boodskap #94761] |
Fri, 09 July 2004 19:18   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Marshall en Sanow het bevind dat die 357 Magnum dié effektiefste stopper
is. Hulle het Am polisierekords deurgegaan vir skietverslae om hulle
indeks op te stel, wat van .32 tot .45 (ACP en LC) en 44 magnum gewissel
het. Die 357 het bo-aan geëindig met iets soos 90%, maw in 90% van die
gevalle is die aanvaller met die eerste skoot gestop. Een van die redes
hiervoor is dat die 357 'n baie kragtige rondte is, maar dat die hele
pakket nog steeds baie hanteerbaar is, maw die ouens is seker minder
geneig om te koets vir die geniepsigheid van die terugslag, ens: skiet
'n paar skote met al die groter kalibers (38 en op) en mens kom gou
agter hoe die vurk in die hef steek. Die 45 ACP (in 'n ordentlike 45
pistool!) is wel nie so kragtig soos die 357 Mag nie, maar maak meer as
genoeg daarvoor op deur die grootte van die kaliber: hy het dink ek 2de
of 3de in M&S se lys geëindig. Die 9mm Parabellum is ook 'n baie goeie
stopper, mits mens 'n goed-ontwerpte koeël gebruik. Die 45 rewolwer is
net vir cowboys.
Suidwester wrote:
> Die 44 magnum se dop is veel langer, maw meer dryfmiddel. Die .45 rewolwer
> is wel sterker as die .45ACP pistoolpatroon, maar met rede. Met die .45
> ACP kan jy meer skote namekaar skiet en op teiken bly, wat jy met die 44
> magnum bv nie kan doen nie. Dit skop geweldig boontoe en as jy met die
> eerste skoot gemis het, vat dit weer 'n tydjie om vir die 2de skoot weer op
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
|
|
|
|
|
Re: ek's besteel! [boodskap #94779 is 'n antwoord op boodskap #94768] |
Fri, 09 July 2004 23:09   |
Riana Combrink
Boodskappe: 32 Geregistreer: June 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
knersus wrote:
> Marshall en Sanow het bevind...
WAARSKUWING: Hierdie volgende stuk is óf vervelig óf grusaam óf
interressant, afhangend van wie jy is en hoe jy oor sulke goed voel.
Wanneer 'n mens geskiet word, tree die dood gewoonlik in as gevolg van
een van drie redes.
1) Massiewe trauma aan die Sentrale senuwee-stelsel (brein, kleinbrein
of boonste rugmurg). Waar die brein by betrokke is kan die slagoffer
moontlik onmiddellik dood raak, dws hy is dood voordat hy neerval.
2) Massiewe trauma aan hart, lewer, niere, longe. 'n gat in die hart sal
gewoonweg binne minder as 10 sekondes tot die dood lei. 'n Longskoot is
nie altyd noodlottig nie (indien 911 baie gou opdaag) maar is uiters
gevaarlik.
3) Bloedverlies. Hierdie is by verre die grootste oorsaak van dood by
skietgevalle. Dis ook waarom die .45 so uiters effektief is.
My pistool is 'n Glock 21 .45 ACP - seker een van die mees hanteerbare
en betroubare pistole ooit. Ek dra een Remington Golden Sabre in die
loop en nog 13 in die magasyn. Die patroon is wat genoem word 'n
Jacketed Hollow-point. Die koeël is só ontwerp dat die maksimum
'expansion' binne 20 - 25cm in sagte weefsel bereik word, en tot
stilstand kom binne omtrent 35cm. Dws, die gat wat die koeël maak is
eers omtrent 8mm in deursnit maar raak omtrent so groot soos 'n R5
muntstuk so 'n entjie later. Dit word die 'permanent cavity' genoem, en
so 'n gat alleen is genoeg om dodelike bloedverlies te veroorsaak - maar
omdat die koeël al sy kinetiese energie in die weefsel kwytraak in 'n
baie kort tydjie, is daar ook die verskynsel van die 'temporary cavity'
wat deur die skok-golf veroorsaak word. In hierdie geval is die t.c.
omtrent so groot soos 'n pomelo. Die effek hiervan is dat, vir 'n
breekdeel van 'n sekonde, die weefsel om die koeël rek verby sy
elastiese limiet en skeur, en dit veroorsaak nog meer bloeding. Die
slagoffer bloei normaalweg dood binne minder as 'n paar (2) minute, maar
sal in baie gevalle katswink geslaan word deur die impak van die koeël.
Baie mense wat in die lyf geskiet is en dit oorleef het vertel dat toe
hulle besef het hulle is geskiet toe skrik hulle hulself sommer bewusteloos.
My persoonlike opinie is dat die .45 die mees betroubare kaliber vir
selfverdediging is. Nommer een, jy skiet met een skoot dood; nommer
twee, daar's min kans dat die koeël regdeur jou aanvaller sal boor en
skade daaragter aanjaag; nommer drie, dis nogtans hanteerbaar self vir
die swakker van gewrig; nommer vier (uit persoonlike ondervinding), daai
groot gat voor aan die loop het 'n *B A I E* effektiewe psigologiese
impak, en oom aanvaller vat liewer geen kanse nie! Aan die einde van die
dag, mense is al met 'n enkele .22 skoot doodgeskiet, ander het al
veelvuldige .44Mag skote oorleef. As jy skiet, mik vir die kop.
P.S. Daai van dat die ouens so deur die lug trek as hulle geskiet word
(a la Hollywood) is 'n pot snot - gewoonlik swik die geskote persoon se
bene of hy val neer soos iemand wat flou word. Nietemin, die trefkrag
van 'n koeël (self klein kalibers) is geweldig. Volgende keer wanneer jy
'n koeël optel wat teen 'n muur vas geskiet is let op hoe plat die ding
is, dan gaan jy huis toe, kry 'n nuwe koeël punt en probeer hom so plat
kry met jou swaarste hammer. Ek dink dit sal jou nogal ontnugter.
Ten einde, my HEEL gunsteling skietyster is die NTW-20, wat hier in
Centurion vervaardig word. Gaan kyk: http://club.guns.ru/eng/ntw20.html.
Ek hat die ding al hanteer en glo my, dis wild!
|
|
|
Re: ek's besteel! [boodskap #94785 is 'n antwoord op boodskap #94779] |
Sat, 10 July 2004 07:28  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"cybit friendly" skryf in boodskap news:40ef256e.0@news1.mweb.co.za...
> My persoonlike opinie is dat die .45 die mees betroubare kaliber vir
> selfverdediging is.
-----Hier stem ek en jy saam. Vir mans en ook in 'n ordentlike wapen, MAAR
ek glo persoonlik dat die grootste faktor bydraend tot effektiewe
selfverdediging lê agter die pistool en nie daarin nie. Die beste kaliber
gaan jou niks help as jy nie 'skietfiks' is daarmee nie. Dit beteken
oefen, en gereeld oefen. Wat natuurlik ammunisie beteken en 'n klomp geld
die water in. Herlaai jy self, dan is die .45ACP wonderlik, maar koop jy
oor die toonbank ammunisie, dan is die 9mm para veel beter en goedkoper
veral as jy 'n kontak het waar jy so 'n paar weermagpatrone kan 'score'.
Vir oefen is die .22 natuurlik die heel beste, goedkoopste en vir sy afstand
die akkuraatste, maar julle wette maak dat julle nie meer as een wapen meer
mag besit nie.
As jy skiet, mik vir die kop.
........Hiermee stem ek definitief nie saam nie. Doen jouself 'n guns en
maak vir jou 'n bal van papier so groot soos 'n mens se kop en hang dit aan
'n tou op en probeer dit dan vinnig en in lae lig raak te skiet. Vir
selverdediging skiet jy vir enige plek wat jy kan raakskiet voor die
aanvaller jou raakskiet. Dis net soos jag en die manne wat jou vertel
hulle skiet op 300m 'n springbok in die kop. Dan vat ons 'n tennisbal en
hang hom in 'n boom op en stap so 300m weg. Ons wag nog om een enkele ou
wat dit regkry om dit raak te skiet en 'n springbok se brein is veel
kleiner! Vir effektiewe akkuraatheid, mik vir die grootste deel van die
lyf sigbaar en klaar. Laat die wapen die res doen.
> Ten einde, my HEEL gunsteling skietyster is die NTW-20, wat hier in
> Centurion vervaardig word. Gaan kyk: http://club.guns.ru/eng/ntw20.html.
> Ek hat die ding al hanteer en glo my, dis wild!
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 03:21:17 UTC 2025
|