Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » simpele ingils
simpele ingils [boodskap #94735] |
Thu, 08 July 2004 20:58  |
Riana Combrink
Boodskappe: 32 Geregistreer: June 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
'n Ou by die werk vra vandag vir my 'n vraag wat ek 'n bietjie mee gesit
het, en nou vra ek julle...
As 'n kat onder die tafel sit dan sou mens sê "the cat is sitting under
the table" maar as ek wou sê die kat loop onder deur die tafel dan sê ek
wat? ek kan nie sê "the cat walked underneath the table nie" want dit
klink asof die kat onder die tafel rondloop, en ek dink "the cat walked
though under the table" is nie korrekte Engels nie.
Nog iets; is daar 'n Afrikaanse voorbeeld van die volgende Engelse
taalverskynsel?
"My grandmother is in the farmhouse, sewing. My grandfather is out in
the field, sowing. They are, however, not both sewing/sowing."
|
|
|
|
Re: simpele ingils [boodskap #94737 is 'n antwoord op boodskap #94736] |
Thu, 08 July 2004 21:16   |
Kawa
Boodskappe: 24 Geregistreer: August 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Thu, 08 Jul 2004 23:12:47 +0200, Kawa wrote:
> On Thu, 08 Jul 2004 22:58:08 +0200, cybit friendly wrote:
>
>> 'n Ou by die werk vra vandag vir my 'n vraag wat ek 'n bietjie mee gesit
>> het, en nou vra ek julle...
>> As 'n kat onder die tafel sit dan sou mens sê "the cat is sitting under
>> the table" maar as ek wou sê die kat loop onder deur die tafel dan sê ek
>> wat? ek kan nie sê "the cat walked underneath the table nie" want dit
>> klink asof die kat onder die tafel rondloop, en ek dink "the cat walked
>> though under the table" is nie korrekte Engels nie.
>
>
> But, of course CF, the cat could pass underneath the table
>
> Kawa
>
or, can even be passing .............'
Kawa
|
|
|
Re: simpele ingils [boodskap #94739 is 'n antwoord op boodskap #94735] |
Thu, 08 July 2004 21:38   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"cybit friendly" skryf
> 'n Ou by die werk vra vandag vir my 'n vraag wat ek 'n bietjie mee gesit
> het, en nou vra ek julle...
> as ek wou sê die kat loop onder deur die tafel dan sê ek
> wat?
Hierdie kat-loop-onder-die-tafel-deur-vraag neem
nou al mitiese proporsies aan. Dit lyk vir my 'n sekere
soort Afrikaner het die saak as godsdiens begin sien.
Seker ook 'n manier om te bewys dat Afrikaans meer
versatiel as Engels is, wat dan ook tot 'n sekere mate
waar is.
MAAR, en hier kom die maag-vashou-gróót-grap-
spul: in die proses maak die ou hierbo 'N FOUT MET
SY AFRIKAANS. Jy kan nie sê "die kat loop onder
deur die tafel" nie, want dan beteken dit dat die kat
deur die onderste gedeelte van die tafel, dus deur die
hout, loop. Die korrekte Afrikaans is, cybit friendly,
"die kat loop onder die tafel DEUR."
En wat is dit met jou stupid naam, cybit friendly?
Hoekom kies jy nie 'n goeie kleurvolle Afrikaanse
handvatsel nie?
Tant Hessie van die agterste Van Helsdingens.
As die kat onderdeur die tafel loop, dan vee sy die bloed op.
As die kat onder die tafel deurloop, dan vryf sy sy kop.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: simpele ingils [boodskap #94843 is 'n antwoord op boodskap #94759] |
Tue, 13 July 2004 11:18  |
PietHein
Boodskappe: 64 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"@rogers.com" schreef in bericht
:
>
> "PietHein" skryf
>
>> Die spin en die kat sit saam rustig te spin.
>> Die kat op die stoel, en die spin tussen die stoel-se-pote.
>> Maar hulle span nie saam nie!
>
> Behalwe dat Afrikaners van 'n "spinnekop" praat,
> nooit van 'n "spin" nie. Hy spin wel 'n web.
> Dus, die kat sit op die stoel, en die spinnekop
> spin tussen die stoel se pote.
Baie dankie juffrou!
Ons ken die woord "spinnekop" ook. Veral in die angswekkende
betekenis. "Pas jý maar op Jantjíé, anders stop Swarte Piet jou
in se sak, neem jou na Spanje toe, en laat jou elke dag toebroodjies
met spinnekoppe eet."
Hííííííí!!
--
PietHein
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 16:04:27 UTC 2025
|