Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Haatspraak op Internet
Haatspraak op Internet [boodskap #94460] |
Sat, 26 June 2004 05:29  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
"I refuse to idly stand by and watch my culture become destroyed for the
benefit of inferior peoples".
Overgesetsynde in Afrikaans 'n tipiese uitspraak van ET en die aanhangers
van die Boeremag.
Bg is egter die kernboodskap van Stormfront.org - een van die haatwebblaaie.
Hierdie webblad is die oudste haatblad op die internet, wat al van 1995 af
bestaan. Die eienaar is Don Black, 'n vorige KKK "Grand Dragon".
Die blad het ook 'n vroublad, wat gerig is op " Aryan women" en 'n
kinderblad, wat hanteer word deur Black se 14-jarige seun, en kinders oa
vertel hoe om ander te betrek in rassistiese besprekings.
Dit sal interessant wees om te weet tot hoe 'n mate die BoereMagleiers hul
oortuigings berus op die leerstellings en skrywes van die KKK en ander
haatorganisasies wat lank voor hulle bestaan het.
Die nuutste TBI se artikel oor tegnologie gaan oor haatwebblaaie.
Die ander twee blaaie wat pertinent genoem word is: God Hates Fags - wat
hanteer word deur Rev Fred Phelps van die Westboro Baptist Church (
ledematetal 100) - wat 'n duidelike ooreenkoms sien tussen seksuele
voorkeure en "sodomiete". Hy haal selfs Deut 23:1, Mat 7:6, Fil 3:2, Pet 2:
7,8,12,22 en Openb 22:15 aan ter ondersteuning van sy redenasie.
an NOI. Org ( Nation of Islam) wie se kerngedagte is: " White people aren't
human yet - they need more time to evolve" Die bekendste voorstander van
hierdie organisasie is Louis Farrakhan. NOI word gekoppel aan verskeie
politieke moorde, oa van aktivis Malcolm X, 'n vorige NOI lid.
--
Groetnis
Annette
|
|
|
Re: Haatspraak op Internet [boodskap #94586 is 'n antwoord op boodskap #94460] |
Sat, 03 July 2004 15:29   |
Just-me
Boodskappe: 37 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Hel dankie Annette,
Jy moet gerus meer van hierdie webbladsye vir ons plaas.
Groete
Frik
On Sat, 26 Jun 2004 07:29:33 +0200, "Annette" wrote:
> " I refuse to idly stand by and watch my culture become destroyed for the
> benefit of inferior peoples".
> Overgesetsynde in Afrikaans 'n tipiese uitspraak van ET en die aanhangers
> van die Boeremag.
> Bg is egter die kernboodskap van Stormfront.org - een van die haatwebblaaie.
> Hierdie webblad is die oudste haatblad op die internet, wat al van 1995 af
> bestaan. Die eienaar is Don Black, 'n vorige KKK "Grand Dragon".
> Die blad het ook 'n vroublad, wat gerig is op " Aryan women" en 'n
> kinderblad, wat hanteer word deur Black se 14-jarige seun, en kinders oa
> vertel hoe om ander te betrek in rassistiese besprekings.
> Dit sal interessant wees om te weet tot hoe 'n mate die BoereMagleiers hul
> oortuigings berus op die leerstellings en skrywes van die KKK en ander
> haatorganisasies wat lank voor hulle bestaan het.
> Die nuutste TBI se artikel oor tegnologie gaan oor haatwebblaaie.
> Die ander twee blaaie wat pertinent genoem word is: God Hates Fags - wat
> hanteer word deur Rev Fred Phelps van die Westboro Baptist Church (
> ledematetal 100) - wat 'n duidelike ooreenkoms sien tussen seksuele
> voorkeure en "sodomiete". Hy haal selfs Deut 23:1, Mat 7:6, Fil 3:2, Pet 2:
> 7,8,12,22 en Openb 22:15 aan ter ondersteuning van sy redenasie.
> an NOI. Org ( Nation of Islam) wie se kerngedagte is: " White people aren't
> human yet - they need more time to evolve" Die bekendste voorstander van
> hierdie organisasie is Louis Farrakhan. NOI word gekoppel aan verskeie
> politieke moorde, oa van aktivis Malcolm X, 'n vorige NOI lid.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Haatspraak op Internet [boodskap #94639 is 'n antwoord op boodskap #94618] |
Mon, 05 July 2004 18:29   |
Kawa
Boodskappe: 24 Geregistreer: August 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Mon, 5 Jul 2004 12:48:38 +0200, "Elaine" wrote:
> Die KKK nogal? Ek glo nie, min mense hier, selfs kannie-dood rassiste, het
> min respek vir die KKK.
Jy praat nou net soos die ferdi ou hierbo wat van 'n 'diapen' praat
> "raak nie aan die kwessie van eiendom van dieapen"
(Hy weet van wapens waarvan ons nog nie gehoor het nie.)
Maar, wanneer jy sê dat "min mense hier, min respek vir die
Klu Klax Klan het, lei ek af dat baie mense daar, baie respek vir
hulle het. Vanwaar verdien hulle daardie respek?
Kawa
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Haatspraak op Internet [boodskap #94674 is 'n antwoord op boodskap #94671] |
Wed, 07 July 2004 00:11   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf:
> "Katryn" skryf
>
>> Wel, die rede waarom hulle daardie wit lakens en wit maskers dra, is
>> omdat hulle tradisioneel veronderstel was om die geeste van hulle
>> gestorwe Konfederale makkers te verteenwoordig.
>
> Ek wonder of die drag nie van vroeër oorsprong as
> die geskiedenis van die jong VSA is nie.
Ek glo jy is heeltemal reg. Selfs die titels wat gebruik word, soos
Grand Dragon, Grand Cyclops, en Imperial Wizard, ens., laat mens
dadelik dink dat die oorsprong van hulle gebruike en rites baie vêr
teruggaan. Selfs verder terug as Katolieke rites wat tog maar ook op
verskeie pre-Christelike oftewel dan paganistiese
gelowe/gebruike/tradisies, gebaseer is. Selfde met al die ander takke
van die verskeie Christelike gelowe en tradisies.
Maar ek moes glimlag vir die idee van jou dat hulle gebruike en
tradisies dalk van Katolieke oorsprong mag wees, want hulle is dan
juis so teen die Katolieke gekant. Dit sou darem net te ironies wees.
> As mens in
> Spanje is oor die paasnaweek en die baie optogte
> sien waarin daar mense deelneem wat presies soos
> die KKK gekleed is, maar in verskillende kleure, dan
> weet jy dat 'n baie ou Middeleeuse rite hom hier
> herhaal, iets wat ook met geeste te doen het.
Dit is baie interessant. Ek het dit nog nie self gesien nie, maar het
daarvan gelees. So hele paar jaar gelede was daar 'n geweldige
interessante dokumentêr op PBS oor die Klan. Ek dink dit was in die
laat 90's. Dit was waar ek gehoor het van die geeste ding. Dalk moet
ek so bietjie deur my boeke hier kyk om te sien of mens nie meer
inligting kan kry hieroor nie.
Want ek dink jy is heeltemal reg.
> Wonder of die KKK se geskiedenis teruggryp
> na Katolieke rites. Een van die vroegste dertien
> kolonies wat die oorspronklike VSA gevorm het,
> was 'n staat wat as herberg moes dien vir
> Katolieke. ( Was dit nie Maryland nie?)
Jy het my hier laat regop sit, want ek kon gladnie dink aan enige
stadium in die gekiedenis waar die Katolieke beskerm moes word nie.
;-)
Maar so wraggies - dit was toe Maryland. Ek het gou in my seun se
geskiedenis boek gaan kyk. Dit was die Calvert familie wat die kolonie
gestig het in die 1630's vir die Katolieke vlugtelinge van Engeland.
Maar die puriteine van Massachusetts het ook daar ingemeng en het toe
sommer die doodstraf vir Katolieke ingestel. Toe breek daar oorlog
uit. Gelukkig het alles kort na Cromwell se dood, relatief normaal
geraak, en was die Katolieke weer beskerm. So veroorsaak geloof maar
altyd 'n gemors.
Altyd.
|
|
|
|
Re: Haatspraak op Internet [boodskap #94678 is 'n antwoord op boodskap #94674] |
Wed, 07 July 2004 03:28   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nou's ek helemal te nuuskierig - gaan vandag nog alles waarop ek my hande
kan kry lees aangaande die onderwerp. Ek self weet nou nie veel van
Amerikaanse geskiedenis nie - die land is te groot en daar's so baie
verskillende "geskiedenisse" en kulture daar, dat ek bietjie sukkel om alles
bymekaar te bring. Die enigste plek wat my nog ooit regtig gefassineer het
is die Suide (Louisiana, Alabama, Mississippi) - het die KKK nie daar êrens
begin nie?
Dankie vir die inligting, baie interessant gewees :)
E
"Katryn" wrote:
>> "Katryn" skryf
> Ek glo jy is heeltemal reg. Selfs die titels wat gebruik word, soos
> Grand Dragon, Grand Cyclops, en Imperial Wizard, ens., laat mens
> dadelik dink dat die oorsprong van hulle gebruike en rites baie vêr
> teruggaan. Selfs verder terug as Katolieke rites wat tog maar ook op
> verskeie pre-Christelike oftewel dan paganistiese
> gelowe/gebruike/tradisies, gebaseer is. Selfde met al die ander takke
> van die verskeie Christelike gelowe en tradisies.
> Maar ek moes glimlag vir die idee van jou dat hulle gebruike en
> tradisies dalk van Katolieke oorsprong mag wees, want hulle is dan
> juis so teen die Katolieke gekant. Dit sou darem net te ironies wees.
|
|
|
|
|
|
Re: Haatspraak op Internet [boodskap #94710 is 'n antwoord op boodskap #94678] |
Wed, 07 July 2004 23:02   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Elaine" skryf:
> Nou's ek helemal te nuuskierig - gaan vandag nog alles waarop ek my hande
> kan kry lees aangaande die onderwerp. Ek self weet nou nie veel van
> Amerikaanse geskiedenis nie - die land is te groot en daar's so baie
> verskillende "geskiedenisse" en kulture daar, dat ek bietjie sukkel om alles
> bymekaar te bring. Die enigste plek wat my nog ooit regtig gefassineer het
> is die Suide (Louisiana, Alabama, Mississippi) - het die KKK nie daar êrens
> begin nie?
Ja, dit het hier in die Suide begin, en die geskiedenis daaragter is
baie interessant. Gaan lees dit gerus. Die geskiedkundige en sosiale
agtergrond waarin die geheime organisasie sy onstaan gehad het, is
baie interessant.
As jy rerig belangstel, kan jy ook gaan kyk na ander groepe soos die
Scottish-Rite Masons ('n tak van die Grand Orient van Frankryk,
spesifiek gestig om die Amerikaanse kultuur en samelewing te
beinvloed). Hulle hoofkantoor is hier in Charleston, South Carolina.
Interessant dat die stigterslede van die KKK dan ook van Skotse
oorsprong blyk te wees, en daar is redelik baie al geskryf dat Albert
Pike dan ook 'n lid van die spesifieke groep was.
Hoe dit ookal sy, die Keltiese/Skotse verbintenisse is nogal duidelik?
As jy die okkulte/geheime organisasies interessant vind, sal jy
hierdie groep en dan veral ook die Knights Templar baie interessante
navorsing/leesstof vind.
Geniet dit! ;-)
|
|
|
|
|
|
Re: Haatspraak op Internet [boodskap #94732 is 'n antwoord op boodskap #94718] |
Thu, 08 July 2004 20:20   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ellie"
My dogter was n paar weke
> gelede in Skotland, en sy was totally verlief op Edinburgh, sy se dit is
> baie soos London, maar kleiner en mooier.
Edinburgh is totaal dramaties verskillend van London.
Dit is 'n stuk mensgemaakte argitektuur, wat lyk asof
dit voorbestem was om so op te styg om die klein
vallei wat in die hart daarvan is. 9Ek praat darem
natuurlik net nou van die oorspronklike ou deel
van Edinburgh.0
Nêrens in London kry mens werklik 'n gevoel
vir die hele London nie, sover dit my aangaan. Hier
en daar, veral by die rivier, word jy geroer deur 'n
vista, maar jy voel nooit dat jy die hele London
kan "besit" nie. Plekke soos Hampstead Heath
is ook maar net die vista van Hampstead, nie van
die hele London nie. Maar Edinburgh styg op
uit die aarde, soos Kaapstad en Rio de Janeiro
en New York opstyg uit die aarde.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Haatspraak op Internet [boodskap #94741 is 'n antwoord op boodskap #94710] |
Thu, 08 July 2004 21:46   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Baie dankie! Ek het 'n nota gemaak, en sal beslis bietjie more by die Bib.
en hier op die Internet rondkrap.
E
"Katryn" wrote:
> Ja, dit het hier in die Suide begin, en die geskiedenis daaragter is
> baie interessant. Gaan lees dit gerus. Die geskiedkundige en sosiale
> agtergrond waarin die geheime organisasie sy onstaan gehad het, is
> baie interessant.
> As jy rerig belangstel, kan jy ook gaan kyk na ander groepe soos die
> Scottish-Rite Masons ('n tak van die Grand Orient van Frankryk,
> spesifiek gestig om die Amerikaanse kultuur en samelewing te
> beinvloed). Hulle hoofkantoor is hier in Charleston, South Carolina.
> Interessant dat die stigterslede van die KKK dan ook van Skotse
> oorsprong blyk te wees, en daar is redelik baie al geskryf dat Albert
> Pike dan ook 'n lid van die spesifieke groep was.
> Hoe dit ookal sy, die Keltiese/Skotse verbintenisse is nogal duidelik?
> As jy die okkulte/geheime organisasies interessant vind, sal jy
> hierdie groep en dan veral ook die Knights Templar baie interessante
> navorsing/leesstof vind.
> Geniet dit! ;-)
>
|
|
|
|
|
|
Re: Haatspraak op Internet [boodskap #94821 is 'n antwoord op boodskap #94660] |
Mon, 12 July 2004 16:02  |
Anoth
Boodskappe: 273 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Elaine" skryf in boodskap news:...
> O jinne, ek het nooit eers daaraan gedink nie!! Dis nogal kommieklik :)
>
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:shrie0ht9daqh03erth2f8oq4hk4k33ae3@4ax.com...
>>
>> Ja.
>> Die funny ding van die KKK is dat hulle lakens dra op gehieme
>> byeenkomste waar net hulle is!
Hulle vergaderings is nie privaat nie. Meeste trek eers die doeke oor
hulle koppe met die aanvang van die seremonies en is heeltemal sigbaar
voor die tyd. Ek dink egter steeds dis snaaks. Die waarheid is dat die
kleredrag al etlike eeue met die mensdom is. Hulle seremonies kom uit
die ou dae van kruistogte en goed. Ken nie die hele geskiedenis nie
maar dele van die geskiedenis kan in Spanje en in Suid Amerika gevind
word waar die seremonies nie heeltemal so euwel is nie...
Groetnis
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 15:58:23 UTC 2025
|